NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In 1 Johannes 5:14 sê hy dat God ons verhoor as ons iets vra volgens God se wil. Calvyn se kommentaar op hierdie vers bring meer duidelikheid wanneer hy sê dat as dit aan elkeen van ons toegestaan wou word om te vra net wat ons begeer, sou daar baie swak na ons omgesien word. Dit sou ook die geval wees as God aan ons wense sou toegee. Want ons weet nie wat vir ons goed is nie. Inteendeel, ons brand van slegte en verderflike begeertes.  Dus is die geheim van verhoorde gebede daarin dat ons niks sal vra wat strydig is met God se wil nie. Daarom moet ons sy wil ken en gehoorsaam.

WEES GETUIES

Ds Andrè van den Berg

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde” - Hand.1:8                                     

Met Pinkster herdenk die kerk die uitstorting van die Heilige Gees wat meer as 2000 jaar gelede in die tempel in Jerusalem plaasgevind het.  Maar waarom word die woord uitstorting en nie bekendstelling of 'n ander sinoniem gebruik nie?   Die Gees is tog ʼn Persoon, hoe kan Hy uitgestort word?   Was Hy dan nie voor Pinksterdag daar nie?  Ja, Hy was.  Hy het nie op daardie dag vir die eerste keer sy Heilige opwagting gemaak nie, maar was reeds so vroeg as in die skepping werksaam: “.... en die Gees van God het gesweef op die waters” (Gen.1:2).   In die tyd van die aartsvaders sê Job: “Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend” (Job.33:4).

Die Heilige Gees was ook by Israel op pad na Kanaän teenwoordig: “Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?” (Jes.63:11).

Die Heilige Gees het ook deur profete gewerk nadat Hy hulle met krag vervul het om te getuig en die Woord onbevrees te verkondig.   Dan het die Gees ook iets belangrik gedoen – Hy het deur die eeue die belofte van die komende Messias as’t ware aan gelowiges se harte vasgeknoop.    En dis hoe die Jode van ouds gered is – hulle moes die tien gebooie nakom en glo dat die Messias gebore sou word.  Laasgenoemde kan ʼn vooruitgesiene geloof genoem word.

Wat het dan op Pinksterdag gebeur?  Hoe raak dit ons?  Op daardie dag het daar iets geheel nuut gebeur.  Die woord uitstort dui op iets wat nog nooit voorheen was nie en toe met wêreldwye effek plaasgevind het.  Die Heilige Gees het twee belangrike en unieke dinge kom doen wat gelowiges vandag nog raak – Hy het begin om mense van alle nasies deur die wedergeboorte aan Jesus te bind en getuies van hulle te maak.  Dit het nog nooit vantevore gebeur nie.

God het gesorg dat Jesus se dood en opstanding nie in die lug bly hang nie, maar in alle mense se lewens te lande kom, nie net Israel nie, maar regoor die wêreld.   Die Heilige Gees het kragtig begin werk om van alle gelowiges in alle nasies getuies vir Jesus te maak. “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde”

Twee duisend jaar voor die uitstorting van die Heilige Gees het God Abraham belowe dat sy nageslag soos die sand van die see sou wees en ʼn heilsame effek op die aarde sou hê: “.... en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word” (Gen.12:3).   Met hierdie belofte het God ver vooruit na die effek van die  Christendom op die wêreld gekyk.   Hierdie belofte was nie vir Abraham se fisiese afstammelinge nie, maar sy geestelike afstammelinge: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Gal.3:29).   Dit is die geestelike Israel, ʼn onsigbare, dog heilige volk wat uit alle gelowiges bestaan.

God se belofte aan Abraham kon nie in die fisiese Israel verwerklik nie, maar slegs in die geestelike Israel, iets wat die dwaalgeeste in die Israel Visie rooi laat sien!  Dit wat God sedert Pinksterdag geestelik gemaak het, wil hulle vleeslik maak.  Paulus maak dan selfs die onderskeid: “Let op Israel na die vlees...” (Rom.10:18). Hy praat ook baie van Jode wat na die vlees roem.

