Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy soos 'n kind in die HERE glo, van jou klere tot die brood op jou tafel, dra dit jou deur moeilike tye en sal jy alles op jou pad met wysheid kan hanteer.
UBUNTU
ʼn Skadelike hersenskim
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die prysgawe van staatkundige mag in 1994 het tradisionele Afrika-godsdienste aan die suidpunt van Afrika laat opleef. Dit het hoofsaaklik om die as van Ubuntu gedraai, ʼn Zulu-woord wat menslikheid beteken maar in werklikheid ʼn hersenskim is wat die Evangelie van verlossing in Christus skaad.
Ubuntu klink positief as dit eerbied vir ander stamgebruike eis, die kriteria vir tradisionele gebruike neerlê en met die sinspreuk: ʼn Mens is slegs mens deur ander mense, eenstemmigheid nastreef. Dit het selfs godsdienstige betekenis verkry. Die Afrika-mens glodat hierdie strewes van hom ʼn voorvadergees ná sy dood sal maaken hy vereer/aanbid sal word. Satan het dit ook begeer!
“Weer neem die duiwel Hom saam na’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid, en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid” (Mt.4:8.9).
1. Skynvoorgee
Ubuntu gee voor om die regte van enkelinge en minderheidsgroepe te beskerm en demokrasie te bevorder. Dis alles skyn. Afrika verwar demokrasie met ʼn meerderheid-diktatuur net om tirannie te wettig. Leiers eis blinde lojaliteit van hul volgelinge en staan teenstand selfs met wrede strafmaatreëls teen.
|
Ubuntu is meer op bygeloof as op rede gegrond. Emosies oorheers gereeld die rede, tradisies word opgehemel, veranderinge gevrees en verskille vermy. Die gewaande eerbied vir menswaardigheid is ʼn rookskerm wat gereeld vir politieke gewin en selfverryking misbruik word. Mense het egter daaraan al so gewoond geword, dat oortreders selde aan die pen ry. |
2. Gesamentlikheid
Ubuntu se droom van gesamentlikheid is vreemd aan Westerse denke wat benewens tye van opstand selde van solitary na solidarity beweeg. Ubuntu glo weer dat mense deur ʼn aangebore mag onderling met mekaar verbind is en elkeen ʼn aspek van ʼn groter geheel is. Gevolglik kom die Afrika-mens slegs in die groep tuis. Enkelinge het basies geen vryheid of ʼn eie verantwoordelikheid nie. Dit maak die Afrika-mens berug vir sy kenmerkende ontduiking van verantwoordelikhede waarvan hy die gevolge nie kan vryspring nie!
Ubuntu jaag mense in die hok van gesamentlikheid waarna hulle dikwels deur die plaaslike bestuur onderdruk word. Demokrasie kom nooit in Afrika tot sy reg nie omdat die Afrika-mens tradisioneel nie demokraties maar sosialisties is. Afrika-demokrasie is slegs ʼn magsgreep op minderhede waarna wrede etniese en politieke botsings gereeld volg.
3. Valse sondebegrip
Ubuntu se sondebegrip is vreemd aan die Bybel. Die Afrika-mens neem nie direkte verantwoordelikheid vir sy wandade nie, maar beskou homself eerder as ʼn speelbal in die hand van bose geeste. Wandade is dus buite sy beheer. Mense wat aan VIGS lei, word selfs wys gemaak dat dit deur bose geeste veroorsaak word en nie die gevolg van hul sedeloosheid is nie. Hierdie slagoffer-sindroom blokkeer die pad na verlossing in Christus.
“Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).
“Want elkeen sal sy eie pak dra” (Gal.6:5).
“Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is...” (1 Pet.3:15).
Ubuntu laat die Afrika-mens glo dat hy inherent goed en sonde die produk van bose magte buite sy beheer is. Dus nie ʼn vervreemding van God soos wat die Bybel leer nie.
“Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë... Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang” (Ps.51:6,7).
“...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23).
Indien mense inherent goed is, hoe verklaar Ubuntu die korrupsie wat endemies sowel as epidemies aan Afrika is? Noop bose geeste mense daartoe? Dis baie gerieflik om bose magte die skuld daarvoor te gee!
