NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dit gebeur so maklik dat ons as gevolg van ons emosies sondig; die oomblik as jou 'eie ek' seergemaak word, veg jy terug vir die beste vir jouself maar sonder om te dink hoe selfs onskuldige mense dikwels in die proses seerkry. Al wat ons in hierdie verlore toestand kan red, is die genade van God. Bid dat die Here jou wysheid, insig, geduld en 'n vergewensgesindheid sal gee sodat jy met selfbeheersing kan leef.

BRIEWE AAN CHARLES (9)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

Onpartydige skeidsregters

"Die skrik was groot toe die Springbokke sommer na tien minute se spel 6-0 agtergeloop het. Die beroemde Britse Leeu, en een van die beste skrumskakels wat ooit vir hulle gespeel het, Gareth Edwards, het blitsig steelkant om beweeg."

Beste Charles,

Onthou jy, jy en ek moes in die beginjare van ons sportuitsaaiery hier in ons land van die trein gebruik maak. Jy het altyd verkies om die kontant gelykstaande aan ’n retoerkaartjie te neem en per motor te reis. Veral na Port Elizabeth en van daar na die Kaap. Die krieket was gewoonlik oor die Kersgety in Port Elizabeth en oor die Nuwejaar in Kaapstad, waar daar ook altyd 'n tweede Nuwejaarsdag gevier is. Nuweland se krieketstadion was in hierdie dae altyd volgepak. Dit is so jammer dat jy nie Afrikaans verstaan het nie, want dit was altyd ’n groot ondervinding om te luister na al die sêgoed wat die bruinmense kwytgeraak het. Hulle gunstelingsitplekke was op die gras onder die eikebome links voor ons kommentaarhokkies. Baie kere het hulle ook tong in die kies na ons twee gekap.

Dit was eers later dat ek uitgevind het waarom jy die Kaapse toertjie per motor aangepak het. Dit was dié tyd van die jaar wat ’n huisvriendin uit Engeland kom kuier het. Sy het die motor bestuur. Vroutjie Daphne, wat oor die groot tye elders gekuier het, het nooit hierteen kapsie gemaak het. Jy het haar nooit aan my voorgestel nie. Net eenkeer het jy genoem dat ’n vriendin uit jou geboorteland byjulle kuier.

Op die kriekettoer van 1965 in Engeland het ek agtergekom hoekom jy nie saam met ons per bus reis nie. Sy was jou motorbestuurder. Ek onthou hoe jy op ’n dag op 'n baie slim wyse reklame verleen het aan die voortreflikhede van die motor en die vervaardigers. Toe ek die oggend by Lords arriveer, het die motortjie in die parkeerarea vir BBP’s gestaan. In jou eerste kommentaarbeurt het jy vertel hoe die voortreflike motortjie voor die hotel gesteel is. Dit was 'n beskrywing wat selfs ’n negentien-voertsek-tjor na ’n nuwe voertuig sou laat klink het. Toe het ek besef dat die advertensie wat jy wettig oor die radio laat klink het, die betaling was vir die gebruik van die "Super blue Morris Minor. Registration number...”

Daar was net 'n glinstering in jou oë toe jy besef het dat ek dwarsdeur jou vertelling van die “diefstal” gesien het.

Op oorsese toere het ons altyd ekonomiese klas gevlieg. Tog was daar 'n geleentheid waar goeie oom Swannie aan my ’n eersteklasvlugkaartjie laat uitreik het. Dit was op die Springboktoer van Hannes Marais se span na Australië. Jy was nie saam nie. Dit is jammer, want dit was die eerste Springbokspan wat 'n volle toer onoorwonne voltooi het. Hoe het jy altyd gesê?: “If you travel with a winning team you’re regarded as a great commentator, but vice versa if it’s a losing team.” Gelukkig het ons twee net saam met wenspanne gereis. Tog was die grootste ontvangs wat my te beurt geval het, dié  een saam met die verloorspan van Dawie de Villiers met ons terugkeer uit die Britse Eilande in Januarie 1970.

