NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wonder soms wat van ons in hierdie deurmekaar wêreld gaan word. Maar sodra ons weer onthou dat by ons liefdevolle God niks onmoontlik is nie, word dit maklik om jou in sy Hande te stel. Soos Hy in Jeremia 32:27 vra: "Ek is die Here, die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?"

DIE GRIMERING VAN BLYDSKAP

Ds Andrè van den Berg

Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting” - Neh.8:11

In die Ou Afrikaanse Vertaling lees ons dikwels die woord salig.   Al die Saligsprekinge begin met “Salig is die ….” Salig beteken gelukkig; ’n woord wat so alledaags geword het, dat dit min betekenis dra.  Dit het meer met ’n sensasie as met diepgewortelde blydskap te doen.   Paulus noem God in 1 Tim.1:11 die salige God – die Een wat blydskap in harte bring, een van God se eienskappe wat aandag verdien.

Gelowiges moet blydskap hê: “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemel…” (Mt.5:12).   Daarvoor moet ons in die blydskap in die Here ingaan soos wat ’n mens by ’n deur ingaan.   God is nie net die bron van liefde, waarheid en genade nie, maar ook van blydskap.   Dit bewaar ons teen die negatiewe dinge van die lewe wat ons swartgallig wil maak. “Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting” (teks).

Nadat Kores die Pers, die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreld-heerser geword het, het hy Israel en Juda uit ballingskap laat terugkeer.  Hulle het die verwoeste mure van Jerusalem geesdriftig begin opbou.  Alles het goed gegaan totdat hulle teenstand van die Samaritane en van hul eie mense begin kry het.  Dit het hul geesdrif gedemp en swartgallig gemaak.

Dit het die bouwerk so vertraag dat Nehemia (goewerneur) en Esra (priester) die volk tydens die huttefees ernstig moes aanspreek.   Hulle het nie vir mense gebou nie, maar vir die Here.   Hy wou dat Jerusalem se mure opgebou moes word.   Esra en Nehemia eis van die volk om hulle nie deur teenstand van stryk laat bring nie, maar in hul stryd die blydskap van God te ervaar.  ” Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die Here – dit is julle beskutting” (teks).

Wat is die blydskap in die Here?   Dis nie gewone menslike blydskap nie, maar iets baie spesiaal - ’n gawe van God.  “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil.4:7).   Neh.8:11 praat hiervan.  Dis ’n gawe van God wat jy in baie moeilike tye ervaar, wanneer niks jou ontstel nie.   Die vrygeworde bannelinge het dit ervaar en die muur in ’n rekordtyd herstel.  God se blydskap gee krag en bemoediging!

Jesus se volgelinge het die wind sterk van voor gekry.  Daarom het God die krag van sy blydskap in hulle gegee: “Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word” (Joh.15:11).   In Joh.17 bid Jesus tot God: “... Ek spreek hierdie dinge ... sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê” (:13).   Blydskap is krag!

God se blydskap loop egter oor ’n kruis.  Heb.12 sê dat Jesus vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het.   Sal jy nie bly wees as iemand sy lewe gewillig vir jou aflê nie?   Jy moes sterf, maar hy neem jou plek in.   In die boek A Tale of Two Cities is ’n man op pad na die valbyl om in die plek van ’n vriend te sterf.  Net voordat hy die skavot bestyg, sê hy:  “Dis die beste ding wat ek ooit gedoen het”.   Die beste ding wat Jesus ooit gedoen het, was om sy lewe vir ons af te lê, want daardeur het Hy ons van die ewige dood verlos en ons sekerheid van ’n ewige lewe gegee.  Kan daar groter blydskap wees?

Op sy sterfbed getuig Dawid dat God hom dikwels van gevaar verlos het omdat God hom liefgehad het: “En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het” (2 Sam.22:20).    Dis net sowaar van ons  geestelike redding!  “Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken” (Ps.91:14).

In die Gelykenis van die Talente sê die heer vir die flukse diensknegte om in die vreugde van hul heer in te gaan.   As ons tot bekering kom, gaan ons in God se vreugde in.   God is bly oor elke bekering.  “Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer…” (Luk.15:7).

