NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Selfkennis is groter as alle wetenskap. Om jouself te ken soos jy werklik is, is die sleutel na feitlik elke sukses. Die meeste huwelike misluk nie omdat eggenotes met mekaar ontevrede is nie maar omdat hulle hulself nie ken nie. Om te weet presies wat jou sterkpunte en jou tekortkominge is, is om te weet wat jou lewensdoel is, en dít is die grootste skat wat 'n mens in hierdie wêreld kan verwerf. Dán alleen kan jy seker wees dat jy Godvrugtige besluite dwarsdeur jou lewe sal neem.

DIE BOEREVOLK AANBID 'N STEEDS REDDENDE GOD

Ds AE van den Berg

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.  Amen” - Mt.28:20 (1 Sam.1:9-19)            

Op 16 Des.1949 het dr. D.F Malan tydens die inwyding van die Voortrekkermonument sy bekende Quo Vadis toespraak gehou: Suid-Afrika, waarheen gaan jy? Hy was bekommerd oor sy volk wat van die Voortrekkergees afvallig geword het en het hulle baie ernstig vermaan om na die Christelike lewensweg terug te keer.   Vandag, 64 jaar later, vra ons met baie meer kommer in ons hart: Waarheen is die Boerevolk op pad?  Van die eertydse Christelike lewenswandel is daar weinig te sien; God word nie meer gevrees nie.

Op die vraag waarheen ons op pad is, moet ons vra: Waar kom ons vandaan?   Het ons ’n doel aan die suidpunt van Afrika?   Hieroor is daar meningsverskil.  Daar is volksgenote wat onwrikbaar glo dat God die Boerevolk vir ’n bepaalde doel wil gebruik.    Daar is egter ook van ons eie mense wat so deur vrysinniges gebreinspoel is, dat hulle eerder aan toeval as goddelike bestiering glo.   Dit sal ek, te oordeel na ons geskiedenis, veral Bloedrivier, nooit as te nimmer glo nie!

Elke gelowige het die opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.  Ons moet die geseënde boodskap van God se genade aan alle mense verkondig.   God het ons juis na donker Afrika laat kom om sy lig aan mense wat in sonde-duisternis verkeer te versprei.   Ons durf God nooit slegs vir ons eie volksgenote opeis nie; Hy is ’n God vir almal wat die knie voor Hom buig!

God kies nie kant nie.  “Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie” (Rom.2:11).    By Bloedrivier kies Hy nie die Voortrekkers bo die Zoeloes omdat hulle blank is nie, maar omdat hulle gelowig was.   Hulle geloof het hulle gered want God skaar Hom by gelowiges.   “Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Ps.33:12).

Die wonder by Bloedrivier gebeur omdat die Voortrekkers tot God gebid en onwrikbaar geglo het dat Hy hulle sal red.   Hulle het na aan God geleef en sy Woord getrou gelees en bestudeer.   Daarom was hulle geloof nie net in hul woorde duidelik nie, maar ook in hul lewensgang sigbaar.   Hulle heiligheid het gesorg vir hul veiligheid!

Die Voortrekkers het geweet dat God vrymagtig optree soos wat dit Hom behaag.    Daarom het hulle nie met die gelofte God in ’n ding probeer indwing nie.   Al wat Cilliers en sy manne God beloof het, was dat indien hulle welslae sou hê, hulle uit dankbaarheid sekere dinge sou uitvoer; Geloftedag sou soos ’n dankdag tot God se eer gehou word.

Cilliers en sy manne het in die aangesig van ’n gewisse dood besef dat hulle geheel van God afhanklik is en geen voorwaardes aan Hom gestel nie.   Met die gelofte wat afgelê is, het hulle erken dat slegs God hulle in daardie benarde situasie kon red en Hom beloof dat hulle nageslag die wondergebeure sou bly herdenk sodat al die eer aan God sou gaan en nie aan mense nie.   Dit is dan ook baie duidelik in die gelofte verwoord.    In die gelofte gaan dit om dankbaarheid vir God se genadige ingrype.

Gebed verander sake.   Moses het gebid en die see het voor hom oopgegaan.   Elia het gebid en vuur uit die hemel het op Karmel neergedaal.   Sarel Cilliers het gebid en die barbare is verslaan.   Ja, die sterkste gelowiges is hulle wat in die geloof bid.   Sonder geloof is niks moontlik nie.  Met geloof is niks onmoontlik nie.   Daarom het die Voortrekkers daardie dag hul lewe in die hande van Hom wat die heelal gemaak het toevertrou en soos Daniël se drie vriende ongeskonde aan die dood ontkom.

