NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God beskik oor elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande naamlik familie, volke en nasies. En in die uitvoering van sy Raadsplan gaan Hy nie misterieus te werk buite om hierdie lewensverbande nie, maar juis in en deur die indelings daarvan waarmee ons bekend is. Hiervan is Abraham se hele nageslag 'n voorbeeld. As trotse Afrikaners en patriotiese volk behoort ons hiervan kennis te dra.

TREK GEESTELIK LAER!

Ds Andrè van den Berg

“En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ʼn vurige muur rondom en tot heerlikheid daarbinne”  - Sag.2:5

Dis vandag Geloftedag.  Vir baie ontspoorde volksgenote wat hulle buite die dampkring van hul eie volk bevind, is dit Versoeningsdag.  Hulle ag hul nie aan 'n gelofte wat 176 jaar gelede gemaak is gebonde nie.   Geloftedag skyn vir hulle rassisties te wees, pas nie by die gees van versoening nie en is derhalwe polities inkorrek.  Ja, volk- en landsgenote verskil soms groot van mekaar!

Ons gaan kyk vanoggend wat werklik op daardie Sondag 16 Desember 1838 in Natal gebeur het en wat spesifiek aanleiding tot hierdie geskiedkundige gebeure in ons volkslewe gegee het dat ons dit nog steeds jaarliks herdenk.

Die Zoeloevolk was eeue lank in Natal, maar het eers met die opkoms van die grootste van die Zoeloekonings, Shaka, op die kaart verskyn.  Hy is destyds die Swart Napoleon genoem omdat hy met sy nuwe wapen oor al die stamme van Suider Afrika geloop en derduisende lyke agtergelaat het.  Shaka was die eerste om die steek-assegaai as aanvalswapen te gebruik.  Hy het sy krygers gedwing om kaalvoet te veg sodat hulle voete hard kon word.  Hy het hulle selfs op skerp dorings laat dans en as een van hulle pyn vertoon het, hom onmiddellik laat doodmaak.  In sy strewe na oppermag is groot dele van die land verwoes en onbewoon agtergelaat nadat sy impi’s daar deurgetrek het.

Op 22 September 1828 is Shaka deur sy twee broers, Dingaan en Mhlangana, vermoor.  Kort daarna het Dingaan ook Mlangana vermoor asook enige ander moontlike mededinger sodat hy alleen kon heers.  Daarna het hy hom in uMgungundlovo met 300 vroue in ʼn luilekker lewe gevestig.   Tien jaar later, op 6 Februarie 1838, het hy Piet Retief en sy manskappe wat met hom 'n grondkontrak wou sluit, koelbloedig vermoor.  Kort daarna het die Bloukransmoord plaasgevind waar talle vrouens en kinders wreedaardig uitgemoor is.

Met hierdie wreedhede as agtergrond het Andries Pretorius sy Wenkommando saamgestel om teen Dingaan op te tree.  Op Sondag 9 Desember van daardie jaar het oudl. Sarel Cilliers, die geestelike leier van die groep, die erediens vanaf ʼn kanonwa gelei en 'n plegtige gelofte voorgestel:

" My broers en landgenote, op hierdie oomblik staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n belofte te maak. Indien Hy met ons is en ons beskerm en nie aan die vyand oorlewer nie sodat ons oor hulle kan triomfeer; dan sal ons jaarliks hierdie dag en datum eer en herdenk as Dankdag en Sondag tot sy eer.  Ons sal ons kinders en kindskinders hieroor inlig dat hulle deel van hierdie gelofte is ter herinnering aan ons nageslag. Indien enigeen 'n probleem hiermee het, laat hom dan nou van hierdie plek wegdraai. Die eer van sy Naam sal hierdeur met vreugde verhoog word en aan Hom kom toe die eer en heerlikheid vir die oorwinning.".

Daar was, interessant genoeg, ook talle Engelse vrywilligers saam met hulle wat die gelofte afgelê het.   Daarna is dit elke aand tydens die gebruiklike aandgodsdiens herhaal.

Op 15 Desember het twee Boereverspieders alarm gemaak toe hulle 'n reuse Zoeloe impi oppad gewaar het - tussen 15,000 en 20,000 krygers.  Tot op daardie stadium was hierdie Zoeloemag nog nooit verslaan nie.

