NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is wel redes waarom Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar met lang gesigte loop, maar daar is rede om ook te glimlag – God is in beheer van alle omstandighede. Daarom kan ons saam met die digter in Psalm 42 sê: Hoop op God, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God! Dit is moontlik om God se vriendelike aangesig te ontmoet en sy glimlag oor ons te voel skyn, dan sal óns aangesigte ook verhelder!

GOD, ONS BERGVESTING, SAL ONS OOK IN 2015 BESKERM

Ds Andrè van den Berg

“Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur” - Ps.31:4

ʼn Mens kom soms by ʼn breekpunt in jou lewe waar jy vir jouself sê: “Dis nou genoeg.  Ek kan nie meer nie!” Dink maar aan die profeet Elia onder die besembos.  Dawid was op sy oudag ook by ʼn breekpunt toe sy eie seun Absolom ʼn burgerlike opstand teen sy vader se koningskap geloods en Dawid vir sy lewe moes vlug.  Voor hierdie gebeure was dit betreklik stil en rustig in Israel.   God het menige vyand in hul hand gegee en Dawid se koningskap ryklik geseën sodat die volk se geestelike peil hoog was.

En toe verander alles eensklaps.  Dawid moes in die onweer van burgeroorlog en verraad Jerusalem haastig verlaat.   Ag, hoe het hy nie ʼn rustige oudag begeer nie!  Toe hy jonk was, moes hy telkens vir koning Saul vlug.  En nou vlug hy al weer.  Wanneer Dawid  op moedverloor se vlakte kom, doen hy die regte ding – hy roep na God soos ʼn kind na sy vader.   En God tel hom op.

As God ʼn gelowige in die gees optel, kan niks hom keer nie.

   God verlos hom van die krisis en stap met hom die toekoms in.  En dis hoe die geloofslewe werk; eers ontkoming dan beloning.  “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).

Jare gelede boer ʼn gelowige man op Makwassie met mielies.  Hy delf ook vir diamante want dis diamantgebied.   Een spesifieke jaar het hy so ʼn misoes dat bankrotskap hom in die gesig staar.   Hy begin maar te delf; dag en nag, maar die grond lewer niks op nie.  Sy koöperasieskuld hoop later so op dat die bank  hom uitstel gee.   Dan op ʼn dag ontvang hy ʼn laaste aanmaning - hy gaan sy plaas op ʼn sekere dag verloor.   Daardie vorige dag delf hy tot sononder en haal, net voordat hy handdoek ingooi, ʼn nege karaat diamant uit.  God het voorsien!

Baie mense voel op ʼn stadium van hul lewe of hulle iets kortkom, 'n tekort wat hul van ʼn sinvolle bestaan ontneem en die lewe saai maak.   Gelowiges wat dit beleef, kan met alles wat hul pla na God gaan want Hy kan, as dit in sy Raadsplan is, iets daaraan doen.  Hy luister na die stem van sy kinders.

Ps.40 is waarskynlik in dieselfde traumatiese tyd as Ps.31 geskryf.  Vers 15 laat ʼn mens so dink: “Laat hulle wat my lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my onheil, agteruitwyk en in die skande kom”. En God het vir Dawid op sy tyd uitkoms gegee: “Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor; en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gestel....” (:2,3).

Terwyl Dawid vir sy lewe gevlug het, het hy soos een wat in ʼn modderpoel sonder vastrapplek wegsink gevoel.  Soos wat hy al hoe dieper weggesink het, het hy geweet dat net God alleen hom kon optel.    En op no.99 was God daar vir hom soos met daardie man wat die groot diamant by Makwassie gedelf het.   Dawid sink nie meer nie want hy voel ʼn rots onder sy voete en wie op ʼn rots staan, kan nie sink nie veral nie as daardie rots Jesus Christus, die Rots van alle eeue, is.   Jesus gee aan sy kinders vastrapplek in glibberige omstandighede.

Let op die teksvers: “Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur”. Eers word God as ʼn rots geteken; die kleinste natuurlike skans waaragter gelowiges kan skuil.   Daarna betoon God Hom nog groter - as ʼn bergvesting.   Destyds is daar in bergagtige streke van rots ʼn muur om ʼn laer gebou.   So ʼn rotsvaste verdedigingskwartier was baie moeilik deurdringbaar en is ʼn bergvesting genoem.

