NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy hoef nie ryk te wees om te gee nie. Die suiwerste vrygewigheid vind jy juis by diegene wat niks besit nie maar die waarde van 'n woord of 'n glimlag ken.

BID VIR ONS PREDIKERS...

...SATAN PROBEER HULLE STILMAAK

Ds Andrè van den Berg

“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hul dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus”. - Efes.4:11,12                               

Waarom lees jy vanoggend hier? Dalk omdat jy 'n behoefte aan die Woord van God en heel moontlik ʼn erediens het?  Dalk is jy nie vanoggend daar nie omdat jy werklik nie daar kan wees nie.  Maar dalk weet jy nie meer wat 'n erediens is en of dit vir jou iets werd is nie. Kom ons kyk waarom jy graag daar sou wou wees.

ʼn Erediens is ʼn besondere ontmoeting met God en vir gelowiges belangrik omdat hulle in ʼn verhouding met God staan.  Paulus vergelyk hierdie verhouding met ʼn huwelik: “Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente” (Efes.5:23).

Soos ʼn vrou graag by haar man wil wees, wil ʼn gemeente graag by Christus wees.  En waaruit bestaan ʼn gemeente anders as gelowiges?

  Gelowiges ook word deur ʼn behoefte aan erediensbywoning gekenmerk.  Daarom bely gelowiges in die 12 Artikels dat hulle aan die gemeenskap van die gelowiges glo.   Wie geen behoefte aan die bywoning van eredienste het nie moet ernstig selfondersoek doen. Dis soos ʼn vrou wat ʼn huwelik aangaan maar nie by haar man wil wees nie - daar is fout!

By ʼn erediens is God op ʼn besondere wyse by sy kinders teenwoordig.  Daarom sing ons: “God is hier teenwoordig, laat ons biddend nader”. Hy verwag dat ons Hom gereeld in sy huis sal ontmoet en waarsku teen laksheid: “En laat ons die onderlinge byeenkomste nie versuim soos sommige die gewoonte het nie” (Heb.10:25).   Sulke laksheid kom op geestelike egbreuk neer – jy het ander dinge liewer as vir Christus.   Daarom is daar ampte in die kerk wat toesig hou  en hul Opperherder gereeld ontmoet.

Soos wat ʼn kudde nie sonder ʼn herder kan wees nie, kan ʼn gemeente nie sonder ʼn leraar wees nie.  Dis ʼn groot gemis in enige gemeente.  Die taak van ʼn leraar is seker een van die heel moeilikste op aarde.  Daarom kan dit nie sonder ʼn roeping slaag nie.  Leraars is onophoudelik in die spervuur van  Satan.

Satan haat geen beroep méér as dié van leraar nie omdat ware leraars die waarheid verkondig en d Satan die vader van die leuen is.  Daarom staan Satan alle waarheidsverkondigers teen.  Hy misbruik selfs kerklui.  Kyk maar net hoe het die Joodse kerklui nie teen Christus saamgespan nie.  Christus noem hulle selfs addergeslag – kinders van Satan!

Satan wil net soos met Christus van alle waarheidsverkondigers ontslae raak.   Deur die eeue span Satan mense in om die stem van die waarheidsverkondigers stil te maak.   God wil hê dat leraars moet praat.  Satan wil hê dat hulle moet stilbly.  En as hulle nie stilbly nie, maak hy plan om van hulle ontslae te raak.

Ons lees in die kerkgeskiedenis van leraars wat t.w.v. hul getuienis gedood is.  Christus krediteer die gelowiges in Pergamus: “... En jy hou vas aan my naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openb.2:13).

Christus voorsien gemeentes van leraars.  Hulle is gestuurdes en moet as sulks behandel en waardeer word.  Desondanks is hulle net mense en nie die bloudruk van geestelike voortreflikheid nie.  Daarom bly leraars in skuldbelydenis laag aan Jesus se voete.

God gee aan leraars verskillende gawes om sy Woord mee te bedien soos eenvoud, welsprekendheid, stemgehalte ens.  Dit verskil van leraar tot leraar.  Tog is daar een objektiewe maatstaf waaraan alle leraars moet voldoen – hy moet die waarheid praat!   Preek hy die waarheid?  Alle ander dinge is daaraan ondergeskik.  Al het hy ʼn mooi stem, goeie voorkoms en baie ywer; indien hy nie die waarheid preek nie, misluk hy in die bediening!

