NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie almal skuld het is nie belangrik nie – voor God is ons immers almal skuldig. En versoening tussen mense is nie afhanklik van skuldbelydenis of vergifnis nie. Ons moet in die eerste plek met Christus versoen word, dan sal die vrede met ons naaste vanself herstel.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (5)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

PROFETE OF DWAALLERAARS?

"Maar hy wat profeteer, spreek tot mense woorde van stigting en troos en bemoediging” (1 Kor.14:3).

Daar is baie dinge wat my van die charismatiese beweging hinder.  Die hinderlikste van almal is die roekelose wyse waarop hulle twyfelagtige profesieë vir die waarheid aansien.   Duisende liggelowiges glo dat dit ‘n vars openbaring is wat God deur laaste dag-profete aan die kerk gee.   Pastore verwag van gemeentes om daarop te reageer asof dit die Woord van God is.  En as jy hulle op hul dwaling wys, word jy as ‘n werktuig van die Satan gesien wat die eindtyd-profete teenstaan!

John White, ‘n Amerikaanse charismatiese leier, skryf die Satan vrees die woorde wat vars van God se lippe kom.   Daarom laat hy geskille ontstaan om die eindtyd-profete wat met die Heilige Gees aan die brand is, stil te maak.   White sien diè kritici as die valse profete waarteen Jesus waarsku en vir hom lê die onderskeiding tussen ware en valse profete daarin dat ware profete nog altyd ongewild was.

Dis seker die slegste denkbare maatstaf om aan te lê!  Diegene wat die waarheid praat, is inderdaad nie altyd baie gewild nie.  Maar om van ongewildheid ‘n toets vir geloofwaardigheid te maak, is verregaande!   Beide Johannes die Doper en ons Here Jesus het deur fases in hul bediening gegaan waarin hulle baie gewild was.  Dink maar net aan die duisende mense wat Jesus feitlik oral gevolg het.

Die enigste toets van ‘n ware profeet is die betroubaarheid van sy profesie: “...Hoe sal ons die woord weet wat die Here nie gespreek het nie?  As die profeet in die Naam van die Here spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie... dan is dit die woord wat die Here nie gespreek het nie....” (Deut.18:21,22).  Die straf vir ‘n valse profeet was die dood: “Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie... diè profeet moet sterwe” (vers 20).

Die charismate weet skynbaar nie wat die Skrif oor geïnspireerde profesie sê nie.  Die Nuwe Testamentiese gawe van profesie het uitsluitlik met Skrifverklaring te doen gehad en nie met openbaring nie.  Let op die teksvers (lees).  Hy is nie ‘n bron van voortgaande openbaring of toekomsvoorspelling soos die charismate glo nie, maar ‘n prediker wat reeds onthulde waarheid van God se Woord vir mense duidelik maak.  Daar was wel ‘n era waar profesie ook onthullend was.  Dit was egter enig aan die apostoliese era.  Ná die dood van die apostels is die gawe van profesie uitsluitlik gesagvolle Skrifverduideliking en geestelike leiding.

Charismate wat van elke pastoor ‘n instrument van nuwe goddelike openbaring wil maak, doen die Skrif onreg aan en maak dit wat heilig is, goedkoop.  Daarmee word die hekke vir dwaallering, verwarring, foute en chaos wawyd oopgemaak!

Onthullende profesie was nooit die profeet se eie mening of bespiegeling nie, maar ‘n woord van God.  “terwyl julle veral dit moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie” (2 Pet 1:20).  ‘n Profeet moes net sê: “So sê die Here”  Hy was die mondstuk van God en was aanspreeklik vir dit wat hy geprofeteer het.  Hy kon doodgemaak word indien hy gelieg het!

In Pred.1:10 lees ons: “Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut?  Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het” Hoe waar is dit nie ook van die charismatiese beweging nie.  Dis in werklikheid niks nuut nie.  Montanisme was strenggesproke die eerste charismatiese beweging in die Christelike kerk.  Dit het by ‘n sekere Montanus ontstaan, ‘n magsbehepte dwaalleraar wat in die tweede eeu nC in Frigië as ‘n selfaangestelde profeet opgetree het.  Hy het geglo dat hy deur die Heilige Gees geïnspireer was en duisende aanhangers gewerf.

Montanus was in werklikheid besete en het gereeld in beswymings gegaan.  Dan het hy brabbeltaal gepraat en op on-Bybelse wyse geprofeteer.  Alhoewel die kerk hom vermaan en later uitgeban het, het hy duisende mense meegevoer wat self geglo het dat hulle deur die Heilige Gees geïnspireer is en die gawe van profesie gehad het.

