NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In Matthéüs 11:20-24 waarsku die Here Jesus dat mense wat Hom nie as Verlosser aangeneem nadat hulle van Hom gehoor het nie, 'n groter oordeel kan verwag in die hiernamaals as mense wat nooit van Hom gehoor het nie. Het u die voorreg gehad om Hom te leer ken? Gebruik daardie geleentheid om die ewige lewe te verkry.

MOENIE KLEINGELOWIG WEES NIE

Ds AE van den Berg

“En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?” (Mat.14:31).                                      

Wat 'n aangrypende verhaal! Een nag terwyl die dissipels vivang, kom Jesus op die water na hulle aangeloop. Hulle het hul boeglam geskrik en gedink dit was 'n spook. Toe Jesus hul gerusstel dat dit Hy was, het Petrus Hom gevra of hy op die water na Hom toe kon kom? “En Hy sê: Kom!...” (:29). Daarop het hy uit die skuit na Jesus geloop; 'n wonderbeskikking!

Mat.14 leer ons hoe ware geloof lyk, iets wat ons almal meer van wil hê om ook die storms van ons eie lewe te trotseer. God help ons en gee in die Bybel die nodige lig om enduit met Hom te wandel. Die besonderhede van die verhaal leer ons dat geloof selfs op water kan loop.

In Petrus se wonder-ervaring is daar 'n paar sleutelelemente wat aandag verdien. (i) Die eerste daarvan is dat Petrus gevra het. Hy vra dat Jesus hom moet roep. Daarna het hy op Jesus se antwoord gewag en gehoorsaam daaraan uit die skuit geklim en op die water na Hom toe gestap.

Waarom het Jesus vir Petrus geroep om na Hom te kom terwyl daar ook ander dissipels in die skuit was, insluitende Johannes, Sy lieflingdissipel? Waarom juis vir Petrus? Omdat hy gevra het. Mat.14 verstrek gee geen ander rede as dat Petrus gevra het nie. Gelowiges moet God vra: “Bid, en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word” (Mat.7:7).

In Mat.15 verkry 'n Kanaänitiese vrou antwoord op haar gebede nadat sy aanhoudend gevra het. In Luk.18 het die weduwee se aanhoudende vra die onregverdige regter op haar versoek laat reageer en toegestaan.   En dis wat die Bybel ons leer – gelowiges volhard in gebed.  

Petrus het gevra; die ander dissipels nie. Daarom het Jesus hulle nie na Hom genooi nie. Dit bring ons by die kern-element van geloof – kinders van God moet vra!   Ons moenie bang wees om te vra nie. Hy sal op sy tyd antwoord. Miskien nie met die antwoord wat ons sou wou hê nie, maar Hy antwoord.   Geloof wat op water loop, is geloof wat aanhou vra.        

Dit bring ons by die tweede kern-element van geloof. (ii) God se wil. Wat vra Petrus? Jesus se woord/wil. “Here, as dit u is...” (:28). Hy soek God se wil voordat hy uit die skuit klim.   En dis wat geloof doen; dit soek God se wil. Geloof is nie 'n instrument waarmee 'n agenda bevorder word nie. Geloof wat op water loop, soek God se wil en nie dié van 'n mens nie.  

(iii) Die derde kern-element van geloof is om op God te wag. Petrus spring nie onmiddellik uit die skuit nie, maar wag op Jesus. Geloof wat op die water loop, wag op die Here totdat Hy antwoord. Die mens hou van opwinding en om geloofspronge te maak. Die wag-aspek ontbreek dikwels. Petrus klim nie uit die skuit voordat hy van Jesus gehoor het nie.   En dis waar baie gelowiges hulle rieme in die geloofslewe vasloop. Hulle spring sonder om op God se antwoord te wag en beland dan in die moeilikheid!

By geleentheid het Satan Jesus probeer versoek om 'n verkeerde geloofsprong te maak. Hy neem Hom bo-op die dak van die tempel en daag Hom uit om te spring omdat Ps.91 sê dat God gelowiges beskerm. Jesus het hom met Deut. 6:16 geantwoord – God mag nie versoek word nie. Jy mag jouself nooit in 'n situasie plaas, dat Hy jou moet kom red net om Homself te bewys nie. Dis wat op Golgota gebeur het toe een van die misdadigers Jesus uitgedaag het om Homself en hulle te verlos.  

