NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe gaan dit met ons volk?   Die slegste ooit!   Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien?  Wat doen jy daaraan?   Bid jy vir ons Boerevolk?  As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd.  Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.

VOORSPOED- SWENDELAARS

Valse hoop te koop

Ds. A.E van den Berg

Inleiding

"You don't get rich writing science fiction. If you want to get rich, you start a religion." Ron Hubbard

Voorspoedswendelary is ʼn Amerikaanse godsdiensuitvoerproduk waarmee duisende liggelowige mense wêreldwyd uitgebuit word.   Dit maak die Christendom baie seer omdat dit vir wanhopige mense valse hoop gee. In ʼn wêreld waar mense toenemend sukkel om kop bo water te hou, geniet die godsdiensswendelaars hul soustreinritte.

Geloof word as ʼn handelsooreenkoms tussen God en mens voorgehou met die belofte dat Hy diegene wat vir hulle geld gee met stoflike welvaart vergoed. Time het met ʼn meningsopname in 2006 bevind dat 17% van die kerkgangers in Amerika hiermee genoeë geneem het. Dit gaan alles oor geldmaak. Hierdie kerke het almal liefdadigheidstatus en is dus nie verplig om fondse aan die staat te verklaar nie.  

Suid-Afrika het etlike multi-miljoenêr evangeliste waarvan Angus Buchan (MightyMen), Ray McCauley(Rhema), Theo Wolmarans (Christian Family Church) en Attie Boshoff (Christian Revival Church) die bekendste is. In Afrika het biskop David Oyedepo(Nigerië) na beraming $150 miljoen met die towenaar TB Joshua kort op sy hakke. Minstens ses Nigeriese evangeliste besit hul eie vliegtuig. Die rykste godsdiensswendelaars is Kenneth Copelandvan Amerika met bates van $769 miljoen. Joyce Meyer het $100 miljoen.

1.   Swendelaars

Godsdiensswendelaars smous almal met dieselfde produk - valse hoop. Mense sonder hoop betaal jaarliks miljoene daarvoor. Oral Roberts (1918-2009) het hierdie bedrog in 1947 in Amerika stapel getuur deur mense te belowe dat God geld wat vir sy saak gegee word, sewevoudig sou vergoed. Hy het dit saad-geloof genoem omdat gesaaide saad altyd veelvuldige opbrengste het. Mense daag by dienste op om saad (geld) te saai met die verwagting dat hulle baie meer gaan terugkry en word hul begroeting niks anders as ʼn begroting nie!  

In 1953 skryf A.A Allen in ThesecrettoScripturalFinancialSuccess dat geloof geldprobleme wonderbaarlik kan oplos.   Hy sê dat hy by geleentheid in ‘n geldelike verknorsing was en God sy $1 note in $20 note verander het!

In 1974 het Kenneth Hagin se RHEMA Bybel-opleidingsentrum vlam gevat en meer as 10,000 dwaalleraars binne 20 jaar opgelei. Een van hulle, Bruce Wilkinson, se boek Jabes se Gebed het etlike miljoene kopieë wêreldwyd verkoop.

Die Rhemagroep se materialistiese boodskap ontmasker hulle as ʼn voorspoedkultus en nie ‘n kerk in die ware sin van die woord nie. ‘n Kultiese kerkgroep begin altyd met ʼn leier wat planmatig onder die dekmantel van godsdiens ryk word. Niks daarvan is toevallig nie. Alles is so beplan.

2.   Teikengroep

Godsdiensswendelaars buit veral mense met swak gesondheid, min geld en wat werkloos is uit – diegene wat bang is vir die toekoms. Swendelaars laat hulle glo dat hulle met geldelike gawes persoonlike sowel as gemeenskapsvoordele sal ontvang. Dit laat hulle belangrik voel en nie meer soos ʼn mier in ʼn reuse miernes nie.

Daarbenewens val mense wat moeg geword het vir die stereotipe tradisionele godsdiensbeoefening dikwels sulke swendelaars ten prooi. Hulle word deel van die melkkoei-stoeterywat die swendelkerke uit hul nate laat bars en in staat stel om mega-kerkstrukture naby hoofweë op te rig om mense se aandag te trek; veral dit wat in hul beursies is!

3.   Piramidale skema

Die voorspoed-evangelie is in werklikheid ‘n piramidale skema met die pastoor aan die spits. Mense wat geld, gesondheid en aansien wil hê, koop daarby in. Daar is na berekening 500 miljoen mense wêreldwyd by een of ander vorm daarvan betrokke.

Liggelowige mense wat die Bybel nie ken nie en gevolglik mense se vertolkings daarvan aanvaar, word maklik ʼn gat in die kop gepraat. Swendelaars verkoop Jesus-aandele met ʼn glimlag op die gesig en ‘n nog groter een op pad bank toe.  Die Engelse sê: a fool and his money are easily parted.

