NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Een groot bron van ongelukkigheid by mense is die gewoonte om jou lewe uit te stel na 'n toekomstige datum. Meeste mense is gedurig besig om hulself ongelukkig te maak omdat hulle vandag se mooi dinge en geleenthede verloor terwyl hulle besig is om op die toekoms te fokus. Gebruik elke dag, gryp die dag wanneer jy opstaan – Carpe Diem!

GOD VERLOS GELOWIGES IN HUL NOOD

Ds A.E. van den Berg

“Verlos ons dan nou tog uit sy hand, Here onse God, dat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, Here, alleen God is” (2 Kon.19:19).

Wyle Ronnie Belcher skryf: “Die lewe is soos 'n Eenster hotel, kry nie altyd wat jy bestel”. Dis so waar.   Eers skyn die son in jou lewe en dan word dit skielik donker. Soms is daar rus en vrede in jou lewe en eensklaps keer dit in onrus en onvrede om, selfs so erg dat jy wonder of die lig ooit weer sal skyn. Israel het eeue gelede ook gewonder of dit nie dalk klaar met kees was nie!

Die gelese gedeelte speel ongeveer 700vC in Israel af. Die volk was in so 'n benarde situasie, dat hulle algehele uitwissing in die gesig gestaar het. Koning Agas was alreeds dood, 'n diplomatiese man wat in relatiewe vrede met Assiriër geleef het al was dit teen 'n duur prys.   Assirië was destyds baie sterk en het oor swakker lande gestoomroller, hul onderhorig gemaak en hoë belastings op hul afgedwing. Na Agas se dood was Israel bang om tot volle onderdanigheid aan Assirie gedwing te word.

Israel het op daardie tydstip nog die dwingelandy vrygespring omdat Agas vrede met Assirië beding het. Benewens ligter belastings moes Israel die Assiriese godsdiens onderskryf en afgodsbeelde in die land toelaat. Agas het en selfs van sy eie kinders as brandoffer aan Molog geoffer net om sy inskiklikheid met die vyand te betuig. Daarvoor het gelowiges hom verag.

Toe hy sterf, het sy seun Hiskia koning geword. Hy was geheel anders as sy pa en godvresend.   Slegte ouers het gewoonlik slegte kinders. Hier was dit 'n slegte ouer met 'n goeie kind. Toe Hiskia koning word, het hy onmiddellik met die Assiriese godsdiens gebreek en geweier om belasting te betaal. Gevolglik was die gort gaar en het Sanherib, 185,000 krygers na Jerusalem gestuur om dit te beleër en in te neem.

Waarom het Hiskia sy volk se toekoms onverskrokke op die spel geplaas? Was hy dwaas of dapper? Vers 15 antwoord: “En Hiskia het voor die aangesig van die Here gebid en gesê: Here, God van Israel.... U is alleen die God van al die koninkryke van die aarde ...”

Sanherib het homself as koning van die aarde geag; onaantasbaar en onoorwinlik. Assiriese beeldhouers het hom as 'n man met teuels in sy hande en ringe deur die neuse van onderdanige volke voorgestel; beeld van uitsonderlike mag en vernedering.  

Juda was nie teen so 'n mag opgewasse nie.

Sanherib was op daardie tydstip die magtigste koning op aarde. Daarom doen Hiskia die regte ding as hy die magtigste Koning van die heelal om hulp nader. Hierdie Koning hoor en waarsku Sanherib: “Omdat jy teen my raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het” (:28).

Hierdie godspraak het Hiskia bemoedig, ook toe boodskappers hom van die 185,000 vyandige krygers vertel het wat om die stad saamgetrek het. Hy het God vir verlossing vertrou, veral na 'n tweede godspraak: “Daarom, so sê die Here aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie” (:32).

'n Waarom sou God Israel red? Omdat sy koning 'n gelowige was en baie van sy onderdane hul voor God verootmoedig het.   Hulle het God geken toe die son in hul lewens geskyn het, daarom kon hulle op Hom reken toe dit donker word.

