NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die liefde is nie bly oor die ongeregtigheid nie...

MAAK GEREED VIR DIÉ REIS!

LEWE NA DIE DOOD

Ds AE van den Berg

“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” - 2 Kor.5:10                             

Een van die grootste leuens van alle tye is dat alle mense gelyk is.  Ons is slegs in een opsig gelyk – ons lewe en sterwe almal.   Ja, die dood klop aan elkeen se deur.   Of ons oud of jonk is, ons is almal op ons laaste vaart.

Ons weet almal wat voor die dood gebeur want dis die lewe, maar wat gebeur daarna?    Is daar nog ’n lewe of gaan ons soos diere dood?    Die Bybel sê dat daar ’n lewe na die dood is en dat ’n mens daarvoor moet voorberei.  Niemand pak ’n reis sonder voorbereiding aan nie; allermins nie die een na die dood nie!

Christene is egter nie die enigstes wat aan ’n lewe na die dood glo nie; ook talle heidene.    Die ou Egiptenare is ’n voorbeeld hiervan, heidene wat vir meer as 3000 jaar in ’n lewe na die dood geglo het asook ’n oordeel!    Die Egiptenare het geglo dat sodra ’n mens sterf, hy ’n baie groot saal betree het waar Horus en sy sekretaris Toet, die harte van gestorwenes geweeg en daarvoor ’n veer gebruik het.   Booshede het ’n hart swaar gemaak en as dit swaarder as die veer geweeg het, is die gestorwene na die siele-vreter gestuur, ’n mitologiese gedrog met die kop van ’n krokodil, wat hulle dan verslind het.    As die hart reg was, is ’n persoon na die Velde van Geluk gestuur waar Osiris, die mitologiese god van die onderwêreld, persoonlik teenwoordig was.

Gevolglik het alle Egiptenare in ’n lewe na die dood geglo en hulle daarvoor voorberei.   Daarom het die farao’s indrukwekkende grafte/piramiedes laat bou, dit gemeubileer en hul liggame laat balsem.   Ongeag hul welstand, het almal ’n lewe na die dood verwag en daarvoor voorberei.   So het die argeoloog Howard  Carter in 1922 die graf van Toetankamon ontdek, vir meer as 3000 jaar volledig bewaar, die gemummifiseerde liggaam asook kosbare skatte in kluis.   Die groot les wat ons hieruit leer, is dat selfs die heiden ’n lewe na die dood verwag.

Die Bybel leer die mens om hom vir die dag van die dood voor te berei.   Dis die belangrikste voorbereiding van alle voorbereidings!    Selfs die heidene doen dit al is dit sonder Christus tevergeefs!    Desondanks sterf duisende kerkgangers jaarliks sterf sonder om voor te berei!

Paulus skryf aan die gelowiges in Korinte oor die dood in ’n tyd toe die mens se gemiddelde lewensverwagting baie laag was.   Baie het weens gebrekkige mediese sorg en primitiewe medisyne vroeg en dikwels ook onverwags gesterf.  Paulus vergelyk die dood met wind wat ’n tent wegwaai.  “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word….” (:1).   Wie egter reg voorberei is, ontvang ’n gebou van God.    Die klem is egter nie op die tentwoning of vaste gebou van God nie, maar op die voorbereiding.  “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad”.

Voorbereiding is baie belangrik.  Alles wat in die lewe belangrik is, verg voorbereiding - eksamens, werksbeplanning, sport, kunste en ook prediking.   As ’n leraar nie voorbereid op ’n kansel kom nie, kom sy gemeente dit gou agter!   As ’n prokureur nie vir ’n saak voorberei nie, verloor hy dit en ook kliënte.   Voorbereiding is so eie aan die mens as kos en klere.

Die belangrikste voorbereiding is dié vir die hiernamaals.  Ons is tydelik hier, maar vir ewig daar.   Hierdie voorbereiding vereis ’n wedergeboorte; ’n oorgawe en nuutword in die Here.  “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (:17).   Dis ’n persoonlike verhouding waarsonder niemand die hemel ingaan nie, maar die hel sal beêrwe.

Gevolglik het die kerk van ons Here Jesus een baie belangrike boodskap:  Bekeer jou persoonlik tot Jesus Christus.  Dis al manier hoe jy vir die hiernamaals voorbereid is.    As iemand jou anders leer, is hy van Satan.    En daar is sulke mense; selfs kerke!

Die Roomse Kerk (RK) leer dat die kerk jou die hemel indra.   As jy gedoop is, lidmaat geword het, die sakramente gebruik en gereeld kerktoe gaan, sorg die kerk vir die res.  Jy kan die hemel sonder voorbereiding (sonder ’n persoonlike verhouding met Jesus) ingaan.  Hoe klink dit vir u?   Bybels of duiwels?   Die gevolg van hierdie misleiding is dat Roomse siele al vir meer as 1,800 jaar soos die vyf dwase maagde aan die deure van die hemel hamer: “ Meneer, meneer, maak vir ons oop!” En al wat hulle hoor, is: “Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie” (Mt.25:11,12).

Dank God dat u in ’n kerk is wat die waarheid leer – jy moet ’n persoonlike verhouding met Jesus hê om hemeltoe te gaan.   Ongelukkig is daar ’n Roomse streek in baie Protestantse lidmate te bespeur; mense met geen persoonlike verhouding met Christus nie, maar wat nogtans glo dat deur gereeld kerktoe te gaan, mooi te leef en vir ander goed te wees, die deure na die hemel vir hulle outomaties sal oopgaan.   Dis nie Protestants nie, maar Rooms!   Geen kerk dra jou die hemel in nie; slegs ’n persoonlike verhouding met jou Saligmaker!

Let op die teksvers.   “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” .  Hoe spreek dit nie van persoonlike verantwoordelikheid nie!    Wie reg leef, sterf ook reg.

Waar staan jou naam vandag opgeskryf?   As jy ’n persoonlike verhouding met Jesus het (voorbereid is), staan dit in die boek van die lewe.  As jy nie so ’n verhouding het nie, staan dit in die boeke van die oordeel.   Is dit wat jy wil hê?  By geleentheid het dit vir Jesaja gelyk asof die Bondsvolk  hulle name in die boeke van die oordeel verkies het en roep hulle op: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is” (Jes.55:6).

Om dood te gaan, is geen kuns nie.  Almal, selfs die slegstes, kry dit reg.  Om reg voorbereid te wees, is ’n ander saak!   Die Bybel leer ons nie net om reg te leef nie, maar ook om reg dood te gaan.   Om te sterf is vir gelowiges ʼn ongelooflike avontuur maar vir ongelowiges ʼn ongekende verskrikking!

Baie van ons volksgenote kry baie swaar in die lewe – gesondheid, geldtekorte, swak verhoudings ens.   Weet een ding:  As jy nie goed kan leef nie, sterf dan ten minste reg!   Dis salig om voorbereid te sterf!   Wie die dood verwag, behoort elke dag voluit vir Jesus te leef.

Onthou, jou lewe is soos ’n tent.   Die storm van die dood waai dit in ’n oogwink weg.    Is jy reg vir die reis?   Om nie betyds vir die dood gereed te maak nie, is soos om tydens ‘n beleg op jou pos te slaap.   Jy kan dit nie bekostig nie!  Word wakker en kry jouself gereed vir die reis van alle reise!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2593 gaste aanlyn