NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In Matthéüs 11:20-24 waarsku die Here Jesus dat mense wat Hom nie as Verlosser aangeneem nadat hulle van Hom gehoor het nie, 'n groter oordeel kan verwag in die hiernamaals as mense wat nooit van Hom gehoor het nie. Het u die voorreg gehad om Hom te leer ken? Gebruik daardie geleentheid om die ewige lewe te verkry.

DIE TAALSTRYD NÁ 1902

DIE WONDER VAN AFRIKAANS (2)

Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans

PROF. DR. G. S. NIENABER

Ná die Vrede van Vereeniging het daar 'n toestand van volslae verwarring en van moedeloosheid onder die Afrikaners geheers. Die ondergang van die enigste twee nog oorblywende Republieke het die einde van die selfstandigheid van die Boerevolk beteken. Die selfbeskikkingsreg was daarmee heen en die eie lewensvorm is in sy ontwikkelingsgang grootliks versteur.

Tog was alles nie verlore nie. "Ten spyte van die vernedering het die heldhaftige weerstand van 'n klein volkie gedurende drie jaar ook 'n bron van besieling gebly; met sy krygsaksie het hy 'n peil gehandhaaf wat nie vernederend was nie."

Die oorwinnaars het in die Vredestraktaat bepalings neergelê wat aantoon dat hulle waardering vir die karaktereienskappe van die oorwonnene nie kon weerhou nie.

'n Onvoorsiene winspos was dat die oorlog die Boerevolk, ook buite die Republieke, een gemaak het soos nog nooit vantevore nie. Daar was 'n onsigbare unie voordat daar 'n staatkundige Unie tot stand gekom het.

Die voorwaardes vir 'n herrysenis was aanwesig. By die besef van noodlotsverbondenheid moet die feit gevoeg word dat na die oorlog die gesinslewe, die godsdiensvryheid, die regstelsel en die privaatbesit onaangetas gelaat is, en betreklik spoedig is ook politieke regte verleen.

Nogtans het die herrysenis nie so maklik tot stand gekom nie. Daar was groot armoede na die oorlogsweë en die algemene peil van verstandelike ontwikkeling het nog veel te wense oorgelaat. 'n Eenheidstaal het ook nog ontbreek. Nederlands het op die platteland prakties 'n vreemde taal geword : dit kon nie met vertroue en met vaardigheid gehanteer word nie. Baie het hulle daarom iewers met 'n soort van Engels behelp as met 'n soort van Nederlands. En Afrikaans is deur die gang van sekere sake in diskrediet gebring deur die optrede van die oorblywende Patriot-groep.

Daardeur is die pleidooie vertroebel van diegene wat die volk uit 'n toestand van doofstomheid wou verlos deur hulle te oortuig dat hulle wel 'n taal het. Hulle moes geleer word dat indien Hoog-Hollands te hoog en Plat-Hollands te plat was, Afrikaans vir veredeling en verryking vatbaar was en so doelmatig gemaak kon word vir alle behoeftes.

Soos so dikwels gebeur het, was daar weer leiers wat die taak aangedurf het wat op hulle gewag het, naamlik om die volk die weg tot selfkennis en tot selfrespek aan te toon. Die belangrikste teken van 'n volk se eie-aard is immers sy taal. Een van die eerste take was dus om aan die verwarring op hierdie gebied 'n einde te maak.

Dit kom hierop neer om aan Afrikaans die plek te besorg wat hom toekom as erkende medium van toegang vir Afrikaners, en wel in die openbaar soos reeds in die privaat, en in geskrifte soos reeds in die mondelinge verkeer. Daarmee word Jn stryd teen Jn ou tradisie ontketen — die Nederlandse tradisie. Wat in die stryd oorheers het, was egter nie die negatiewe aspek nie, nie die stryd teen Nederlands nie, maar wel die positiewe aspek, die stryd vir Afrikaans. Nie die haat teen die vreemde het die botoon gevoer nie, maar die liefde vir die eie. Dit was die doelgerigtheid.

