NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Volksleier wat misdadigers beskerm, is soos ‘n predikant wat die nagmaalbrood vergiftig.   Onregmatig genade aan misdadigers het al tot die dood van etlike wetsgehoorsame burgers gelei.  Daarom durf genade nooit bo geregtigheid verhef word nie!

GODSDIENSTIGHEID RED NIEMAND NIE

Ds.A.E. van den Berg

“ .... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”(Joh.3:3).

Indien jyvir ʼn sterwende uit die Bybel moet lees, wat sal jy lees? Ek sou Joh.3 lees omdat dit op lewendes sowel as sterwendes betrekking het. Dit vertel van ʼn soeker wat dit wat soekend was, gevind het. Nikodemus was ʼn fyn opgevoede Fariseër, opgeleide teoloog, lid van die Joodse Raad (Sanhedrin), iemand met baie invloed en deel van baie mense wat deur Jesus se wonders beïndruk was:

En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen” (Joh.2:23).

Waarom het Nikodemus spesifiek in die nag na Jesus gegaan? Miskien om nie deur ander mense gesien te word nie of om ʼn steuringsvrye onderhoud te kry. Dit maak nie saak nie. Hy het ʼn vraag in sy hart gehad waarop hy ’n antwoord gesoek het – hoe word ek gered? Alhoewel hy dit nie direk gevra het nie, het Jesus sy hart geken en sy eintlike vraag beantwoord.

“ ... as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie”.

Hierdie antwoord het die Jode se opvatting oor redding op grond van hul volkidentiteit behoorlik geskud.   Hulle het op grond van hul herkoms uit die nageslag van Abraham aanvaar dat hulle outomaties ʼn plek in die hemel sal kry. Sommige rabbi’s het selfs verkondig dat Abraham by die poorte van die hel staan om seker te maak dat een van sy nasate nie per ongeluk daar beland nie!

Gevolglik het Jesus se antwoord aan Nikodemus die Jode se appelkar behoorlik omgekeer. Wat sê Jesus vir hom? Dat die eerste geboorte uit die vlees niemand in die hemel bring nie; alleenlik die tweede een - uit die Gees.

Die Jode het ʼn Messias verwag wat ʼn nuwe politieke bestel en wêreld sou bring met die Jode in die hoogste gestoeltes. Hulle het na ʼn nuwe wêreld in plaas van ʼn nuwe gees gesmag. Die teenoorgestelde is egter waar; Jesus het nie ʼn nuwe wêreld maar ʼn nuwe lewe gebring waarin Hy die voortreflike Een sou wees. Daarvan wou die Jode niks weet nie. Politieke bo geestelike vryheid!

Die woorde weer gebore beteken om van bo af gebore te word. Die eerste geboorte is aards en dus van onder; die tweede is vanuit die hemel en ʼn nuwe lewe.  Dis nie ʼn sedelike of godsdienstige hervorming nie, maar ʼn heel anderse lewe; ʼn geestelike metamorfose en Godvererende gedaanteverwisseling.

Wie kon meer as Paulus daarvan getuig! Hy het die vroeë Christene vervolg en toe op pad na Damaskus tot bekering gekom het. Hy skryf:

“Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).

Dis die wonder van die wedergeboorte. Net die Heilige Gees bewerkstellig dit.

Die klem op die noodsaaklikheid van die wedergeboorte kom telkens in die NT voor.

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode. As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart;want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike...” (1 Pet.1:3,22,23).

Nikodemus was aanvanklik verward. Hoe kan ʼn ou mens weer gebore word? Hy het as teoloog van God se belofte aan Israel geweet nl. dat Hy die verstrooide volk weer bymekaar sou bring, geestelik reiniging en later die Messias sou stuur.

Nikodemus het soos sy volksgenote geglo dat twee van die drie beloftes al in vervulling gegaan het. God het sy volk uit die twee onderskeie ballingskappe laat terugkeer waarna ʼn sterk geestelike beweging by name die Fariseërs op die been gekom het.   Die Jode het geglo dat dit die verwagte geestelike hervorming was. Daarom was Jesus se eis van wedergeboorte vir Nikodemus vreemd. Het hulle dit nie alreeds gesmaak nie?

Jesus sê vir hom:

...Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie” (Joh.3:5).

Wat is hierdie water? Kan dit die grootdoop wees soos wat die Charismate glo? Nee, dit beteken om deur die Heilige Gees skoon/nuut gemaak te word.

” ...nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord” (Efes.5:26).“Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh.7:38).                                                                                

Die Gees stof die sondaarsiel af en spoel die ou dinge weg. Dis skoon soos met water gereinig. 

Nikodemus was baie godsdienstig. Aan sy uiterlike voorkoms sou jy dink dat hy reeds skoongespoel is. Maar hy was nie. Jesus se eis sluit alle moontlikheid van redding deur menslike verdienste uit. Die mens is so deur sonde besmet dat net die Heilige Gees hom kan was; iets wat op verskillende maniere plaasvind.

Jesus vergelyk die werking van die Heilige Gees met wind wat waai:

“Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is” (Joh.3:8).

Wat sê Hy vir Nikodemus daarmee? Dat hy nie alles van die wedergeboorte hoef te weet om dit deelagtig te word nie. Die Gees van God werk soms op maniere en plekke waar Hy nie verwag word nie soos bv. op Golgota waar ʼn sterwende misdadiger tot bekering gekom het.

Jesus berispe Nikodemus wat as teoloog niks van die wedergeboorte geweet het nie. Dit was tog duidelik in die OT uiteengesit en moes onder godsdiensleiers se aandag kom. Hoe kon Nikodemus dit gemis het? Ons kan met redelike sekerheid aanvaar dat Nikodemus die wedergeboorte gesmaak het.

Die woorde die eerste maal in die nagdui daarop dat hy gereeld na Jesus gekom het en waarskynlik een van sy getroue volgelinge was. Die laaste wat van hom opgeteken is, was pas na die kruisiging:

“En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat ’n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem. En Nikodemus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met ’n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig” (Joh.19:38,39).

Hy tree saam met Josef van Arimathéa as Jesus se lykbesorgers op. Net ʼn gelowige sou dit doen.

Nikodemus se aanvanklike mistasting is ʼn universele mistasting. Miljoene siele het al in die verderf beland; mense wat glo dat hul met vormgodsdiens genoeg krediete ʼn plek in die hemel sal verwerf. Lees gereeld die Bybel, bid, gaan kerk toe ens. Dit het geen Bybelse gronde nie. Godsdiens en geloof is nie noodwendig eenders nie. Satan laat mense so glo!

Baie mense se godsdiens bestaan net uit dit wat hulle wil glo, maar nie uit wat hulle behoort te glo nie. Hulle maak nie van God hul godsdiens nie maar van godsdiens hul God soos wat Nikodemus aanvanklik gedoen het. Moenie daardie selfde fout maak nie!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1023 gaste aanlyn