Ek dink die oorweldigende ontvangs was maar as gevolg van die unieke aard van die toer. Dit is die "betogertoer” gedoop. Dit was nie ’n wenspan nie, maar ek kon die manewales van die betogers uitbuit om ’n wenresep in my kommentaar te verseker. Ek moet erken dat ek soms die rekordaantal luisteraars in Suid-Afrika onnodig opgesweep het. Daardie dae was lang hare vir mans mode. In ons land het die mode nog nie heeltemal posgevat nie, en toe ek die spulletjie in die Britse Eilande as die “langhare” beskryf, is die mode hier nog langer vertraag. Ek moet sê daar was min van hulle, man of meisie, met skoon hare. Op die punt was ek dan ook nie verkeerd toe ek van die slordige hare gepraat het nie. Miskien moes ek ook in ag geneem het dat wasskottelvyandskap vir baie van die Engelse jeug hoogmode was. Vandag is dit weer die era van die kort hare. Soms lyk party maar koddig, maar darem altyd netjies en nogal skoon.

Nog 'n rede vir die grootste ontvangs wat ’n sportspan so ver te beurt geval het, was die uitslag en die gehalte van die rugby in die laaste wedstryd tussen die Springbokke en die Britse Barbarians op Twickenham.

Dit was die mooiste wedstryd van die toer, nieteenstaande ’n bomdreigement met ons aankoms in Londen, brand- en rookbomme wat op die speelveld gegooi is en duimspykers wat met 'n groot magneet verwyder moes word. Vandag besef ek dit het alles bygedra tot die bitsige dinge wat ek oor die lug kwytgeraak het. Dit was ook die rede vir die lasterlike en kastige kennersmening wat ek in ’n boek oor die toer geskryf het. Dit daar gelaat, ek was besig om jou te vertel van die mooiste wedstryd.

Die skrik was groot toe die Springbokke sommer na tien minute se spel 6-0 agtergeloop het. Die beroemde Britse Leeu, en een van die beste skrumskakels wat ooit vir hulle gespeel het, Gareth Edwards, het blitsig steelkant om beweeg. Die klein mannetjie van Wallis het na binne gevoer en die vriendelike Skot Roger Arneil het in die hoek oorgeduik. Terloops, Arneil was een van die aangenaamste rugbyspelers saam met wie ek deur ons land getoer het. Hy was 'n Britse Leeu in die span van Tom Kiernan in 1968.

Toe volg een van die allermooiste lopies wat ’n mens op ’n rugbyveld kan sien. Een van die beste senters wat Engeland opgelewer het, Dave Duckham, druk in die hoekie nadat hy 65 tree met die bal genael het. Selfs die betogers moes vir ’n wyle hulle manewales los en applous gee.

Daar was tien minute se spel in die eerste helfte oor toe die eerste tekens van die werklike vasberadenheid van die manne in Groen en Goud gekom het om hierdie laaste wedstryd op die ongewone rugbytoer te wen.

Die beweging wat op die Springbokke se eerste drie uitgeloop het, was net so opwindend soos die lopie van Duckham. Dawie het diep in Springbokgebied pragtig gebreek. Mike Lawless was daar om die bal verder te voer voordat hy Syd Nomis in besit gestel het. Hy het na Mike Jennings laat loop, wat sterk gehardloop het voordat hy sy kaptein vir ’n tweede keer laat hanteer het. Jan Ellis kry die bal en met die bal in die een hand nael hy met mag en mening vir 25 tree om in die hoek te druk. Dawie de Villiers het self die doelskop waargeneem en die skuins skop was twee punte werd.

Die eenpuntagterstand van die Bokke was van korte duur, want nog 'n drie is in die hoek gedruk toe die Engelse senter Spencer vinnig gebreek en sy spanmaat Duggan gedruk het. Die Barbarians kon ook nie die drie vervyf nie en het 9-5 voorgeloop. Net voor rustyd slaag Dawie met ’n 35 tree strafskop en daar is weer 'n agterstand van net eeri punt.

Vroeg in die tweede helfte het die Springbokke vir die eerste keer voor¬geloop toe hulle 'n vaskop gehaak het en Lawless met ’n blitsige skepskop drie punte op die telbord geplaas het. Die 11-9 het 16-9 geword toe Piet Greyling 'n los bai netjies opgeraap het en die Matie Andy van der Watt in die hoek oorgestuur het. Dit was die mooiste van De Villiers se drie doelskoppe.

