NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wonder ons soms waarom ons as 'n volk van die Here, nie rustig en in vrede kan saamleef nie, waarom ons voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig? Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede wat gelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons God so liefhet as wat Hy ons beveel nie. En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte van 'n volk van God!

LERAARS - DIENSKNEGTE OF EGO-POETSERS?

 Ds Andrè vd Berg

“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God...” (1 Pet.4:11).

1. Inleiding

Kerke beklee die derde plek in ʼn samelewing. Dis die ruimte waar mense tyd naas hul huisgesinne (eerste plek) en werksplekke (tweede plek) deurbring.   Omdat mense in die kerk hul hartseer, kommer en vreugdes met mekaar kan deel, vervul ʼn gemeente ʼn belangrike plek in die gemeenskap.

Ongelukkig is georganiseerde godsdiens besig om sy staanplek as ʼn pilaar van morele leierskap te verloor. Kerkgang word as ʼn oorgeërfde, kulturele gebruik beskou word wat uitgedien geraak het.

Om dit aan ʼn afvalligheid van God se Woord toe te skryf, is deels waar.   Die kern-oorsaak lê egter in eie geledere. Die akker waarin baie kerke vandag saai, is so met die onkruid van humanisme besmet en die vrug wat dit oplewer, bitter. Verkeerde saad het nooit ʼn goeie oesopbrengs nie!

1.   Saaiers

Alhoewel leraars nie die kerk as sulks is nie, speel hulle ʼn uiters belangrike rol in die geseënde werking daarvan. God het dit so bestem.

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus” (Ef. 4:11,12).

Gelowiges deel in die geseënde tradisie om Sondae kerk toe te gaan en Bybelse leiding vir die lewe te ontvang. Leraars is boodskappers van God. In Jesus se verslag aan die sewe gemeentes van Klein Asië (Openb.2,3) word leraars engele genoem. Hulle is, net soos die engele, God se boodskappers.

Prediking moet gelowiges in die waarheid saambind. Ongelukkig gebeur dit al hoe minder omdat baie leraars nie die pad van gehoorsaamheid aan God volg nie, maar deur die behoefte om mense tevrede te stel, oorweldig word. Dit voed hul versugting na eiewaarde en word ʼn leefwyse.

2.   Oneerlik

Ego-poetsers is oneerlik. Hulle leer ʼn gedrag aan wat dikwels met Bybelse beginsels bots en hul eie doelstellings saboteer. Daarom voel hulle ongemaklik as iemand ʼn ander standpunt inneem en maak vinnig verskoning uit vrees dat hulle as pretbederwers uitgewys kan word. Sodra gewildheid belangriker as die waarheid word, staan onreg in die voordeur. Pilatus is ʼn voorbeeld hiervan:

“Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat..... En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gesel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word” (Mark.15:11,15).

Aanprysing en mooi woorde laat alle mense goed laat voel. Ongelukkig bepaal dit ego-poetsers se hele selfbeeld en gaan hulle uit hul pad om konflik te vermy en te swyg eerder as om ʼn ander standpunt in te neem. ʼn Belangrike Bybelse opdrag word agterweë gelaat:

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).

Leraars en politici verkeer basies in dieselfde situasie – hulle is in die openbare oog en mense verwag van hulle om suksesvol te wees. Dit laat hulle maklik voor die versoeking swig om mense tevrede te stel. Neurochirurge sê dat die brein ingestel is om verwerping te vermy. Daarom ervaar baie leraars teenstand as ʼn soort van verwerping en probeer dan eerder mense tevrede stel al skreeu dit teen die waarheid. Jesus waarsku:

“Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen” (Luk.6:26).

Die Psalmdigter gee goeie raad:

“Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou” (Ps.118:8).

3.   Is God tevrede?

Hoe stel ʼn leraar God tevrede?   Deur aan Hom en sy Woord gehoorsaam te wees. Ego-poetsers probeer Hom deur gedienstigheid aan mense tevrede te stel en glo dat as mense gelukkig is, God ook tevrede is. Dis ʼn misgissing:

Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis. En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand.4:19; 5:29).

Paulus skryf ʼn rukkie later:

“Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie” (Gal.1:10).

Paulus skryf aan die Korintiërs oor sy vryheid as leraar. God het aan leraars sekere voorregte gegee soos om deur mense eerbiedig te word en die vrug van hul arbeid te geniet - beslis nie om mense tevrede te stel nie!

Hy erken dat hy ook mense ter wille was, maar slegs as dit die evangelie bevoordeel het:

Want alhoewel ek van almal vry was, het ek my aan almal diensbaar gemaak om soveel van hulle as moontlik te win. Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om die Jode te win; vir die wat onder die wet is, soos een wat onder die wet is, om die wat onder die wet is, te win. Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet — al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus — om die wat sonder die wet is, te win;vir die swakkes het ek soos ’n swakke geword om die swakke te win; vir almal het ek alles geword om in alle geval sommige te red. En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek ’n deelgenoot daarvan kan word” (1 Kor.9:19-23).