Die nag voor die beplande inval kon niemand slaap nie. 'n Somber atmosfeer het soos 'n swaar kombers oor die stad gelê. Mense het die dood in die gesig gestaar. Was dit miskien hul laaste dag op aarde?   Hulle het geweet dat die vyand vir die eerste lig gewag het om aan te val. Net God kon hulle van 'n gewisse dood red!

Dan breek die dag. Juda was gewoond aan die onophoudelike krygsrumoer rondom die stad; alles bangmaak-taktiek. Maar daardie oggend is alles doodstil. Verspieders loer versigtig oor die muur.   Benewens die afwesigheid van krygsrumoer is geen slagordes opgestel of 'n mens in sig nie. Waar is die Assiriërs?   Is hulle weg? Voetjie vir voetjie gaan hulle nader. Dan snak hulle na hul asems; al 185,000 van die vyand is nog steeds daar, MAAR hulle is dood! Wat het gebeur? “En in dieselfde nag het die engel van die Here uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd -vyf-en-tagtigduisend verslaan....” (:35).  

God het ingegryp en Israel van die dood gered. Niks is vir God onmoontlik nie. Alle mag in hemel en op die aarde behoort aan Hom. Hierdie wonder-gebeure het die ore van die mense van die Ou Nabye Ooste bereik en hul sprakeloos gelaat. Daarna het die Assiriërs 'n redelik onbenullige volk geword.

God red elkeen wat Hom vrees. Ook die Boerevolk by Bloedrivier. Met God aan jou sy, is jy 'n meerderheid. Cilliers en sy 406 krygsmanne kon dit beaam. Hulle het die nag van 15 Desember 1838 iets soortgelyk as Juda ervaar toe hulle teen 'n oormag van minstens 40 teen 1 in die spervuur van Satan beland het. God alleen kon hulle red.   Die Zoeloes was soos die Assiriërs wreed en sonder God en sy Gebod.  

Die Voortrekkers het op daardie tydstip alreeds nare ondervindings met hulle barbaarsheid gehad. Van geloof, medemenslikheid of beskawing was daar by hulle geen sprake nie. Wat kon hulle nie moontlik met hul geliefdes doen nie? Net die gedagte daaraan het rillings langs die ruggraat afgestuur!

Hulle het God vertrou en vir sewe dae lank 'n gelofte wat in Cilliers se hart opgekom het, saans herhaal. Toe Sondag 16 Desember aanbreek, het die Zoeloes met die eerste lig aangeval. God het ingegryp en soos in die dae van Gideon met die Midianiete ook 'n gees van verskrikking onder die Zoeloes gestuur waarna hulle gevlug het.

Hoe wonderlik is geloofsvertroue in ons hemelse Vader nie!   Gelowiges roep Hom aan en Hy gee gehoor. Die opskrif van Ps.34 lui: “Die Here beskerm die gelowige” Vers 18 sê: “Hulle roep en die Here hoor en red hulle uit al hul benoudhede”.

Ons verwonder ons vandag opnuut aan die magtige optrede van ons grote God. Die dapper Voortrekkers by Bloedrivier is bysaak. Die genadige God is hoofsaak. Wat Hy vir ons volk by Bloedrivier gedoen het, was niks nuuts nie. Hy het dit al tevore gedoen en gaan dit binnekort weer doen. Siener van Rensburg, ons geëerde Boere-profeet, sien dat daar in die hitte van ons stryd om ons vryheid te herwin, 'n tweede gelofte gemaak gaan word met 'n soortgelyke uitslag wat die wêreld verstom laat.  

Skep moed en stry die goeie stryd. Onthou: Moed is nie die afwesigheid van vrees nie, maar die teenstaan en oorwinning daaroor. Moenie dat korrupte politici en verraderlike kerklui ons mismoedig maak nie. God is met ons.   Hy laat vaar nie die werk van sy hande nie, maar bevestig dit!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4634 gaste aanlyn