Gelowiges durf nooit op grond van Bybeltekste waaghalsig raak nie. Dit lei altyd tot ontnugtering.   Ons moet altyd op die hele raadsbestel van God let en Jesus se voorbeeld volg. Hy het na die hele Skrif gekyk en nooit 'n besluit op grond van een enkele teks gemaak nie. Petrus doen die regte ding; hy wag op Jesus. Geloof wat op water stap, wag op die Here totdat Hy antwoord. 'n Vierde geloofselement in Mat.14 is vertroue. Toe Jesus vir Petrus sê om te kom, het hy dadelik uitgeklim en nie toegelaat dat vrees vir verdrinking hom keer nie.

Ware geloof word altyd aan volle vertroue in God gekenmerk en ongeloof aan wantroue. Petrus het al sy vertroue in Jesus se woord geplaas en nie in sy eie vermoë om te kon oorleef indien iets sou skeefloop nie. Jesus het ook nie van Petrus verwag om iets van sy kant te doen nie. Hy sou sorg dat Petrus by Hom uitkom. Jesus sou alles doen. “.... want sonder My kan julle niks doen nie” (Joh15:5). Petrus se vertroue was geheel en al op Jesus se woord gerig en nie op eie vermoë nie.

Vertroue in God stel ons in staat om enigiets te kan doen wat God van ons vra. Petrus het geen natuurlike aanleg gehad het om op water te loop nie. Nogtans het Hy dit vermag.   Ja, God dompel ons soms in situasies buite ons natuurlike vermoë om ons geloof te toets. Al wat Hy vra, is gehoorsaamheid en vertroue.   Baie gelowiges het hul al uitgebrand deur hul met dinge besig te hou wat God hul nooit beveel het nie. En dan is hulle teleurgesteld in Hom. Maar Hy het hulle dan geen opdrag daarvoor gegee nie!

Toe Petrus in die skuit was, was daar geen sigbare pad na Jesus toe nie. Die les wat ons hieruit leer, is dat God vir ons die nodige pad maak namate ons na Hom toe beweeg. Toe Petrus uit die skuit klim, het God die water onder sy voete hard gemaak. Hy het op bevel van Jesus uitgeklim en 100% geglo dat hy Hom sou bereik. Geloof wat op water loop, vertrou op God alleen en nie op vermoëns nie.

(v) 'n Vyfde geloofselement is geloofsywer. Toe Jesus Petrus roep, het hy nie getalm nie. Hy het Jesus nie vir waarborge gevra nie. Dit was ook nie vir die ander dissipels nodig om hom oorboord te stoot nie. Hy was gehoorsaam en het uitgeklim. Ja, geloof wat op water kan loop, is 'n ywer-geloof, slaggereed om te doen wat Jesus ook al vra.

Opgesom: Petrus het die vyf kern-elemente van ware geloof gehad (i) Hy het gevra (ii) Hy het God se wil gesoek (iii) Hy het gewag totdat die Here antwoord (iv) Hy het op Jesus vertrou (v) Hy het geloofsywer gehad.

As die verhaal hier geëindig het, sou 'n dawerende applous vanuit die skuit opgeklink het. Bravo, broeder, bravo! Ongelukkig eindig die verhaal nie hier nie. Petrus het goed begin. Toe hy op pad na Jesus die oog van Jesus wegneem en gevaartekens bemerk, het hy begin sink. Toe doen hy die regte ding – hy het na Jesus geroep en is gered: “En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?” (teks).  

Baie gelowiges het al in die geloof uit die skuit geklim en spoedig begin sink weens 'n gebrek aan geloof of 'n sonde wat begaan is. As hulle dan die hande na Jesus uitsteek, red en versterk Hy hulle geloof.

In Mat.14 het Jesus nie vir Petrus opgetel en na die skuit terug gedra nie. Petrus het sy ongeloof bely waarna die water onder hom weer hard geword het. Om op die geloofswater te kan loop, moet hierdie vyf geloofselemente ook in ons lewe teenwoordig wees – ons moet vra, God se wil soek, wag totdat Hy antwoord, Hom 100% vertrou en geloofsywer aan die dag lê.

Dis die geloof wat vrede in harte bring, 'n vrede wat ons nie net help om die storms van die lewe te kan trotseer nie, maar ook verseker dat Jesus ons sal optel wanneer ons moed ons begewe en ons in die lewe begin sink.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1434 gaste aanlyn