NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moenie vra watter sin die lewe het nie. Jy sal geen antwoord daarop kry nie. Maar wat jy moet vra is watter sin jý aan die lewe kan gee.

ROMEO EN JULIET (1)

Bernard Miles

Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans

DIT is die storie van 'n bitter twis tussen twee ryk en invloedryke families, en die leed en smart wat dit oor albei families gebring het.

Dit het meer as vyfhonderd jaar gelede gebeur in Verona 'n klein dorpie in die noorde van Italië. Die vanne van die twee families was Montague en Capulet, en die twis was so oud dat niemand meer kon onthou hoe dit begin het nie; miskien het 'n lid van die een familie iemand van die ander familie beledig, of dalk was dit net 'n skinderstorie wat begin is deur 'n buitestaander, glad nie familie van die Capulets of dieMontagues nie. En met die jare het die twis al hoe erger geword en elke geslag het dit aangehelp totdat die twee families in die openbaar en in die strate en selfs in die kerk getwis en baklei het. In daardie dae het al die jongmanne vlymskerp swaarde en dolke gedra en van kleins of geleer om dit te gebruik, en dit was gevaarlik om in die strate van Verona te stap as 'n groep ondersteuners van die familie Capulet, hul vyande, die Montagues, raakloop en tot 'n swaardgeveg uitdaag. Die Prins van Verona hetdikwel probeer vrede maak tussen die twee families, maar dit het niks gehelp nie en die getwis en bakleiery het al hoe erger geword.

Die familie Montague het'n seun gehad. Sy naam was Romeo. Hy was sewentien jaar oud, donker van kleur en mooi en saggeaard. Hy het nie die familie Capulet gehaat nie. Hy het besef dat al die getwis en bakleiery sinneloos was. Boonop was by verlief op 'n mooi jong meisie, Rosaline, en hy wou haar liefde wen en met haar trou en gelukkig en in vrede saam met haar lewe. Maar Romeo was 'n goeie swaardvegter en dit is byna seker dat hy ingesleep sou word as daar 'n geveg ontstaan tussen die ondersteuners van die familie Capulet en die jongmans wat aan die kant van die familie Montague is.

Die Prins van Verona was later so kwaad oor hierdie onnodige getwis dat hy sy raadsmanne byeengeroep en 'n nuwe wet gemaak het. Enigiemand wat weer in die straat baklei, sal ter dood veroordeel word. 'n Rukkie lank het dit goed gegaan; die bendes het uit die strate gebly en daar was vrede in die dorp  Verona.

Romeo het twee goeie vriende gehad, Benvolio en Mercutio. Benvolio was 'n Montague, maar Mercutio het aan geeneen van die twee strydende families behoort nie. Benvolio was verstandig, getrou en dapper, die soort vriend wat 'n meisie graag by jou wil hê as daar moeilikheid is. Mercutio was weer heeltemal anders. Hy was ook 'n getroue en dapper vriend maar vol sêgoed en met 'n mooi humorsin; 'n jongman wat graag met mense die gek geskeer het. Hy en Benvolio het Romeo dikwels geterg omdat Romeo op Rosaline verlief is. “Wat hetjou besiel om op Rosaline verlief te raak?”wou hul weet. “Daar is so baie meisies in Verona wat net so mooi Rosaline is en jy kan net vir hulle ogies maak en hulle kom na jou toe aangehardloop”. En dit, was heeltemal waar. Romeo was 'n mooi jongman, maar vir hom was daar net een meisie, Rosaline.

Rosaline was baie mooi,  ja, maar daar was een meisie in Verona wat nog baie mooier was, so mooi dat mense gesê het sy is die mooiste meisie in die wêreld. Sy het lang goud-rooi hare gehad en grysgroen oë en 'n lenige liggaam, en as sy glimlag was dit asof die hemele oopgaan en sonskyn die aarde kus. Haar naam was Juliet en sy was die enigste dogter van die familie Capulet. Juliet was nog jonk, pas veertien, maar sy was so verstandig in haar doen en late dat 'n mens gedink het sy is baie ouer. Sy het in haar ouers se huis gebly saam met 'n ou oppaster wat na haar gekyk het toe sy nog 'n klein babatjie was en later vir haar geselskap gehou het.

