Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke ras wat toelaat dat sy bloed vermeng raak, verdien om ten gronde te gaan soos elke beskawing in die verlede wat van hul oorspronklike rassesamestelling afstand gedoen het en tot niet gegaan het. Hulle het geval omdat hulle dit wat vir hulle kosbaar moes wees, nie opgepas het nie.
GOD HAAT OMKOPERY!
Ds Andrè van den Berg
“Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges” (Ex.23:8)
Omkopery en knoeiery rig ʼn land groter skade as oorlog aan. Ons land is geen uitsondering nie. Sommige mense kan soos voëls in die lug vlieg of soos visse onder die water swem. Ander kan selfs soos molle ondergronds beweeg. Tog sukkel baie mense om eerbaar bo-op die aarde te leef.
Oral hoor jy van mense wat skielik ryk word of poste beklee waarvoor hulle nie opgewasse is nie.
Wat is omkopery? Die belofte van geld of ʼn geskenk ten einde die oordeel of optrede van ʼn gesagsfiguur te beïnvloed om die omkoper se wense te verwerklik.
Die Bybel is baie duidelik dat omkopery sonde is. In die gelese gedeelte gee God vir Israel sy Wet teen omkopery in die woestyn: “Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges”. Dieselfde opdrag word in Deut.16:19 herhaal. God stel die bose uitwerking van knoeiery aan die lig; dit bederf mense se onderskeidingsvermoë om God se wil in die lewe te laat seëvier.
Moses skryf verder: “Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim dood slaan; en die hele volk moet sê: Amen. Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan” (Deut.27:24,25). Hy sê dat ʼn regter wat ʼn omkoopgeskenk aanvaar om moord toe te smeer, so skuldig soos ʼn huurmoordenaar is!
Die Bybel verwys na talle gevalle waar knoeiery vernietigende gevolge gehad het. In 1 Kon.21 lees ons van koningin Isebel wat twee deugniete omgekoop het om vals teen Nabot te getuig ten einde sy wingerd vir haar man te bekom. Kort daarna het haar knoeiery haar en haar man se dood gekos!
Knoeiery is een van die duidelikste en vernietigende kenmerke van ʼn korrupte samelewing. Hooggeplaastes wat omkoopgeld aanneem en bevooroordeelde guns verleen, veroorsaak ʼn toename in boosheid soos in Juda gebeur het.
Net voor die Babiloniese ballingskap het dinge vir Juda skeef geloop. Sonde het so oorhand toegeneem, dat Jesaja Jerusalem wat die stad van God genoem is, met ʼn bordeel vergelyk! Jerusalem wat eens vol geregtigheid was, het ʼn plek van geweld, moord en knoeiery geword. Politici en kerklui het saam geknoei en baie geld gemaak en onreg laat gedy. “Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na...” (Jes.1:23).
Gelowiges mag nie knoei nie! God het ons sy Woord gegee as ʼn spieël waarin ons onsself daagliks moet spieël. Hierdie Woord leer ons hoe om in die lewe reg te loop en geen onreg te bedryf nie. “Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie” (Deutr.10:17).
In die Evangelies lees ons van die ergste geval van omkopery in die geskiedenis toe Judas ons Here Jesus vir dertig sikkels silwer verraai het. Wat dit so erg maak, is dat kerklui hom met kerkgeld betaal het. Kerkgeld het omkoopgeld geword! Die gevolg hiervan was dat Jesus gevange geneem en gekruisig is.
Judas het nooit een sent daarvan gebruik nie en dit in berou oor sy sonde aan die knoeiers teruggegee en selfmoord gepleeg: “En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang. En die owerpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: Dit is nie geoorloof om dit in die skatkis te stort nie, omdat dit bloedgeld is. En nadat hulle saam raad gehou het, het hulle die stuk grond van die pottebakker daarmee gekoop as ’n begraafplaas vir vreemdelinge (Mt.27:5,6).
In Hand.8 vind ons nog ʼn voorbeeld van knoeiery. Simon die towenaar het gesien hoe mense die Heilige Gees deur handoplegging van die apostels ontvang en wou hierdie mag by hulle koop: “En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang. Maar Petrus sê vir hom: Mag jou geld saam met jou vergaan, omdat jy gedink het om die gawe van God deur geld te verkry. Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie. Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word. Want ek sien dat jy in ’n gal van bitterheid en bande van ongeregtigheid is” (:18-23).
Elkeen wat knoei, staan aan God se verkeerde kant. “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Hand.10:31). Die Bybel roep gelowiges tot ʼn heilige lewenswandel. Heiligheid is vreemd aan die wêreld omdat die mensdom aan onreg verslaaf is. Christus verwag van ons om anders as die wêreld te wees. Paulus sê: “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed...” (Rom.12:2).
Gelowiges het almal ʼn uniform aan - die onsigbare uniform van heiligheid. Dis hulle trots. Hulle mag dit nooit uittrek nie want dan loop dinge skeef. Met die Kommunistiese oorname van Hongarye in 1957 het die nuwe Marxistiese leiers al die Christen bankamptenare in die land se handelsbanke afgedank en met Kommuniste vervang. Binne ʼn japtrap was al hierdie banke bankrot waarna die bankhoofde by die regering gaan pleit het: “Gee vir ons asseblief net weer die Christene weer terug!” Hulle het, waarna banksake na normaal teruggekeer het.
Die Eskimo’s het glo 30 woorde waarmee hulle sneeu beskryf. Die Russe het eweveel woorde om omkopery mee te beskryf! Nee, heilige mense knoei nie. ʼn Amerikaanse skrywer skryf by geleentheid: “Ek kon nog nooit ʼn mens wat nie te koop was, omkoop nie”.
Knoeiery is ongelukkig nie net tot wêreldse instellings beperk nie. Dit kom oral voor, selfs in kerke. Mense beklee soms posisies wat hulle nie anders sou bekom het nie. Die Roomse Kerk is deurtrek daarvan. Hulle bedenklike baantjies vir hoë boeties is alom bekend. Knoeiery neem baie ernstig in talle Protestantse kerke toe, veral kerke wat ekumeniese bande met Rome het.
Korrupsie, onreg en knoeiery is besig om ons land en sy kerke van binne af weg te knaag. Dit skreeu nie net teen God se geregtigheid nie, maar ook teen die genadegawes wat Hy aan kerke gee.
Onreg neem onrusbarend onder volksgenote toe. Oral hoor ʼn mens van onreg en knoeiery in eie midde. Dit lyk asof God met ʼn vislyn en die satan met nette in volksgeledere vis vang! Wat verwag God in hierdie dae van ons? Om onreg nie gelate te aanvaar nie, maar aanhou om kapsie teen onreg te maak. Want as ons nie met die genade van God ʼn einde hieraan gaan maak nie, maak dit ʼn einde aan ons!
In Ps.11:4 sê Dawid dat God se oë op al die aardbewoners gerig is, ook die onregskeppers. Hulle kom nie skotvry daarvan af nie. Judas Iskariot is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Moenie die stryd laat vaar nie. Eerbare mense word slegs verslaan, maar nooit vernietig nie!
’n Land wat deur eerbare mense tot stand gebring is, kan nie deur knoeiery in stand gehou word nie. Dis waarom ons volk hul in die mynveld van politieke en kerklike onreg bevind. God gee ons twee weerstandswapens - die onsigbare uniform van heiligheid en sy Woord as ʼn gids deur hierdie mynveld van onreg. Maak mildelik daarvan gebruik!
Amen!