NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie die waarheid verdedig, kan dit nie in eie krag doen nie, maar slegs met God s’n wat Hy beloof: “Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ek help jou, spreek die Here, en jou Losser is die Heilige van Israel” (Jes.41:14).

LOOF GOD - DIE BYBEL IN EIE TAAL

Ds A.E. van den Berg

“Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”(Ps.119:130)                            

Het jy al ʼn Bybel in ʼn vreemde taal onder oë gehad?   Ek glo die meeste van ons het al. Gestel dit was jou enigste Bybel; sou jy geestelik groei? Nee, jy sou maar in die duisternis wees. Tereg sê die teks: “Die opening van u woorde gee lig;....” Om die Bybel in eie taal te hê, is onontbeerlik vir geestelike groei.

Luister wat sê die aanwesiges in die tempel toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is: “...en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek” (Hand.2:7,8, 11).

Ons voorsate het vir eeue lank slegs die Nederlandse Statevertaling of die King James Bybel gehad. Daar was nie ʼn Afrikaanse Bybel nie. Afrikaans is as kombuistaal beskou. Skoolonderrig, prediking en kategese was alles in Nederlands. Mense het Afrikaans gepraat, maar Nederlands geskryf.


God was die Boerevolk egter baie genadig en het vir hulle ʼn eie taal laat ontwikkel waarin sy Woord opgeteken kon word. En so het die eerste Afrikaanse Bybel op 28 Augustus 1933 verskyn. Wat ʼn vreugdevolle dag was dit nie om die Bybel oop te maak en te lees: In die begin het God die hemel en die aarde geskape...” O, hoe kosbaar is die moedertaal nie, veral om die verlossing in Jesus Christus in jou eie taal te hoor!

God se hand van genade is duidelik in die geskiedenis van ons volk te sien. Let op hoe wonderlik Hy die vertalers destyds gelei het om die regte woorde te skryf en as geestelik verrykte werktuie in sy diens van hul vertalerstafels af op te staan. Hulle het Jesus se opdrag aan Petrus: “Laat my skape wei” uitgevoer.

Die teksvers lui: “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”. Ongeveer 300 jaar nadat hierdie woorde geskryf is, het koning Josia van Juda hierdie waarheid prakties beleef. Hy was ʼn goeie koning wat God en sy mense liefgehad het. Al wat slegs was, was dat die Woord van God weens die onverskilligheid van sy goddelose voorsate verlore geraak het. Al wat Josia van God geweet het, was dit wat deur die priesters en deur talle oorlewering aan hom oorvertel is. Verder niks nie.

Toe Josia koning geword het, was die Assiriese mag aan die kwyn en het Juda wat onder hierdie heidense verdrukking gebuk gegaan het stelselmatig die simbole van Assiriese oorheersing uit die land begin verwyder en volksgoedere begin opbou. Josia hy by die tempel begin, het hy werkers gehuur wat onder toesig van die hoëpriester Hilkia die vervalle gebou begin opknap het.

Terwyl hulle besig was, het ʼn boek onder die stof van die puin te voorskyn gekom. Hilkia kon sy oë nie glo nie – dit was die Woord van God soos wat dit destyds bekend was!   Hierdie ontdekking was so groot dat die boek dadelik na Josia geneem en vir hom voorgelees is. Toe hy dit hoor, het hy sy klere as ʼn teken van berou geskeur.   God het duidelik met hom gepraat!

Josia kon in ʼn spieël sy eie gesig sien. In die Bybel het hy sy siel gesien! God het die waarheid van sy Woord soos spykers in Josia se siel ingeslaan en hom laat besef dat daar vir ʼn regering geen beter wetboek as die Bybel is nie.

En wat ʼn beroering het hierdie Bybel nie 700 v.C. veroorsaak nie! Daarmee het Josia die koningshuis en staat geëvangeliseer. Daarmee het die kerk weer kerk geword. Dit was ʼn OT hervorming in die ware sin van die woord.   Juda het in God se lig die lig gesien! “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”.