Toe Paris, 'n jong familielid van die Prins van Verona, vir Juliet se vader vra om met sy dogter te trou, het die ou man Capulet eers nie geweet wat om te sênie. Juliet was eintlik glad te jonk om te trou, maar as sy met 'n familielid van die Prins trou, kan die familie Capulet een van die vername families van Verona word, en dit is 'n kans wat 'n mens darem nie moet versmaai nie. Daarom sê die ou man Capulet vir Juliet om vriendelik te wees met Paris en hom te probeer liefkry. In daardie dae moes jong meisies doen presies soos hulle ouers wou hê. Juliet moes dus haar vader gehoorsaam wees. Paris was jonk en ryk en aantreklik, en ofskoon Juliet hom nie goed geken het nie, het sy geweet dat haar vader vir haar 'n wonderlike bruilof sal gee en dat almal sal sê hoe gelukkig sy is om die bruid van een van Verona se vername jongmans te wees.

Die ou man Capulet en sy vrou was so in hul skik toe Juliet instem om met Paris te trou dat hulle besluit het om vir hul vriende en familie 'n dansparty te gee. En Paris moet natuurlik ook daar wees sodat Juliet met hom kan dans en hom beter kan leer ken. En hulle sal die hele nag deur dans en vrolik wees en die mans sal maskers en fantasiekostuums dra sodat hulle moeilik uitgeken kan word en die meisies sal groot pret hê om te probeer raai met wie hulle gedans het.

Toe Mercutio van die dansparty hoor, daag hy Romeo en Benvolio uit om hulle te vermom sodat hulle verby die deurwagte kon glip en die dansparty van die familie Capulet kon bywoon asof hulle ook regtig uitgenooi is. Dan kan Romeo self sien dat Rosaline nie die enigste mooi meisie in Verona is nie en dit sal hom baie goed doen. Dit sal natuurlik baie gevaarlik wees vir hulle om die dansparty by te woon, want as die Capulets agterkom daar is 'n Montague, sal 'n geveg ontstaan, veral deur Juliet se neef Tybalt, wat 'n vinnige humeur en nie 'n bang haar op sy kop het nie. Hy sou smoorkwaad wees as hy moes uitvind dat twee Montagues. daarin geslaag het om by hulle dansparty in te glip. Maar dit sal groot pret wees. Rosaline sal ook daar wees en Romeo sal met haar dans en haar dalk na 'n stil plekkie in die maanverligte tuin neem. Daar sou by met haar alleen kon gesels en haar vertel hoe lief hy vir haar is.

Romeo, jonk en sterk, dink glad nie aan die gevaar nie en stem sommer dadelik in. Hy trek hom aan soos 'n reisiger wat pas teruggekom het uit die Heilige Land, van die plekke waar Jesus sy wonderwerke gedoen het: Nasaret en Jerusalem en die See van Galilea en die Olyfberg en Golgota, waar Hy gekruisig is. Hierdie reisigers is pelgrims genoem. En die mense het geglo dat as so 'n pelgrim hulle aanraak en seën, hulle ook sal deel in die heiligheid van die plekke wat by besoek het. As Romeo hom soos 'n pelgrim aantrek en sy masker opsit, sal niemand hom herken nie.

Romeo het 'n bokleed, gelap en geskeur, by 'n vriend geleen en 'n paar sandale wat so verslete was dat dit gelyk het asof by so pas na 'n lang, lang reis uit die Heilige Land teruggekom het. Met hierdie klere aan, was hy byna onherkenbaar. Net sy oëagter die masker en sy mooi sagte stem kon verraai wie hy is, sy oë en sy stem wat hy nooit kan verberg nie.

Mercutio het 'n helderkleurige tulband en grasieuse kleed in die hande gekry en hom soos 'n Indiese prins aangetrek, en Benvolio was 'n soldaat, so pas van die slagveld of terug. Hulle het almal baie goed geweet hoe gevaarlik dit is om die dansparty by te woon, maar hulle was jonk en avontuurlustig en as hulle dit regkry, sal hulle iets hê om weke lank oor te gesels. Hulle het glad nie aan die gevaar gedink nie, maar hulle was so goed vermom dat hulle maklik die deurwagte geflous het.