Prediking is leraars se allerbelangrikste taak omdat dit nie net die uitstalvenster van ʼn gemeente is nie, maar omdat sy boodskap vir iemand die verskil tussen hemel en hel kan maak.   Daarom moet ʼn leraar baie groot verantwoordelikheid met die prediking neem en nooit onvoorbereid op die kansel klim nie.  Enigiets kan afgeskeep word indien nodig, maar nie die voorbereiding van prediking nie!

Dis immers die leraar se taak om met die voorhamer van God se Woord alle versperrings tussen God en sy gemeente stukkend te slaan.  Prediking moet verlorenes gedurig in beroering maar nooit tot berusting bring nie.   Daarom het ʼn leraar geen reg om op ʼn kansel te staan indien hy nie reg voorberei is nie.

Is dit net die leraar wat vir ʼn erediens deeglik voorberei moet wees?  Wat van die gemeente?  Net soos wat ʼn leraar nooit sonder deeglike voorbereiding op die kansel moet klim nie, moet gemeentelede nooit sonder voorbereiding kom luister nie.  Die Gelykenis van die Saaier leer ons nie verniet dat die grond die meeste voorbereidingswerk nodig gehad het nie!  Hoeveel gemeentelede bid deur die week vir hul leraar dat God die regte woorde in sy mond sal lê?  Wie dit nalaat, is net so ontrou soos ʼn leraar wat onvoorbereid op ʼn kansel klim!

Leraars is nie vermaaklikheidkunstenaars nie.  Mense moenie vir mekaar vra wat hulle van die leraar dink nie, maar eerder wat hulle van die Christus wat hy verkondig dink.   Wat mense van ʼn leraar dink, is minder belangrik as wat hulle van die verkondigde Christus dink.  Leraars wat hul tyd en energie spandeer om mense tevrede te stel, mis hul doel!

Een van die gevaarlikste dinge vir ʼn leraar is om mense na die mond te praat:   “...want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hul eie begeerlikhede” (2 Tim.4:3).   Leraars wat preek wat mense wil hoor, word al hoe meer terwyl diegene wat die waarheid preek, ongeag of mense daarvan hou, al hoe minder word.  ʼn Mens dink hier ook aan gruwels soos homoseksualisme wat vanaf kansels goedgepraat word!

Daarom is die mees effektiewe prediking dikwels daardie preke wat mense ongemaklik laat voel en die teenstanders van die Evangelie op die tande laat kners.  Dit was immers die ongelowiges se reaksie op Stefanus se prediking wat hom dan ook sy lewe gekos het: “En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners” (Hand.7:54).

Prediking wat saakmaak, is soos artesiese water wat deur swaartekrag nie anders kan nie,  uit die diepte van ʼn leraar se siel opstoot.  As Christus nie self daardie put gemaak het nie, kan daar vir so ʼn gemeente niks voortvloei nie.  ʼn Preek wat nie uit sy eie hart kom nie, sal nooit die harte van ander raak nie.  Indien dit wat uit ʼn saaier se sak kom nie vrugbaar is nie, sal dit wat hy saai geen vrug dra nie.

Goed voorbereide prediking wat duidelik verstaan word, bring die geloof in werking en laat die onderlinge liefde in ʼn gemeente gedy.  Dit roep gelowiges op om hulle seëninge te tel en in dankbaarheid teenoor die Here te lewe. En dit raak die hele samelewing.  Ons geesteswelstand raak elke faset van die lewe.  As jou siel nie reg is nie kan jou lewe nie reg wees nie!  Maar as jou siel reg is, kan jy enigiets in die lewe trotseer wat op jou pad mag kom.

Daarom het God mense spesifiek tot die bediening geroep: “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hul dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus”. Hulle is gawes uit die hand van God en moet derhalwe waardeer word.

Petrus waarsku gelowiges dat Satan soos ʼn brullende leeu rondloop en alles en almal wat aan God behoort aanval.  Ek ween in my hart oor die talle APK-gemeentes wat reeds Satan ten prooi geval en uit ons kerk se anale verdwyn het!  “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:11,12).

Bid vir ons kerk, bid vir ons gemeente, bid ook vir my!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2530 gaste aanlyn