NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Bybel maak dikwels melding van kwaadsprekery onder mekaar wat soveel broederlike twis en onmin veroorsaak. Onder kwaadsprekery verstaan ons haatlike beskuldigings, gebore uit kwaadwilligheid, en die lus om mekaar se goeie bedoelings te ondermyn. Ons moet daarteen waak om die goeie wat God in iemand gewerk het met woorde te verdraai.

BRIEWE AAN CHARLES (4)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

Drank verdra nie onreg nie

"Daardie dae was rugby nog ’n spel. Deesdae is dit deur en deur ’n sakeonderneming - sonder die trots en glorie van ouds. Ek vrees die blikkie se boom gaan nog uitval. Die ou spreekwoord 'geld is die wortel van alle kwaad' is tog so waar."

Beste Charles,

Charles, ek wil jou nou eers vertel van ’n onderonsie waarby ek betrokke was. Dit was ’n Dinsdagaand in 1968. Die Springbokke het vroeër die middag hulle wedstryd in Toulouse verloor. Jy het ’n groot pot tee bestel en beduie dat jy moeg is en vroeg gaan inkruip. Ek het ander planne in my agterkop gehad, naamlik ’n lekker ete êrens met 'n ietsie onder die prop. Ons moes die volgende dag Parys toe vir die tweede en laaste toets die Saterdag teen die Franse. Die nederlaag in Toulouse was die eerste keer dat 'n Springbokspan in Frankryk geklop is.

Die pot tee was amper leeg toe Mof en sy mense hulle by ons aangesluit het. Jy het dit as 'n goeie geleentheid gesien om verskoning te maak en te verkas. As jy tog maar bly sit het, sou ek nie daardie nag skande gemaak het nie.

Miskien moet ek jou eers weer sê wie Mof en sy mense was. Mof Myburgh, sy gelyke as loskopstut het hy nie gehad nie; Frik du Preez, bobaasslot van alle tye en 'n legende in sy eie tyd, en dan die platjie Piet Uys. Hy het in twaalf toetswedstryde die nommer nege-trui gedra en was op ’n kol ook kaptein van Noord-Transvaal. Die besondere eer het my te beurt geval om in die plek van die Springbokslot wyle Stompie van der Merwe, wat nie die toer kon meemaak nie, tot die unieke vriendekring toegelaat te word.

Nadat jy jou verskoon het, het Piet Uys die voorstel gemaak dat ons die dag se nederlaag en sy laaste wedstryd as skrumskakel vir die Springbokke “vier”. Hy het die middag in Toulouse gespeel en Dawie de Villiers is gekies vir die toets die Saterdag in Parys. Mof en Frik het hulle vriend se uitnodiging om saam met ons te kuier van die hand gewys, al was dit maar Dinsdagaand en die toets eers Saterdag. Ek wonder of die hedendaagse Springbokke met hulle groot geldpakkette ook sulke toegewyde spelers soos die ware grotes van ouds is. Ek twyfel, maar dit is maar my eie siening. Ewenwel, toe die kelner teen agtuur se stryk die botteltjie uit Skotland voor ons neersit, moes hy 'n ekstra glas bring. Hennie Viljoen het intussen by ons aangesluit. Hy was 'n goeie koerantman met ’n skryfstyl wat baie lekker gelees het. Hy het die aand stories gehoor wat opspraakwekkende onthullings kon wees, want Piet Uys het sonder om doekies om te draai sy hart uitgepraat. Binnekringgeheime.

Hennie het dit nooit geskryf nie, want dit was stof vir 'n poniekoerant en hy het suiwer oor rugby geskryf. Jy en ek het nooit enige binnekringstories met betrekking tot krieket of rugby aan die groot klok gehang of na buite uitgedra nie. Julle Engelse sê: “Mum’s the word,” en so het dit gebly.

