NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!

LANGENHOVEN SE KOSTELIKE 'EIE' LEWENSKETS

Ons herdenk hiermee vandag die geboortedag van CJ Langenhoven, en geniet sy kostelike sin vir humor in sy penskets van homself, en al het hy gedreig om sy volledige outobiografie te vernietig sodat hy "dood kan wees as ek dood is", leef hy vandag meer as ooit voort in sy lewendige sketse van lewensgebeurtenisse - soos daar van hom gesê is, hy praat in sy skryfwerk:

Reeds is daar herhaaldelik aangekondig dat my uitvoerige eie lewensbeskrywing, waarin ek niks omtrent my deugde en die gebreke van my tydgenote sal verkort of verswyg nie, ná my dood sal verskyn. As die leser ongeduldig na die boek uitsien moet hy my tog vergewe dat ek nie in sy ongeduld kan deel nie.

Intussen leef ek nog. Maar omdat ek so 'n donkere en geheimsinnige lewe gelei het (ek glo hierdie uitdrukking is 'n anglisisme; kóm daarvan as 'n man nie 'n Dietse sap is nie) dat niemand daar iets van af weet nie (nie eens my vrou nie, dan het sy nooit ja gesê nie) word ek dag vir dag oorval met aansoeke van bloemlesingversamelaars vir besonderhede omtrent my persoonlike geskiedenis.

Ek kan nie verstaan waarom dit die lesers van daardie versamelings sou interesseer om te verneem waar ek oral rondgeswerwe het en watter brande en bankrotskappe ek geniet het nie. Wat traak die persoonlike sake van die telegraafbode jou solank as hy jou maar behoorlik die telegram aflewer? 'n Skrywer is maar 'n boodskapper; wat hy self met bewuste opset sê beteken niks. Net omdat 'n man 'n skrywer is, moet hy nou op 'n verhoogde status-paal ten toon gestel word en bôgom-bôgom skree, en sy nakende liggaam wys omdat hy sy siel ontbloot het. Ek dink ek sal daardie volledige outobiografie vernietig sodat ek kan dood wees wanneer ek dood is.

Maar die bloemlesing-skêr-en-gompot-literateurs... bloemlesings! Waar is die stingels en die blare as daardie magdom dan almal blomme is? Daar was iemand nodig om 'n uitsoek-versameling te maak van die seldsame prulwerk wat darem tog ook, by wyse van uitsondering, van tyd tot tyd verskyn. Daarom het ek hierdie boek versamel ...  maar wat ek wou sê, daardie self-nie-skrywende boekproduseerders hou aan om my te belol. Ek het nog altyd aan hulle die gegewens geweier. Ek sien nie waarom ek hulle behulpsaam moet wees by hulle werk met potte en panne – hulle eie gompotte en ander mense se harsingspanne – en by hulle gebruik om to get rich quick deur te maai waar hulle nie gesaai het nie. Maar die geneul het my onder die indruk gebring dat dit nou eenmaal so behoort dat daar iets van 'n skrywer gesê moet word by sy werk wat in 'n bloemlesing verskyn. Daarom sit ek nou hierdie sketsie in my eie bloemlesing, of liewer stingels-en-blare-lesing:

Ek is in die jaar 1963 gebore in die stad Utrecht in Holland onderwyl my vader in Japan was en my moeder in die Pêrel. (Haar naam was Pollie en haar reis daarheen word in 'n bekende volksliedjie besing). Dadelik die dag na my geboorte het die liefdadige universiteite van Holland 'n aantal eregrade aan my toegeken omdat ek die aarde ontdek het, maar ek het daardie dokterstitels deur onbruik laat verval om nie met so 'n tallose skare van gelyk-begunstigde ander Afrikaners verwar te word nie. Ek het maar altyd na onderskeiding gesoek.

As kind en jongeling was ek veelbelowend. Van gedaante, skoon; van gedrag, voorbeeldig; van aanleg, talentvol – ja, selfs geniaal; van geaardheid, lief en sag. Op betreklik vroeë leeftyd is ek skooltoe gestuur. Eers had ek 'n reeks van Engelse goewernaunties ('aunties' het ek hulle verkort genoem) en aan hulle moet die eerste fondament van my lewensgebou van gebrek aan kontinentale kultuur toegeskryf word. Maar hulle het mekaar vinnig opgevolg omdat hulle geen vordering by my kon teweegbring nie. Ek onthou nog baie van die goeie reëls uit die boekies wat ek by hulle geleer het, en ander mense wag nou nog vir die toepassing daarvan.