Die grootste oomblikke van opwinding het gekom twaalf minute voor die einde van die wedstryd. Senter Johan van der Merwe het ’n beweging begin en Lawless het handjie bygesit om die spel verder te voer voordat hy die bal aan Jan Ellis gegee het, wat koers gekry het doellyn toe. Wanneer Jan Ellis hardloop, lyk dit of hy lui-stadig beweeg, maar sy lang, kragtige tree is dikwels vinniger as die kort treetjies van die agterspelers. Nieteenstaande sy dertig tree doellyn toe met die bal in sy een groot hand kon ek in my kommentaar net drie keer met groot opwinding “JANNIE ... JANNIE ... JANNIE!” laat hoor. Dit was Dawie se derde doelskop. Ten spyte van 'n pasella-drie in die doodsnikke deur vaskopstut Keith Fairbrother het die span wat soveel frustrasie en vernedering moes verduur, ’n skitterende wedstryd met 21-12 gewen.

Die room van die Britse Eilande is geklop en dit het vergoed vir die nederlae teen Skotland en Engeland en die geiykopbeslissings met behulp van sogenaamde onpartydige skeidsregters in die wedstryde teen lerland en Wallis.

In die wedstryd teen lerland op Landsdowne Road in Dublin was die skeidsregter mnr. T.F.E. Grierson van Skotland. Voor dertigduisend toe- skouers in die pragtige stadion het Andy van der Watt 'n drie gedruk wat nie deur die skeidsregter toegeken is nie. Die TV het later bevestig dat dit wel ’n drie was. Die Springbokke het in beseringstyd met 8-5 voorgeloop. Mnr. Grierson het nege minute beseringstyd toegelaat totdat hy ’n strafskop voor die pale toegeken het wat die kaptein van lerland, Tom Kiernan, deurgeklits het om die eindtelling gelykop te maak.

In die modderwedstryd op die beroemde Cardiff Arms Park teen Wallis, die drie-en-twintigste wedstryd op die toer en die vierde en laaste toets, moes die span tevrede wees met 'n telling van ses punte elk. Soos teen lerland, moes die Springbokke sien hoedat die gelykmakende punte in die laaste oomblikke deur Wallis aangeteken word. Die kaptein van Wallis, Gareth Edwards, het in die hoek gedruk.

In die wedstryd waarin Frik du Preez ’n rekord opgestel het vir 'n voorspeler deur in sy 29ste toets te speel, een meer as Johan Claassen, was die skeidsregter, lugkommandeur Larry Lamb van Engeland, in ’n voorval betrokke. Wallis het onkant voor hulle pale gespeel. Hy het nie die strafskop wat verseker drie punte sou beteken het, toegeken nie. ’n Skrum is beveel. Langs my het ’n opgewonde Walliese toeskouer my aanhoudend in die ribbekas gepomp. "Tell them, tell them, that’s a penalty, man.” Ek het in die pawiljoen tussen die toeskouers gesit en uitsaai. Koerantman wyle Leon Gouws moes die Wallieser stilmaak. Jannie le Roux, destydse president van die Transvaalse Rugby-unie, het tussen die gaste gesit. Jannie se opmerking: “But surely, that’s a penalty” word deur die gryskop voor hom beantwoord heeltemal in teenstelling met wat die perd langs my gesê het: “What do you think will happen to an English referee giving a penalty in front of the posts of Wales?” Jannie met sy stoute laggie in sy stem: “Will they tar and feather him?” In sterk Walliese aksent kom die antwoord ewe ernstig: “No me boy, thee’ll kill him.”

Terwyl ek nou oor die dinge gesels, kan ek jou sommer ook van die optrede van die twee skeidsregters in die toetse wat ons verloor het, vertel.

Die eerste toets was op die geskiedkundige Murrayfield waar die Springbokke van 1951/52 met 44-0 teen Skotland gewen het. Op 6 Desember 1969 het die volgende gebeur: Die kaptein, Dawie de Villiers, was in die bed met griep. Senter Tonie Roux van Noord-Transvaal en haker Charlie Cockrell van die WP het die eerste keer vir Suid-Afrika gespeel. Skotland wen met ses punte teenoor drie. Al hulle punte, 'n drie en ’n strafdoel, is aangeteken deur die heelagter I.S.G. Smith, wat ook sy internasionale buiging gemaak het. Losskakel Piet Visagie het met ’n strafskop vir Suid-Afrika se punte gesorg.