Die teksvers begin eers met iets klein, ʼn rots en daarna word dit groot; ʼn  bergvesting.   Dit gebeur ook aan die einde van die teks. “en om u Naam ontwil sal U my lei en bestuur”. Eers lei God sy kinders uit die moeilike situasie, dan word sy genadedaad groter wanneer Hy hulle op hul lewenspad lei.  Eers rots dan bergvesting; eers lei, dan bestuur.  Hoe stem dit nie met Ps.23:1 ooreen nie.   Ons gaan niks kortkom nie omdat God ons Herder is!

ʼn Paar jaar gelede bel ʼn lidmaat my vir raad.  Hy het ʼn familielid wat lotto speel en niks daarmee verkeerd sien nie.   Hy wil hom graag reghelp.  Het ek nie dalk vir hom ʼn teks nie?  Op daardie oomblik gee die Gees van God my ʼn teks: “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie” (Ps.23:1).  Hoe stem dit nie met die teksvers saam nie – God lei en bestuur lewens.   Wie vertroue in waagspel plaas, vertrou God uiteraard nie vir sy volle lewensonderhoud nie.

Wat sê Jesus oor ons lewe en die toekoms?  “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor julle lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie, of oor julle liggaam – wat julle sal aantrek nie...  Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie ... en tog voed julle hemelse Vader hulle.  Is julle nie baie meer werd as hulle nie? “ (Mt.6:25,26).  Kommer oor die toekoms is ʼn mosie van wantroue in God!

Niks sal hierdie jaar vir ons so goed wees as om die wonder van God se vaderlike voorsiening in ons lewens raak te sien nie.   Hy verlaat ons nie as dinge in ons lewe donker word nie; Hy is ʼn getroue herder wat sy skape nie in hul nood laat staan nie.   Wie op God vir sy toekoms vertrou, ontdek dat God nie net saam met hom loop nie, maar ook vooruit.   Ons moet net enduit volg al trek die onweerswolke hoe dreigend saam.

God praat gedurig met sy kinders oor dinge van die lewe – geloof, wysheid en volharding.   Maar dan moet ons na sy stem luister.   En waar vind ons dit anders as in sy Woord?  As ons dit nie lees en bestudeer nie, sal ons nooit sy stem hoor nie.    Die ander dilemma is dat sommige mense ophou Bybel lees as dit donker in hul lewe word.   Hoe kan jy dan God se stem wat jy so nodig het, hoor?   Goeie raad is: Hoe donkerder jou lewe hoe getrouer lees jy die Bybel.

Gelowiges weet nie eers hoe werksaam God in hul lewens is nie.  Die Bybel praat van meer as 50 handelinge van God onder mense.   Kom ek noem net enkeles.  God praat. “Verder het die Here met my gespreek en gesê....” (Jes.8:5).   God roep ook na die mens.  In 1 Sam.3:10 roep God na Samuel en hy antwoord: “Spreek want u kneg hoor...” God sien ook om na sy kinders: “Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en bewaar....” (2 Thess.3:3).  God verlos en red ook sy kinders in moeilike tye: “En die Here sal my verlos van elke bose werk en my reg om in sy hemelse koninkryk in te gaan” (2 Tim.4:18).  Voeg hierby ook God wat waak, seën, behoed, onderskraag, vergewe, heilig en nog vele meer, ja, meer as 50 handelinge.

Wat sê dit vir ons aan die begin van ʼn nuwe jaar?  Dat Hy met en voor ons is ongeag watter vrees en vertwyfeling jou beetpak.  Van een ding kan ons seker wees – niks ontsnap God se alles-oplettende oë nie.  “Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).

God is in Christus Jesus handelend in ons lewe betrokke.  Hy stap soos ʼn herder voor ons uit.  Maar dan moet ons aanhou stap en geestelike uithouvermoë aan die dag lê.  Onthou: Taai dinge hou nie vir altyd nie, maar wel taai mense!

Om geestelik uit te hou, is nie ’n lang reis nie, maar eerder ’n klomp korter tree na mekaar met die oog op Christus. “...  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof...” (Heb.12:2).  Onthou: Hy is ʼn rots en ʼn bergvesting vir al sy kinders.

En as God dit bestem dat jy vanjaar deur die donker moet loop, moenie ophou loop voordat dit lig word nie.   Mag God ons genade gee dat ons as kinders van die Lig sal bly stap ongeag watter lig of skaduwee op ons lewenspad val.

Amen

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2467 gaste aanlyn