Die bottel het eers lank na middernag sy boom gesien, want daar is baie gesels. Die kelner was trots om ’n man in ’n Springbokbaadjie en sy vriende te bedien en het kort-kort toebroodjies en lekker southappies aangedra. Hy kon 'n bietjie Engels praat en het my die vorige oggend versoek om 'n Springboktrui vir hom in die hande te probeer kry. Hy het mooi kom vra of hy nie maar kon toesluit nie want dit was 'n lang dag vir hom. Ek het Piet oor die man se versoek ingelig. Ek het nog nooit sulke trots en dankbaarheid gesien as toe Piet sy nommer nege-trui in die kamer gaan haal en met ’n kort toespraak aan Jean-Claude oorhandig nie. Onmiddellik is nog van die Skotse voggies en meer eetgoedjies op ons tafel geplaas. Dit is ongelukkig toe dat ’n skrywer vir Agence France Presse, Richard Breeze, ongenooid by ons kom aansluit het. Hy het vir homself ’n drankie geskink en hom aan die eetgoed gehelp. Dit kon ons nog vergewe, maar toe begin die man met snedige aanmerkings oor die Springbokke en blatante beledigings teenoor my oor dinge wat ek volgens sy vriende in Suid-Afrika oor die lug sou kwytgeraak het. Ek is, soos die Engelse sê, ’n “lover” en nie ’n “fighter” nie, maar Piet Uys het my tot aggressie aangepor. 'n Hewige, uitgerekte argument het tussen my en Breeze met sy rooi bosbaard ontstaan. Ek het hom 'n paar keer gewaarsku om sy bek te hou of ek klap dit vir hom toe. Lekker “common”, maar die ou gesegde lui mos: “Drank verdra nie onreg nie.” Met iedere waarskuwing was Piet se woorde: “Man, bogger die geklap, Gerrie, steek hom met die vuis.” Hennie het gepaai en Jean-Claude het kom mooipraat. Dit was teen die oggendure dat Jean-Claude vir ons ontbyt by ’n deurnagrestaurant gereël het. Richard Breeze is weer ongenooid met 'n taxi agterna.

Toe ons aansit vir ontbyt, het ek besef hoe dankbaar Jean-Claude oor sy rugbytrui was, want daar is onmiddellik drie borde spek en eiers voor ons neergesit. Ek het om meer as een rede warm gekry en het omgedraai om my baadjie op te hang. Breeze het my bord kos voor hom getrek en my weer beledig. Ek het hom mooi gevra om op te staan sodat ek hom ’n taai klap kan gee voordat hy spore maak. Piet se woorde was die laaste strooi: “Man, nou se ek jou vir die laaste keer: bogger die klap, steek die bliksem met die vuis." Ek het nie besef dat ek so ’n opstopper kon plant nie. Richard het met sy gesig in die bord spek en eiers beland. Erens het ek iemand bo Piet se gelag hoor gil. Hennie kon 'n bietjie Frans praat en heelwat van die taal verstaan. Iemand het die polisie gebel en toe die taxi vinnig met ons wegtrek, het die polisievoertuig met die bekende “klang-klang”-geluid voor die restaurant stilgehou.

Die Springbokspan het reeds met hulle handbagasie in die voorportaal van die hotel gesit toe ons daar aankom. Ek het een of twee hoor giggel en ek is dadelik op bevel van Johan Claassen kamer toe waar hy my gehelp het om my tas te pak terwyl hy aanhoudend wou weet waar ek met Piet in sy Springbokbaadjie was. Ek het net bly sê dat ek nie Piet se oppasser is nie en hom bedank vir die hulp om my goed so vinnig in die tas te gooi.

Op pad na die lughawe die Woensdagoggend het ons by die fabriek aangedoen waar die Concorde-vliegtuig in aanbou was. Piet en ek het onder 'n uurlange lesing aan die slaap geraak tot groot vermaak van Frik en Mof, wat tot met ons aankoms by die hotel in Parys moes wag om die storie te hoor. Ná die lesing kon ons die supersoniese vliegtuig van buite bekyk. Johan was nog steeds aan die karring aan my oor Piet. Om my eenkant te kry het hy by my ingehaak en ons twee het die hoë trappe bestyg en tot binne-in die Concorde gevorder voordat ons deur ’n kêrel wat behoorlik die moer in was, afgejaag is. Ons altwee het sy Franse taal “verstaan”. Op die grond is ons deur die span uitgelag oor ons groot verleentheid. Piet het nie saam gelag nie. Ek het ’n einde aan Johan se ondervraging gemaak toe ek hom op die plek wed dat die reus nooit sal kan vlieg nie. Hy en ek is seker die eerste buitestanders wat die vliegtuig van binne gesien het. Tot my skande moet ek erken dat ek hom nooit die rand wedgeld betaal het nie.

Terloops, die Hotel Lutetea waar ons in Parys gebly het, was die hoofkwartier van die Gestapo gedurende die oorlog. Nog Piet nog ek is gemartel om te vertel en is vergewe vir ons gedrag wat vir die res van die span en die bestuur ’n geheim gebly het.

Laatmiddag het ek met ons aankoms by die berugte hotel ’n vars span uit Pretoria raakgeloop. Jannie de Villiers en sy groep. Hy was ’n bekende mode-ontwerper wat veral bekend was vir sy trourokke. Daar was vir my geen uitkomkans nie en na ’n uitgerekte kaas-en-wyn-funksie wat deur die Franse rugby-unie aangebied is, moes ek saam met hulle gaan eet.