Die drie jongmans stap die danssaal binne. Hulle groet die gasheer en sy vrou en beweeg tussen die genooides rond net asof hulle ook daar behoort. Mercutio en Benvolio gaan aansit by die tafels wat oorlaai is met kos en drank. Maar Romeo is nie honger nie. Hy soek vir Rosaline om eerste met haar te dans. Die musikante het al hul sitplekke op die galery ingeneem en stem hul instrumente. Maar meteens sien Romeo 'n pragtige jong meisie wat met die trappe afgestap kom aan die oorkant van die saal en hy dink nie eens meer aan Rosaline nie. Want daar is Juliet, op haar mooiste, in 'n rok van glinster-silwer en groen en haar hare hang soos ryp koring golwend oor haar skouers. Sy het die middag 'n bietjie geslaap om heeltemal uit te rus en op haar mooiste te lyk. Nou is haar gesig blosend mooi en in haar oë sprankel die jeug en geluk.

Asof in 'n droom stap Romeo haar tegemoet. By die voet van die trappe neem by haar hand en sonder 'n woord lei by haar na die middel van die dansvloer waar hulle begin dans. Gou-gou was die dansvloer vol mense en Romeo en Juliet het skoon weggeraak tussen die dansende figure. Hy hou haar digby hom vas en hulle ervaar die wonderlike gevoel van saamwees wat niemand kan verduidelik nie; hulle weet net dat hulle aan mekaar behoort en dat hulle tot aan die einde van hul lewe aan mekaar sal behoort.

Eers toe Juliet se moeder haar roep om met Paris te dans, kry Romeo 'n kans om uit te vind wie die pragtige meisie is en toe eers hoor hy dat sy die dogter van die ou man Capulet is, die vyande van die familie Montague. Ook Juliet  het nie geweet met wie sy gedans het nie. Sy is betower deur sy aanraking, deur sy donker oë agter die masker en sy sagte stem wat liefdeswoorde in haar ore fluister. Maar wie is die jongman? Sal sy hom ooit weer sien?

Meteens kry sy 'n plan. Die enigste een wat haar moontlik kon help, was haar ou oppaster wat op die oomblik besig om die gaste te bedien. En terwyl sy Paris tegemoet gaan, fluister sy vir die ou vrou dat sy verlief is op die jongman met wie sy gedans het, die een wat soos 'n pelgrim aangetrelk is. Sal die ou oppaster nie asseblief uitvind wiehy is nie?  Daarna volg sy haar moeder na die oorkant van die saal waar Paris  haar staan en inwag.

Paris is 'n aangename jongman, lank en skraal en grasieus. Sy gedrag is onbesproke en hy is 'n goeie dansmaat en kan goed skerm. Maar sy blou oë is koud en kil en hy het die gewoonte om te glimlag wanneer daar eintlik niks is om te glimlag nie. Toe Juliet en haar moeder hom tegemoet kom buig hy laag en neem Juliet se hand en dans met haar tussen die gaste deur en hy twyfel nie eens daaraan dat sy vir hom lief sal wees en binnekort sy bruid sal word nie. Min weet hy dat die meisie met wie hy dans, haar hart reeds gegee het die jongman met die donker oë, die een wat soos 'n pelgrim aangetrek is.

Die oppaster kry vir Romeo waar hy alleen eenkant in danssaal staan. Hy is nog verslae oor wat met hom gebeur. Hy het hierheen gekom om met Rosaline te dans en haar te vertel hoe lief hy haar het en nou, sonder waarskuwi ng ontmoet hy die meisie wat sy gedagtes elke oomblik besig hou. Hy kon nou aan niemand anders meer dink nie — Juliet het nou sy gedagtes gevul. En Juliet is 'n Capulet en hy ‘n Montague, en die twee families is vyande. Selfs al sou hy daarin slaag om Juliet weer te sien, hoe kan hy vir haar vertel dat hy aan 'n familie behoort wat haar familie haat en wat ‘n eed geneem het om vir altyd en altyd met hulle in kwaai vriendskap te lewe?

