NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan?  Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.

GEEN MENS KAN SONDE ONTSONDIG NIE

Ds Andrè van den Berg

Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel” - Hebr.13:4

Saamblyery is ’n stuk heidendom wat in Suid-Afrika skrikwekkend toeneem.   In 1990 is die getal mense wat in ons land buite die huwelik saambly op 10% bereken.  Dit staan tans op 43%!   Saamblyery is ʼn belediging vir God wat juis die huwelik ingestel het.  Saamblyery dra al die wesentlike kenmerke van ’n gewone huwelik, maar een waarin Christus doelbewus uitgejaag word.  En sulke siele is verlore!  “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Rom.5:25).

In 1970 het die NG Kerk so sterk teen saamblyery gevoel, dat sy die regering van die dag gevra het om alle saambly verhoudings buite die huwelik met wetgewing strafbaar te maak.   In 2009 het dieselfde kerk  opslae in die media gemaak toe sy die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery begin ondersoek het.   Dit het gevolg nadat verskeie lidmate die kerk versoek het om ernstig daaroor na te dink ten einde dit te ontsondig.

Die NG Kerk het tot op hede geen amptelike beleid oor saamwonery nie.  Gevolglik verdra baie lidmate mense wat God se voorskrifte oor die huwelik minag en in sonde saamwoon.  Hulle redeneer - as die kerk homoseksualisme eers veroordeel en later ontsondig het, waarom dan nie saamblyery nie?

Geen kerk durf sonde ontsondig nie!  Paulus se woorde in Rom.1:32 is ʼn waarskuwing aan ontspoorde kerke: “...mense wat – al ken hulle die verordeninge van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien – dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hul goedkeuring skenk aan die wat dit doen”.

In die verlede was daar talle pogings om saamwonery goed te praat.  Nie een van die argumente het egter die toets van die Skrif geslaag nie.   Die Bybel sê dat dit ’n verbreking van die sewende gebod en onkuisheid is.  Gelowiges moet binne en buite die huwelik kuis leef:  “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees...” (Heb.13:4).

Mense wat saambly, sê so maklik: “Dis my lewe; wat ek daarmee doen, is my saak en niemand anders s’n nie.” Dis dwaas!   Die Heidelbergse Kategismus leer ons op grond van die Woord van God dat ons met liggaam en siel nie aan onsself behoort nie, maar aan God.  Wie baasspeel oor dit wat nie sy eie is nie, is vermetel!

Saamblyery verbreek nie net die sewende gebod nie, maar ook die derde een wat eerbied vir God se Naam eis.   Die Bybel roep gelowiges op om God te loof.  “Laat alles wat asem het, die Here loof…” (Ps.150:6).   Sy Naam is groot en moet geheilig word.   En dis net moontlik indien gelowiges uit dankbaarheid vir die verlossing in Jesus ook hul liggame aan God wy.

Saamblyery is niks nuuts nie.  Daar was maar altyd mense wat die reëls van ʼn kuise samelewing verwerp en nie omgegee het wat mense van hulle dink nie.   Mense wat God nie eer nie se lewens is gewoonlik slordig.   Angus Buchan draai nie doekies om as hy sê dat saamwonery hoerery is nie!  Paartjies wat saambly, het Jesus beslis nie lief nie omdat dit vir hulle oor hul eie belange en nie God se belange gaan nie.    Hoe kan sulke mense vrede in hul harte hê?  Wat maak hul met die stem van die Heilige Gees wat hulle van sonde aankla?

Saamblyery is ook ’n verbreking van die tweede gebod wat afbeeldinge van God verbied.   Die mens is na die beeld van God geskep.   Daarom moet daar dan iets van God in sy lewe sigbaar wees.   Ons word nie net verbied om ’n beeld van God te maak nie; die Skrif eis van ons om die beeld van God in onsself te vertoon: “... om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun...” (Rom.8:29).   Enige optrede wat die beeld van God oneer aandoen, is sonde.

