NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie – Prediker 9:10

BESETENHEID

Ds Andrè van den Berg

"Nêrens in die Bybel ontvang gelowiges die opdrag om bose geeste uit gelowiges te dryf nie, maar wel om Satan onder mekaar teen te staan..."

Besetenheid kom van die woord besit en dui op iemand wat nie meer in beheer van homself is nie, maar deur Satan beheer word.  Die Bybel het talle voorbeelde van mense wat besete was en uit wie se lewens ons die simptome van besetenheid kan waarneem.

Uit Bybelse gegewens weet ons dat Satan  ʼn mens kan betrek soos wat jy ʼn huis kan betrek, maar dat hy besetenes abnormaal laat optree soos die een in Gadara wat naak tussen die grafte geleef het.   Bose geeste tree ook nie altyd een-een op nie, maar soms tegelyk soos in die geval van die besetene van Gadara wat weens die veelheid van bose geeste bo-natuurlike liggaamkragte gehad het.  Daar is aangetekende gevalle waar ʼn skraal besetene ysterboeie en kettings soos gare drade gebreek het!

Besetenheid tas soms die sintuie aan:  “En terwyl hulle weggaan, bring die mense ʼn stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.   En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat...” (Mt.9:31,32).   Hierdie bose gees het die man fisies gestrem – hy kon nie praat nie.

Mattheus teken vir ons ʼn soortgelyke geval op: “Toe het hulle ʼn duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien” (Mt.12:22).  Die bose gees in hom het hom dubbel gestrem - hy kon nie praat of sien nie.

In Mt.17 lees ons van ʼn man wat sy maansieke seun vir genesing na Jesus gebring het: “Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af” (:18).   Maansiekte is ʼn bekende vorm van besetenheid.  Vandaar die uitdrukking: Hy is met die maan gepla.   Dit het werklik iets met die aangroei van die maan te doen gehad.

Bose geeste kan self kindertjies betrek.  Toe Jesus by geleentheid in die gebied van Tirus en Sidon kom, het ʼn Griekse vrou smekend vir hulp na Hom gekom: “Want ʼn vrou wie se dogtertjie onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.... en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogtertjie uit te dryf .... En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê” ” (Mark.7:25,26,30).

Satan ontsien nie eens die kerk as hy iemand wil betrek nie.  Luk.4 vertel van ʼn besetene wat in die sinagoge in Kapernaum was en geweldig geraas het: “En in die sinagoge was daar ʼn man met die gees van ʼn onreine duiwel.... En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! ... En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi  en uit hom gegaan...” (:33,35).

Satan ontsien nie eens die dissipelkring nie.  Lukas skryf in sy Evangelie dat Satan in Judas Iskariot ingevaar het om Christus te verraai (Luk.22:3).   Lukas gaan verder en skryf in Hand.16 van ʼn besete slavin met ʼn waarseende gees wat baie geld vir haar eienaars verdien het.  Hierdie vrou het kennis van dinge buite haar verstandelike bevoegdheid gedra wat net vir ons bewys dat Satan ook ʼn beperkte kennis van die toekoms het wat hy aan sy agente bekend kan maak.

In die OT lees ons van ʼn baie interessante geval waar ʼn bose gees in God se diens gebruik is om die afvallige koning Saul te teister: “Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en ʼn bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik.  Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ʼn bose gees van God verskik u” (1 Sam.16:14,15).  Moet nooit vergeet dat God almagtig is en die bose as ʼn tugroede in sy hand kan gebruik nie.  Kyk maar net hoe Hy die Assiriërs en Babiloniërs teen die Bondsvolk gebruik het – twee ballingskappe.

Besetenheid neem ʼn wye verskeidenheid van manifesteringvorms aan soos fisiese onreëlmatighede wat nie aan normale fisiese skete toe te skryf is nie.  Dit word ook dikwels in ʼn ingrypende persoonlikheidsverandering duidelik.  Hier dink ʼn mens aan erge neerslagtigheid, opvlieëndheid, afwykende sosiale gedrag asook ʼn voorkennis van toekomstige gebeure.   Pas maar op vir die moderne profete!  Terselfdertyd moet ons egter baie versigtig wees om nie ʼn duiwel agter elke bos te wil uitskop nie.  Die duiwel sorg vir verwarring en leuens.  Mense met afwykings is nie per sè besete nie.

Benewens fisiese en emosionele onderskeidingstekens het besetenheid ook geestelike kenmerke soos bv. die weiering om te vergewe.  Paulus skryf aan die Korintiërs dat Satan mense kan bedrieg om te glo dat hulle nie hoef te vergewe nie (2 Kor.2:10,11).   Dis natuurlik fataal vir mens se geestelike groei.

Nog ʼn teken van besetenheid is die verspreiding van dwaalleer, veral waar dit die verlossingsleer van Christus raak soos in Korinthe gebeur het: “Maar ek vrees dat, net soos die  slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.  Want as iemand kom en ʼn ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ʼn ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ʼn ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.... Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus." (2 Kor.11:3,4). En geen wonder nie!  Want Satan verander hom in ʼn engel van die lig.

