NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie. Die suiwerste vrygewigheid vind jy juis by diegene wat niks besit nie maar die waarde van 'n woord of 'n glimlag ken.

AANBIDDING VAN VOORVADER- GEESTE

 Ds Andrè van den Berg

Deut.18:9-14; 1 Sam.28:4-14

"Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti... Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy."

Daar word baie dinge oor Afrika geskryf en gesê, veral negatiewe dinge.  Toe die Christendom hier gevestig is, het twee sterk geesteswêrelde met mekaar gebots – die Christendom teen die heidendom.   Afrika is feitlik sinoniem met verwarde denke en kom nie in ʼn beskaafde wêreld tuis nie.

Afrika huisves van meet af aan die agterlikste mense in die wêreld en het nog niks tot die ontwikkeling van die mensdom bygedra nie.   En een van die hoofredes hiervoor, is Afrika se verknogtheid aan die heidendom; veral voorvadergeesaanbidding en die verwoestende onheilsgevolge daarvan.

Met die onlangse ANC eeufeesvieringe in Bloemfontein is Suid-Afrika openlik aan voorvadergeeste toegewy.  Daarmee is die goddelose aap uit die vrome mou gelaat – die land het teruggesak in die heidendom waarin dit tot en met die volksplanting in 1652 versink was!

Wat sê die Bybel oor voorvadergeesaanbidding?   Is dit onskuldige tradisie of demonies?   Is daar ander voorbeelde van nasies wat hul land aan voorvader-geeste opgedra het?   Indien wel, wat is die gevolge daarvan?

Die ANC het hul eeufeesviering geesdriftig afgeskop.  Terwyl tromme en dreunsang die lug gevul het, het hulle president die tradisionele reiniging-seremonie by wyse van ’n rituele offer waargeneem.   ’n Bul wat aan ’n boom vasgemaak is, is ten aanskoue van duisende jillende feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies doodgesteek.   Geen beskaafde staatshoof sou ’n nasionale geleentheid met die slagting van ’n hulpelose dier open nie!

Van oral het boodskappe van gelukwense ingestroom – van Moslems, Hindoes, ontspoorde kerke, Rastafariërs en toordokters.   Dr. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, is ook na die feesviering uitgenooi, maar het dit van die hand gewys en gewaarsku dat voorvadergeesaanbidding nie met die Christelike geloof strook nie en vernietigende gevolge vir die land gaan hê!

Die kapelaan van die ANC was kwaad vir dr. Meshoe en het hom van godsdiens onverdraagsaamheid beskuldig.    Dr. Meshoe en talle ander gelowiges het op daardie dag by die Uniegebou byeengekom en Suid-Afrika aan die lewende God opgedra.   Dr. Meshoe het openlik verklaar dat hy weens sy liefde vir God en sy land dit nooit aan afgestorwenes durf wy nie.  Hy het alle Christene opgeroep om saam met hom vir die land te bid en te doen wat in God se oë reg is, omdat die ANC met verkeerde dinge besig was!

Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti.  Hierdie eiland behoort skatryk te wees, maar dit is nie.   Dis een van die heel armste ter wêreld is.   Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy.  Die heilige boom waar toordokters meer as twee eeue gelede ’n ooreenkoms met die Satan gesluit het, word as ’n besienswaardigheid bewaar.   In 2003 is toorkuns amptelik tot nasionale geloof verklaar.  Ongeveer 75% van die bevolking is by toorkuns betrokke.

Haïti het ’n werkloosheidsyfer van 70% en is erg besoedel.  Dit gaan onder kroniese hongersnood gebuk en baie van die inwoners is aan dwelms verslaaf.  Daarbenewens versprei VIGS in Haïti die vinnigste in die Westerse wêreld.  Wat ’n aanskouingsles van ’n land wat aan die Satan toegewy en dodelik siek is.  Kyk hoe siek het ons eie land na April 1994 geword!

Daniël Etounga, die bekende skrywer en ontwikkelingskundige van Kameroen, skryf tereg dat toorkuns een van die hoofredes vir ’n gebrek aan ontwikkeling in Afrika is.  Dit het geen sedelike inhoud nie.   Desondanks glo swartes dat hul lewenslot deur honderde wispelturige geeste beheer word.  En hierdie geeste moet met allerlei rituele gepaai word.   Met so ’n lewens-ingesteldheid is voorspoed en vooruitgang absoluut onmoontlik!

'n Geleerde omskryf Afrika se tradisionele godsdiens met die woord animisme. Laasgenoemde is op die bestaan van geestelike wesens gegrond wat met mense se lewens kan inmeng.   Animiste maak geen onderskeid tussen die geestes-en die materiële wêreld nie.  Geeste beweeg na willekeur uit die geesteswêreld na die materiële wêreld.

Daarom maak swartes hul aan nekrologie skuldig - die aanbidding van dooies soos wat die Roomse Kerk ook deels doen!    Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat met dreunsang en geheime rituele presies weet hoe om die geeste te paai om voorspoed te verseker en onheil af te weer.