Die 464 Voortrekkermans het hulle 64 waens in 'n semi-sirkel getrek en op 'n strategiese plek tussen die Buffels- en Ncome-riviere aanmekaar vasgebind.   Daardie aand het hulle lanterns aan sweepstokke rondom die laer laat skyn om nie onverhoeds betrap te word nie.  Dit was 'n pikdonker, maanlose nag met 'n miskombers wat laag oor die laer gehang het.   Sarel Cilliers het vir oulaas die aandgodsdiens gelei, die Gelofte laat herhaal en 'n paar Psalms gesing.

Intussen het die Zoeloemag nader gesluip en ongeveer 40 meter van die laer af in die pikdonker op die dagbreek gesit en wag.  In die mistigheid het die spookagtige gloed van die swaaiende lanterns en vreemde sang hulle bang gemaak.   Toe die miskombers op Sondagoggend 16 Desember lig, het hulle aangeval en het die geveg losgebreek.   Na 'n bloedige geveg wat die hele dag geduur het, het die magtige Zoeloeleër vir die eerste keer in hul geskiedenis op die vlug geslaan!

Dis die bekende sy van die geskiedenis.  Daar is egter ook 'n ander sy wat ons maar net in verwondering na die Almagtige God kan laat opkyk, want dit kan nie anders as ʼn hemelse ingryping verklaar word nie!    Dit word vertel dat dit die week voor 16 Desember baie gereën het.  Indien dit op daardie Sondag steeds gereën het, sou dit vir die Voortrekkers 'n groot probleem gewees het omdat hulle met voorlaaiers geskiet het en die reën die kruit sou laat nat word en die gewere nie vuur nie.  Sondag 16 Desember was 'n helder sonskyndag. Was dit toevallig?  Vir seker nie!  God het dit so beskik!

Jare gelede is daar 'n baie insiggewende studie gemaak van die dinge wat agter die skerms van die slag by Bloedrivier gebeur het.   Daar is onderhoude gevoer met Zoeloes wie se voorouers die slag oorleef het. Volgens hulle wou die ou manne nie die aanval loots nie omdat hulle aangevoel het dat dit ʼn baie groot fout sou wees.   Die jong Zoeloes het egter daarop aangedring en daar is voortgegaan.  Van die ou ringkoppe het onttrek en op 'n koppie daar naby gaan sit.   Toe die geveg uitbreek, het 'n koeël tussen hierdie ou manne in die as geval.   Hulle het dit as 'n teken van Bo beskou en die teken dat hulle reg was om nie aan die geveg deel te neem nie.  Hulle het ook erken dat die gloed wat die nag om die laer gehang het saam met die  spookagtige sang van die Voortrekkers, die Zoeloemag ontsenu het.

Die ergste was egter dit wat 'n ou Zoeloe in 1947 tydens 'n radio onderhoud vertel het.  Sy oupa het hom vertel dat die Boere leuenaars was.  Daar was nie net 464 manskappe in die veglaer nie, maar sommer baie meer.   Hulle het met hulle eie oë gesien hoe daar ʼn horde van reuse soldate in wit klere rondom die laer was wat die Zoeloes verhoed het om die laer binne te kom!  Hulle wou weet wie hierdie mense was!

Luister na God se belofte in Ps.91:“Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.  Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ʼn skild en ʼn pantser.  Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag... vir die pes wat in die donker wandel ... Geen onheil sal jou tref... want Hy sal sy engele aangaande jou bevel  gee om jou te bewaar op al jou weë...” (3-6,10,11)

16 Desember het egter 'n baie dieper betekenis as net 'n veldslag wat met God se hulp gewen is. Voor hierdie slag was daar ten spyte van  Britse en Amerikaanse sendelinge wat sedert 1820 onder die Zoeloes begin werk het, geen rekord van enige Zoeloe-bekeerlinge tot die Christendom nie.   As gevolg van die Zoeloes se ontsettende vrees vir voorvadergeeste, toordokters en konings was die arbeid van die buitelandse sendelinge vrugteloos.

Gevolglik was 16 Desember ook die begin van die geestelike bevryding van die Zoeloes.   Baie van hulle wat uit vrees vir die koning weggekruip het, het na vore gekom waarna vrugbare geestelike werk onder hulle begin het.  Daar is later ook 'n sendingstasie en kerk binne sig van die plek waar Retief en sy manne vermoor is, gebou.  Later is daar ook 'n skool vir blindes en 'n opleidingskollege vir evangeliste opgerig waarna die Evangelie soos 'n veldbrand onder die Zoeloes versprei het.   Gevolglik was 16 Desember nie net vir die Voortrekkers 'n keerpunt in hul geskiedenis nie, maar ook vir die Zoeloes.   Vir baie wat die ewige verderf sou beêrwe, was 16 Desember 1838 die begin van ʼn nuwe lewe met Christus.   Is dit nie al klaar genoeg rede om Geloftedag te vier nie?

