NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In ons land bid baie van ons vir beskerming teen die goddelose mense wat ons wil vermink, verkrag en vernietig. Misdaad word deur die goddelose owerheid aangehelp. Die opskrif van Ps 140 is "Gebed vir beskerming teen goddelose mense". Dawid  het vir die HERE gevra: "Red my HERE, van die kwaaddoeners... wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek... bewaar my HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot" . In dieselfde Psalm toon Dawid ook sy geloof: "Ek weet dat die HERE die regsaak van die behoeftiges sal behartig." Ons mag ook glo dat God ons volk van uitwissing sal red.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (13)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

GEESTESGAWES IN DIE VROEë KERK (2)

“Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus (Hand.8:15,16).

Hand 8 is nog ‘n Skrifgedeelte wat die charismate as bewysplaas vir hul leer oor die doop met die Heilige Gees gebruik; eers bekering, dan die doop met die Gees.  Hulle verstaan Hand.8 egter verkeerd.   Dis net soos hoofstuk 2 ‘n uitsonderlike geval wat nie normatief vir die Christelike kerk is nie.  God het ‘n doel met die gebeure in Samaria gehad.  Die Samaritane moes net soos die Jode in Jerusalem ook aan die Heilige Gees bekend gestel word omdat die saligheid aan almal beloof is.

Die Jode en die Samaritane was van meet af aan vyande en het geen gemene sake met mekaar gehad nie.  Toe die Samaritane die Evangelie van verlossing uit die mond van Jesus verneem, het talle van hulle bekeer en is in die Naam van Jesus gedoop.  Maar hoe nou met die kerk?   Sou die vyandskap skeiding in die kerk bring?   Hulle kon ‘n eie Christen groep gevorm het en die volkvyandigheid voortsit.  Daarom het God die bekendstelling aan die Heilige Gees van hulle weerhou totdat die Joodse apostels by hulle gekom en met hulle gepraat het.

Die Christelike kerk durf geen vyandige volkskeidingslyn volg nie, slegs ‘n volkere verskeidenheid vertoon.   Jesus sê immers in Joh.10:16:”Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie.  Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder”. Dis soos ‘n groot familie wat nie almal in dieselfde huis bly nie.

Enersyds was dit belangrik dat die Samaritane die krag en die gesag van die apostels verstaan en eerbiedig het.  Hulle was immers die kanale waardeur die goddelike waarheid na hulle gevloei het.  Andersyds was dit belangrik dat die Jode moes weet dat gelowige Samaritane deel van die kerk van Christus was.  Daarom het daar wel ‘n verposing tussen hulle bekering en ontvangs van die Heilige Gees voorgekom.  Dit was uiteraard ‘n oorgangsperiode in die vroeë kerk.

Samaritane wat heeltemal van die Joodse kerk geskei was, het nou deel van die Christelike kerk geword omdat hulle dieselfde Verlosser aanbid het.  Gevolglik was die kerk was nie meer in Jerusalem onder Joodse Christene alleen nie, maar oral waar die Evangelie vrugbare grond gevind het.   Deur die Heilige Gees aan Samaritane te gee, het God getoon dat die Joodse Christene nie God se witbroodjies was nie.

Hand.8 was ‘n verlenging van dit wat in Hand.2 gebeur het en derhalwe nie normatief vir die kerk van alle eeue nie.  God het die apostels getoon dat die kerk geen nasionale grense gehad het nie en dat geen volk te sondig is om Jesus as Verlosser te hê nie.

Lukas skryf in Hand.10 van die bekering van Cornelius, ‘n Romeinse offisier.  Die Jode was ook nie lief vir die Romeine nie.   Na die gesig wat Petrus van die laken uit die hemel met die rein en onrein diere ontvang het, wou Cornelius hom oor die geloof sien.  Petrus het sy Joodse vooroordeel gesluk en met die boodskappers na Cornelius in Caesarea gegaan waar Cornelius en die aanwesiges tot bekering gekom het. “En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene gestort is.  Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak....” (Hand.10:45,46).

Ek wil twee opmerkings maak.  Eerstens was daar geen verposing tussen Cornelius se bekering en sy vervulling met die Heilige Gees nie.  Tweedens het hulle in ander tale gepraat om aan Jode te toon dat die Gees, soos by die Jode, ook na heidennasies gekom het.  Die oorgang van die ou na die nuwe verbond is baie duidelik hier te sien.

Hand.10 is demonstratief sowel as normatief.  Normatief, dat die bekering en die vervulling met die Heilige Gees terselfdertyd geskied.   Demonstratief, dat hulle in tale gespreek het.   Cornelius het beslis geweet wat op Pinksterdag in die tempel gebeur het.   Met sy bekering het God kom toon dat dieselfde God wat altyd as uitsluitlik Joodse eiendom gereken is, ook die God van nie-Jode was, want hulle het iets van dit wat op Pinksterdag in Jerusalem gebeur het, self ervaar!

In Hand.19 vertel Lukas van Paulus wat in Efese aangekom het waar hy onkundige gelowiges aangetref het wie se kennis van die Christendom tot die werk van Johannes die Doper beperk was.  Hulle was glad nie met Jesus se verlossingswerk vertroud nie.  Toe Paulus die evangelie aan hulle verkondig het, het hulle tot bekering gekom en is met die Heilige Gees vervul en in tale gepraat.

