NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Baie goeie raad:  Vertel jou vreugdes aan die wêreld maar bly stil oor jou beproewinge.

JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS

Ds Andrè vd Berg

Niks is nuut nie

Inleiding

In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiens op die Tien Gebooie en Pentateug gegrond was. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.

Hul eiesoortige godsdiens het by hul buurlande ʼn onversoenbare vyandigheid teen hulle ontketen.   Nogtans het hulle volksuiwerheid en hoë sedelike standaarde by ʼn wêreld wat van onsedelikheid deurdrenk was bewondering afgedwing; veral by vroue.

Ná hulle terugkeer uit die onderskeie ballingskappe het die bestudering van die Wet vir die Jode só belangrik geword, dat dit as voltydse beroep aan uitgesoekte manne toevertrou is wat Skrifgeleerdes genoem is.  Met verloop van tyd het hierdie Skrifgeleerdes die beginsels van die Wet in duisende klein reëls en regulasies opgebreek en op skrif gestel.  Dit was so omvangryk dat dit ten einde laaste meer as 50 volumes beslaan het!

1.   Die kerktoneel

1.1   Die Fariseërs

Die Fariseërs het ná die terugkeer uit die ballingskappe (tweede tempeltydperk genoem)op die kerklike voorgrond begin tree in ʼn tyd toe vreemdelinge die Jode se godsdiens en tradisionele gebruike met Griekse godsdiensgebruike besoedel het.   Dit het ʼn groep streng godsdienstige Jode na vore laat tree wat hul volkvan vervreemding wou bewaar en is Fariseërs genoem wat, om af te skei, beteken.

Die Fariseërs het baie ernstig op die onderhouding van die Wet en tradisies aangedring.  Tradisies was gedetailleerde, praktiese toepassings van die Wet. Jesus het dit tydens sy aardse bediening dikwels baie sterk veroordeel omdat dit in werklikheid niks met die Skrif te doen gehad het nie, maar eerder mense se slimmighede was.

Ironies genoeg het die Fariseërs wat die Wet tot in die fynste besonderheid bestudeer het die belangrikste punt gemis. Toe Jesus as die Wet in die vlees voor hulle gestaan het, wou hulle Hom doodmaak!

Jesus se harde woorde in Mt.23 die Fariseërs baie kwaad gemaak omdat Hy hul toneelspel ontmasker het. Hulle het hul hele lewe daaraan gewy om elke reël en regulasie wat die Skrifgeleerdes uitgewerk het tot op die letter na te kom.   Daar was egter nie baie van hulle nie - hoogstens 6000 - omdat mense wat hulle hieraan toegewy het vir niks anders as dit tyd sou hê nie.

Dit het die Fariseërs eiesoortig gemaak.  Ongelukkig was hul erns misplaas en het hulle met hul optredes as’t ware ʼn heining om hulself opgerig waardeur niemand kon dring nie en ondraaglike laste op mense gelê:

Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie” (Mt.23:4).

ʼn Wettiese godsdiens gee aan niemand vlerke nie.  Dit bied geen vreugde nie en trek mense eerder na benede.  Daarom het Jesusmense genooi:

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;want my juk is sag en my las is lig” (Mt.11:28-30)

1.2               Sadduseërs

Die Sadduseërs was ʼn welgestelde heersersklas met talle priesters in hul midde.  Hulle het hoofsaaklik die tempel help bestuur en in die Joodse Raad (Sanhedrin) gedien.  Hulle was meer konserwatief in hul Skrifbeskouing en het alleenlik die Wet en geen bykomstige tradisie eerbiedig nie.  Hulle het ook nie in ʼn lewe ná die dood geglo nie.

Hulle het op ʼn goeie voet met die Romeine verkeer ten einde ʼn rustige lewe vir hulself te verseker.  Dit was ‘n kwessie van eiebelang bo volksbelang.  Baie van die Jode het hulle gedienstigheid aan die Romeinse gesag verfoei en geglo dat die Messias as ʼn kryger die Romeine uit die land sou kom dryf.   Daarvan het die Sadduseërs niks gehou nie want dit sou hul gemaksone versteur.  

Tydens die beleg van Jerusalem (66-70 nC) het die Sadduseërs, om hul eie bas te red, na die Romeine oorgeloop.   Die Jode het dit as verraad beskou en baie van hulle doodgemaak.   Die Romeine het die res om die lewe gebring omdat hulle verraderlike mense nie vertrou het nie.  Dit was die einde van die Sadduseërs waarna hulle van die kerklike toneel verdwyn het.

1.3   Die priesterdom

Die priesteramp baie lonend. Priesters is uit die tempelbelasting wat die Jode verplig was om te betaal, besoldig en het luuks geleef. Hierdie sowel as die burgerbelasting wat die Romeinse owerheid op alle Jode afgedwing het, was ʼn  ondraagbare las en het van Palestina ʼn tydbom gemaak wat kon ontplof.