Die verhaal van hoe die sege uiteindelik behaal is, kan net in hooftrekke aangedui word. Dit begin direk na die oorlog, maar aanvanklik nie gekoördineer of met veel steun van buite nie. Vereers is dit beperk tot 'n paar heroute in die hoofstede van die vier provinsies. Hierdie stryd-makkers het veral voortgekom uit die kringe van joernaliste, predikante, opvoeders en jong geleerdes wat in die buiteland afgestudeer het. Hulle was mense wat met kennis van sake kon praat en wie se opvattings gesag gehad het. In elke provinsie het hulle hulle geskaar rondom 'n bevriende tydskrif of koerant waarin hulle pleidooie verskyn het.

Dit vorm die eerste fase in die stryd.

Die eerste skote het geklap toe adv. J. H. H. de Waal die redaksie van De Goede Hoop op hom geneem het. Hierdie maandblad het in die moederstad verskyn (sedert Julie 1903) en van die vroegste nommer daarvan is stukke in en oor Afrikaans daarin te lees gewees, bv. taalnuus, gedagtes oor 'n Afrikaanse spelling, gedigte, toneelstukke, verhale en romans, daaronder sedert 1904 Johannes van Wyk uit die pen van die redakteur. Die duidelikste beeld van wat in die gemoed van die mense omgegaan het, kry ons in die korrespondensiekolomme van Ons Land (redakteur adv. F. S. Malan), veral in die jare 1905-07. Die medestanders het beweer dat daar geen toekoms vir die Afrikaners is met Nederlands wat 'n vreemde taal geword het nie, die teenstanders dat daar geen toekoms is met Afrikaans wat sonder 'n letterkunde, sonder status, selfs sonder 'n vaste spelling is nie.

Dieselfde patroon vind ons in die ander provinsies, veral in Natal, omdat die redakteur daar die minste steun ontvang het. Hy  was  J.   S.   M.   Rabie  wat  in  De  Afrikaner Pietermaritzburg) met hoofartikels, wedstryde en die oordruk van Postma se pleidooi die goeie reg van die spreektaal wou bevorder. In die Vrystaat was  die  drif sterker.   In  De   Vriend  des   Volks Bloemfontein)     het   Joh.   Visscher,   soms   alias Ulikoor, van 1904 a£ oorspronklike en propagan-distiese bydraes gelewer. Hy het die geluk gehad om ds. Willem Postma aan sy sy te hê. In 1905 verskyn Postma se pleidooi vir die aanvaarding van Afrikaans en van toe af skryf Visscher nie net hoofartikels in Afrikaans nie, maar stel ook 'n Afrikaanse Bladzij in.  'n Gewilde rubriek hierin was  die   "Oogdruppels"   wat  die  oogdokter   (dr. O'kulis) aangemaak het om die ou blindes en halfblindes weer te laat sien hoe dit met die politiek, die opvoeding en die taalstryd gesteld is. Die dokter was ds. Willem Postma. In die Transvaalse hoofstad het Land en Volk (E. N. Marais) en bowenal De Volkstem (G. S. Preller) die taalsaak gedien.

In hierdie oortuigingstydperk staan die jaar 1905 uit omdat twee belangrike manifeste toe verskyn het, die van ds. Postma waarvan melding gemaak is, en die van Preller in De Volhstem, getitel Laat Jt ons toch ernsig wezen! Die uitroepteken is belangrik : dit maak van die opskrif 'n strydkreet, 'n wekroep. Preller, toe byna dertig jaar, het hierdie pleidooi met die gloed van 'n hervormer geskryf. Sy betoog vat hy saam in drie stellinge :

(1)        De taal die in een land leeft, die in het volk wortelt, heeft in dat land en onder dat volk de meeste kans op voortbestaan, en laat zich niet nitroeien   dan   met   de   uitroeiing   van   het   volk waarin ze leeft;

(2)        ... Onze schrijftaal verschilt zover van onze   spreektaal,  dat de gros der  Afrikaners  het geschrevene   slechts   met  moeite  verstaan  en  het zelf nagenoeg nooit schrijven;

(3)        Daarom heeft Afrikaans in 2uid-Afrika de grootste en beste kans op voortbestaan. Daarom behoort zich onze schrijftaal te regelen naar onze spreektaal.

In hierdie "regeling" tree hy besadig op. Hy openbaar hom nie as 'n vyand van Nederlands nie en is geen beeldestormer nie. Nederlands het nog sy plek, en ons spelling moet by die Nederlandse tradisie aansluit. Daarmee poneer hy sy beroemde leuse : "Afrikaans schrijven en spreken, Hollands leren, albei lezen." Ten slotte hou hy die moontlikheid voor om 'n Taalgenootskap te stig. Daarmee begin die tweede fase: die enkelinge wat ten gunste van Afrikaans getuig, moet hulle verenig in organisasies om as drukgroepe doelmatiger op te tree. In die tweede fase neem Transvaal die voortou.