Mense stel op baie maniere hul lewens vir bose geeste oop sonder om dit altyd te besef.   Kyk maar net op watter manier Satan in Judas se lewe ingekom en hom ʼn vroeë dood laat sterf het – sy liefde vir geld!   Dit kan ook gebeur dat iemand in sonde volhard en dit ʼn uitnodiging vir bose geeste word om so ʼn mens se lewe in te trek.

Sendelinge vertel talle verhale van afgodsdienaars wat besete raak.   Dit kan ook nie anders nie, want wat is afgodsdiens anders as die aanbidding van bose geeste.  “Hulle het aan duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie ...” (Deut.32:17).  “Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan duiwels geoffer” (Ps.106:37).

Daar is strenggesproke nie iets soos ander godsdienste in die wêreld nie.  Dis alles afgodsdienste.  Daar is net een ware godsdiens - die Christendom.    Buite die Christendom is alles satanies.   Daarom is dit nie vreemd dat afgodery tot besetenheid lei nie.   Pas ook op vir kultusse.  Aanhangers van vreemde kultusse staan die gevaar om besete te raak soos Jim Jones destyds toe bykans 1000 van sy volgelinge op sy bevel saam met hom selfmoord gepleeg het.

Ons moet ook baie versigtig met ʼn belangstelling in die okkulte omgaan.   Omdat dit op die gebied van die onbekende (metafisiese) lê, prikkel dit die belangstelling.  Pas op om nie te diep daarop in te gaan nie.   Dit kan groot geestesskade berokken.   Wie nie met Satan handel wil dryf nie, moet uit sy winkel wegbly!  ʼn Ongesonde belangstelling in die okkulte kan by ongelowiges tot besetenheid lei.  As ons God navolg, klee ons onsself met sy wapenrusting (Efes.6:10-18).   Laat ons Satan geen vatkans gee nie.

Een troos vir gelowiges is dat Satan en sy trawante niks kan doen wat God hulle nie toelaat nie.   Job is ʼn goeie voorbeeld hiervan.    Ons hoef die Bose nie te vrees nie, want God heers oor alles en almal.  Hy is sterker!

Die groot vraag wat deur baie mense gevra word, is of  ʼn Christen ook besete kan raak?  Daar is geen Bybelteks wat ja of nee hierop antwoord nie, maar gegrond op Bybelse waarhede is die antwoord nee. ʼn Gelowige kan nie besete raak nie, maar wel deur bose geeste gepla word.  Die Bybel het nie een enkele voorbeeld van ʼn gelowige wat deur Satan betrek is nie.  En die rede hiervoor is dat die Heilige Gees nie sy blyplek met bose geeste deel nie!  Paulus skryf aan die Korintiërs dat die Gees gelowiges se lewens verseël (2 Kor.1:22; 5:5).

Daar is ʼn duidelike verskil tussen besetenheid en ʼn plaery deur bose geeste.   Besetenheid is ʼn geval van ʼn bose gees wat direkte en volledige beheer oor die gedagtes en/of optrede van ʼn mens het.   Demoniese plaery is wanneer bose geeste mense tot sondige optredes aanspoor.

Nêrens in die Bybel ontvang gelowiges die opdrag om bose geeste uit gelowiges te dryf nie, maar wel om Satan onder mekaar teen te staan: “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).  “Wees nugter en waaksaam, want julle teenstander, die duiwel, loop rond soos ʼn brullende leeu en soek wie hy kan verslind.  Hom moet julle teenstaan, standvastig in die geloof....”(1 Pet.5:8,9).

Christene word deur die inwoning van die Heilige Gees gekenmerk: "... julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon.  Maar as iemand die Gees van God nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanwee die geregtigheid.  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, in julle woon...” (Rom.8:9-11).  God sal nooit sy kinders wat Hy deur die bloed van Jesus Christus gereinig het deur ʼn onreine gees laat beheer nie!

Gelowiges voer eerder stryd met Satan en sy bose magte! “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” (1 Joh4:4).  Wie is die Een wat in ons is?  Die Heilige Gees.   Wie is in die wêreld?  Satan en sy bose magte.    Daarom het gelowiges die wêreld van die bose magte oorwin en kan hulle onmoontlik besete raak.

Gevalle waar gelowiges skynbaar wel besete geraak het, moet goed nagegaan word en mense moet baie seker van hul feite maak.   Indien dit waar is, beteken dit net een ding – daardie besetene was nooit werklik ʼn kind van God nie.   Hy het slegs voorgegee om gelowig te wees.   Dit gebeur wel dat gelowiges soms baie swaarmoedig raak en soos Elia onder ʼn besembos wil gaan lê en bid om te sterf.   Dit moet egter nooit aan ʼn vorm van besetenheid toegeskryf word nie.

Ons het vir die duiwel eintlik net een ding te sê – Christus het jou alreeds oorwin en jou mag sal met die groot oordeelsdag finaal gebreek word!

Mark.5:1-20

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2455 gaste aanlyn