Die priesterdom was afgunstig op Jesus se gewildheid en wou Hom uit die weg ruim, veral weens die gerugte dat Hy moontlik koning kon word.  ʼn Nuwe koning kon die priesterdom na willekeur skommel en kerklui hul werk verloor.

Die verkiesing van ʼn hoëpriester was destyds meer polities as godsdienstig.   Dit het die Romeinse owerheid gepas aangesien dit hul taak om wet en orde te handhaaf vergemaklik het.   Flavius Josephus skryf dat die priesterskap kort voor die verwoesting van Jerusalem so knievallig geword het, dat hulle selfs ʼn daaglikse offerande vir die keiser in die tempel goedgekeur het! Toe dit op aandrang van die Jode gestaak is, het die Romeine dit as ʼn opstand teen hul gesag en oorlogsverklaring beskou waarna die stad na ʼn beleg van vier jaar in 70 nC verwoes is.

1.4 Prediking

Die gebruik van kansels dateer uit die dae van Moses en is destyds die stoel van Moses genoem omdat hy dit in elke stad laat aanbring het:

Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word” (Hand.15:21).  

Wie ʼn kansel bedien het, moes eerbaar wees. 

Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van die HERE .....” (Mal.2:7).

Ongelukkig is kansels dikwels deur skynheiligemense bedien. Jesus het hulle tydens sy aardse bediening telkens aangevat omdat hulle amp nie met hul optrede gestrook nie.  Hulle het hul gesag op mense afgedwing en so van selftrots vergaan, dat hulle in werklikheid ʼn afgod van hulself gemaak het.

Al hierdie dinge het van hulle geswore vyande van die Evangelie gemaak.  Hulle het die koninkryk van God wat Jesus kom open het, vir mense toegesluit. Jesus het geleer dat sondaars slegs deur die bekering toegang tot hierdie koninkryk kon kry.  Daarvan het die Fariseërs niks gehou nie en alle lering wat van hulle sienswyse verskil het, veroordeel. Hulle het hulself as erfgename van die hemel beskou, maar was in werklikheid op pad hel toe!

Die Joodse kerklui het destyds besef dat die seremoniële wet besig was om van die toneel te verdwyn en hul geroepe gevoel om dit te laat opvlam.   Daarom het hulle die profesieë wat met Jesus se optrede voor hul oë ontvou het, geminag en mense bewustelik teen Hom opgesweep.

Benewens die inwoners van Nasaret was Jesus baie gewild onder mense.  Hulle het selfs in groot getalle na Hom kom luisteromdat sy prediking baie meer sin gemaak het:

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:28,29). 

Hierop was die kerklui was baie afgunstig maar nie openlik teen Hom opgetree nie:   

Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode” (Joh.7:13).

Toe Jesus egter openlik gesê het dat Hy God was, het die kerklui dit as lasterlik beskou en na ʼn geleentheid gesoek om Hom dood te maak. Diegene wat Jesus as die beloofde Messias beskou het, is aanvanklik deur die kerk as onkundiges geëtiketteer.  Toe die volgelinge egter sterk toegeneem het, was die kerklui bang dat dit tot ʼn opstand met lelike gevolge kon lei en die Romeinse owerheid dienooreenkomstig daaroor ingelig:

En baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.  Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? — want hierdie man doen baie tekens.As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem” (Joh.11:45-48).

Jesus se hardhandige reiniging van die tempel van handelaars was vet op die vuur.   Die handelaars het wettige handelslisensies gehad om hul besigheid in die tempel te bedryf en vir die kerk baie geld ingebring.

2.   Jesus berispe

Die kerkleiers het slegs met sekere mense omgegaan en Jesus verkwalik toe Hy met mense op die laagste gemeenskap-sport verkeer het. Sulke skynheilige optredes het Hom gegrief want Hy het geweet wat agter hul maskers verskuil was - toneelspelerswat ʼn wetenskap van hul skynheiligheid gemaak het!

Die Joodse kerkleiers het geglo dat ʼn uiterlike godsdiensvertoongoed genoeg was.   Jesus het ʼn renons daarin gehad en hulle skerp berispe:

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.(Mt.23:25-28).

Die Fariseërshet egter geglo dat God se wil uit die nakoming van reëls en regulasies bestaan het.  Gevolglik het hulle die grondliggende reël van die koninkryk van God, naamlik liefde, nie verkondig nie en hul eie voorkeure en idees voorop gestel.   Die Joodse kerk was nie ʼn gids na die hemel nie maar eerder ʼn versperring daarheen!

Jesus het nie doekies omgedraai nie en prontuit gesê dat die kerklui op pad hel toe was en mense saamsleep.   Dit het die kerklui baie kwaad gemaak sodat hulle Hom gedurig met strikvrae gepeper het sonder om Hom te kon uitoorlê.