Die skeidsregter was mnr. Meirion Joseph van Wallis. Naby Skotland se doellyn het Dirkie de Vos aan die kleinkantjie om gebreek en gedruk. Die skeidsregter beveel ’n skrum vir ’n Springbokfout, maar gee tog vir De Vos die bal om in te gooi. 'n Drie en ’n moontlike vyf punte vir die Springbokke is daarmee heen.

Die Sondagoggend het ek sit en koerant lees toe iemand voor my vra wat ek van die toets gedink het. Toe ek opkyk, is dit mnr. Joseph wat voor my staan. Ek se: “May I ask you a question?” Sy antwoord: “You want to ask me about that try. I’m sorry I unintentionally robbed you of a try.” In my gedagte kon ek maar net se: “Dis nou mooi, dis nou bleddie mooi."

In die ander verloortoets, dit was op Twickenham in Londen op Saterdag 20 Desember, was die skeidsregter mnr. K.D. Kelleher van lerland. Weer het ek besluit dat sogenaamde onverbonde skeidsregters in die Britse Eilande 'n foefie is en dat bloed beslis dikker as water is. Die wendrie wat deur die Engelse haker, John Pullen, “gedruk” is, was geen drie nie. Die bal is deur- geskop en Dawie het agter die doellyn daarop geval en doodgedruk. Pullen kom deurgehardloop en druk op sy beurt die bal. Mnr. Kelleher ken die drie toe. Engeland wen 11-8.

Nou sal jy dalk verstaan waarom ons vriend, Daan Eksteen, wat die opsommings vir my in die wedstryd op Saterdag 31 Januarie 1970 teen die Britse Barbarians (wat eintlik ’n Britse Leeuspan was) gedoen het, van pure trots gehuil het toe hy aan die einde van die pragtige wedstryd op die lug was. By ons in die kommentaarhok het die klein Springboksenter Eben Olivier met betraande oe geluister en ek moes die mikrofoon by Daan oorneem want hy was te emosioneel, hy kon nie verder nie.

Frik du Preez het vir my die optrede van skeidsregters mooi ontleed. In 'n wedstryd waar die Springbokke liederlik verkul is, het die manne lelik gemor toe hulle die veld verlaat. Frik, wat voor geloop het, het gaan staan en die span op kenmerkende wyse opgebeur. “Wat de hel moan julle so? Dis die beste bleddie ou skeidsregter teen wie ons ooit gespeel het.”

Maar ek het afgedwaal. Ek het begin om jou te vertel van die keer wat ek op pad Australië toe was met die eersteklasvlugkaartjie danksy oom Swannie se goedhartigheid. Ek het net aan die eerste bottel rooiwyn begin proe saam met die vyfsterete toe ek kos en wyn en al deur die Springbokke met Hannes Marais aan die voorpunt uit die eersteklaskajuit verwyder is. Ek moes by hulle sit. “Van wanneer af het jy so blerrie ghrend geword? Sit hier en bestel vir ons ook wyn op die huis.” Ek moet sê die lugdienspersoneel was nie suinig nie.

Dit is op die vlug wat Frik du Preez my so ewe vertel het dat daar 'n “moffie” in die Springbokspan is. Toe ek wou weet wie dit is, was sy antwoord: “Soen my, dan sê ek jou.” Ek het sy grappie gesnap en hom gevra om dieselfde vraag aan Piston van Wyk te vra. Nou kyk, Pissie was bekommerd oor wat op ons in Australië wag en duidelik nie lus vir nonsens nie. Frik en ek het reeds ’n betogertoer agter die rug. Ons het Piston nader geroep en Frik het die vraag in ’n baie vertroulike toon aan hom gestel. Piston het saggies, ernstig gevra: “Wie is dié ou d...?” Frik: “Soen my, dan sê ek jou." Piston: “Ag Frik, hou op twakpraat, wie is die ou?” Toe hy besef wat aangaan, het hy baie verleë saamgelag.

 

Groete

Gerhard

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1916 gaste aanlyn