Swartes se beleweniswêreld is met geeste, voorbodes en onsigbare magte gevul wat hulle permanent in vrees laat leef.   Daarom soek hulle beskerming by wyse van toorkuns, waarsêery en rituele, net om die bose geeste intoom te hou.   Hoe anders het Christene dit nie!   “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).

Vir swartes gaan dit om ’n lewenslange beskerming teen bose geeste en maak hulle baie van offerande gebruik, selfs mense-offers!   In Uganda het die regering oral by speelterreine plakkate opgehang om mense teen die ontvoering van kinders te waarsku.   Toordokters gebruik graag kinders as offers.    Daar is ’n groeiende geloof dat ’n kinderoffer rykdom bring.  Daarom neem kinderontvoering epidemiese afmetinge in Afrika aan!   Ja, Afrika verras selde.  Dit wek eerder weersin.

Die Bybel verbied mense om met die geeste van afgestorwenes kontakte maak.  Dis heidens!  “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie.  Soek hulle nie om julle te verontreinig nie.  Ek is die Here.” (Lev.19:31).    Daar is in werklikheid geen skakeling tussen dooies en lewendes moontlik nie. “En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).

Die enigste uitsondering was Samuel wat aan Saul verskyn en hom op sy sonde gewys het.   Diegene wat glo dat hulle wel met geeste skakel, word mislei.   Dis bose geeste!   Jesus gee in Mt.10 aan die dissipels mag om onreine geeste uit te dryf. Hulle moes uitgedryf en nie geskakel word nie!

Afrika se geskiedenis is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef.   Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie…” (Jer.10:2).  Die Afrika-mens se siening van die lewe verskil hemelsbreed van die Bybelse een.   Hy lê net op die mens klem en hoe voorspoed bekom word.   Die Bybel daarenteen sê:  “Soek allereers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al die ander dinge sal vir jou bygevoeg word” (Mt.6:33).

Die Afrika-mens glo wel daar ’n God is, maar Hy is baie vêr en nie by menslike leed betrokke nie.   Die verloop van die lewe word uitsluitlik deur voorvadergeeste bepaal.    Die Bybel daarenteen sê dat God naby en intens by gelowiges se leed betrokke is.  Jesus het dan selfs oor Lasarus geween!

Die Bybel praat ook van geeste, maar hulle beheer nie ons lewe nie; net God alleen.  “...want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë (Ps.91:11).  Die Satan en bose geeste val ons aan (Efes.6:10-13).  Ons kan hul slegs met God se krag teenstaan:  ”Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).

Afrika glo dat die voorvadergeeste middelaars tussen hulle en God is.  Dis bog!  Die Bybel sê dat die geeste van afgestorwenes reeds in die ewige heerlikheid of verderf is en dat dit ’n gruwel is om met hulle te wil skakel.  Hulle kan uiteraard nie antwoord nie; slegs demone.

God is Meester van die wêreld.  Die Bybel praat oor sy mag as Skepper: “U alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe en die leër van die hemel buig hulle voor U neer” (Neh.9:6).

Satan is ook ’n meester - van sinsbedrog en teer op misleiding.    Die enigste mag wat hy het, is dit wat God hom toelaat.   Ongelukkig is dit genoeg om ongelowiges om die bos te lei.  Die gewaande mag van die toordokter is geen damp van God se krag nie.  Hulle kan geeneen ’n getygolf veroorsaak of ’n vulkaan laat uitbars nie; net God!

Die Satan en sy toordokters het geen mag oor iemand in wie die Heilige Gees woon nie.   Gelowiges staan in die krag van die Skepper en reken op Hom as hulle in benoudheid verkeer:  “Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut” (Spr.18:10).

Ongelowiges is weerloos teen die aanslae van die Satan en sy trawante.   Wie volgens Satan se kode leef, word aan sy reëls gebind.   Let daarop dat mense wat hul vertroue nie in die Here stel nie, al hoe meer in die dinge van die Satan vasgevang word; veral die Afrika-mens!  Hulle is so behep met sataniese krag, dat hulle alle onaangename daaglikse gebeure as die gevolg van toordery sien.

Die mag van geestelike oorlogvoering in die mens se lewe hang af van die houvas wat die Satan in so ’n mens se lewe het.   Gelowiges het nie rituele of geheime medisyne (muti) nodig om van die bose ontslae te raak nie, slegs ’n gebed om beskerming en die gewilligheid om van sonde af te lê!

Met gebed sê ons vir God dat ons afhanklik van Hom is.  Ons kan met sy genade teen die Satan veg en oorwin: ”Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Efes.6:10).

Bid vir ons land!  Suid-Afrika is besig om met iets anders as die nag donker te word.   En dis nie dat lig ontbreek  nie.   Die lig van God se Woord brand nog steeds helder.   Mense wil dit egter nie raaksien nie.    Daarom roep Jesus ons op om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.   Laat ons bid vir nuwe leiers; manne en vroue wie se harte in die bloed van Jesus gewas is.  Hy is die Koning van alle nasies en die enigste Een aan wie Suid-Afrika toegewy mag word!

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2667 gaste aanlyn