NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Talle mense gebruik God se genade as 'n noodwiel in plaas daarvan dat dit hulle stuurwiel is waarmee elke dag bestuur word. Geen wonder soveel 'voertuie' het die pad verlaat nie!

BLOMVROUE

Lees reeks by BLOMVROUE

Aletta Lübbe

Kamelia

(Fam. Theaceae)

Kyk 'n mens vinnig na sommige kamelias, wil-wil hulle na rose lyk. Hulle is net nog meer volmaak en delikaat, as so iets moontlik is. Daar is meer as tagtig spesies bekend en in die meeste tuine groei een of meer kamelias. Die tee-plant {Camellia sinensis) dateer in die Sjinese literatuur so ver terug as bykans 500 voor Christus.

Die plant is die eerste keer beskryf deur Georg Josef Kamel (1661-1706), oftewel Georgius Josephus Camellus, 'n Morawies-Jesuitiese sendeling. Die Sweedse botanis, Lin­naeus, het die kamelia vernoem na Kamel, wat baie plante van die Filippyne beskryf het.

Die hoogbeskaafde blom met die suiwer bloedlyn en adellike afkoms is lank reeds geliefd by edelliede in Sjina en Japan. In 1739 is dit deur ene Lord Petre in Engeland bekendgestel. Die oorspronklike bome het teen 1860 steeds in die Lee-Kennedy kwekerye in Hammersmith gegroei.

Teen die middel van die negentiende eeu bereik die kame­lia 'n hoogtepunt in gewildheid. Die Victoriane was dol oor die blomvorm en die byna kunsmatige voorkoms. Die blom was die trots in hulle voorkamers en is met wol, krale en sy geborduur op stoele, skerms en voetstoele. Die blomme is ook in was nagemaak en onder glas uitgestal. Met die koms van meer "natuurlike" tuine het die statige kamelia byna uit die mode en vergete geraak. Later is hulle nie meer slegs in kweekhuise geplant nie, maar in die oop tuin.

Die kamelia is inheems in Asie en die spesies japonica, reticulata en sasanqua se algemene voorkoms in tuine kan gekoppel word aan die gewildheid van tee. Soos by rose, word daar onder die drie groepe name gevind wat die verbeelding aangryp. Die kamelia hoef nie gesnoei te word nie en is feitlik plaagvry.

Die vrou in die kamelia is 'n indiwidualis. By haar is dit alles of niks. Sy hou van goeie kos en dra net gesofistikeerde ontwerpersklere, met nie 'n haar uit sy plek nie. Haar uitrustings is eksklusief en pas foutloos by haar figuur, gelaatskleur, grimering en persoonlikheid.

Ander vroue bewonder haar 'n bietjie op 'n afstand. Sy is nie iemand vir impulsiewe kuiers, informele geselsies en lang telefoongesprekke nie. Sy programmeer en skeduleer koel en kalm en afgemete. Haar lewe en voorkoms is georden en afgerond. Wanneer iets haar en haar huis nie pas nie, doen sy weg daarmee. Sy is geen opgaarder nie. Alles is funksioneel - dit grens byna aan koudheid, onbetrokkenheid en kunsmatigheid.

Vir sommige mans kan sy onweerstaanbaar wees. Die raafswart hare laat haar vel witter, haar wange blosender en haar oë blouer of groener onder die donker wimpers vertoon. Haar vorstelike houding maak van 'n man 'n ridder wat haar graag vergesel en bystaan. Sy blom in die aand, maar slaap soggens graag laat.

'n Mens vereenselwig maklik die kamelia met die Japannese geisjas wat kan sing en dans en gesellig (met mans veral) kan verkeer. Om mense te bekoor, is vir haar 'n kunsvorm (gei-kuns; sha=persoon). Vanselfsprekend is teedrink vir haar 'n besondere ritueel. Sy hou van tee in al sy vorms, van Engelse tee tot kruietee tot Sjinese tee sonder melk en suiker. Suiwer en aromaties, met 'n sagte maar definitiewe geur en kleur. Op die formele teetafel is kamelias in 'n silwer kraffie op gestyfde wit linne en kant. 'n Sjinese tapyt en leunstoele in fluweel gestoffeer is haar keuse vir 'n sitvertrek.

Vanselfsprekend voel die kameliavrou aangetrokke tot die Ooste. Sy reis graag deur Japan en Sjina waar tee en die kamelia sy oorsprong het. Hulle kultuur en seremonies trek haar aan. "Toe ons (die Germane) nog in die bosse gesit het, het daardie mense al syklere gedra," sê sy graag. Sy koop egte sy en pêrels op haar reise. As sakevrou bedryf sy suksesvolle boetieks wat of pêrels of egte sy-uitrustings aanhou.

Van te min water of te veel son val die kamelia se blomme af. In Suid-Afrika is die kamelia dus beslis nie 'n boervrou nie, veral nie in die droër dele van die Karoo en die Vrystaat nie. Sy mag in die sagte klimaatstreke moontlik 'n kweekhuisboerdery bedryf, maar sy is op haar beste by deftige onthale in formele aanddrag en beskut deur ge-noeg aardse besittings en sosiale status by gala-aande in die opera- en toneelwêreld.

Is dit waar haar swakheid lê? Wat haar vatbaar maak vir stres en depressie en 'n onvermoëom die druk van 'n onstabiele, gewelddadige en besoedelde wêreld te hanteer? Want 'n kamelia se blomme kan gesig eerste op die grond of plaveisel val; die knoppe kan verbruin en pateties tou opgooi sonder om oop te gaan. Haar verdwyning uit die kalklig is vir enige kamelia 'n vernedering, vandaar die ondertoon van hartseer in die goedversorgde, korrekte mens. Want ook sy weet van neerlaag en verydeling.

Die kamelia hou 'n dagboek waarin sy elke dag skryf, al is dit laatnag net 'n paar woorde. Vir haar is dit die dokumentasie van 'n stuk lewe binne 'n sekere tydvak. In die stil tye buite haar blomtyd lees sy graag geskiedkundige romans.

Sy is die een vrou wat 'n mens nooit heeitemal kan peil nie. Dink 'n mens jy ken haar, ontdek jy 'n vreemde diepte, 'n faset van haar lewe wat niemand ooit kan peil nie. Sou haar dagboek dit eendag openbaar wanneer niks op hierdie aarde haar meer kan raak nie?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3148 gaste aanlyn