NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moses sê aan sy volk om kleinvee te slag vir die pasgaviering en die bloed aan hulle deurposte te smeer sodat die engel van die Here verby sal gaan en nie ook hulle eersgeborenes te laat sterf soos hy met die Egiptenare doen nie. Moses maan die volk ook om die pasgaviering geslag na geslag te onderhou as heilige instelling uit dankbaarheid dat hulle gered is en nie deur die dood daar in Egipte getref is nie. Presies so verwag die Here van al sy kinders, geslag na geslag, om uit dankbaarheid dat Hy ons van die ewige dood met sy kruising gered het, nagmaal keer op keer te vier as teken en seël van die nuwe lewe wat ons ontvang het.

LAAT U WIL ALLEEN GESKIED

Ds Andrè van den Berg

“Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ʼn guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; want ek is gesteel, ja, gesteel uit die land van die Hebreërs en ek het ook hier niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie” - Gen.40:14+15                             

Daar is min ervarings so traumaties as tronkstraf.   Jy is nie meer vry om te maak soos wat jy gewoond was om te doen nie, maar moet maak soos wat aangesê word.  Die ergste is dat jy niks na buite kan doen nie.  Tronkstraf kap in effek jou hande af.  Jy het die wet oortree en betaal daarvoor met jou vryheid.

Kan daar iets erger as dit wees?  Ja, daar kan; as jy onskuldig in die tronk beland soos wat met Josef gebeur het.    Dit was die tweede keer dat Josef ʼn laagtepunt in sy lewe beleef en in ʼn put beland het; in beide gevalle onskuldig! “...en ek het ook hier niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie”. Die Egiptiese gevangenisse was basies groot ondergrondse uitgemesselde putte.

In die Bybel word die woord put ook metafories vir die voorkamer van die doderyk gebruik.   En dis waar Josef hom in Egipte bevind het – in die kake van die dood.  Wie het hom daarin laat beland?   Was dit Potifar?  Nee, nie in die eerste plek nie.  God het hom daar laat beland om sy plan met Josef uit te voer.  Dié jongman moes geskaaf word.  God het vir hom ʼn lewenspad uitgelê wat deur ʼn hel-versengende Egiptiese tronk moes loop!

In die drome van die skinker en die bakker sien ons die twee uitweë uit hierdie situasie - die weg van die lewe en dié van die dood.  Die skinker word uit die put uit opgetrek en keer na sy werk terug.   Dis die weg van die lewe en niks anders as onverdiende guns nie (genade).   Dieselfde lot as wat die bakker getref het, moes hom getref het.   Beide het die dood verdien.  Gevolglik het nie een van hulle geweet wat die toekoms vir hulle gaan inhou nie.   Die koning sou op ʼn dag besluit wat met hulle sou gebeur!

So het Josef ook nie geweet wat met hom sou gebeur nie.  Die koning kon hom enige oomblik hom laat haal en teregstel.   Hy was immers in die tronk vir poging tot verkragting, altans so het Potifar se vrou getuig.   Gevolglik het gevangenes elke dag in vrees vir die dag van more geleef.  Elke dag kon hul laaste dag op aarde wees!

Van een ding was Josef seker – hy is onskuldig uit sy vaderland weggevoer.  En wie het daar agter gesit?  Die Satan wat hom van sy profetiese beloftes wou beroof – die twee drome wat hy as jong seun gedroom het van mense wat voor hom buig.  Satan het geweet wat God se plan met Josef was en probeer om ʼn stokkie daarvoor te steek.

God se beloftes het soos ʼn veelkleurige kleed om Josef gehang.  Satan het hom tweemaal daarvan probeer beroof.   Die eerste keer toe sy broers hom in ʼn put gegooi en aan slawehandelaars verkoop het.  Hulle het sy kleed uitgetrek en daarmee by hul vader aangekom met die leuen dat ʼn wilde dier Josef gedood het.  Josef sou ʼn tweede keer sy kleed verloor toe hy Potifar se vrou se wellus veronagsaam het en sy Josef se werkskleed as bewysstuk ingedien het.

Waar Josef in die tronk gesit het, was hy van ʼn hele paar dinge beroof; sy kleed, sy vaderhuis, sy vaderland. en die ergste van alles, sy menswaardigheid.  Daarbenewens het hy ook van sy drome van heerskappy beroof gevoel - die van die son en die maan en elf sterre wat voor hom buig.   Die profetiese droom van God se beloftes het vir Josef ʼn nagmerriebestaan in ʼn Egiptiese tronk geword.   O, hoe het hy nie na sy vryheid, sy land en sy mense verlang nie - die land wat God aan sy oupagrootjie beloof het nie;  Kanaän, die Utopia van verwagtings!

