NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

"Om vir ‘n vark vlerke aan te sit, maak nie van hom ‘n voël nie.  Hy is en bly ‘n  vark! "

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (17)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

DIE SPREEK IN TALE (2)

" Al haar pogings om vas te stel watter taal dit was, was tevergeefs totdat ‘n sendeling uit Nigerië haar besoek het.  Toe hy die naam wat die inboorlinge vir die Satan gebruik, noem, het sy die papier met die vreemde taal vir hom gegee om te probeer lees.  Dit was vreeslike godslastering in een van die Nigeriese dialekte! "

“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en lering van duiwels sal aanhang” (1 Tim.4:1).

Waarom spreek sekere mense na byna 1,900 jaar vandag weer in tale?   Daar is net twee moontlike verklarings hiervoor; dit het òf hervat òf dis Sataniese misleiding en derhalwe selfbedrog.  Charismate verskil van mekaar hieroor.  Een groep sê dat die gawes nooit geëindig het nie maar dat die kerk dit vir 1,900 jaar verwaarloos het.  Gedagtig daaraan dat Jesus ten hemel gevaar het vanwaar Hy sy Kerk regeer, sê hierdie mense in effek dat Hy sy werk nie goed gedoen het nie!  Hierdie standpunt plaas hulle dan ook in die tradisie van dwaalleraars soos Montanus en ander ketters.

‘n Ander groep glo weer dat die gawe van tale wel na die apostoliese era ten einde gekom het, maar aan die begin van die 20ste eeu as ‘n tweede en finale uitstorting van die Heilige Gees hervat is om gelowiges krag vir die laaste dae te gee.  Dit wat God aan die begin vir die kerk gedoen het, doen Hy aan die einde weer.  Hiervoor haal charismate Joël 2:28 aan: “En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom en julle jongelinge gesigte sien” Hulle dwaal weereens omdat hulle die Skrifte nie ken nie!   Petrus sê op Pinksterdag aan die Jode dat dit wat hulle beleef het ‘n vervulling van hierdie profesie is en haal Joël 2:28 woordeliks aan.  Wie is reg, Petrus of die charismate?

Charismate kan nie Joël 2:28 gebruik om hul tale-sprekery mee te verdedig nie.  Ironies genoeg maak Joël nie eens van tale melding nie!  Daarbenewens is daar hoegenaamd geen Bybelse bewys dat die Heilige Gees vir ‘n tweede keer uitgestort is of dat gelowiges aan die einde van die tyd wonders sal doen nie.   Die Bybel waarsku eerder dat daar net voor Jesus se wederkoms baie valse profete sal wees wat die Bybel en die waarheid gaan verdraai, asemrowende wondertekens gaan doen, demone gaan uitdryf en oortuigend profeteer MAAR NIE MET DIE KRAG VAN GOD NIE!

Waarom word die spreek in tale so hoog in charismatiese kerke aangeslaan?  Kan dit wees omdat die maklikste van al die buitengewone gawes is om na te boots?   Baie wat in tale spreek sê dat dit hulle geestelike lewe verryk het.  Is dit werklik so, of is dit selfbedrog?   Ek het baie jare gelede vir meer as ‘n jaar self in tale gespreek en dit was selfbedrog.  Toe ek dit los, het my geestelike lewe verbeter!

Is daar enige objektiewe bewys dat charismatiese kerke geestelik sterker is as kerke wat slegs aan die Bybel glo en derhalwe nie ‘n voortsetting van die buitengewone gawe van die Gees voorstaan nie?   Nee, daar is nie.  Om die waarheid te sê, moet ‘n mens sommer baie ver gaan soek om ‘n charismatiese kerk te kry waar geestelike groei en Skrifkennis werklik die fokuspunt is.  Eerder subjektiewe ervarings.

Indien die charismatiese kerke nie beter gelowiges oplewer nie, watter vrugte dra hulle dan?   “Maar pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken...” (Mt.7:15,16).  Charismate vertel net hoe die spreek in tale hulle laat voel en nie hoe dit hulle beter vrug laat dra nie.  God het nie aan die apostels die spreek in tale gegee om hulle beter te laat voel nie, maar as ‘n getuienis teenoor ongelowige Jode.

Ek weet van geen geval waar charismate wat in tale gespreek het, bestaande tale gepraat het nie.   Dit wat vandag in charismatiese kringe beoefen word, is nie dieselfde as wat in die apostoliese era voorgekom het nie.  Watter tale word dan gespreek?  Daar is etlike moontlikhede.  Dit kan Satanies wees.   Onthou, die Satan sit agter elke vals godsdiens en spesialiseer in die vervalsing van die waarheid.  “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulle verander in apostels van Christus.  En geen wonder nie!  Want die Satan verander homself in ‘n engel van die lig.  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie....” (2 Kor.11:13-15).