Romeo is skaars bewus van die ou oppaster toe sy aan sy arm raak. Sy seê vir hom dat haar jong juffrou dit geniet het om met hom te dans en dat sy graag sy naam wil weet. Meteensverdwyn al Romeo se vrees en twyfel. As hy aan homself getrou wil wees, sal hy moet erken wie hy werklik is. Dit sal dalk beteken dat by Juliet nooit weer sal sien nie, maar hy het geen uitkomkans nie. Hy skraap al sy moed bymekaarfluister: “Ek is 'n Montague. My naam is Romeo”, en terselfdertyd vra hy die ou vrou baie ernstig om dit vir niemand behalwe Juliet te vertel nie. Die ou oppaster skrik eers , maar sy druk Romeo se hand gerusstellend en belowe om die geheim te bewaar. Hierna keer sy terug na die tafel waar sy weer die gaste met wyn bedien. Sy bly egter die hele tyd op die uitkyk of sy nie iewers vir Juliet gewaar tussen gedrang op die dansvloer nie, sodat sy die regte oomblik kan kies om haar die naam te vertel van die kêrel op wie sy verlief geraak het.

Toe Juliet hoor wie Romeo is, word sy yskoud sodat haarself met moeite kan bedwing. Sy is vriendelik teenoor Paris en sy lag selfs opgewek met hom  sodat hy nie haar geheim agterkom nie. Maar toe sy saam met haar ouers van die gaste afskeid neem, is haar gedagtes net by Romeo en haar oë soek na hom. Eindelik is dit sy beurt. Hy bedank haar ouers vir die gesellige aand en hy neem haar hand en soen dit, en Juliet bloos en druk haar hand styf teen sy lippe vas. En sy wens met haar hele hart dat hy later vannag na haar kamervenster sal kom sodat sy vir hom kan sê dat sy hom liefhet en bo alles in die wêreld sy vrou wil wees.

Romeo lees haar gedagtes asof sy dit vir hom hardop uitgespreek het. Hy vertrek saam met sy vriende Mercutio en Benvolio, maar buite in die maanverligte straat vra hy hulle om hom alleen te laat. Hy sou hulle weer die volgende oggend sien. Hulle lag oor sy skielike erns, sê vir hom goeienag en verdwyn in die donker. Romeo is uiteindelik alleen.

Romeo hoef nie lank te wag voordat die ligte in die onderste vertrekke uitgedoof word en die ligte in die slaapvertrekke van die familie Capulet aangesteek word nie. Die strate is stil en vol donker skaduwees. Romeo stap tot in die systraatjie wat agter die Capulets se huis verbygaan. Daar is 'n muur en 'n vrugteboord tussen hom en die huis. Meteens word 'n lig in een van die bovertrekke aangesteek en hy sien die skaduwees van Juliet en haar oppaster afgebeeld teen die gordyne in haar kamer. Dit is die venster waarna hy soek. Voel-voel stap hy langs die muur totdat hy 'n klip kry wat uitstaan. Hy trap daarop en hys homself tot bo-op die muur. Saggies spring hy af tot in die vrugteboord. Daarvandaan sluip by behoedsaam van boom tot boom tot onder die venster van die vertrek waarin Juliet is, en wag in spanning.

Eindelik gaan die deure op die balkon oop en Juliet verskyn in die maanlig. Sy roep fluisterend sy naam in die skaduwees en Romeo antwoord vanwaar hy onder die balkon staan. Dan, baie saggies en fluisterend, erken hulle hul groot liefde vir mekaar en hoe graag hulle bymekaar wil wees en dat dit hulle seermaak dat hulle families in kwaaivriendskap lewe. As hulle net kan trou, fluister hulle vir mekaar, sal die twis ook end kry en sal dit 'n seën wees dat hulle mekaar op die dansparty ontmoet het en nie een jongman hoef meer in die strate te sterf nie en almal sal Romeo en Juliet dankbaar wees.

Romeo belowe om die volgende oggend na 'n ou priester te gaan wat hy van sy kinderdae af ken en liefhet en dat hy hom sal vra om vir hom, Romeo, en Juliet, te trou. Juliet moet net vroeg 'n boodskapper stuur om te hoor wanneer sy na die kerkie moet kom waar die priester vir hulle sal wag. Juliet sê sy sal die ou oppaster om nege-uur die volgende oggend na die kerkie stuur.