Montanus het geglo dat hy nuwe openbaringe van God ontvang het waarmee die Bybel aangevul moes word.   Hy het baie kritiek teen die kerk van destyds gehad en gesê dat sy volgelinge meer geestelik was omdat hulle die werking van die Heilige Gees gehad het terwyl die kerk slegs die dooie woord van die Bybel gehad het!

Dit het die kerk genoop om mense ernstig teen Montanisme te waarsku.  Augustinus was een van die voorste skrywers daarteen.  Die Sinode van Konstantinopel het Montanisme later as ‘n stuk heidendom veroordeel.  Die moderne charismatiese beweging is in baie opsigte die geestelike erfgenaam van Montanisme en niks anders as neo-Montanisme nie.

Kom ons let vervolgens op die ooreenkoms tussen die charismatiese beweging se siening oor Goddelike openbaring en dit wat die Roomse Kerk tradisie noem.  Hulle glo dat soos wat ‘n dam wat vol is, oorvloei, tradisie die oorvloei van die Bybel oor die wal van die Heilige Skrif is.  Water wat oorvloei is presies dieselfde water as wat in die dam is.  Gevolglik eindig die Bybel nooit vir die Roomse Kerk nie.  Die moontlikheid bestaan dat iets wat net so gesaghebbend as die Bybel is nog bygevoeg kan word.  Daarom word die pous se ex cathedra uitsprake as onfeilbaar beskou.  Hy kan as pastoor en leermeester van alle Christene nuwe dinge van God ontvang wat bekend gemaak moet word.

Sodra ‘n kerk bykomende openbarings begin aanvaar, is daar geen keer aan die flaters wat hulle maak nie.  Daarmee word die hek vir alles oopgemaak om in te stroom.

Dink maar net aan Roomse dwaalleringe soos die boetedoening, die leer oor die vagevuur, pouslike onfeilbaarheid en gebede aan dooies.  Al hierdie afskuwelikhede word met dieselfde eerbied as die Bybel beskou!     \

Dwaalleer ontstaan daar waar mense glo dat iemand toegang tot nuwe openbaring het.  Dan word die Reformatoriese beginsel van Sola Scriptura (die Skrif alleen) versaak.  Mense begin na iets meer as die Bybel te soek.  En dis gevaarlik omdat die Satan gretig is om hulle daardie iets meer te gee!

Die pad na nuwe openbaring is slegte paaie - vol slaggate, ompaaie en doodloopstrate.  Al hierdie paaie begin met klein afdraaipaadjies.   Mense wat eers op die regte spoor was en toe deur ander weggerangeer is.  Dis soos ‘n klein krakie in ‘n windskerm wat kort voor lank ‘n onooglike kraak word.  Dit begin klein.  Die klein jakkalsies wat die wingerd verniel!

In 1 Kor.14:40 lees ons: “Laat alles ordelik en welvoeglik toegaan”  God is ‘n God van orde en nie van wanorde nie.  Dit geld spesifiek vir die godsdiens, iets wat nie in charismatiese byeenkomste gebeur nie.  Elkeen sê, doen en leer wat die week se sg. profesie ook al opgelewer het.  Verantwoordelike Bybelstudie word opsygestoot om persoonlike openbarings aan te hoor.  Dit het ‘n geheimsinnige vorm van godsdiens laat ontwikkel wat gewoonlik bitter Bybelse inhoud om die lyf het.

Die soeke na buite Bybelse geestelike verryking neem onrusbarend toe.  Stap gerus deur ‘n geestelike en kyk ‘n bietjie wat op die rakke is.  Die meerderheid van die boeke gaan oor gevoelens en ervarings; baie meer as oor Bybelstudie, gesonde lering of verantwoordelike teologie.   Baie mense gee deesdae werklik nie om wat die Skrif sê nie, solank hulle kerk en/of pastoor hulle goed laat voel!  Hulle soek net na daardie spesiale ietsie en niks meer nie.

Charismate het bewustelik van die vaste fondament van die Skrif, wat die kern van die geloofslewe is, na twyfelagtige dinge op die buiterante beweeg.  Bly asb. ver weg van ‘n teologie wat aan ervaring dieselfde waarde as die Bybel heg.  Dis uiteraard nie Protestants nie, maar Rooms van oorsprong!

Charismate maak in werklikheid die uniekheid van die Bybel verdag.  Iemand wat God werklik liefhet, doen dit nie!   Die Bybel het nie ‘n plaasvervanger nie.  Niemand kan uit dwaalleraars se leë, selfvervaardigde profesieë of verbeeldingsvlugte enige geestelike krag put nie. Wie buite die Bybel na ‘n ietsie meer soek, sal wel iets vind, maar dit sal nie van God kom nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2894 gaste aanlyn