Na heelwat voorbereidingswerk kom 'n dertig-tal belangstellendes in Pretoria byeen, stig die Afrikaanse Taalgenootskap (ATG) op 13 Desember 1905, kies 'n sterk bestuur met dr. N. M. Hoogenhout as voorsitter, en keur die konsepkonstitusie na bespreking goed. Die doel word aangegee soos volg : "(a) Afrikaners te o'ertuig dat Afrikaans onse taal is, en dat die deur Afrikaners als hul spreek- en skrijftaal behoort gebruik te worde; ontwikkeling van die Afrikaanse Taal in suiwere vorm; (c) aankweking en ontwikkelingspan 'n suiwer Afrikaanse nasionaliteitsgevoel."

Die ATG, met verteenwoordigers van Bloemfontein en Potchefstroom in die bestuur, was baie bedrywig. Prysvrae is uitgeskryf, toneelstukke is vertaal  of  verwerk   en  opgevoer,  daaronder die geslaagde   Charley's  Aunt   (Piet   se   tante,   deur Preller),   Harm   Oost   het   selfs   ''n  oorspronklike drama vir die Afrikaans-Hollandse Toneelvereniging gelewer   (Ou Daniël),   die  uitgee van  Afrikaanse   boeke   en   die   verspreiding   daarvan is mee gehelp,  soos in die geval van Preller se Piet Retief, Afrikaanse musiek en sang is aangemoedig,

Die belangrikste  enkele taak was die daarstelling van 'n Afrikaanse tydskrif, Die Brandwag, weekliks   van   Uniedag   1910   tot   1915,   en maandeliks   tot  aan  sy  ondergang  in   1922.   Nie alleen   is   voortdurend   aan   die   taalstryders   die koers   daarin   aangetoon   nie,   maar   dit   het   ‘n oefenskool vir skrywers geword, was die beginpunt van 'n eie Afrikaanse jeugliteratunr en het as prikkel vir 'n verhoogde geesteslewe van die gesin gedien.

Byna 'n jaar later as die ATG word in Kaapstad gestig die ATV (Afrikaanse Taalvereniging). Met kultuurleiers soos proff. Viljoen, De Vos, Marais e.a. as teenstanders, met die Taalbond-organisasie as vyandiggesinde liggaam, was dit gelukkig dat die ATV onder sy geledere manne gehad het soos drr. D. F. Malherbe, D. F. Malan, adv. J. H. H. de Waal e.a. geleerdes. Deur die stigting van baie takke wat as uitstralingsgebiede gedien het, deur voorligting in die pers en op die verhoog, deur kongresse te hou, die verspreiding van boek en sang te help en deur aan te dring op erkenning van Hollands in die openbaar, het hulle die weg vir die latere aksie voorberei. So het De Waal dit reggekry dat Afrikaans toelaatbaar geword het in die Kaapse geregshowe, en dit in1907.

In die Vrystaat is effens anders te werk gegaan. Vroeg in 1907 is onder leiding van ds. Willem Postma die debatsvereniginge saamgesnoer in 'n Bond; 'n eie tydskrif is in die lewe geroep (Jong Zuid-Afrika) en Afrikaans en Nederlands is naas mekaar erken. Die eintlike Vrystaatse aksie is egter gevoer deur Onze Taal, in 1908 gestig. Dit het die langste van al die vereniginge tot hiertoe genoem stand gehou. Maar sy invloed was nie net langdurend nie, dit was ook diep, veral later op studente en skoliere wat sy maand-vergaderinge bygewoon het. A. Francken het 'n oorspronklike toneelwerk vir opvoering geskryf, D. G. Conradie het stukke verwerk, kunswedstryde is georganiseer e.d.m.; sy besondere betekenis vir ons is die bewerkstelliging van die uniale samekoms van taalmanne waarop die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Lettere en Kuns in 1909 gestig is.