Toe leun Juliet oor die balkon en strek haar hand na Romeo uit en hy strek sy hand so ver as wat hy kan na haar uit en hulle hande raak aan mekaar en hulle besef weer eens dat hulle aan mekaar behoort en hulle belowe plegtig dat hulle altyd aan mekaar getrou sal bly. Toe roep die ou oppaster vir Juliet en sê dit is tyd om bed toe te gaan. Hulle neem afskeid en Juliet glip na binne en maak saggies die deur toe. Romeo klim weer oor die muur tot in die straat en dit is asof sy hart sing terwyl hy huis toe stap en nog Juliet se stem hoor wat vir homfluister dat sy horn liefhet.

Die nag kan Romeo nie aan die slaap raak nie; hy rol om en om. Vroeg die volgende oggend gaan hy na die ou priester en sê vir hom dat hy die einste oggend nog met Juliet wil trou. Die priester probeer hom eers ompraat en sê Juliet is nog te jonk, maar toe hy sien dat hy Romeo nie kan oorreed nie, stem hy in om hulle daardie selfde oggend nog te trou.

Kort daarna kom Juliet se oppaster by die kerk aan om uit te vind wanneer Romeo Juliet daar verwag. Die ou vrou weet al te goed dat sy Juliet liewer moes omgepraat het; sy dink daaraan dat sy self jonk getroud is en 'n gelukkige huwelik gehad het. Boonop het Juliet so mooi gevra dat sy dit nie oor haar hart kon kry om die jong meisie teen te gaan nie. Toe Romeo dus vir haar sê dat die priester ingestem het om hulle daardie oggend te trou, hardloop sy opgewonde huis toe om vir Juliet te gaan sê. Sy was trots dat hulle haar in hulle vertroue geneem het.

Sodra Juliet Romeo se boodskap ontvang, sit sy haar mantel om en haas haar na die kerkie waar Romeo op haar wag. Daar omhels en soen hulle mekaar weer en weer en weer asof hulle vir mekaar wil sê, “Ek het jou lief, ek het jou lief, ek het jou lief”, sodat die ou priester hulle laggend moet herinner waarom hulle na hom toe gekom het. Hulle lag almal opgewonde en gelukkig saam en Juliet gee sommer vir die priester 'n soen en hy neem hulle na die klein altaar binne-in die kerk.

Romeo het glad nie tyd gehad om 'n trouring te koop nie, en daarom het by vroeg die oggend terwyl sy moeder nog slaap na haar kamer gegaan en 'n klein silwer trouring uit haar juweeldosie geneem. Dit was nie 'n kosbare ring nie, en sy moeder sal nie eens agterkom dat dit weg is nie, maar dit het Romeo baie gelukkig gemaak om te dink dat die dogter van die familie Capulet vandag 'n trouring van die familie Montague gaan dra. Dit sal die eerste stap wees om 'n einde te maak aan die kwaaivriendskap tussen die twee families.

Noudat Romeo en Juliet man en vrou is, gee die ou priester vir hulle 'n kruis van ebbehout met 'n Christus-beeld aan die kruis in ivoor en hulle soen dit albei en kniel op die trappies van die altaar en bid God om hulle huwelik te seën. Hulle dink nie aan die toekoms nie, en hulle weet nie wanneer of waar hulle eendag in 'n huis van hul eie sal woon nie. Hulle weet net hulle is man en vrou, en vir die oomblik is dit vir hulle genoeg. Hulle is getroud, en slegs die ou oppaster en die priester ken hulle geheim.

Terwyl hulle nog stralend van geluk by die altaar staan, sê die priester vir Juliet dat haar ouers dalk al wonder wat van haar geword het en dat sy maar liewer moet huis toe gaan voordat hulle onraad merk. Sy belowe vir Romeo om daardie aand 'n tou van haar balkon te laat afsak sodat hy na haar toe kan kom. Sy stap haastig huis toe, vol vertroue dat Romeo al hul probleme sal kan oplos. Op pad haal sy die trouring af en bêre dit in die sak van haar mantel. Miskien sal dit nog lank wees voordat sy dit openlik kan dra, maar selfs hiervoor gee sy nie om nie. Sy kan dit tog altyd om haar nek, na aan haar hart, dra. Sy en Romeo is nou man en vrou en dit is genoeg om haar wonderlik gelukkig te maak.

Romeo het stadig huis toe gestap; sy hart was vol vreugde. In een enkele dag het hy die liefste meisie ontmoet en met haar getrou en daardie aand sou hulle in mekaar se arms lê. Op die oomblik was dit vir hom genoeg.

Slot volg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2639 gaste aanlyn