NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sommige mense skep behae daaruit om in onvrede te lewe; twis en wraakgierigheid word deur die Woord van God veroordeel omdat dit op selfvergelding en liefdeloosheid dui. Die vrug van die Gees is onder meer vrede (Gal 5:22). Iemand wat heeltyd onmin soek dra nie die Gees van God in hom nie. En iemand wat die vrede van Jesus Christus ken, sal altyd onvrede en onmin aktief vermy – vlug daarvan weg.

JY LEEF NET EEN KEER!

Ds Andrè van den Berg

Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” - Spr.14:27 (1 Kon.3:3-15)

Koning Salomo was buitengewoon slim omdat hy sy wysheid direk van God ontvang het.  Wysheid het nie net sy eie lewe vergemaklik nie, maar hom ook as koning gehelp om die lewe vir sy onderdane sinvoller te maak.

Uit Spreuke en Prediker wat uit Salomo se pen gevloei het, sien ons dat hy van een ding baie bewus was - dat die lewe ʼn baie kort reis was en derhalwe reg geleef moes word.   Salomo het geleer dat die lewe nie ʼn probleem was wat opgelos moes word nie, maar eerder ʼn werklikheid wat beleef moes word.  In hierdie proses het sy onderdane kennis geneem van sy vaste geloof in God.  Sy geloof en sy lewe was een ding.

Die lewe is ʼn kosbare gawe uit God se hand.  Ons gaan egter net eenmaal op die aarde lewe en nooit weer nie.  Gevolglik is die lewe soos ʼn valskermsprong; ons moet dit die eerste keer regkry!  En hiervoor het ons, soos Salomo ook ervaar het, God se leiding en Woord nodig wat ons leer om die regte dinge te doen en die verkeerde dinge te vermy.  “Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” (teksvers). “Dorings en vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan” (Spr.22:5)

Talle belowende jong lewens is al deur verkeerde dinge voortydig beëindig.  Stap maar net deur ʼn begraafplaas.  Daar word gesê dat die lewe hoogstens 10% is van wat met jou gebeur, maar 90% wat jy daarvan maak.   En dis waar - ons kan niks aan die lengte van ons lewe doen nie, maar slegs aan die diepte.  Maar dan moet ons reg optree.

God wil hê dat ons hierdie eenmalige lewe voluit moet leef.  Ongelukkig lewe baie mense beswaarlik – hulle bestaan eerder.   Hulle is so oor veiligheid begaan, dat hulle gulde geleenthede mis.  Dit maak mense banger vir die lewe as vir die dood.  Daar is in werklikheid geen besondere geheim aan ’n goeie lewe nie.  Dit gaan om regte keuses; nie dat dit ʼn lewe volmaak maak nie, maar wel geseënd.   En dis wat tel – ʼn lewe wat deur God geseën is.  “Hy sal diegene seën wat die Here vrees, die kleintjies saam met die grotes” (Ps.115:13).

Die lewe is baie kort.  Moses skryf: “ ... ons bring ons jare deur soos ʼn gedagte” (Ps.90:9).   Daarom is die lewe net te kort om aan beuselagtighede aandag te gee en te kosbaar om dit met verkeerde dinge te besmet.   Jesaja berispe sy volk omdat hulle hul met verkeerde dinge opgehou het: “Hulle voete hardloop om kwaad te doen... hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hul paaie” (Jes.59:7).

Laat ons nooit vergeet dat daar ʼn einde aan ons lewens gaan kom nie.  Koning Salomo skryf in Pred.12:5 “... want die mens gaan na sy ewige huis...” Gevolglik is die lewe ʼn huiswaarts reis.  God gee aan ons die lewe om ons siele vir die ewigheid voor te berei.   En as ons deur die wedergeboorte ’n lewe in die geloof lei, sal ons hierdie tydelike lewe sonder hartseer verlaat omdat ons die wonderlike belofte uit Christus se eie mond het – Hy het vir ons plek in die Vader se huis voorberei (Joh.14).

Die teenoorgestelde is egter ook waar - as jy nie reg lewe nie, kan jy ook nie reg sterwe nie.   Dit gaan per slot van sake oor hoe jy op die aarde leef.   As jy Jesus in jou lewe gevind het, kan jy tevrede op jou lewe terugkyk want jy het dubbeld geleef – geestelik en wesentlik.