As ons tot bekering kom, lei die Heilige Gees ons met ’n doel in God se blydskap in – om krag te ontvang. ” ...maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees” (Hand.1:8).  Daar is ongelooflike krag en bonatuurlike beskerming in die blydskap van die Here.  Daarom noem die teksvers dit tereg ’n beskutting.

Ons volksgenote is baie negatief.  Negatiewe gesindhede tap ’n mens se geestes-energie dat jy later gaan stilstaan en niks meer wil doen nie.  God se blydskap daarenteen gee jou ongelooflike krag en bonatuurlike uithouvermoë .   Nadat ’n engel van God vir Elia in die woestyn van moedeloosheid versterk het, het hy 40 dae aaneen gestap.   Ja, daar is ook fisiese krag in God se blydskap!

God wil aan elke gelowige hierdie gawe van blydskap in die Here skenk.  Nie almal aanvaar dit nie.   Wie dit aanvaar, ontvang uitsonderlike krag om in beproewing staande te bly.   Hierdie blydskap in die Here is nie ’n opsie nie, maar onontbeerlik vir hulle wat die Here opreg wil dien.

Wie die blydskap in die Here nie ervaar nie, sondig baie makliker as hy wat dit wel ervaar.   Vlug vir die sonde want dit lei altyd tot ’n verlies aan blydskap.   Luister wat sê Dawid: “Laat my vreugde en blydskap hoor ... Verberg u aangesig vir my sondes ... Skep vir my ’n rein hart, o God en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees” (Ps.51:10-12).

Daar is geen groter vreugde op aarde as om die Here voluit te dien nie.  En dis net moontlik as ons God se blydskap het.   Hy nooi ons om sy gawe te aanvaar.  Die blydskap in die Here is nie per toeval nie, maar per keuse.   Jy besluit of jy dit deel van jou lewe maak of nie.  Mense kan dit op jou gesig sien!

Gelowiges is onder verpligting om die blydskap van die Here uit te straal.  Dit maak hulle anders en is die onmisbare teken van Jesus se teenwoordigheid in hul lewe.   In die middel-eeue het ’n spesiale vlag voor die paleis gewapper om te sê:  Die koning is tuis.  Blydskap is die vlag wat vir mense sê dat Koning Jesus in my lewe tuis is.

Die blydskap in die Here laat gelowiges anders as ongelowiges optree.  Tydens die steniging van Stefanus lees ons: “Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en Jesus wat staan aan die regterhand van God” (Hand.7:55).    Hoe was dit moontlik?   Alleenlik met die blydskap van God in hom.   En hierdie blydskap weerkaats!   Dit het hom enduit laat volhard.

Wat leer ons van Stefanus?   Dat blydskap nie die afwesigheid van smart is nie, maar die teenwoordigheid van God in ons beproewing.   Blydskap is nie ʼn bestemming waarheen ons reis of iets wat ons kan besit nie.   Dit kan ook nie gedra of verbruik word nie.    Die blydskap in die Here is die heerlike ervaring om elke minuut met die liefde en genade van God omring te wees.  Hierdie blydskap is nie ’n bestemming nie maar gelowiges se manier van reis.  Dis geloof wat ʼn landingsplek gevind het.

En nou iets spesiaal vir ons susters.  Julle hou mos van grimering nie waar nie?   Die blydskap van die Here is die beste grimering.  As blydskap op jou gesig ontbreek, is jou gesig geskend.  Grimeer jou maar swaar daarmee!

Die resep vir blydskap staan nie op geld geskryf nie.   As jy vanoggend geen blydskap in jou lewe ervaar nie, soek jy heel waarskynlik op verkeerde plekke daarna.   God se blydskap lê nie iewers in kluise opgesluit nie.  Dit word in die  skatkamers gevind van die siel wat Jesus as Verlosser vind!

Blydskap lê in ’n onophoudelike hunkering na Jesus.  Daarom is daar geen ware blydskap buite Hom nie.   Die blydskap van die Here is nie iets wat toevallig op gelowiges se pad kon nie, maar die resultaat van regte besluite en gelowige optredes.   Wat sien mense in ons?   Wat verhinder jou om van kop tot tone een groot Halleluja te wees?

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2412 gaste aanlyn