NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Die vloei van die geskiedenis deur alle tye heen, ook óns volk s'n, is gewortel in die fontein van menslike gedagtes. 'n Mens se gedrag word grootliks bepaal deur wat ons dink. Daarom leer die Woord ons in Spreuke 4:23 om ons hart, meer as alles wat ons het, te bewaar want die oorspronge van die lewe kom daarvandaan.

BRIEWE AAN CHARLES (1)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

Beste Charles,

Jy kan getuig dat 'n man baie keer in die hitte van die stryd onnodige dinge kwytraak. Dit het baie met my op die sogenaamde “Betogerstoer” van 1969/70 deur die Britse Eilande gebeur. Ek wonder dikwels wat jy alles sou gesê het as jy op die toer agter die mikrofoon was.

Vandag, as ek na al die jare rustig sit en terugdink aan die 25 wedstryde wat tussen Woensdag 5 November 1969 en Saterdag 31 Januarie 1970 gespeel is en ek lees weer wat ek in my boek Rugby agter doringdraad geskryf het, besef ek al hoe meer dat die ouderdom tog wysheid meebring. Jy het altyd gesê dat geen kommentator naby ’n sportmikrofoon moet kom voordat hy minstens 35 jaar oud is nie. Ek was op daardie toer in my vroeë veertig, maar my uitsendings kon nie altyd suiwer oor sport gaan nie. Die boek wat ek knap na die toer geskryf het, het as gevolg van die aard van die betogings oor baie meer as net sport gehandel. Vandag dink ek oor baie voorvalle miskien anders. Oor een ding is ek nog baie seker en beslis: Politiek moet onder geen omstandighede met sport inmeng of betrekkinge tussen nasies of volkere vertroebel nie.

Ek is ook oortuig dat die Springbokke van Dawie de Villiers ’n baie beter rekord kon gehad het as die toer onder normale omstandighede plaasgevind het. Vandag kan ek ook iets noem wat ek nie destyds sou gesê het nie. Daar was darem te veel onnodige keuses. Manne wat nie werklik Springbokkleure verdien het nie. Dan wil ek weer beklemtoon dat die onpartydige skeidsregters uit Wallis, Skotland, lerland en Engeland die spreekwoord “bloed is dikker as water” baie duidelik onderstreep het.

Charles, ek wil jou nie vermoei met die uitgrawe van ou koeie uit die sloot nie, maar wil liewer praat oor die ligter sy van die ou sakie soos ek dit vandag sien.

Kyk, ek is vir ewig genees van die manewales van vakbonde, maar was baie bly toe ons na die moeder van betogings by Landsdowne Road vir die volgende wedstryd op Limerick van hotel moes verander as gevolg van hulle streke.

Die aand ná die toets in Dublin is ek so byna-byna gearresteer toe ek met die aankoms van die span by die hotel hulle, luidkeels toegesing het met een van die toe al bekende betogersliedere, Go home you bastards, go home. Die vinnige vleuel van Noord-Transvaal, wyle Renier Grobler, het gesien HKGK en het my net betyds voor die aanstormende polisie weggeruk en met my in die hotel verdwyn. Ons volgende hotel was toe langs die Shannon Lughawe en teenaan die geskiedkundige Bunratty Castle. Die verblyf hier was vir die meeste van ons een van die hoogtepunte van die toer. Met my kamer ’n entjie weg van die hoofgebou was daar baie meer privaatheid. Dwarsdeur die toer was my kamer ’n kuierplek vir die hardebaarde in die span.

Eers moet ek vertel hoe ek met my aankoms by die hotel 'n lastige skuldige betrap het. Op die toer is ek elke oggend waar ons ook al tuisgegaan het, om 5 voormiddag gewek deur die telefoon en die woorde: "Good morning Sir, your early morning call.” Die oggend het ek gehoor hoe Frik du Preez vir die dame agter die toonbank sê om ’n “early morning call for Mr Viviers in room 20” in die boek aan te teken. Hy het lekker gelag toe ek hom op heterdaad betrap met die woorde: “Jou donner, dan was dit al die tyd jy!” Hy het menige oggend aan die ontbyttafel kastig gewonder wie die man in die span is wat 'n mens so vroeg laat wakker maak. Hy moes beslis met die hotelpersoneel geheul het, want ek het baie keer navrae gedoen maar hy is deur niemand verklap nie.

Ek was nog besig om my tas uit te pak toe die eerste Sondaggaste in my kamer opdaag. Frik, Mof en Sakkie de Klerk. Frik vertel my van lerse donkies wat in 'n modderkampie daar naby loop. Ek dag hy maak ’n grap, maar hy en Sakkie het my gaan wys. Die donkies het kleiner gelyk as dié in ons land, en terug in die kamer gaan die gesprek oor die kuns van donkiery. Dis veral Sakkie wat spog oor hoe hy in die wêreld van sy kinderjare, Kalvienie (Calvinia), donkies gery het. Nog Frik nog ek wou afsteek by sy kennis van die ry van Vaaltyn en ons vertel stories van ons kinderjare op die rug van die esel. Mof het nie saamgesels nie. Die besoekers het aangegroei. Piet Greyling, Renier Grobler, Martin van Rensburg, Mannetjies Roux, Robbie Barnard en Jan Ellis het bygekom. Dit was na aan etenstyd en Mof was besig om wyn oor die telefoon te bestel. “Please send us six bottles of good South African dry white to room 20, Mr Viviers will sign.”

