NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed, dat Hy nooit verkeerde medisyne van die rak sal afhaal nie.  Hy maak selfs ‘n gebroke hart heel indien ons Hom al die stukke daarvan gee.

DIE WAARHEID MAAK VRY

Ds Andrè van den Berg

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak” -Joh.8:32                                    

Jesus het baie dinge tydens sy aardse bediening gesê en gedoen wat nie vir ons in die Bybel opgeteken is nie.  Dit sou eenvoudig net te veel gewees het.  Die laaste vers van die Johannes Evangelie lui: “En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het.  Maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie ...” (21:25).  Baie van Jesus se woorde en dade is wel in die Bybel opgeteken waarvan Joh.8:32 seker een van die bekendste en belangrikste is: En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak”.

Joh.8:32 is ongelukkig ook een van die Bybeltekste wat graag deur politici in hul stryd vir die bevryding van sogenaamde politieke onderdrukking en aanverwante sake aangehaal word.  Nodeloos om te sê, word dit in al die gevalle uit verband aangehaal en misbruik om politieke sake soos bv. die vryheid van spraak en ʼn vrye pers as die wil van God op te hemel.  Joh.8:32 het absoluut niks daarmee te doen nie!

Al het die Jode in Palestina destyds onder die Romeinse juk gebuk gegaan, was onderdrukking alles behalwe wat Jesus in die oog gehad het toe Hy hierdie uitspraak gemaak het.    Dit het oor ʼn baie ernstiger saak as aardse dinge gegaan.  Jesus het oor geestelike vryheid gepraat; die grootste gawe van God aan die mens waaraan ons tydens Advent dink.  Wie hierdie waarheid insien en sy eie maak, beêrwe die hemel.  En dis waaroor Jesus in Joh.8:31-36 met die Jode gepraat en hulle hom baie duidelik verkeerd verstaan het.

Die vryheid waarvan Jesus praat, is ʼn vryheid van sonde.  Sonde plaas die mens  as’t ware in ballingskap, ʼn begrip wat die Jode baie goed geken het.   Hulle was immers twee maal in ballingskap weggevoer – Israel na Assirië en Juda na Babel.  Daarbenewens was hul voorsate ook slawe in Egipte totdat Moses hulle uitgelei het.

Toe hulle Jesus in vers 33 antwoord dat hulle nog nooit slawediens (politieke onderdrukking) verrig het nie, was hul geheue maar baie kort.    Onthou hulle dan nie Egipte en die ballingskappe nie?  En hul huidige situasie?  Was hulle nie aan Rome onderdanig nie!

In vers 34 maak Jesus dit duidelik wat Hy met slawediens bedoel: “Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ʼn dienskneg van die sonde is”. Die slawerny waarvan Hy praat, is gebondenheid aan sonde.   Sonde is soos boeie. Niemand in boeie is vry nie.

Jesus het met sy dood en opstanding hierdie boeie ontsluit soos Jesaja lank voor Jesus se geboorte voorspel het: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ʼn blye boodskap te bring aan die ootmoediges.  Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ʼn vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis” (61:1).

Alle mense is van nature deur sonde geboei: “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23). Johannes skryf: “As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie” (1 Joh.1:8).   Hierdie sonde het ʼn geweldige mag oor mense soos wat slawerny het. “Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ʼn dienskneg van die sonde is”(:34).

In Rom.7 skryf Paulus: “Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie. Maar wat ek haat, dit doen ek ... Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon... Ek, ellendige mens!  Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood” (:15,17.24).

Geestelike slawerny is baie erger as politieke onderdrukking omdat politieke slawerny van buite, maar geestelike slawerny binne-in die mens setel.  Daar is ʼn baie groot verskil tussen ʼn hou wat met ʼn sweep toegedien is en om kanker onderlede te hê.   Die een kom van buite en die een van binne.  Die mens kan vryheid van onderdrukking bied.  Net Christus kan vryheid van geestelike slawerny bied.

Die Jode het geestelike bevryding nie nodig geag nie omdat hulle geglo het dat hulle outomaties op grond van hul afstamming gered word.  Daarom sê hulle vir Jesus: “... ons is die geslag van Abraham...” Dis mos vanselfsprekend dat hulle hemeltoe sal gaan; altans, so het hulle gedink en geglo!   Al bevryding waarna hulle gesmag het, was politieke vryheid - vry van die Romeinse juk.   Die waarheid het anders geklink - sonder die redding in Christus gaan alle mense, ook Jode, verlore.  Dis die waarheid wat die Jode moes insien, maar nie ingesien het nie.  En dit het hulle die hemel laat mis – sonder die bekering, sonder hemel!

Jesus het aarde toe gekom om die gevangenes van die Satan (sonde) vry te laat deur sy bloed vir hulle te stort.   En dis waaraan ons in Adventstyd moet dink; Jesus het sondaars kom loskoop.  “Want dit is my bloed; die bloed van die nuwe testament wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sonde” (Mt.26:28). Ons is nie vry om te sondig nie, maar juis vrygemaak om nie daardeur gebind te word nie.  Geen mens is vry as hy ʼn slaaf van die vlees is nie.

Paulus skryf aan die Efesiërs: ” In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade...” (Efes.1:7).  Hy skryf ook aan die gelowiges in Rome:  “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood” (Rom.8:1,2).

Dit bly die grootste wonder en waarheid vir elke mens: God het mens kom word en met Christus vir ons sonde gesterf sodat ons van ons boeie ontslae kan raak en uit die gevangenis van Satan kan stap.

Dis die hart van die Kersverhaal.  Wat maak ons in hierdie dae daarmee?  Geniet dit oor die Kerstyd en vergeet dit na Nuwejaar?    Nee, ons het ʼn baie duidelike opdrag in die Bybel wat om met hierdie boodskap/waarheid te doen: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mt.28:19).

Die geestelike vrymaking is ’n pakket wat ook verantwoordelikhede en gevolge insluit.  Vryheid en verantwoordelikheid gaan hand aan hand.  Wie geen verantwoordelikheid aanvaar nie, is nooit vry nie. Ja, vryheid sonder verantwoordelikheid is soos ʼn boom sonder wortels – dit val om.

Die mens is slegs in Christus waarlik vry.  Hy is die bron van ware vryheid. Die hele wêreld moet hierdie waarheid hoor en weer hoor en weer hoor.  Die groot waarheid mag nie uit die hart wyk nie.   Die uitvoering van hierdie opdrag behoort vir elke ware gelowige louter vreugde te wees.  Maar dan moet ons baie seker wees dat onsself deur Jesus vrygemaak is.  Slegs diegene wat deur Hom vrygemaak is, kan Kersfees na reg vier en die salige betekenis daarvan waardeer.  Ware vryheid is die gevolg van die regte keuse.

Amen

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2241 gaste aanlyn