In Mt.5:14 eis Jesus van ons om ons lig te laat skyn.  Ons het dit nie in onsself soos ʼn ster nie, maar weerkaats God se lig soos ʼn planeet of ’n spieël na diegene wat in sonde-duister verkeer.   Hierdie spieëls moet skoon wees.  Sonde maak dit vuil:  “Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld” (Fil.2:14,15).

Sonde maak mense stil en getuienis dood.  Ek het nog nooit mense wat saambly, oor hul saligmakende geloof in Jesus hoor praat nie.   Sonde maak mense stom en kragteloos.   Niemand kan sonder die krag van die Heilige Gees van Jesus getuig nie: “...maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees…” (Hand.1:8).

Ons moet egter deeglik met die sondige wêreld rekening hou.  Die wêreld word al hoe slegter.  Gelowiges moet aan die wêreld toon hoe om reg te leef deur anders te wees.  “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…” (Rom.12:2).

Die Bybel leer net een salige samevoeging tussen man en vrou en dit is die huwelik; ’n instelling van God waardeur een man en een vrou lewenslank deur liefde en trou aan mekaar verbind word.    Die Bybel sê dat die huwelik ’n afbeelding van die verhouding tussen Jesus en sy gemeente is.   Daarom kan geen huwelik sonder Jesus geseënd wees nie.   En dis die probleem met saamblyery – dis ’n soort van huwelik wat aangegaan word, maar waar Jesus uitgesluit word.   Jesus is dan juis die Rots waarop die huwelik gebou word!

Sondaars beskou saamblyery as ’n proefhuwelik om te sien of dinge in die toekoms in ʼn huwelik sal uitwerk.    Die Skrif praat nêrens van so ʼn reëling nie.   Dis waarvoor daar ʼn verlowingstydperk is.   As die huwelik ’n afbeelding van die verhouding tussen Christus en sy kerk is, kan saamwonery eerstens as ʼn spottery met Jesus en tweedens ’n mismaaksel daarvan veroordeel word.

Jare gelede skryf ’n Hollander ’n boek Satan ben de aap van God en sê dat  Satan God in alles naboots.   In hierdie lig gesien, is saamblyery Satan se nabootsing van die huwelik.   Die Skrif waarsku: “...en gee aan die duiwel geen plek nie...   En bedroef nie die Heilige Gees van God nie…” (Efes.4:27,30).

Gevolglik wys die AP Kerk alle saamwoonverhoudings buite die huwelik af en dring terselfdertyd by Verbondsouers aan om toe te sien dat hul kinders God nie tart nie.  Kragtens ons doopbelofte het ons ʼn lewenslange verantwoordelikheid teenoor ons kinders en durf nie toelaat dat ons kinders in skynhuwelike saambly nie.  Ons moet God vrees en nie ons kinders vrees nie!

Indien die AP Kerk haar boodskap oor die heiligheid van die huwelik enigsins sou verwater, sal sy nie geen boodskap van vergifnis oor die sonde kan verkondig nie.   As die kerk in die verlede saamblyery as sonde beskou het, is dit vandag nog sonde.   Ons kan nie die Bybel verander om by die gebruike van ons dag aan te pas nie.   “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mt.24:35).

Ons het in die AP Kerk ’n taak om van die Bybel se onveranderlike waardes in ’n veranderende samelewing onder mense met afvallige lewenswaardes te getuig.   God het hierdie kerk met ’n doel tot stand laat kom; om as ʼn lig in die donker wêreld van kerklike verwarring aan die suidpunt van Afrika te skyn.  Ons is die kragdraad waardeur God se elektriese stroom vloei.

Talle van die groot Afrikaanse kerke is deur vrysinnige teoloë geskaak en hul kerke op ʼn vervoerband geplaas waarvan hulle nie kan afklim nie.  Dit waarmee begin is, word enduit geneem.  Dis een van die tekens van die eindtyd:  “...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hul eie begeerlikhede” (2 Tim.4:3).

Gelowiges word opgeroep om heilig en opreg te leef, God se instelling van die huwelik te eerbiedig en alles wat daarvan afwyk, te vermy. Kortom:  Leef volgens die Gees!  “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal.5:16).   Doen dit!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2490 gaste aanlyn