Voor ek verder gaan, moet ek eers vertel wat op die Franse se funksie gebeur het. Al die Franse keurders, 'n stuk of sewe van huile, was teenwoordig. Langs my het die klein Franse skrumskakel en kaptein, Marcel Puget, gesit. In die wedstryd wat die Springbokke op Toulouse met 3 punte teenoor 11 verloor het, was die stut wat teen Mof gespeel het, Jean Iracabal, 'n sterke derduiwel. Hiermee het al die Springbokke saamgestem en bygevoeg dat hy ook ’n uitstekende balspeler is. Die Franse is 'n snaakse spul. Deur middel van die tolk op die funksie wou ek tong in die kies by die keurders weet wat hulle met Iracabal in hulle span maak. Puget het langs my op en af gespring en iets soos “No-no joernaliest” geskree. Johan Claassen, wat reg oorkant my gesit het, het soos my gesprek met die keurders gevorder het en Puget vinniger op en af gespring het, vir my gesê ek moet aanhou want ek gaan Iracabal uit die span praat. Hulle wou by my weet wat met sy spel skort. Ek het beduie dat hy nou wel sterk is, maar eintlik nie ’n wafferse slim speler nie. Hulle strikvraag aan my het my amper laat kleitrap: hulle wou weet wie in sy plek moet speel. Gelukkig het ek die stut Jean Esponda van die vorige jaar in Suid-Afrika onthou. Hy was maar, soos Mof wel sou gesê het, “pis en paraffien”. Toe ek sê: “You have only one, Jean Esponda," dag ek Marcel Puget gaan my met die vuis bydam.

Die volgende dag was dit voorbladnuus in een van die koerante dat ’n grootbekkommentator uit Suid-Afrika die Franse keurders met ’n slap riem onder ’n wip gevang het. Iracabal is uitgelaat ten koste van Esponda. Dit was een van vyf veranderinge in die Franse span. Johan Claassen, dink ek, het my meer as vergewe vir die Piet Uys-debakel.

Die uiteinde van die ete saam met Jannie de Villiers en sy geselskap was dat ek eers in die vroeë oggendure kon gaan inkruip. Dit was toe al Donderdag. Ek het eers Vrydagmiddag wakker geskrik, en na ’n heerlike warm bad, skoon klere en glad geskeer, weer mens gevoel. Ek kan vandag nie glo dat ek destyds so ’n sterk gestel gehad het nie.

Die Saterdagmiddag toe ek die stel trappies na die kommentaarhok op die Colombes Stadion in Parys opstap, het ek Richard Breeze gewaar waar hy so halfpad boontoe in die persbank gesit het. Ek het gewonder wat om te maak as ek by hom verbystap. Moes ek groet of ignoreer? Hy het teenaan die paadjie gesit en groet my asof ons van kleintyd af boesemvriende was. Ek beantwoord sy “Hullo, Jerry!’’, met 'n ewe hartlike “Hi, Richie, what happened to you?” Sy antwoord: “Hell, they locked me up for three days." Dit was vir my duidelik dat hy nie veel meer onthou het nie en weer is die gesegde “drank verdra nie onreg” nie beklemtoon.

Dit was die laaste verskyning van 'n Springbokspan op die Colombes Stadion en seker een van die mooiste en beste toetswedstryde wat ek die voorreg gehad het om uit te saai. Ek glo vir jou ook, Charles.

Vir die eerste gedeelte van die eerste helfte was die Franse in alle afdelings baas, behalwe in die vaste skrums waar Jean Marcel Esponda maar swaar geleef het. Springbokhaker Gys Pitzer het ’n stuk of drie vaskoppe gehaak. Die kenmerk van die eerste helfte was die flair waarmee die Franse aanval na aanval geloods het, en die verdediging van die Springbokke. Onthou jy nog hoedat Mannetjies Roux die groot agsteman Spanghero, wat reeds gesien het hoe hy ’n drie druk, met ’n manjifieke duikslag gestuit het? Die klein briljante, hardegat Puget het met ’n lang skepdoel geslaag en losskakel Paries het ook so gemaak nadat hy vroeër in die helfte met 'n strafdoel misluk het. In die lynstane het Cester en Dauga koning gekraai, maar die Bokke het breër in die prentjie begin staan. Toe Claude Dourthe onkant speel vlak voor sy pale nadat Eben Olivier na ’n breekslag deur Dawie de Villiers op die doellyn gestuit is, het Piet Visagie sy span se eerste punte aangeteken.

