NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woord 'salig' beteken om in 'n oortreffende staat van geluk te wees. Daar is net een ware 'saligheid', en dit is om te weet dat jou sondes vergewe is en jy die ewige lewe van God ontvang het. Niemand kan dit wegneem nie. Hierdie wete bring volkome blydskap en vrede in mens se gemoed.

OOK VIR SUID-AFRIKA...

...'N NUWE VERBOND

Ds Andrè van den Berg

Herstel die kontrak en Ek herstel jul vryheid”. Dis ʼn wenresep vir elke volk wat swaarkry: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader ...” (Jak.4:8). 

“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ʼn nuwe verbond sal sluit... Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hul hart; en Ek sal vir hulle ʼn God wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees” (Jer.31:31,33)

In die OT lees ons van talle gelowiges wat wonderlike preke gelewer het, veral die profete wat deur God gebruik is om hul volk op dreigende gevaar te wys of om hulle onder moeilike omstandighede te bemoedig.   Jeremia was een van die uitstaande predikers van die OT, ʼn man wat 650 jaar voor die geboorte van Christus alreeds die koms van die Christendom voorspel het.

Wanneer Jeremia God se belofte in die woorde van ons teksverse uiter, klink hy eintlik modern want hy praat hier soos ʼn Christen.   Petrus, Jakobus of Paulus kon dit net sowel gesê het.  Daarom is Jer.31 soos ʼn stukkie NT in die hart van die OT as God vir Jeremia iets wonderliks vooruit laat sien.

In Luk.22:20 sê Jesus: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed wat vir julle vergiet word”. En dis presies wat Jeremia voorspel het; ʼn nuwe verbond wat almal sou raak en ʼn ongekende omwenteling in die eertydse kerkgeledere sou bring.

Wanneer Jeremia hierdie belofte van God uiter, is Juda in ballingskap in Babel.  Jerusalem is deur die Babiloniërs beleer, verower en Juda in drie sarsies na Babel in krygsgevangenskap weggevoer.  Juda kon nie glo dat God Jerusalem prysgegee het nie.  Dit was dan God se stad!   Die rede hiervoor was dat Juda van God afvallig geword het en ten spyte van talle oproepe van God deur die profete om hul te bekeer, nie gehoor gegee het nie.   En as jy nie wil hoor nie, moet jy maar voel!

Jeremia was ook onder dié wat krygsgevange geneem is.  Juda het hul vryheid verloor en nie geweet wat die toekoms vir hulle sou oplewer of vir hoe lank hulle in Babel sou wees nie.   Hulle verre voorgeslag was vir 400 jaar in Egipte.  Hoeveel jaar sou dié wegvoering duur?  Juda se toekoms was donker; hulle was sonder land, sonder God en sonder hoop vir die toekoms.

Ná ʼn paar jaar in Babel het God by geleentheid met Jeremia gepraat en daarna kragtig gebruik.  Juda het op God se bevel op die walle van die Kebarivier byeen gekom omdat God ʼn boodskap vir hulle gehad het.   Juda was aanvanklik nie baie opgewonde oor hierdie byeenkoms nie.  Wat wou God vir hulle sê?   Kom daar nog oordeel en nog straf?   In ons geestesoog sien ons Juda traag nader kom en mismoedig gaan sit; nie baie lus om te luister nie.   En dan die verrassing; God se boodskap handel nie oor oordeel of straf nie, maar oor vrymaking en genade.   Daar is lig in die donker tonnel van wanhoop!

Maar dan moes Juda iets baie belangrik doen – hulle moes hul bekeer en in berou na God terugkeer Wie se verbond hulle vertrap het.  Want dit was die groot saak – verbondsverbreking/kontrakbreuk.  Hulle het immers saam met Israel die Verbondsvolk van God gevorm.

Hierdie verbond was ʼn hemelse kontrak wat God eeue tevore deur Abraham met hulle gesluit het.  God het belowe om hul God te wees en hul as volk bo al die ander volke te verhoog.   Dit was God se kant van die kontrak.   Op hulle beurt moes Israel beloof om aan God getrou te bly en in die aangesig van al die afgodery wat hulle omring het, God alleen te dien.  Daarom word van Israel en Juda as die Bondsvolk gepraat – volk van die Verbond.

Die Bondsvolk het ongelukkig hierdie kontrak as ʼn stel uitmergelende reëls van moets en moenies beskou en dit telkens verbreek.   En kontrakbreuk vereis straf!   In Jer.31 vra God vir Juda wat bitter swaar in Babel gekry het om die kontrak te herstel sodat Hy hulle in vryheid kon herstel.   “Herstel die kontrak en Ek herstel jul vryheid”. Dis ʼn wenresep vir elke volk wat swaarkry: “Nader tot God en Hy sal tot julle nader ...” (Jak.4:8).  “Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid” (Ps.145:18).

Dit was nooit God se bedoeling om met hierdie verbond ʼn pretbederwer te wees en die Bondsvolk aan bande te lê nie.  God wou juis deur hul gehoorsaamheid hul vryheid waarborg.   Die Bondsvolk moes die verbond met God as die beste ding sien wat met hulle kon gebeur het, want dit was!

