NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Woorde is magtig en kan ander baie gelukkig of baie seer maak. Woorde is ook openbarend oor wie jy werklik is. Jou karakter skyn sommer gou deur jou woorde. Wees versigtig wat jy sê – jy het 'n veranderwoordelikheid teenoor ander sowel as teenoor jouself. Dink vóór jy praat, en wees daarmee anders as die meeste mense wat onnadenkend leef.

HEILIGE WATERS

Ds AE van den Berg

Verder het hy nog ’n duisend gemeet – ’n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys – waters om in te swem, ’n stroom waar ’n mens nie deur kan loop nie” Eseg.47:5.                               

Water kan gevaarlik wees, veral as dit ’n sterk stroom is.   Jare gelede het ’n jong meisie (Le Roux) by die Augrabiese waterval gegly en is deur die stroom meegesleur.  Haar lyk is nooit gevind nie.  Ja, daar is water wat ons liefs vermy!   Een stuk water wat ons egter nie moet vermy nie is God se heilige water waarin ons onsself moet werp om soos drenkelinge meegesleur te word!

God se heilige water vloei deur die wêreld en bring nuwe lewe vir almal wat daarin swem.  God wil hê dat ons induik en die wal van ’n saai geloofslewe verlaat en in die diep waters van geestelike verdieping vir Jesus lewe.   Om dit te illustreer het God aan Esegiël ’n gesig van ’n heilige stroom water gegee:

Aan die oorsprong, rigting en krag gemeet, simboliseer hierdie heilige stroom die Heilige Gees.   Esegiël sien dat die stroom by die troon van God ontspring.    Ja, die Heilige Gees kom ook direk van die Vader se troon omdat Hy van die Vader uitgegaan het.   Die rigting waarin die stroom vloei, dui ook daarop dat hierdie stroom die Heilige Gees is, want dit vloei van die altaar af.   Dis die plek in die tempel waar diere as offers geslag is.  So vloei die water van die lewe van die kruis van Christus as ’n volkome versoening vir al ons sondes.

Let op die krag van hierdie heilige stroom water; dit het geen voedende strome om dit krag of volume te gee nie.  As dit die troon verlaat, beskik dit oor al die krag om dit sterk te laat vloei.   So anders as die groot riviere van die wêreld wat voedende stroompies het, het God se heilige rivier geen.   God het nie die wêreld of enigeen daarop nodig om sy werk op aarde te volbring nie.  Hy sal sy werk uitvoer want sy rivier het nie voedende stroompies nodig nie.

Die profeet sien dat die heilige water selfs die seewater bruikbaar maak sodra dit daarin vloei.   Daarbenewens het dit genesingskrag.  Ja, die Heilige Gees genees gebroke harte!   Daar is baie mense met gebroke lewens wat net deur die Heilige Gees genees kan word.   Hy is ’n Spesialis in die herstel van gebroke lewens.  “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (Jes.61:1).

Die Heilige Gees maak enigiets wat geestelik gebreek is reg:  “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).  Luister wat sê Jesus van Homself:  “Die Gees van die Here is op My… Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees” (Luk.4:18).   Jesus neem ’n lewe wat weens sonde gebroke is en maak dit heel.

Esegiël sien dat alles wat deur daardie heilige stroom aangeraak word, verander. Vers 9 sê twee maal dat alles wat die rivier aanraak, lewe.   As die Heilige Gees in ’n lewe inkom, vind daar vernuwing plaas.   God sorg vir verandering.  Dit wat dood was, word weer lewendig.   As God intrek, trek die sonde (dood) uit.  Die teenoorgestelde is egter ook waar – as sonde toegelaat word, trek God uit.   Rigt.16 vertel van Simson wat die sonde ingelaat waarna God hom verlaat het:  “….Want hy het nie geweet dat die Here van hom gewyk het nie” (:20).