Nadat hy 'n paar dosyn van hulle beproef het, het my oukêrel 'n Spanjaard laat kom – dieselfde Van Donnerhellings wat vandag by Die Burger werksaam is op 'n hoë salaris en 'n hoë leeftyd. Daardie ou meester het my eendag 'n onregverdige pak slae gegee omdat ek beswaar gemaak het teen sy stelling dat 'n man se hand vrouelik is en 'n vrou se voet mannelik en albei se kinders onsydig.  'n volgende slag weer wou hy my slaan; en ek sê weer dit was onregverdig want waarvoor moes ek my tyd verbeusel om hierdie eweredigheidsprobleem op te los: As een hen twaalf eiers kan uitbroei in drie weke, hoe lank sal dit dan twaalf henne neem om drie eiers uit te broei in 'n halfuur? En toe ek hom vra of die drie eiers dan nie sal breek as 'n mens hulle plattrap en oopsprei om al die henne plek te gee om daarop te sit nie, wou hy weer aan my slaan, en toe het ek die loop geneem. Die derde slag het hy my bekruip en in 'n hoekie vasgekeer maar ek was al opgeskote en 'n plaasseun wat met grawe en kwaai jongperde geleer omgaan het; en voor ons klaar was, was dit hy wat die loop geneem het. (Weg en gaan trou, erger moeilikheid verder soekende. En daaruit Burger toe waar daar geen moeiliheid is nie.)

Toe wou ek maar weer aunties hê maar my oukêrel was van oortuiging, uit eie ervaring, dat, as 'n mens al so groot is, jy hulle nie meer so maklik kan verwissel as jy teë raak vir hulle nie. Vandag roep jy hulle en môre roep hulle jou. Toe het hy my maar Stellenbosch toe gestuur. Aanvanklik was ek 'n groot sportsman, en ek sou ongetwyfeld op daardie gebied 'n internasionale reputasie verwerf het; maar ek was op die lange duur te lui vir speel; ek wou werk. Toe het ek my dan met onbeteuelde roekelosigheid aan die najaging van die geleerdheid oorgegee, en meer bepaaldelik langs die weg van die klassieke humaniteite (as ek die be-terming reg onthou). My Griekse en Latynse hoogleraars – almal vandag emeriti en sommige dood, wat ek hoop op dieselfde neerkom – kan tot nou toe nog nie genoeg praat van die wonderbare oorspronklikheid wat ek in daardie ou tale aan die dag gelê het by die spelling, woordkeuses en sinsbou nie. Daar was geeneen van hulle wat my Latyn en Grieks kon verstaan nie – net so min as ek hulle s'n. Vol anglisismes.

So het ek dan tot die ontdekking gekom dat die letterkunde eintlik my aanleg en my roeping is. Maar ongelukkig kon ek nie dadelik daarmee aangaan nie. Vereers sou dit my 'n geruime tydjie neem om te vergeet wat ek vooraf geleer gehad het, ten einde plek te maak vir 'n mate van herstel van my aangebore gesonde verstand. Ten tweede was daar destyds nog nie te dink aan die opbou van ons eie Afrikaanse literatuur, want die Groot Trek na Europa had nog nie plaasgevind om ons van die nodige afbrekers te voorsien nie.

Maar langsamerhand is hierdie leemtes aangevul, en ek het begin om as skrywer op te tree, en daarmee soveel algemene belangstelling verwek dat die publiek nuuskierig geword het om te verneem hoe dit dan moontlik is vir 'n Hollander-skrywer om so keurig te wees in sy gebruik van anglisismes, vir 'n klassikus om so baie van sy eie gedagtes neer te skryf in plaas van dooie mense s'n aan te haal, en vir 'n geleerde om soveel blyk te gee van intelligensie.

Maar om nou ten slotte ernstig te wees; 'n hoë ouderdom sal ek nie bereik nie; hoe spoedig 'n mens by jou bestemming aanland, hang nie net af van hoe lank die pad was nie maar hoe vinnig jy gereis het. (En Langenhoven het maar 59 jaar oud geword).
Ek het nie alleen vinnig geleef nie maar baie lewenstye se aandoenings en ervarings in my een lewe saamgepak. Ek het meer as my regmatige beurt gehad, oneindig minder as my verdiende deel van leed, oneindig meer as my verdiende deel van geluk. By doen en by nalaat was ek en bly ek 'n sondaar, God alleen weet hoe groot, maar onreg en bedrog en valsheid, hetsy in my omgang teenoor my ewenaaste hetsy in my beroep of in my politiek, was nooit my gebruiklike ondeug nie. Uit my skrywe het ek, tot die uiterste van lig, kwaad en vuiligheid, en alle suggestie daartoe weggehou; en behalwe by klaarblyklike klugjokkery en gekskeerdery kan ek my nie beskuldig dat ek my ooit, hoe verkeerd ek ook deur onbewuste dwaling mag gewees het, opsetlik gesê het wat nie volgens my oortuiging die waarheid was nie. En vir die res sien ek nie in wie geregtig is op besonderhede omtrent my lewensloop nie. Omdat ek probeer het om te dien moet ek gestraf word met inkwisisies buitekant die grense van my diens! My werke is daar; nader as dit aan die wesentlike Langenhoven sal geen biografie ooit kom nie.

Op Gray se grafsteen staan uitgebeitel die Epitaaf wat hy self aan die einde van sy Elegy geskryf het. As daar ooit vir my 'n grafsteen opgerig word – ek hoop hy sal klein en eenvoudig wees; 'n weelderige monument is net 'n titel, òf oorbodig òf onverdiend – dan begeer ek dat die een laaste versie van my vertaling van die Epitaaf  ook my grafskrif mag wees:

Soek nie om sy verdienstes ná te gaan,
Sy swakhede te delf uit hierdie grot,
(Albei rus daar waar vrees met hoop bestaan)
Die boesem van sy Vader en sy God.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2719 gaste aanlyn