4.   Soos ʼn kankersel

Ego-poetsing is soos ʼn kankersel en eis ʼn swaar tol op leraars se geestesgesondheid, geluk en doelmatigheid. Timoteus het waarskynlik hiermee gesukkel. Daarom vra Paulus hom om nie bedees te wees nie:

Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).

Sonder krag, liefde en selfbeheersing kan ʼn leraar nie ʼn dienskneg van God wees nie.

Salomo skryf:

“Die vrees vir die mens span ’n strik; maar hy wat op die HERE vertrou, sal beskut word” (Spr.29:25).

Geen leraar put ware genoegdoening uit ego-poetsing nie. Hulle word nooit werklik vertrou nie. En dit veroorsaak baie spanning. Dit maak dat mense wat moet saamwerk, mekaar teenstaan en in die proses dislojaal word. Leraars is nie vir mense se geluk verantwoordelik nie, slegs om God se wil te doen.

“Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (Joh.4:34).

Paulus vermaan die gelowiges in Efese:

En beproef wat die Here welbehaaglik is... Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is” (Efes.5:10,17).

5.   Onheilige swye

As Jesus die selfde boodskap as die heendaagse ego-poetsers gepreek het, sou mense nooit tot bekering gekom en Hy waarskynlik nooit gekruisig gewees het nie. Leraars durf nooit aan die Evangelieboodskap verander om mense ter wille te wees nie. Boodskappers van God swyg nie oor die waarheid nie.

“...nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie” (Efes.6:6,7).

“Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim.2:15).

Daar was in Jesus se tyd talle mense wat wel aan sy Messiasskap geglo het, maar uit vrees om ongewild onder mense te wees, eerder ʼn baie lae profiel gehandhaaf het:

“Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God” (Joh.12:42,43).

Jesus sê:

“Eer neem Ek van die mense nie aan nie” (Joh.5:41).

Wie van mense se goedkeuring leef, sal van God se verwerping sterf. Daarom dring Paulus by die Kolossense aan om nooit mense se guns te soek nie:

“En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kol.3:23).

6.   Ontsporing

Die Bybel waarsku dat ego-poetsers net voor die wederkoms van Jesus ernstig gaan toeneem:

“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).

Ego-poetsers en valse profete verskil nie veel nie - beide spreek nie namens God nie.   Dit gaan vir hulle om gewildheid en nie leersuiwerheid nie. Dit maak die een net so gevaarlik soos die ander een!

Paulus het mense wat hom van ego-poetsing beskuldig het, tereg gewys:

“Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ’n dienskneg van Christus wees nie” (Gal.1:10).

“...maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef” (1 Thess.2:4).

Ego-poetsers vertel mense wat gruwels bedryf dat God hul nie daarvoor sal straf nie. Die sondes van Sodom en Gomorra word byvoorbeeld deur talle ontspoorde kerke goedgepraat; iets waarmee Paulus al in sy dae gesukkel het:

“...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32).

Ontspoorde kerke staan skuldig hieraan. Dit word godsdiensklubs met valse leraars aan die roer van sake.  Jeremia het ook hierdie probleem geken:

“So sê die HERE.... Luister nie na die woorde van die profete .... hulle vervul julle met ydele verwagtinge ....nie uit die mond van die HERE nie” (Jer.23:16).

Ego-poetsers is soms baie gewild.   Hulle is polities korrek en swem saam met die stroom wat die goddeloosheid, net soos in die dae van Jeremia:

“Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wildeals eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan” (Jer.23:15).

Paulus waarsku ook:

En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges” (Rom.16:17,18)

7.   Eindtyd

Jesus waarsku dat valse leraars aan die einde van die tyd gaan toeneem:

En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Mt.24:11).

Paulus het iets hiervan ervaar:

“Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie” (Hand.20:29).

Petrus waarsku:

Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikheid navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek.... “ (2 Pet.2:1-3)

Johannes waarsku ook:

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan” (1 Joh.4:1).

God se oordeel gaan baie skerper op misleiers in ampsgewaad wees:

“Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. WAT die profete betref — my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos ’n dronk man en soos ’n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde. Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg. Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE. Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die Here” (Jer.23:1,2,9-12).

Slot

Ontspoorde kerke met hul skoktroepe valse leraars en ego-poetsers is grootliks vir die volksverval in Suid-Afrika verantwoordelik. Om byderwets en mense ter wille te wees, laat hulle die pad al hoe meer byster raak. Daarom het kerke in baie gevalle in plekke vir gemeenskapsdruk, toevlugsoorde vir vlugtelinge en onwettige immigrante en misdadigers geword.

Waar hoofstroomkerke in die verlede wagters op die volk se mure was en teen booshede gewaarsku het, maak dit vandag die poorte vir booshede oop. Dit laat die gat in die morele osoonlaag al hoe groter word.

Dit wat sedelik verkeerd is, kan nooit vir ʼn volk reg wees nie. Van die 22 beskawings wat al tot ʼn val gekom en van die wêreldtoneel verdwyn het, het 19 weens sedelike verval ten gronde gegaan.As God ons nie help om ʼn einde aan hierdie kerkgesubsidieerde ontaarding te maak nie, gaan dit ʼn einde aan ons maak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2404 gaste aanlyn