In die eerste twintig minute van die tweede helfte kon jy die atmosfeer met ’n mes sny. Dit was die laaste gedeelte van die tweede helfte wat selfs die vyandiggesinde Engelse rugbyskrywers in vervoering gehad het en hulle lofliedere oor die Springbokke laat sing het. Die Springbokvoorspelers het die oorhand begin kry. Mannetjies Roux het een van die mooiste drieë wat ek in toetsrugby gesien het, begin. Hy raap ’n losbal op en vlakhaas oor die veld. Hy laat loop na die binnekant na Syd Nomis, Nomis na Eben Olivier, Olivier laat loop na Frik du Preez wat met 'n perfekte aangee vir regtervleuel Jannie Engelbrecht in besit stel. Jannie klop sy opponent aan die buitekant en druk die beste van sy agt driee in die 33 toetse waarin hy gespeel het. Hierdie handboekdrie was sy sesde in sy een-en-dertigste toets.

Piet Visagie, wat die eerste toets manalleen met die skoen gewen het, se vervyfskop tref die regop paal en die telling is gelykop ses elk. Die drie van Jannie Engelbrecht het ’n man eintlik laat vergeet dat Suid-Afrika in die eerste toets geen drie kon druk nie terwyl groot Benoit Dauga, wat deur Frik du Preez beskryf is as een van die bestes teen wie hy gespeel het, twee drieë gedruk het en linkervleuel Jean-Marie Bonal vir een gesorg het. Die Springbokke se voorsprong het gekom toe Tommy Bedford 'n skitterlopie begin en laat loop na bobaasflank Jan Ellis, wat ’n losskrum afdwing. Sy sewe makkers het ingeklim, die bal het suiwer uitgekom en kaptein Dawie de Villiers het die oortjies steelkant om platgetrek en sy span se tweede drie gedruk. Piet Visagie het 'n moeilike skuinsskop oorgestuur en die Springbokke het die eerste keer voorgeloop met nog net tien minute speeltyd oor. Die telling 11-6. Met vyf minute speeltyd oor het ons die eienaardigste drie wat ’n mens jou kan voorstel, gesien. Die Franse het desperaat uit hulle eie gebied begin aanval. Die klein Springbok Eben Olivier, heeltemal uit sy aard, want hy kon net aanval, plettervat Dourthe binne die Franse se kwartgebied. Nomis skop die bal oor die doellyn met die heelagter Magois uit posisie. Syd sit die bal agterna en struikel twee keer as gevolg van ’n kramp, maar kruipval op die bal net voordat dit in die skemerte oor die doellyn rol. Visagie maak dit 16-6. Dit was ’n welverdiende beloning vir die Joodjie wat net voor rustyd 'n steekskoppie van Visagie agternagesit en toegeval het. Die skeidsregter het beslis die bal was oor die doodlyn. Die TV-opname het nie met hom saamgestem nie.

’n Fransman se geaardheid is van so ’n aard dat hy nie sommer tou opgooi nie. In beseringstyd begin heelagter Henri Magois 'n beweging onder sy pale. Hy stel die klein Jean-Pierre Luc in besit vir 'n dartelende lopie al langs die kantlyn tot in die Springbokke se kwartgebied. Hy skop dwars vir Dauga, wat vasvat en na die groot ligtekopslot Eli Cester laat loop vir 'n drie onder die pale. Losskakel Henry Paries vervyf en met die eindtelling op 16-11 verlaat die Springbokke en Franse Hane die Colombes Stadion onder groot applous. Ek sien nou nog hoe Richard Breeze in die persbank regop staan en hande klap.

Die vorige aand het ek saam met dok Danie Craven ’n ete in ’n restaurant in die mark in Parys bygewoon. Daardie aand het ek besef dat Dok in die rugbywêreld beslis Meneer Rugby is. Dit was 'n luukse restaurant waar ’n groot orkes sagte, strelende Mantovani-musiek gespeel het. Dok het ’n pak klere aangehad. Die dirigent het met sy gesig na die ingang gestaan. Toe Dok en ek in die voordeur verskyn, het die dirigent die orkes stilgemaak. Hulle het Sarie Marais begin speel. Die gaste het omgedraai en in die rigting van Dok gekyk. ’n Verbaasde Dok het gaan stilstaan en ek het eenkant toe beweeg en saam met die volgepakte restaurant se gaste luid hande geklap. Meneer Rugby is nie alleen deur die dirigent herken nie. Ook die gaste, wat seker almal die volgende dag die toets, wat soos jy sal onthou deur Dok Craven as 'n rugbymodel beskryf is, bygewoon het. Daardie dae was rugby nog ’n spel. Deesdae is dit deur en deur ’n sakeonderneming - sonder die trots en glorie van ouds. Ek vrees die blikkie se boom gaan nog uitval. Die ou spreekwoord "geld is die wortel van alle kwaad” is tog so waar.

Groete

 Van Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1921 gaste aanlyn