Daar op die walle van die Kebarivier het Jeremia ʼn nuwe boodskap van hoop afgelewer: Uit die as van die ou verbond sal daar ʼn nuwe en beter een opstaan.  Hierdie boodskap het selfs die droefgeestige profeet opgewonde gemaak.  God was goed en groot in sy lewe.  Hy het Jeremia uit die as van ontmoediging opgetel en ʼn vuur van opgewondenheid in hom aangesteek!

Hoe aangenaam moes dit nie vir Jeremia gewees het om vir sy volk te gaan sê dat Juda nie in sak en as moet sit nie, maar dat daar hoop vir die toekoms is.  Die vyand gaan nie vir altyd oor Juda heers en die heidene se onreg nie meer vir baie lank hul lewens versuur nie.   God gaan ʼn einde daaraan maak.

God laat Jeremia iets wonderliks in aantog sien – die totstandkoming van die nuwe verbond wat nie net Juda sou raak nie, maar soos ʼn genesende golf oor die hele aarde sou spoel.   Dit was die vervulling van ʼn belofte wat God aan Abraham gemaak het dat sy nageslag soos die sand aan die see sou wees.

Die geskiedenis van die Bondsvolk kan ook die geskiedenis van verbonde genoem word.   Die geskiedenis van die verbreking van verbonde sou selfs meer gepas wees!  Eers sluit God ʼn verbond met Noag, daarna met Abraham, toe met Moses; verbonde wat, omdat dit ʼn saak van erns vir God is, keer op keer herbevestig is.   Dan leer die geskiedenis dat die Bondsvolk hierdie verbonde verbreek het en swaar gestraf is soos wat met Juda gebeur het.  Die oorwinning van Nebukadneser oor Juda was nie aan militêre vernuf te danke nie; dit was straf uit die hand van God. Hy het hierdie heidenkoning as ʼn tugroede gebruik.

Toe die Bondsvolk reken dat dit klaar met kees was, het God alreeds ʼn nuwe begin met hulle in oog gehad, soos wat ek ook glo hier aan die suidpunt van Afrika besig is om te gebeur.  God laat vaar nie die werke van sy hande nie!

Nadat God Israel en Juda op sy eie tyd vrygemaak en hulle na hul land laat terugkeer het, klim Hy in Jesus Christus met die trappe van die hemel af om vir 33 jaar op die aarde te kom woon.  En by Hom het Hy ʼn nuwe kontrak met nuwe bewoording.  Die oue lui: “Jy mag nie...”. Die nuwe een sê: “Ek sal...”

Hierdie nuwe kontrak wat Jesus uit die hemel met Hom saamgebring het, het drie eienskappe – dis geestelik, dis universeel en dis finaal.

(i) Geestelik
Die nuwe kontrak is geestelik.  Die oue was formeel/gedwonge - jy moet dit, jy moet dat ens. Waarom?   Omdat God met die volk en nie met enkelinge as sulks gepraat het nie.   Die nuwe verbond laat die klem op die enkeling val.  Dis nie meer ʼn las nie maar ʼn lus; nie meer ʼn verpligting nie maar ʼn versugting!  Nie meer op kliptafels nie maar op die vleestafels van die hart.  ʼn Omwenteling!

(ii) Universeel
Die nuwe verbond was ook universeel.  Dit het nie net vir die Bondsvolk gegeld nie, maar ook vir alle ander volke waar mense tot bekering gekom het.   Israel was godsdienstig uiters eksklusief en het geglo het dat die hemel slegs vir Jode bestem was.   Daarom was Jona erg ontsteld toe God hom na Ninevé toe stuur om die Assiriërs tot bekering aan te praat.  Dis dan nie Jode nie!   En hoe skaam was Jona nie toe hierdie heidene tot inkeer kom nie!

Die Nuwe verbond het die deure na alle nie-Jode wyd oopgemaak.   Die nuwe Israel het ʼn gedaanteverwisseling ondergaan: “En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename” (Gal.3:29).  In God se oë sou Israel geografies verdwyn om as ʼn geestelike entiteit te verskyn.  Van grondgebied na hartsgebied.

Paulus skryf in Rom.9:4: “Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort...” Wie Jesus as Verlosser aanneem, is deel van die nuwe Israel en staan onder die verpligting van die nuwe verbond om dit as lewenskode in ʼn verworde wêreld uit te leef.

Laat niemand jou derhalwe met die dwaalleer van die sg. verlore tien stamme van Israel mislei nie.  Dis ʼn hipotese – onbewese stelling.   Hierdie dwaalgeeste se aansprake op vleeslike afkoms skreeu teen die nuwe verbond wat Christus as ʼn teenvoeter vir fisiese roem en geestelike snobisme gevestig het.

(iii) Finaal
Die laaste kenmerk van die Nuwe Verbond is dat dit finaal is.  Daar sou niks daarna volg nie.  God het sy hand vir die laaste keer na die mens uitgesteek met ʼn uitnodiging: “Mens, wil jy nie in die nuwe verbond kom deel wat met die bloed van my eie Seun beseël is nie?"

Ná Jesus se sterwe en opstanding uit die dood is die mensdom in twee verdeel.  Daar is diegene wat deel aan die nuwe verbond het (ware Israel) en die wat geen deel daaraan het nie (verlorenes).   Waar staan jy vandag?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2553 gaste aanlyn