Mense en kerke wat nie by die waarheid van God se Woord hou nie, val die Satan ten prooi.  Let op die teksvers.  Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en lering van duiwels sal aanhang”   Wanneer raak mense afvallig?  Wanneer hulle die waarheid opsy skuif en leuens begin glo; leuens wat met baie Bybelteks versier word!  Die wêreld is in die mag van die vors van die duisternis.  Dis donker.  Die Bybel is ons enigste lig. ”U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad” (Ps.119:105).  Wie die Bybel nie ken nie, gaan soos ‘n reisiger in die donker vir seker struikel en val!

Ekstatiese taal kom algemeen onder afgodsdienste voor.  Daar is aangetekende gevalle van besetenes in Oos-Afrika wat sonder enige voorkennis in bestaande tale gepraat het!   Ekstatiese taal kom baie onder voorvadergees-aanbidders, Hindoes en Boeddiste voor.  So ook onder diegene wat met duiwelkunste omgaan.  Die gevaar van Sataniese invloed is dus ‘n baie sterk moontlikheid in charismatiese kringe.

Dr. Kurt Koch skryf van ‘n Britse vrou wat aan ‘n charismatiese kerk behoort het.  Elke Sondag het ‘n vrou voor haar opgespring en in tale gepraat.  Toe dit later herhalend begin klink het, het sy ‘n bandopname daarvan gemaak en tuis foneties neergeskryf.  Al haar pogings om vas te stel watter taal dit was, was tevergeefs totdat ‘n sendeling uit Nigerië haar besoek het.  Toe hy die naam wat die inboorlinge vir die Satan gebruik, noem, het sy die papier met die vreemde taal vir hom gegee om te probeer lees.  Dit was vreeslike godslastering in een van die Nigeriese dialekte!

‘n Ander moontlikheid is dat tale-spreek ‘n aangeleerde vermoë is.  Charismate hou graag kampe en konferensies oor die spreek in tale waar hulle mense aanpor en as te ware wil jump start om in tale te kan praat.   Dis onskriftuurlik!   Geestesgawes is juis iets wat nie aangeleer word nie, maar van God ontvang word.    Dieselfde ding gebeur ook met profesie.  Charismate leer mekaar hoe om te profeteer.  Onskriftuurlik!

In charismatiese kringe is daar groot druk om iets te wees, aan iets te behoort en op geestelike gebied iewers in die lewe te kom.  Vandaar die begeerte om soos die ander charismate gawes te hê wat jou aan die brand kry en hou.   As jy nie soos hulle is nie, skiet jy iewers te kort.  Daarom is daar groot ontnugtering as hulle later agterkom dat dit aangeleerde vermoëns en nie werklike gawes is nie en dat hulle nog steeds met dieselfde probleme, tekortkominge en struikelblokke as voorheen opgeskeep sit.  Sulke mense val baie maklik van die geloof af weg.

‘n Laaste moontlikheid waarom mense in tale spreek, is sielkundige beïnvloeding.   Een mens kry beheer oor ‘n ander een se denke.  Dis hoe hipnose werk!  Charismate het al getuig dat wanneer hulle in tale gepraat het, hulle ‘n bietjie snaaks gevoel het, amper soos in ‘n ligte beswyming.  Skisofrene besig ook soms brabbeltaal.

Charismate is oor die algemeen baie emosionele mense.  Hulle ganse leer is op emosie ingestel.  Gevolglik verwar hulle die vurige betoog van ‘n ekstrovert met geesteskrag.   Dis tragies dat mense wat sê dat hulle God liefhet, nie die waarheid van sy Woord liefhet nie.   Dis teenstrydig!   Een ding is seker - dit wat vandag as die spreek in tale voorgehou word, is nie Bybels nie en derhalwe ‘n vervalsing!

Dit bring ons by die vraag: Waarom jaag mense dit geesdriftig na?  Waarom oortuig hulle ander om dit na te doen?   Die rede daarvoor is GEESTELIKE HONGER!  Mense hoor dat die spreek in tale ‘n bonatuurlike geestelike ervaring is en is bang dat as hulle dit nie soek en vind nie, hulle iets mis.  Hulle soek daardie iets meer op geestelike gebied.  Hulle is gretig om hulself geestelik uit te druk.   Baie van hulle het kerklik afvallig geword of woon al jare lank ‘n Calvinistiese kerk by sonder om betrokke te wees.  Gevolglik is hulle nie as meelewend en/of geestelik beskou nie.  Hulle voel uit en wil in voel; ‘n nuwe blaadjie omslaan.  Dis waar die meeste charismatiese kerke hulle slag slaan.  Hulle laat mense na iets in die lewe voel.

Charismatiese kerke bars vandag uit hul nate weens die behoefte aan ‘n alternatief vir die koue, lewelose Christendom wat sommige kerke kenmerk.  Mense soek na lewe, opwinding, warmte en liefde - hulle wil God ervaar!  Dooie ortodoksie bevredig niemand nie.

Wat moet ons doen?  Hulle maar los siende dat dit so goed klink?  Dis wat die Satan wil hê!   Nee, ons durf hulle nie los nie!   Dis liefdeloos om iemand wat in die leuen leef, maar sy gang te laat gaan net omdat dit hom goed laat voel.  Ons is verplig om te waarsku. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2336 gaste aanlyn