Hierdie mense het beslis nie bewustelik na die Heilige Gees in hul lewe gesoek nie.  “Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie” (:2)   Hulle het basies niks van Christus geweet nie!  Jesus het mos baie oor die Heilige Gees gepraat en beloof dat Hy sou kom.  Hulle was hoogstens dissipels van Johannes die Doper wat maar ‘n baie kort bediening gehad het.   Daarbenewens was hierdie mense in Efese en het min van die nuwe bedeling geweet.  Hulle moes met die Heilige Gees vertroud raak.  En dis presies wat daardie dag in Efese gebeur het.  Nadat Paulus met hulle oor Jesus gepraat het, is hulle gedoop en met die Heilige Gees vervul.  Hulle was nou, soos die gelowiges in Jerusalem, Samaria en Caesarea deel van die kerk van Christus – Jode, Samaritane, Romeine; almal een groot familie, sonder om in dieselfde huis te bly!

Hierdie gebeure was nooit bedoel om ‘n patroon vir die kerk in sy geheel te wees nie.  Dit was ‘n  eenmalige gebeure onder ‘n beperkte aantal mense.  Wie die vervulling met die Heilige Gees na die bekering as ‘n tweede seën met die spreek in tale plaas,

Dwing die boek Handelinge deur ‘n teologiese meule!  Die gebeure in Handelinge rugsteun geensins die charismatiese dwaling nie!

Die groot fout wat charismate maak, is om die klem op die apostels se ervarings te plaas en nie hulle verkondiging nie.  Ervaar eerder wat hulle geleer het.  Moenie leer wat hulle ervaar het nie!   Handelinge is die verhaal van die apostels se ervarings en is nie normatief nie.  Die briewe vertel van hulle lering en dis wel normatief.

Handelinge vertel van die begin van ‘n nuwe tydperk in die geskiedenis – die era van die kerk en die Heilige Gees.  Die werking van laasgenoemde word herhaaldelik in die NT briewe onder lesers se aandag gebring.  Nie in een van hierdie briewe maak van ‘n  tweede seën melding nie.  Dit is dus ‘n leuen en onbeskaamde dwaalleer!

Lukas skryf in Hand.8 van Simon die towenaar wat na bonatuurlike krag gesoek het.  Toe hy die geheim van die apostels se wondertekens wou koop, het Petrus hom sterk berispe.  Baie gelowiges streef ook na krag; krag om te getuig, krag om dissipels te maak en krag om mense met die Evangelie te bereik.   Dis as sulks nie verkeerd nie.  Sommige soek dit egter vir die verkeerde redes - vir selfsugtige redes om soos Simon die towenaar gesien en vereer te word.   Charismate is altyd op soek na iets meer.  Enigiets opwindend wat die aandag op hul voortreflikheid kan vestig.  Die eie ek!

Die gees van Simon die towenaar leef in talle charismatiese kerke voort – ‘n dors na iets meer, groter en kragtiger   Met hul menslike inspanning soek hulle na iets wat alreeds gegee is en klee hierdie dwaasheid in ‘n skouspelagtige godsdienstige gewaad.  God roep ons nie om bonatuurlike tekens en wonders te soek nie, maar om Jesus te leer ken; om geestelike gemeenskap te ervaar en ons ten volle met sy lyding en sterwe te vereenselwig (Heb.13:13).

Die dwaling oor die doop met die Heilige Gees staan sentraal en kenmerk dus alle charismatiese kerke.  In 1 Kor.12:13 skryf Paulus dat die doop met die Heilige Gees ‘n integrale deel van elke gelowige se bekering is: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam...” Dit verbind alle gelowiges tot ‘n geestelike eenheid met Christus wat die liggaam van Christus genoem word.    Dis ‘n feit en nie ‘n gevoel soos wat die charismate voorhou nie.   Daarbenewens doop die Heilige Gees doop ons nie.  Christus wel.  En Hy doop ons in die Gees.

As charismate konsekwent wil wees, moet hulle n.a.v. Rom. 8:9 leer dat die bekering niemand red nie, slegs die doop met die Heilige Gees. “Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, diè behoort nie aan Hom nie”.  Hierdie teks sê dat slegs hulle wat die Gees van God ontvang (met die Gees gedoop is in charismatiese taal), aan Jesus behoort.  As jy dus tot bekering kom, maar nog nie die doop met die Gees het nie, maak jy nie deel van sy Liggaam uit nie.   Dis liederlike dwaling!  Hoe kan ek bekeer wees, maar nie deel van die liggaam van Christus uitmaak nie?  Alhoewel charismate dit nie prontuit sê nie, kan ‘n mens tog geen ander logiese gevolgtrekking kom as dat hulle die bekering minder belangrik as die doop met die Gees ag nie.  Daarmee keer hulle die ganse heilsorde om!

Waar begin die mens se pad van saligheid?  Of om dit anders te stel: Hoe kom ‘n mens in die hemel?  Dit begin by die Heilige Gees wat ons tot die bekering in Jesus Christus roep.   Die pad begin dus by die Heilige Gees en eindig by Jesus.  Dis wat God in sy Woord sê!   Wat sê die charismate?  Jy begin by Jesus en werk na die doop met die Heilige Gees wat van jou die bloudruk van geestelike voortreflikheid maak.

Hulle keer dus die orde om en maak van die beginpunt die eindpunt en van die eindpunt die beginpunt!

Gelowiges soek of beywer hul nie vir die doop met die Heilige Gees nie.  Niks in Hand.2 dui daarop dat gelowiges dit gedoen het nie.  Gelowiges kan wel om die vervulling met die Heilige Gees bid.  Gelowiges het almal die Heilige Gees, maar is nie na dieselfde mate met Hom vervul nie.  Ongehoorsaamheid maak ons minder vervul en heiligmaking meer vervul.  Ons moet daarvoor bid. “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Gal.5:25).   Omdat Jesus die Heilige Gees gee, soek gelowiges nie daarna nie.  Al wat gelowiges moet doen, is om die heiligmaking na te jaag (Heb.12:14).   Dit lei altyd tot ‘n vervulling met die Heilige Gees.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2364 gaste aanlyn