Gelukkig het oom Swannie in die goeie ou dae van die SAUK geweet dat ek nie onnodig onthaal nie. (Wyle mnr. Jan Swanepoel was Direkteur-generaal van ’n finansieel baie gesonde SAUK.) Mof het 'n heildronk ingestel op die drie “brawe” jokkies wat die reënweer, die doringdraad omheinde modderkampie en die drie donkies - die valetjie, 'n swarte en ’n vuil bruinetjie - in lerland gaan aandurf.

Frik was baie slim. “Kêrels, maar die ouens hier wat ‘fox hunting’ doen, dra mos ’n ‘taai’. 'n Mens kan seker nie hier 'n donkie ry sonder ’n taai nie.” Hy het sy das geknoop en het nogal koddig gelyk met kortbroek sonder 'n baadjie. Sakkie se kommentaar: “Ja, die ouens ry ook nie sonder kleure nie.” Hy het sy Springbokbaadjie aangetrek. Ook hy was in ’n kortbroek maar sonder das. Ek sê: “Manne dis koud buite. Ek ry in 'n langbroek, reenjas en beslis nie sonder 'n hoed op die kop nie.”

Dit was ’n bekommerde lerse boer wat die naderende raasbekprosessie ingewag het. Ons drie ryers aan die voorpunt. Die ondersteuners met kameras volg en heel agter Mof Myburgh met ’n “bottle of good South African dry white” wat aan die wenner oorhandig moes word.

Die boer is ingelig waaroor alles gaan en hy het gewaarsku dat ons versigtig moet wees vir Peggy, die vaal donkie. Sy spring kwaai en skop soos ’n muil. Frik het Peggy met liefde, soos dit ’n man betaam wat ’n donkie ken, om die nek vasgevat en aan Sakkie gesê: “Klim, grootbek.”

Sakkie het sy baadjie vasgeknoop, sy regtervoet uit die dik, slap modder gelig, die been oorgeswaai en soos ’n nie-kenner voor op die skof gaan sit. Frik het gelos. Peggy het sonder om te beweeg kop tussen die bene gesteek en Sakkie het voor haar in die modder beland. Sy kanse om die kompetisie te wen is dadelik deur die beoordelaar, Mof, afgeskryf. Hy het stadig en onder groot gelag uit die modder opgestaan en Peggy vies om die nek beetgekry vir Frik om te klim. Frik het met sy twee hande op Peggy gedruk, wydsbeen uit die modder gespring en met die sitvlak op Peggy se kruis beland. Dis mos waar ’n mens op ’n donkie sit, het ek by myself gedink. Sakkie het Peggy gelos. Met een agteropskop het Frik met “taai”, wit broek en al in die modder beland. Mof, wat in die middel van die kampie op ’n klip gestaan het, het met die gelag ook in die modder geval, maar gelukkig met die bottel “dry white” omhoog gehou.

Toe moes ek met Sakkie en Frik se gelyktydige bevel van “Toe, grootbek, dis jou beurt” klim. Ek was presies een sekonde op Peggy se kruis, twee sekondes in ’n bollemakiesiebeweging deur die lug en 'n minuut of wat op die naat van my rug in die swart modder. Piet Greyling het my help opstaan en het bekommerd verduidelik dat die donkie my amper teen die kop raakgeskop het.

So kon ons darem nie verneder word deur die nageslag van die eeue-oue vervoermiddel nie. Frik het Peggy gegryp. Spring soos sy wou, sy kon nie sommer ontslae raak van Frik se nommer 13 skoene in haar lieste nie. Toe sy dreig om te byt het Frik die stryd gewonne gegee. Ook Sakkie het nogal koddig vertoon op die klein bruin donkie se kruis. Sy lang bene het in die modder gesleep. Die bruinetjie het so met die gespring nare geluide en reuke gemaak soos ’n donkie alleen kan doen. Dit het hom so afgesit dat hy besluit het die donkie wen. Die swartetjie het egte ongeskikte donkiemaniere gehad. Hy het met my op sy rug teenaan die doringdraad geskuur-hardloop. Dit was die einde van ’n reënjas en broek en nog ’n donkie-oorwinning. Ons het die aftog geblaas met die bottel wyn veilig in Mof se besit.

Terug in my kamer is daar besluit dat ek die oorsaak is van al die modderskoene en besmeerde klere. Ek is behoorlik gestraf. Hulle het my op die bed neergesmyt en op my gespring om my te laat voel hoe dit in 'n losskrum in die modder voel. Die bed kon nie die gewig dra nie en dit het oom Swannie nog ’n paar Britse ponde uit die sak gejaag.

'n Hele rukkie later het ek die eetsaal binnegestap en kon nie help om te lag toe ek naby ’n tafel vir twee saam met Frik en van die ander gaan aansit nie. Die twee was Avril Malan, die afrigter van die span, en Mof Myburgh. Voor hulle het die oopgemaakte bottel “dry white” gestaan en Avril het aandagtig na Mof se lesing oor die “kuns van donkiery” geluister. Miskien sou ons die stryd die middag gewen het as Mof ons vooraf die lesing gegee het.

Groete

Gerhard

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1924 gaste aanlyn