Die politieke en taalaksies het dikwels parallel verloop, so ook hier. Daar word staatkundig aan 'n vereniging van provinsies gedink, en dit gee aanleiding om ook op taalgebied tmiaal te dink. Na 'n voorbereidende vergadering van taalmanne van die Nederlandse en Afrikaanse bekentenisse in Kaapstad word op 'n vergadering in Bloemfontein in Julie 1909 besluit om 'n liggaam in die lewe te roep wat gesaghebbend leiding kan gee aan die taalstrewe van die volk, of, soos dit in die Statuut staan, met die doel soos volg : "De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren en van die Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Ktmst. Onder 't woord "Hollands" wordt verstaan: de beide taalvormen gebruikelik in Zuid-Afrika."

Sy eerste betekenis is dat dit die stryd in eie kring beëindig. Die eerste dertig uit 'n voltal van vyftig lede word aangewys, maar nie voor 1914 nie sal daar 'n vaste koers ingeslaan word.

Die beslissendste faktor tot hiertoe hang saam met die politiek. In die Grondwet van die Unie is 'n verskanste artikel opgeneem (art. 137) wat Hollands gelyke regte met Engels gee. In die staatsdiens beteken dit nie tweetaligheid soos bv. in België nie, maar dubbeltaligheid. In die opsig is ons reëling uniek in die wêreld. Vir die Afrikaner is art. 137 'n pleganker. Hy kan hom by agterstelling van sy taal beroep op die grondwet, en hy kan voel dat die toekoms van sy Afrikanerskap soos uitgedruk in 'n eie taalvorm 'n stewige grondslag   besit.   Dit  gee   aan   die   taalstryd   ook 'n nuwe karakter : hy moet sy regte deur aanvaarding daarvan waarde laat kry.

Dit is die besef wat onder meer by die studente posvat. In April 191X konfereer die studente in Stellenbosch en stig 'n Studente-Werdakomitee wat per geleentheid betogings reël en heldedag vier en 'n militante blaadjie (Ons Moedertaal) op die been bring. Dieselfde jaar verenig die Afrikaanse studente van die noordelike inrigtings hulle in 'n Afrikaanse Studentetaalbeweging. Dit is inderdaad opmerklik hoeveel van hierdie jong wagte later die voortou gaan neem, soos N. J. van der Merwe en B. B. Keet bv. met die Bybelvertaling.

Eers in 1914 sal die Afrikaanse taalsaak regtig bo die knop uitkom en dan in intensiteit toeneem sodat dit die hele gebied vul. Binne vyf jaar sal dit toegang verkry tot die provinsiale raad, die volksraad, die skool, die kerk, die universiteit, die pers, die huisgesin. Die vyf bedrywigste jare breek met 1914 aan.

Eerste aan die beurt kom in hierdie derde fase die skool. Dit bly tog onhoudbaar dat baie Afrikaans aanvaar maar dat dit nie onderrig word nie. In April 1914 bolwerk C. J. Langenhoven dit dat die Provinsiale Raad van Kaapland Afrikaans toelaat tot st. IV in die skole waar Nederlands die voertaal is. Twee maande later stel ook die Vrystaat en Transvaal hulle laerskole tot st. IV vir Afrikaans as voertaal oop.

Hierdie besluite veroorsaak 'n kettingreaksie. Daar was geen eenheidspelling vir Afrikaans en geen skoolboeke vir die leerlinge nie, en bowendien kon kinders nie tot st. IV in Afrikaans onderrig ontvang en goedskiks vir st. V weer oorgaan na Nederlands nie. Die een stap lei noodwendig tot die volgende.  Op sommige  van die   punte  wys Langenhoven in sy beroemde lesing voor die Akademie in 1914. Daar word gevolglik besluit om die spelling te reel en in 1915 verskyn die eerste Spelreëls. Ook word toegesien dat daar in samewerking met vakmanne 'n begin gemaak word met die skryf van die nodige skoolboeke. Die Vrystaat bepaal in 1916 dat Afrikaans ook leervak word, Transvaal doen dit in 1917, Kaapland in 1918. Op aandrang van die Afrikaanse Studente-bond, gestig in 1916, wat die Minister met petisies genader het, word Afrikaans ook as universitêre leervak toegelaat. D. F. Malherbe word in 1918 tot professor in Afrikaans in Bloemfontein benoem, J. J. Smith word hoogleraar daarin in Stellenbosch die volgende jaar, en daarop volg ander benoemings.