Dis een manier om met die Bybel om te gaan. Ongelukkig is daar ook ʼn ander manier om daarmee om te gaan. Ons lees in Jeremia 36 dat ná Josia se dood, hy deur sy seun Jojakim opgevolg is en nie van dieselfde geestelike stoffasie as sy vader nie. Tydens sy regering het die profeet Jeremia opdrag van God ontvang om ʼn boekrol te skryf wat God self gedikteer het.   Daarna het Jeremia dit aan Jehudi, die voorleser van Jojakim gegee om voor te lees. En wat doen hierdie koning met die Woord van God?

“En elke keer het hy, as Jehudi drie of vier kolomme gelees het, dit met die mes van ʼn skrywer stukkend gesny en in die vuur gegooi ... totdat die hele rol in die vuur .... verteer was” (Jer.36:23).

Hoe het hierdie twee konings nie van mekaar verskil nie! Josia ontvang die Woord met vreugde omdat dit vir hom die lig gebring het. Jojakim verbrand dit omdat hy in die lig daarvan sy duisternis ontdek het. Hy het soos ʼn grot dier die duisternis bo die lig verkies.

Wat maak jy met God se Woord? Jy het ook een van twee keuses – jy kan soos Josia toelaat dat dit spreek om ʼn ommekeer in jou lewe bring of jy kan dit in jou gees verbrand en dit geen plek in jou lewe gee nie. Wie die Woord van God hoor en besluit om nie te luister nie, doen wesentlik dieselfde daarmee as wat Jojakimdestyds daarmee gedoen het.

Watter plek neem God se Woord in jou lewe in? Is dit ʼn riglyn vir jou lewe? Indien jy voor ʼn moeilike besluit te staan kom, weet jy wat God se Woord sê?   ’n Deeglike kennis van die Bybel is meer werd as ’n universiteit vol geleerdheid. Wat maak jy met die Bybel?   Luister jy daarna soos Josia of volg jy jou eie kop soos Jojakim? Dis of die een of die ander!

Wie met die dinge van die duisternis besig is, verag die Bybel. Die teksvers sê: “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig”. As die lig van God se Woord op werke van die duisternis val, het sondaars een van twee keuses – verwyder die kwaad soos Josia gedoen het of verwyder die Bybel soos Jojakim. Wat doen jy?

Geen boek word vandag so knaend aangeval en belaster soos die Bybel nie (‘n wonderbaarlike teken dat dít, as die Waarheid, deur die Leuen aangeval bly word want dit bly Satan verontrus!). Die afvalligheid wat vandag op kerklike gebied heers, is aan ʼn verwatering van die Bybel se lewensaanduidings te wyte. Vooraanstaande teoloë van hoofstroom-kerke verkondig deesdae openlik dat die Bybel nie God se woorde aan die mens is nie, maar mense se woorde oor God is en gevolglik foute bevat. Die probleem is dat vandag se kateder-teologie more se kanseltaal is!

Die Bybel is kosbaar – Dit is God se liefdesbrief aan sy kinders. Wie niks daarvan verstaan nie, lees duidelik iemand anders se pos! Want luister wat sê die Bybel van die Bybel self: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).

Om die Bybel te verstaan, moet die leser in ʼn liefdevolle verhouding met God, die Skrywer daarvan, staan. En dis wat vandag in die meeste teologiese skole ontbreek – die noodsaaklikheid van ʼn persoonlike geloofsverhouding met Christus as Verlosser.

Bose magte wat daarop uit is om ons volk te vernietig, skuil toenemend agter die skild wat ontspoorde kerklui se dwaalleer hulle bied. Daarom is geen misleiding so skadelik soos kerklike misleiding nie. Dit stuur siele hel toe! Koester die Woord van God soos nog nooit tevore nie en dank God opnuut dat jy dit al vir 90 jaar in jou eie taal kan lees!

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1876 gaste aanlyn