Die heilige stroom in Esegiël se gesig genees nie net nie, maar bring ook vrugte op die oewer voort.   So is dit ook met die Heilige Gees; as Hy beweeg, sien mense die verandering en vrugte in gelowiges se lewe. “Hy wat in My glo….strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh.7:38).

Baie mense sien net wat die Heilige Gees aan ander mense se lewens doen en is bly daaroor, maar hulle duik nie self in die stroom nie omdat hulle bang is hulle word nat.   Kerktoe-gaan is genoeg.  Bekering is te veel gevra!

Om voordeel uit hierdie heilige stroom te put, moet jy soos ’n Esegiël van ouds doelgerig instap en sommer diep ook!   Die man wat in hierdie gesig die diepte van die water meet, vat Esegiël saam wat hom om dit te toets.  Die profeet stap aanvanklik enkeldiepte in.   Dit verteenwoordig die geloofstap wat ons siele red.  Dis gerusstellend om te weet dat jou siel gered is, maar dis nie die einde van die geloofspad nie; dis maar die begin!    Jesus bring ons tot in die water sodat ons self dieper moet inloop.   Die meeste mense stop by die enkeldiepte en spandeer hul hele hele lewe aan die vlak kant van die stroom, te bang om dieper te gaan.  Sulke mense mis die seëninge van ’n dieper geestelike lewe.

Vervolgens stap Esegiël tot by die knieë in die water.   As ek aan knieë dink, dink ek aan gebed.  Niemand staan sterker op sy voete as hy wat op sy knieë staan nie!   Gelowiges wat op hierdie vlak kom, leer al iets van die krag van hierdie stroom.  Hulle voel iets maar word nie werklik daardeur geraak nie.  Hulle staan uiteraard nog op hul twee voete en is nog in beheer van hul lewe.

Daarna stap Esegiël tot by sy heupe in die water.   Wie so ver instap, voel die krag van die water.  Ander kan selfs die effek van die water op hulle sien.  Dis egter nie die diepste wat ’n gelowige kan gaan nie.  Die profeet was nog so na aan die kant dat hy kon staan en uitloop as hy wou.  Hy was steeds in beheer.

Dan bereik Esegiël ’n punt waar die stroom sy voete onder hom uitneem en hy geen beheer het nie, maar aan die genade van die stroom oorgelaat is.  Dis die hoogste geestelike sport menslik moontlik.   Te veel gelowiges verkies die veiligheid van die vlakker water en bereik nooit geestelike volwassenheid voor hulle dood nie.

In die diep water was die profeet nie meer in beheer nie, maar die water.   Dis waar God ons wil hê - waar ons geen beheer het nie maar Hy alles.   Dis dan dat iets wonderlik gebeur – ons kom in die Here tot rus want Hy dra ons verder.   Ons spook en spartel nie langer nie, maar rus in die krag van die Heilige Gees.   Ons vergeet onsself; ons doelwitte, versugtinge en drome.  Dis volle oorgawe!

Wie so diep in die water is, word deur die Here verder gevoer.  Daar waar die stroom jou heen voer, is jy tevrede en gelukkig.   Esegiël was sopnat omdat hy in iets vêr bo sy kop betrokke geraak het.    Desondanks was hy dankbaar.

Wil jy geestelik sterker staan?   Dan moet jy in die diepste deel van die stroom  beland.   Jy gaan dit nie in enkel of selfs heup diepte water vind nie, net in die diepte.   Wanneer jy knie- of heupdiepte is, is dit ’n kort afstand na die oewer soos Demas ook uitgevind het, maar nie wanneer jy in die stroom is nie.   Dan is dit baie moeiliker om uit te spring.

Kom ons maak vandag nog ’n geestelike voorraadopname en kyk so ’n bietjie terug op ’n jaar wat feitlik verby is.  Jy was vanjaar baie in die kerk en het die Woord van God duidelik gehoor.   Hoe diep staan jy in die heilige water?  Verkeer jy in die diep water of staan jy maar betreklik vlak?   Is jy gelukkig daarmee?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2464 gaste aanlyn