Die boodskap van Geloftedag is helder en duidelik - God skaar Hom by sy kinders.   In die OT lees ons telkens hoedat God in die lewe van Israel ingegryp en hulle van vyande gered het.   Sagaria leer ons iets hiervan.   Hierdie profeet van God tree in ʼn baie moeilike tyd van Israel se geskiedenis op.  Ná die bevryding uit die Babiloniese ballingskap was daar ʼn onverkwiklike tweespalt.  Die teruggekeerdes wou die verwoeste mure van Jerusalem herbou terwyl die plaaslike Samaritane (verbasterde Jode) en hul simpatiseerders dit probeer verhoed het.  Op ʼn stadium het die teenstanders dit wat die Jode in die dag opgebou het, in die nag afbreek.  Dit het Nehemia genoodsaak om die rasegte Jode te bewapen.

Dit het op ʼn stadium so sleg gegaan, dat die bouery gestaak is.   En dit het die Jode se moed gebreek.   Was alles dan verniet?   Waarom het hulle vrygeraak?   Dan stuur God die profeet Sagaria met ʼn boodskap – Hy sal hulle bewaar!  Hoe?  Soos met ʼn bewaringsvuur.  Hy gooi ʼn muur van vuur rondom hulle; presies wat Hy baie eeue later in Natal vir die Voortrekkers sou doen.   As God ingryp, staan geen vyand ʼn kat se kans nie!

Sag.2:5 is metaforiese spraakgebruik.  “En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ʼn vurige muur rondom en tot heerlikheid daarbinne”. Hierdie muur van vuur is eerstens ʼn verdediging teen kwaaddoeners.   Hoe het die Voortrekkers hierdie waarheid nie beleef nie!

Daarbenewens bewaar ʼn muur van vuur mense in die oop veld teen wilde diere.  So bewaar God sy kinders in ʼn godvyandige wêreld.   Ons is elke dag van vyande en teenstanders omring.  Dawid vergelyk sy teenstanders met wilde diere: “As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet.....” (Ps.27:2).   Christus sê vir die gelowiges in Filadelfia: “Kyk, Ek het voor jou ʼn geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie” (Openb.3:8).  Wat God oopmaak, kan niemand sluit en wat Hy sluit, kan niemand oopmaak nie!   “.... Die bewaarder van Israel sluimer of slaap nie” (Ps.121).

Die muur van vuur is vervolgens ook ʼn verskrikking vir die vyand.   Hoe verskriklik was God se muur van vuur nie rondom Israel tydens die laaste plaag toe die doodsengel die eersgeborenes in Egipte besoek het nie!   God se vyand kom nie skotvry van hul booshede af nie.   Daar kom ʼn dag dat God hulle klok lui!  “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Heb.10:31).

Die muur van vuur gee laastens ook warmte. “.... en tot heerlikheid daarbinne”. God se kinders ervaar onderlinge warmte as dit koud word om hulle.  Sarel Cilliers en sy manskappe het dit elke aand in die laer ervaar!  God het die Jode destyds van die vyand verlos sodat nie net die stadsmuur maar ook die tempel in Jerusalem herbou is.

Ek glo met my hele hart dat God ons volk op sy tyd van die verderf van die heidendom sal verlos.   Ons voel soms om soos Habakuk uit te roep:  “Hoe lank nog, Here?” ʼn Boereprofeet het baie jare gelede gesien dat God ons van hierdie teistering gaan verlos.  God straf, maar laat vaar nooit die werke van sy hande nie!   Hy gaan weer, soos by Bloedrivier, kragtig in ons geskiedenis ingryp!   Wat staan ons intussen te doen?   Om geestelik laer te trek.   Laat ons gees te edel wees om die volksvyand te bevoordeel en ons volksliefde te groot om ons volk te skaad.

Ek sluit af met die woorde van Garibaldi aan sy soldate: “Ek kan jou nie vergoed of van voedsel voorsien nie.  Al wat ek jou kan aanbied, is honger, dors, stryd en die dood.  Volg my dus net as jy jou land met jou hart en nie met jou lewe liefhet nie!”

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2454 gaste aanlyn