Hierdie uiteensetting is natuurlik 'n oorvereenvoudiging van die verloop. Dit kon nie voldoende rekening met vooroordele en praktiese besware nie, bv. van die kant van onderwysers. Van belang is ewenwel die feit dat die belangrikste vesting vir propagering van die volkstaal ook as skryftaal en beskaafde taal ingeneem is of andersins oopgestel is.

Die Kerk, altyd behoudgesind wat nuwighede betref, het in 'n verbasend kort tydjie onder die aanslae van veral jonger predikante daartoe oorgegaan om Afrikaans binne te haal. Die Gereformeerde Kerk in Transvaal besluit reeds in 1914 in beginsel dat die Bybel en die Belydenisskrifte vertaal moet word en dat in Afrikaans gepreek kan word. Veral in en kort na 1916 sal die verskillende kerke hulle uitspreek. Hoewel soms baie versigtig gestel, was die besluite altoos gunstig vir Afrikaans en teen 1919 het alle Hollandse kerke per sinodale besluite die gemeentes vrygelaat om Afrikaans as kanseltaal in te voer, 'n reg waarvan vryelik gebruik gemaak is. Dit is 'n goeie refleks van die aangewakkerde nasionale gevoelens as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog en  die nasleep van die  gewapende verset.

Die eredienste het voorlopig 'n tweeslagtige karakter gehad deurdat die Bybel en Gesangboeke nog in Nederlands was, maar ook dit geniet aandag. In 1916 het die Vrystaatse Sinode van die Nederduits-Gereformeerde Kerk as gevolg van 'n besluit die samewerking van die ander kerke verkry om die taak aan te pak en 'n vertaalkommissie is benoem. Die Statebybel is as volksbesit beskou en dit moes in Afrikaans oorgebring word deur diensdoende leraars. In 1922 verskyn die proefvertaling van die Evangelies en die Psalms, maar die ontvangs was ongunstig, soos in 'n ander hoofstuk nader toegelig word. 'n Nuwe begin is gemaak deur persone af te sonder om hulle voltyds aan die vertaalopdrag te wy, nou uit die oorspronklike Hebreeus en Grieks. Die proefvertaling van die Vier Evangelies en die Psalms, in 1929 uitgegee, is met voldoening verwelkom en in 1933 is die hele Bybel in Afrikaans aan die feesvierende volk oorhandig. Die finale Psalmberyming denr Totius verskyn in 1937, die volledige Gesangboek in 1944.

Dit is duidelik dat die Afrikaanse beweging 'n volksbeweging geword het. Erken in kerk, skool en universiteit, gerugsteun deur 'n bevriende en magtigwordende pers, versterk deur 'n snel ontluikende letterkunde, aanvaar deur die algemene publiek, kon die offisiële instansies nie langer agterbly nie. Eers die provinsiale en toe die uniale regerings verleen erkenning. In 1918 is in die Volksraad besluit dat die  term "Hollands" in artikel 137 Afrikaans insluit "behalve in gevallen van Wetsontwerpen en Wetten van het Parlement en van officiele dokumenten van beiden Huizen". Aan hierdie ongerymdheid word in 1925 'n einde gemaak toe op aanbeveling van twee gekose komitees van lede uit albei Huise besluit is dat Afrikaans vir alle doeleindes van die parlement Nederlands moet vervang. Daarmee is Afrikaans mondig verklaar. Die eertyds miskende "kombuis-taal" is met volle gesag beklee as een van die amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika. Soos Langenhoven gesê het, dit klink soos 'n wonder in ons ore.

In verskillende hoofstukke in hierdie skrywe sal verduidelik word hoe die verryking en veredeling van hierdie taal plaasgevind het en watter rol daarin gespeel is deur die Suid-Afrikaanse Akademie, die Federasie van Kultuurvereniginge, die radio, die letterkunde en ander werksame kragte. Want na die erkenning kom die toeëiening en die aanvaarding. Vandag is die plek van Afrikaans nagenoeg onaantasbaar omdat hy onontbeerlik geword het. Hy het aan sy kant sy bruikbaarheid en die sentiment. Hy leef dus ook in die hart van die Afrikaner vir wie hy dien en wat hom dien. Daarom dat hy voortgaan om 'n staanplekkie op te eis in die handel, die sport, die vermaaklikheid, die mynwese, die tegniek en die wetenskap.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2385 gaste aanlyn