Die Afrika-mens skryf selfs onrus in gemeenskappe graag aan die optrede van bose geeste toe. Hulle kan glo deur heksery en toordery gemanipuleer word om wandade te verrig. As ʼn kind of vrou verkrag word, kan die slagoffer sowel as die oortreder slagoffers van bose magte wees. Alhoewel die oortreder vervolg sal word, is ʼn bose gees die hoofoorsaak vir die oortreding.
4. Die Bevrydingsteologie
Ubuntu vind noue aansluiting by die Bevrydingsteologie wat na ʼn byeenkoms van derde-wêreld kerklui in Tanzanië (1976) in Afrika gewild geword het. Roomse kerklui uit Suid-Amerika het ʼn bedenklike rol hierin gespeel. Afrika het met soortgelyke probleme as Suid-Amerika te kampe nl. oorbevolking, armoede, wanvoeding, hongersnood en politieke onderdrukking. Gevolglik word daar na elke grashalm van moontlike bevryding uit hierdie ellende gegryp.
Bevrydingsteologie slaag nie daarin nie omdat dit sonde, net soos Ubuntu, buite beheer van die mens plaas. Dit verkondig die leuen dat menslike lyding die gevolg van verdrukkers se bose optrede en hul politieke strukture is.
Alhoewel Ubuntu al lank bestaan, het dit eers in die 1990’s met die vernietiging van apartheid werklik bekend geword. Desmond Tutu het Ubuntu via die omstrede Waarheid-en Versoeningskommissie in die teologie te lande laat kom en hom die mag gegee om die Bevrydingsteologie met ʼn knuppel onder sy poppespelkarakter-toga te bevorder.
5. Wanindruk
DieAfrika-mens het ʼn verfoeilike wanindruk van sonde. Hulle sien dit as die produk van onderdrukkende maatskaplike en ekonomiese strukture waarvoor apartheid graag die skuld gegee word. Voorstanders daarvan word as die beliggaming van bose geeste geëtiketteer.
Omdat die Afrika-mens nie direk vir sy sonde verantwoordelik voel nie, kom die Christendom in Afrika selde tot sy reg. Kolonialisasie het wel sy gebreke gehad, maar de-kolonialisasie baie meer en die Christendom meer boos as Christelik gelaat. Gevolglik gaan Afrika mank aan ʼn Christendom wat deur suiwere Bybelse dogma en nie deur ʼn animistiese kultuur aangevuur word nie.
Afrika sal ʼn reuse gesindheidsverandering moet ondergaan ten einde die uitdagings van die moderne lewe die hoof te kan bied. Ubuntu help hulle van die wal in die sloot. Indien die Afrika-mens nie anders begin dink nie, sal Afrika nooit in die 21 eeu tuiskom nie.
Daarvoor sal daar by die gewete begin moet word want dit bepaal die mens se optrede. Mense is nie eenders nie, maar verskil baie van mekaar. Daarom sal niks vir Afrika so geseënd wees as die ontbondeling van saamgehoopte mense nie. Individualiteit is nie teen-sosiaal en skeiding nie ongewens nie soos wat Ubuntu verkeerdelik leer.
Die Christendom staan, soos die meeste ander wêreldgodsdienste, menseskeiding voor. Dit verdeel die wêreld in goed en sleg – diegene wat ooreenkomstig die leer van die betrokke godsdiens leef en diegene wat dit nie doen nie. Ubuntu leer net die teenoorgestelde en daag as’t ware elke godsdiens en ideologie uit om soortgelyk te dink – ek is wat ek is weens die groep.
Slot
Ubuntu is kontekstueel, vreemd aan die Bybel en nie by magte om iets aan Afrika se lot te verander nie. Desondanks bly dit vir die meeste Afrika-mense die towerwoord waarmee die tradisionele gemeenskap-eenstemmigheid en die wonderlike Afrika-lewe van weleer gaan herleef. Dis ʼn hersenskim want die verlede was nog nooit rooskleurig nie. Afrika se geskiedenis is en bly ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef wat hom arm, onderhorig en aan die onderpunt van die voedselketting sal hou.
Ubuntu is ʼn droom en die Afrika-mens vas aan die slaap om dit te glo. Dit sal baie meer vermag as dit met die werklikheid rekening hou en reg optree. Tot dan bly Ubuntu ʼn toekomsdroom van ʼn gelukkige gemeenskap wat nooit tevore bestaan het nie!