Alhoewel die lewe ʼn gawe van God is en alles wat uit sy hand kom goed is, is die lewe nie altyd maneskyn en rose nie.  Dit het ook sy beproewinge.  Die lewe is soos ʼn ui wat lagie vir lagie afgetrek word met trane tussenin.  Ons het ook maar soos in fotografie die negatiewe nodig om te ontwikkel.  Daarom geniet ons as gelowiges wat ons kan geniet en verduur ons wat ons moet verduur.  Die lewe is ʼn strydperk maar darem nie ʼn oorlogsterrein nie!

Salomo het geleer dat God die lewe gee om daaraan toe te voeg.  Daarom het hy wysheid bo rykdom verkies.  Ons kan nie net onttrekkings maak nie, maar ook deposito’s.  Dink aan JF Kennedy se bekende woorde: “Moenie vra wat die land vir my kan doen nie, maar eerder wat ek vir die land kan doen” .

God wil hê dat ons iets van ons lewens moet maak.  Hy leen die lewe aan ons soos ʼn lamp met die doel dat ons dit so helder as moontlik moet laat skyn alvorens ons dit aan ons nageslag oorhandig.   Daarvoor moet ons die lewe leef en nie slegs verduur nie.   Lewe is beweging.  Iets wat nie beweeg nie, is dood!

As ons die Bybel se voorskrifte volg, leef ons goed. “U woord is ʼn lamp vir my voet en ʼn lig vir my pad” (Ps.119:105).   God wil hê dat ons die aardse lewe geniet.  Daarom het Hy vir ons die Bybel met al die nodige voorskrifte gegee.  Want as ons die lewe op aarde geniet, hoe gaan ons nie die lewe in die hiernamaals geniet nie!

Ongelukkig maak die mens die lewe deur ongehoorsaamheid aan die Woord van God vir homself moeilik.  Elke mens wat in die lewe struikel, het iewers op sy lewenspad van God se Woord afgedwaal.  ʼn Sinvolle lewe het twee reëls.  Die eerste is om nooit van God se Woord af te dwaal nie.  Die tweede is om nooit die eerste reël te vergeet nie!

Mag ons God vir ʼn lang lewe bid?  Beslis, solank as wat ons leef asof elke dag wat Hy ons lewens spaar, ons laaste dag op aarde gaan wees want eendag gaan ons reg wees!   ʼn Lang lewe is egter nie altyd die beste lewe nie, maar ʼn lewe wat aan Christus gewy is.   So ʼn lewe is ʼn afgeronde lewe ongeag die tydsduur.

Al probleem wat ʼn gelowige met die lewe het, is dat daar soveel mooi dinge is om te doen, maar so min tyd om dit in te vermag.  Ek lees onlangs van iemand wat gesê het: “Die lewe het my aan die arm beetgekry en gesê: Ek gaan nie lank met jou wees nie.  Laat ons roer!”

Salomo het besef dat die lewe elke dag soos water by hom verby vloei.   Dit word weggespoel om vir iets anders plek te maak.  “Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie” (Pred.1:9).  Daarom is daar vir die mens min dinge so aangenaam soos ʼn vreugdevolle gister en ʼn hoopvolle môre.  Ja, daar is niks beter om te doen as om reg te leef nie.  En daarvoor moet ons ons lewe aan iets toewy wat langer as ons aardse lewe gaan duur.

God gee aan ons die lewe; dis ons keuse of ons dit goed of sleg gaan lewe.  Elke lewe is ʼn kunswerk wat deur die persoon wat dit leef, self gevorm word.  Ja, elke mens skryf sy eie lewensverhaal.   Hoe lyk joune?   Onthou, jou lewe is ʼn boodskap na buite.  Watter boodskap dra jy aan die mense in jou huis, by die werk en by jou ontspanning oor?   ʼn Goeie voorbeeld kan nie geminag word nie.  Is jy ʼn goeie voorbeeld van ʼn gelowige of ʼn tragiese verskoning?

Luister na koning Salomo se aanbeveling vir die lewe: “Die vrees van die Here is ʼn fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk” Laat mense kennis neem van iemand wat na God se hart geleef het!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2357 gaste aanlyn