Die kerklui het destyds die profete van ouds met groot gewag vereer en sodoende die indruk van selfregverdiging geskep.  Ironies genoeg is hierdie profete wat hulle vereer het juis deur hul voorste vermoor.  Hulle sou dieselfde met Jesus doen! 

3.   Teregstelling of moord?

Was Jesus se kruisiging ʼn teregstelling of ʼn geregtelike moord?  Alles het met die vervulling van ʼn profesie begin - Jesus wat Jerusalem op ʼn donkie binnery:

Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin” (Sag.9:9).

Toe Hy net hierna ook die handelaars uit die tempel verdryf het, het die Joodse kerk besef dat Jesus hulle gesag openlik teengestaan het; iets waarop hulle baie gesteld was.  Gesag was hulle wagwoord.  Wie dit geminag het, kon vervolg word.  Daarom kon die kerk iemand wat ʼn vreemde leer verkondig en wonders gedoen het na sy gesagsbron vra en ʼn antwoord van hom eis.

Kajafas was die invloedrykste kerkleier in Jerusalem.  Hy het baie goed met die plaaslike Romeinse owerheid oor die weg gekom.  Omdat Paasfees op hande was en deur nagenoeg drie miljoen feesgangers jaarliks bygewoon is, wou Kajafas nie die Romeine se guns verloor deur toe te laat dat Jesus sy gesag uitdaag nie.

Die Sanhedrin was sy magsbasis.  Dit was die hoogste Joodse raad wat burgerlik sowel as godsdienstige wette hanteer en uit 71 lede, hoofsaaklik priesters, bestaan het.  Kajafas was ʼn Romeinse aanstelling en voorsitter van hierdie raad waarvan die lede in luukse staatshuise gewoon het.  Daarmee het die owerheid ʼn stewige greep op die kerk verkry.

Daarbenewens het die kerk baie geld met allerlei tierlantyntjies in die tempel gemaak.  Daar was onder andere bad-rituele wat moes plaasvind alvorens mense in die tempel kon ingaan.  Gevolglik was Paasfees ʼn tyd van  geldmaak en kon Jesus se optrede die kerk geldelik skaad.

Jesus het geleer dat God slegs deur ʼn innerlike reiniging vereer word. Daar was geen tolgeld op pad na die hemel te betaal nie.  (Dis ʼn waarskuwing aan elke kerk – stem dit wat in der midde gedoen word ooreen met die Skrif?  Onthou dat God dit enige tyd kan omkeer!)

Ná Jesus se reiniging van die tempel het Kajafas ʼn vergadering met al die hoëpriesters belê waarop besluit is om Jesus dood te maak. Die haat teen Hom was so groot dat baie van die reëls wat normaalweg vir verhore gegeld het, goedsmoeds veronagsaam is. Sy verhoor is bv. in die nag gehou terwyl verhore slegs bedags gehou is.  Daarbenewens is dit op ʼn feesdag gehou wat taboe was en in Kajafas se huis in plaas van ʼn raadskamer.

Dat Jesus van lastering teen God aangeklais, was as sulks geen misdaad onder die Romeinse wet nie.   As Kajafas nie met iets drasties voor die dag gekom het nie, sou die Romeine Jesus nooit gekruisig het nie.  Pilatus het Jesus nooit skuldig bevind nie maar weens politieke druk en die vrees vir moontlike ordeversteuring tog laat kruisig.   Gevolglik was Jesus se kruisiging geregtelike moord en die Joodse kerk die skuldiges!

4.   Slot

Jesus het die Joodse kerk destyds aangevat omdat dit deur menslike inmenging in iets vreemd aan die Skrif ontaard het.   Hoeveel van dit wat tans as kerk aangebied word, is niks anders as mense se eie idees met ʼn Christendom etiket om nie?   ʼn Kerk wat mense nie van sonde laat afsien nie, maar dit eerder versuiker, verdien om ten gronde te gaan!

Niks berokken die Christendom soveel skade as kerklui wat hul wêreldlikheid en verwaandheid ʼn onder ʼn toga van godsdiens wegsteek nie.  Mense word al hoe meer deur godsdienstige voorgee verblind. 

Jesus waarsku gelowiges op hul hoede vir valse kerklui te wees.   Hulle is nie gidse nie maar eerder laksmanne. Paulus waarsku:

Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.   Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand.20:29,30).

Oor die rol wat die laaste kerk op aarde gaan speel, kan net bespiegel word.   Wie die Woord van God reg verstaan, sal oplet dat die geskiedenis homself gaan herhaal.   Die eerste kerk was ʼn vervolgde kerk.  Die laaste een sal ʼn vervolgingskerk wees en die ware volgelinge van Jesus Christus doodmaak!

JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS

Ds Andrè vd Berg

Niks is nuut nie

Inleiding

In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiensop die Tien Gebooie en Pentateug gegrondwas. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.

@

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2580 gaste aanlyn