Met Pinksterdag het alle roem in die vlees verval toe ook nie-Jode tot die wonderlike ontdekking gekom het dat hulle nie buite God staan soos wat die Jode hulle laat voel het nie, maar deur die bekering wonderlike geloofsekerheid verkry het dat God hulle volledig by die geestelike Israel insluit.   Jesus het ook vir Grieke, Egiptenare, Siriërs (of watter nader nasie ook al) gesterf!   “... God neem die persoon van die mens nie aan nie ...” (Gal.2:6).

Die Jode was baie eksklusief – hulle wou alleen in die hemel wees en die hek na die hemel as’t ware vir nie-Jode gesluit.  Dis waarom Jona vir God kwaad was toe Hy hom na Nineve (Assiriërs) stuur.  Heidene het mos nie in God se genade gedeel nie!   Hierdie verkeerde gesindheid was ʼn baie groot struikelblok wat gebreek moes word ten einde die Evangelie van verlossing in Jesus Christus verder te kon voer.

En dis wat op Pinksterdag in Jerusalem gebeur het.  Die Heilige Gees het kragtig in apostels gewerk en hulle in 14 tale laat getuig dat die hek na die hemel vir elke sondaar wat hom bekeer, oop is.  Jesus se lyding, dood, opstanding en hemelvaart het ʼn nuwe bedeling gebring; ʼn uitstorting van seën op die mensdom; Abraham se geestelike nageslag het gestalte verkry.

Op Pinksterdag het God hierdie hekke soos deur ʼn ontploffing laat oopgaan; hekke wat tot vandag toe nog oop is en oop sal bly totdat Jesus weer kom.   Die Gees het mense se lewens kom verander.  Waar is daar ʼn beter voorbeeld as Petrus?   Voor Pinkster berispe hy Jesus: ”.... mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!” (Mt.16:22).   Ná Pinkster praat hy ʼn ander taal!

Wat het die ommeswaai in Petrus se lewe gebring?   Die Heilige Gees wat die krag en die betekenis van Jesus se dood en opstanding aan Petrus se siel vasgeknoop en van hom ʼn kragtige getuie gemaak het.  So ook die ander apostels.  Dit was nie ʼn eenmalige getuienis nie, maar kenmerk die werking van die Heilige Gees deur die eeue tot vandag toe.  Ons leef immers in die Pinksterbedeling.  Watter praktiese effek het dit op die mensdom?   Wanneer die Heilige Gees ʼn sondaar tot die geloof roep, laat Hy die skille van hul oë afval om te sien dat hulle nie sonder ʼn persoonlike verhouding met Jesus Christus in die hemel kan kom nie.   Jy kan dit net met geestelike oë sien!

Omdat mense dit dringend moet weet, gebruik die Heilige Gees getuies om mense te vermaan.  Petrus vermaan die tempelgangers op Pinksterdag: “...  Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag” (Hand.2:40).   Hierdie boodskap moes na buite geneem word: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde” Die ganse mensdom moet weet dat redding slegs deur Jesus Christus is.

Die boek Handelinge draai om die as van 1:8.  Dis ʼn aangrypende verhaal hoe hierdie boodskap al hoe verder versprei is en baie nie-Jode tot bekering gekom het waarvan Cornelius (Romein) en die tronkbewaarder van Filippi (Griek)  aangrypend is.  Let op die voorgeskrewe verspreidingsgebiede - Jerusalem (tuis), Judea (nabye omgewing), Samaria (verdere omgewing) tot by die eindes van die aarde.  Nie die een of die ander nie, maar almal gelyktydig.

God het selfs vervolging gebruik om die gemeente in Jerusalem wakker te skud en uit hul gemaksone te boender.   Duisende mense het uit vrees vir hulle lewe Jerusalem verlaat.  Oral waar hulle gegaan het, het hulle deur die werking van die Heilige Gees kragtige getuienis gelewer en gemeentes tot stand laat kom.

Wat beteken Pinkster vir ons?  Presies dieselfde as wat dit vir die  eerste gelowiges beteken het – die ontvang van krag van die Heilige Gees om lewende getuies in ʼn geestelik dooie wêreld te wees.   Ons wêreld is inderdaad aan die sterwe.   Elke skuif van die mensdom is ʼn skuif agteruit.   Daar is groot werk om te doen!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2189 gaste aanlyn