Wat Josef op daardie stadium nie geweet het nie en ook nooit sou kon droom nie, was dat God al die tyd met hom besig was.  Al het Josef dikwels alleen gevoel, was God besig om hom vir baie groot dinge voor te berei.  Josef sou onbewustelik die drie ampte van die gelowige vervul – koning, profeet en priester.

God het Josef geseën om sy dienswerk koninklik onder sy medegevangenes te verrig.  Almal het agting vir hom gehad omdat hy baie anders as al die ander gevangenes was.  God het hom ook as profeet gebruik.  Hy het die gawe gehad om drome uit te lê en op so ʼn wyse God se wil aan medegevangenes bekend te maak.  Derdens het Josef ʼn priesterlike rol vervul deur aan medegevangenes hulp en leiding te gee en van die lewende God te getuig.   Ek glo dat baie van hulle daar in die tronk hul harte vir God gegee het.  Die mens se verleentheid is so dikwels God se geleentheid.

God het Josef beproef deur hom geduldig op die beloftes van die Here te laat wag.   Die heersersdrome van hom as seun was nie bloot hersenskimme nie.  God was handelend daarmee besig.

Josef is deur die beproewing van alle selfvoldaanheid gestroop.   Hy was klei in God se hande.  Josef het geleer dat geloof en geduld stalmaats is.  Jy kan nie glo en ongeduldig op God se beloftes aandring nie.

Josef het in die tronk baie tyd gehad om te besin.  Die groot vraag in sy gemoed was: Hoe gaan ek hier uitkom?   Om uit die tronk te kom, het later sy denke so oorheers dat hy aan niks anders kon dink nie.   Daarom het hy dit self probeer reël.  Hy sê vir die skinker:  “Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ʼn guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; want ek is gesteel, ja, gesteel uit die land van die Hebreërs en ek het ook hier niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie”.

Josef se kommer het hom van God se belofte laat vergeet.  Dit was net te stil op die geestelike front.  Daar het van God se kant niks aangegaan nie; altans so het hy gedink.  Daarom wou hy toe maar self plan maak om uit te kom.  “God help those who help themselves”.

Wat Josef  nie geweet het nie en in sy wildste drome nooit kon droom nie, was dat God op daardie oomblik besig was om van hom die onderkoning van Egipte te maak.   God was besig om hom van ʼn putveroordeling tot byna troonbestyging op te lig - vanuit die diepste diepte na die hoogste hoogte.  En Josef het gedink dat God van hom vergeet het!  Nee, God het nie.  Hy was met ʼn langtermynverlossing vir Josef besig en die verlossing was voor die deur.

Josef was bitter teleurgestel toe die skinker nie sy belofte nakom nie en van hom vergeet.   Mooi beloftes in die tronk loop dikwels op leë beloftes uit.   Dit was egter God se wil dat daar van die skinker se beloftes niks gekom het nie anders kon Josef dink dat die skinker se goeie woord sy ontslag bevorder het.   God sou Josef op sy eie tyd uit die gevangenis bevry.  Hy moes nie aan mense se beloftes vasklou nie, maar aan God s’n alleen.

Ongeveer 2000 jaar later het nog ʼn man Hom in die put van die lewe en in die aangesig van ʼn gewisse dood bevind.  In die tuin van Getsemane sweet Christus bloeddruppels.  En as Petrus en die ander dissipels die swaard wil trek om Hom te bevry, verhoed Christus self dit.   Sy pad van vrywording en verlossing sou nie langs menslike weë geskied nie maar van God af kom.  Daarom bid Hy: “Laat u wil geskied”.

Was 2015 vir jou ʼn goeie jaar of was dit ʼn jaar vol beproewing?   Waar het jy hulp gaan soek?  By mense of by die Here?   Gelowiges weet wat om in tye van beproewing te doen en waar om hulp te soek.  Nogtans gee ons so gereeld aan die versoeking toe om ons heil by mense te soek.  En dan misluk dit, waarna die Here ons beskaam as Hy ons beproewing op sy eie wyse beëindig soos wat Hy met Josef gedoen het.   Mag ons 2016 tegemoet gaan met die bede:  “Here, leer my op U alleen vertrou en laat U wil in my lewe geskied!”.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2600 gaste aanlyn