Eeue gelede het die Roomse Kerk agente gebruik om op bedrieglike wyse geld vir die bou van die Petruskerk (Rome) van lidmate te bekom. Die teenreaksie het onder andere tot die Protestantse hervorming gelei. Vandag smous skyn-Protestantse pastore ʼn gratis evangelie en bedek hul bedrog met verskeie Bybeltekste.

Baie skryf doktor voor hul naam, woon in ultra-luukse huise, ry duur motors en besit selfs privaat vliegtuie. Waar kry hulle die geld daarvoor? Van mense wat met breinspoelingstegnieke mislei is. Hulle leefstyl verraai absoluut niks van die opofferend leefstyl van Jesus of sy dissipels nie.

Tydens kerkdienste wieg mense met betraande oë en arms in die lug in ʼn beswyming heen en weer. Daarna maak hulle hul sakke leeg met die verwagting om veelvoudig daarvoor geseën te word. Sulke dienste ontaard maklik in ʼn skare-histerie soos tydens ʼn rugbywedstryd as ʼn speler op die doellyn afpyl en die skare mal van opgewondenheid raak. Mense doen dit wat die pastoor sê. ‘n Tyd gelede het n swart pastoor mense aangesê om tydens ‘n diens gras te eet. ‘n Ander een het weer lede met vlieëgif bespuit.

4.   Geen verantwoording nie

Godsdiensswendelaars werk hoofsaaklik op hul eie en gee voor om buite-kerklik te wees.   Dis onwaar. Hul charismatiese onderrok steek al te duidelik onder hul gewaad uit.   Hulle verwerp die Presbiteriale kerkregeringstelsel wat ouderlinge-toesig oor die leer en lewe van ʼn leraar laat hou en glo dat hul slegs aan God verantwoordelik is. En so regverdig hulle hul buitensporige inkomste.

5.   Korrupsie

Godsdienskorrupsie neem oorhand toe. Amerikaanse TV godsdiensstasies is daarmee besmet. Benny Hinn se This is Your Day word in meer as 130 lande gebeeldsaai, die meeste ter wêreld.  Dit wemel egter van dwaalleer.

Talle godsdiensswendelaars beroem hul op gawes van genesing en beeldsaai dit selfs. ʼn Amerikaanse radiostasie het Benny Hinn in 2002 en daarna weer in 2005 vir mediese bewyse van sy genesing gevra. Hy het nie daarop gereageer nie. Desondanks gaan die bedrog voort.

6.   Die Christendom

Die Christendom is in armoede gebore. Dis iets wat gelowiges nie vreemd mag vind nie. Jesus is arm gebore en so gesterf. Ook sy apostels.   Paulus skryf oor sy ontberings:

Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe” (1 Kor.4:11-13).

Gevolglik verwerp gelowiges alle leer wat geld verafgod. Jesus sê:

“Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie.

Want wat baat dit ’n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel?” (Mt.6:19,20; 16:26).

“ ... As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.   Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad.   En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan” (Mt.19:21-24).

Geen kerk hoef egter ʼn bedelaarsbestaan te voer nie. Maar om valse hoop aan weerlose mense te verkoop, is skaamtelose bedrog wat nie by die geloofslewe pas nie. Desondanks laat hulle mense glo dat hulle geestelike punte verdien; mense wat nie besef dat hulle ingeloop word nie. Hoe anders kan hulle hul luukse leefstyl volhou? Geld word nie gebruik om in die lewe van die kudde maar eerder in dié van die herder te belê.   ‘Pastor’ beteken om vir ʼn kudde te sorg. Ironies genoeg sorg hulle eerder vir hulself!

Die meeste swendelaarskerke is eintlik niks anders as kultusse nie. In kultusse spits mense hul toewyding hoofsaaklik op die herder toe. Al wat so ‘n leier moet doen, is om sy volgelinge in toom te hou en in sy woord te laat glo.

Gelowiges mag wel vir stoflike voorspoed bid indien dit om die eer van God gaan. Let op Dawid se gebed in Ps.51. Hy bid dit vir een rede – om God daarmee te eer; so anders as pastore wat net vir eie gewin bid!  

Slot

Hoofstroomkerke doen feitlik niks om hierdie swendelary hok te slaan nie omdat hulle self met ernstige dwaalleer in eie geledere te kampe het. Daarbenewens veroorsaak die verslapping van hul eie kerkreëls toenemend gemeenskapsveral en kan die pot die ketel dus nie verwyt nie.

Godsdiens het in talle kerke ʼn vermaaklikheidskaskenade gewordwat dit vir dwaalleraars makliker maak om mense te mislei. Mense soek nie meer na die waarheid nie en het dus geen behoefte om die Bybel te leer ken of God om daaglikse leiding te vra nie. Hulle vertrou eerder godsdienstiges met hul sieleheil. Daarbenewens soek wanhopige mense altyd na wonderoplossings en is hulle verleentheid misleiers se geleentheid om hulle in hul strik te vang!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2646 gaste aanlyn