Op 16 Desember 1838 het God sy kinders se smekinge gehoor en aan 407 Voortrekkers ’n klinkende oorwinning oor 12,000 Zoeloes gegee sonder om paniekerig te word.  Wie die Onsigbare ken, kan die onmoontlike verwag.

Die Voortrekkers het hul gelofte gestand gedoen en daarna 16 Desember as ’n wydingsdag aan God gewy om soos ’n Sondag deur te bring.   Hulle het hul nageslag geleer om geestelike betekenis aan hierdie dag te heg.  Wie hierdie dag nie as ’n Geloftedag gedenk nie, is ontrou aan sy eie verlede; ook diegene wat van Geloftedag ’n versoeningsdag gemaak het.   Geloftedag het hoegenaamd niks met ’n versoening met heidense magte te doen nie

Talle mense het geen erg aan die gelofte omdat hulle hul nie daaraan gebonde voel nie.  Niemand kon glo namens hulle ’n gelofte by God aflê nie.   Hoe dink jy?  Kyk gerus na 1 Sam.9 waar die kinderlose Hanna by God om ’n kind smeek en ’n gelofte doen dat sy hierdie kind vir God sal grootmaak deur hom vir tempeldiens beskikbaar te stel.   God het haar gebed verhoor en die seuntjie wat sy gebaar het, het sy op driejarige ouderdom na die tempel teruggeneem en haar belofte nagekom sonder dat Samuel ’n sê gehad het.   Hanna se gelofte aan God het Samuel vir die res van sy lewe gebind.    Ons doen dieselfde met die doop van ’n kind.

Die Voortrekkers het namens hulself en hul nageslag ’n gelofte aan God afgelê, ’n gelofte wat ons steeds bind omdat ons geskiedenis onlosmaaklik met die van die Voortrekkers verbind is.   Met die viering van Geloftedag sê ons opnuut vir God dankie dat Hy in ons voorsate se lotgevalle ingegryp het, anderste was ons miskien nie vanoggend hier nie.

Op die vraag waarheen ons op pad is, is daar baie antwoorde.   Pessimiste glo dat dit klaar is met Kees.   Duisende volksgenote is sonder hoop vir die toekoms.   Die optimiste, waarby ek myself insluit, glo dat God ’n groot doel met ons het en alles ten beste sal uitwerk al het ons land met iets anders as die nag donker geword.   Ek dank God dat Hy vir baie van ons volksgenote geestelike nagsig gegee het sodat ons in hierdie donker dae steeds sy Vinger in ons Boerevolk se lewe kan raaksien en op Hom vertrou.

Kom ons hou aan twee dinge vas.   Eerstens ons geskiedenis.   Kyk en leer uit die geskiedenis en weet dat God nooit verander nie.   Hy het die Israeliete telkens in benouende omstandighede gered, so ook die Voortrekkers.  Moenie jou gebondenheid aan die verlede as ’n plig beskou nie, maar eerder ’n vereiste.   Dit wat God in die verlede gedoen het, doen Hy vandag en môre.   Moet nooit jou geloof in die toekoms verloor nie.   Suid-Afrika het ʼn nood aan gelowiges wat aanhou om gelowig te leef.

Benewens die geskiedenis moet ons ook aan ’n tweede ding vashou - God se beloftes.   Hy is nie net die God van die verlede nie, maar ook van die toekoms.   Moenie vir die dag van môre bang wees nie.   Hy wat ons in die verlede gered het, sal ons weer red.   Leef net kinderlik afhanklik van Hom!

Kom ons basuin dit op hierdie Geloftedag aan die wêreld uit:  Die Boerevolk aanbid ’n reddende God!   Hy wat in die verlede gered het, red in die hede en ook in die toekoms; ons geloof in Jesus bou vir ons ‘n brug na die toekoms.

Daarom gaan ons met die oë gevestig op God die donker toekoms sonder vrees tegemoet.     Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie, weet ons vir seker in Wie se hand dit is.   Die toekoms is so helder soos God se beloftes want die toekoms behoort aan Hom.   En waar ek gaan, is Hy by sy kinders: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”.

Dank God dat die toekoms van ons volk nie in die hande van heidene berus nie, maar in Syne.   Daarom gee ek op hierdie Geloftedag geen treë sonder Hom nie.  Met Hom loop ek tot aan die uithoeke van die aarde!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2405 gaste aanlyn