NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die kosbaarste besitting wat jy ooit sal hê is jou geloof in Christus – alleen dan sal jy waarlik gelukkig wees al besit jy niks anders nie.

BRIEWE AAN CHARLES (13)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

"Wat bekend staan as Nic Swanepoel ...”

Beste Charles,

Ek weet dat jy min mense van die Afrikaanse Diens van die SAUK werklik goed geken het. Die meeste was vir jou net name. Tog wil ek jou vertel van een van die grootste karakters wat ek by die eens trotse en welvarende instansie waarvoor jy ook gewerk het, ontmoet en leer ken het. Ons twee het buiten ons belangstelling in sport ook baie gepraat oor Shakespeare en Robert Burns vir wie se werke hy 'n groot voorliefde het. Nic Swanepoel is ’n man vir die woord en het die stem om dit oor te dra. Vir diéboerseun is Burns se digkuns, soos hyself sê, “afgryslik" mooi. Dit is mos ’n treffende beskrywing van die werke van die man wat onder andere gesorg het vir die woorde van Auld iang syne, of hoe?

Nic nader nou ook al die sestig. Ek het hom in 1962 ontmoet toe ek voltyds vir die SAUK begin werk het. Hy is ’n maand voor my aangestel as omroeper/regisseur. Ons het dadelik aanklank gevind. Nooit het ons mekaar se drumpels deurgetrap nie, maar ons het deur al die jare ware vriende gebly.

Verlede week nog het ons op 'n perfekte dag wat net in die mooiste, mooiste maand, Oktober, beleef kan word, saam onder 'n reuse papierbasboom, soos hy sê, ’n “knerts” gemaak. Dit was op die sewentigste verjaardag van ons vriend en oud-SAUK-baas, Pieter de Bruyn. Drie pensioenarisse in die jaar van ons Lieven Heer, 1996. Daar was ander mense ook teenwoordig. Almal se blaas het maar na aan hulle oë gesit toe daar geluister is na Nic se heildronk op Pieter. Die oë het nat gebly toe Pieter hierop geantwoord het. Hy is self 'n woordkunstenaar met, soos jy weet, een van die mooiste stemme waarna jy kan droom om te luister. Pieter het gewaggemaak van die woorde in die Groot Boek. Daar waar gesê word dat die verwagte ouderdom van die mens sewentig jaar is of as hy baie sterk is, tagtig. Nic het ingetjip met ’n pittige aanmerking: “Wees nie bekommerd nie, ou swaer, dit is die woorde van oorle Moses.” Langs Nic het Maryna se ma gesit wat die volgende dag haar 89ste verjaardag gevier het. Haar brein is nog helder en daar is nog ’n vonkel in haar oog. Dit het my onwillekeurig laat terugdink aan die aand toe Pieter ’n heildronk ingestel het op Nic se 50ste verjaardag. Hy het die ouderdom genoem en daarop gewys dat “Swannas", dis nou soos sy vriende hom noem, slegs vyftig jaar oud is maar die lewe so voluit geniet dat hy eintlik al honderd jaar geleef het.

Van ek hom ken, rook hy sterk, ongekurkte sigarette. Die wat ek gerook het was miskien net so sterk, maar net nie ongekurk nie. Wanneer ek nie op toer was nie en verveeld op kantoor sit en wag het om te kan ry om sport uit te saai, het hy dikwels by my ingestap en ons het ’n “sterke” saam gerook. Ons het oor ander dinge as SAUK-dinge gepraat. Jy kon Nic in sy latere jare by die SAUK ook nie baie op kantoor kry nie. Jy sou hom tien teen een vind in die M.O.T.H. Hall se kroegie waar hy die ondervindinge van die veterane uit die Tweede Wêreldoorlog beluister het. Daar was Engelse, Duitsers en Afrikaners. Hulle het klaar baklei en het dit net geniet om met 'n gunstelingdrankie in die hand te vertel en te luister. Nic was hulle man en of hy nou gesing het of vir hulle voorgedra het, hulle het geluister en meegedoen.

Vandag is sy kuiers by die “Motte” en die bekende era waarin hy met ’n perfekte welluidende stem op die radio nuus gelees het, boeke voorgelees of voorgedra het iets van die verlede en net ’n heerlike herinnering. Hy het ’n pakket aanvaar en beweeg deesdae baie moeilik as gevolg van bloedsomloopprobleme.

Sy vertellings, soos net hy dit kan doen, is steeds ’n unieke ondervinding om na te luister. Hy rook steeds die ongekurkte sigarette en as ons so bymekaar kom, vra hy altyd: “Wat van ’n sterke, ou greatest?” Hy noem my al jare so. Hy was die regisseur van die radiodrama Moby Dick en ek het die rol van Agab vertolk. Hy was blykbaar baie beïndruk, want van toe af was dit sy naam vir my. Ek kan vanweë my operasie nie meer rook nie, maar neem graag ’n sterke by hom en sit sommer net daaraan en “puff”. Ek geniet sy geselskap. Hy met ’n glasie droë wit in die hand en ek met die beste uit Skotland.

Daar is baie stories en ondervindinge van Swannas waarvan ek jou kan vertel, maar dit sal baie hoofstukke in beslag neem. Wanneer hy 'n storie vertel - daar is baie wat ek al meer as een keer gehoor het - word daar elke keer ’n stertjie bygelas. So byvoorbeeld het hy een aand na ’n rugbywedstryd op Loftus Versfeld sy “welcome overstay” by die funksie na die wedstryd. Die man saam met wie hy van Johannesburg af gery het, het reeds vroegaand verkas en sy eie motor het by die M.O.T.H.-saal naby Braamfonteinstasie gestaan. Hy moes 'n laatnagtrein vanaf Pretoria-stasie haal. Toe die trein die perron intrek, het die drywer hom herken en hom genooi om voor by hom te kom sit. Hy het op die rit, wat hy volledig beskryf, selfs die geluide van die ysterwiele oor die laste, geleentheid gekry om die vol trein “wat bekend staan as te dryf” tot in Braamfontein se rangeerwerf. Toe ek die verhaal die eerste keer gehoor het, moes hy deur drie rye spoorwegwaens klouter om by sy motor uit te kom. Die laaste keer wat ek met smaak na dieselfde vertelling geluister het, het die rye waens aangegroei tot naby die twintig. Hy was na elkeen van die beskrywings van die geskiedkundige rit baie meer uitgeput toe hy by die parkeerterrein van die M.O.T.H.-saal aangekom het.

Charles, nou kom ek by die eintlike storie wat ek jou wou vertel. Ek moes 'n wedstryd in Kimberley gaan uitsaai tussen Griekwas en die Westelike Provinsie. Dit was juis in die jare toe die manne van die WP my so beskuldig het van partydigheid. Ek het ’n sagte plekkie vir Griekwas gehad en het myself voorgeneem om niks te sê wat die manne anderkant die Hexrivier- berge meer water op hulle meul sal gee nie.

Ek was nog besig om my voor te berei vir die uitsending toe Nic saam met twee van ons vriende die destydse “nuwe” kommentaarhok op die dak van die hoofpawiljoen van die De Beers Stadion binnekom. Dit het gelyk of hy kruppel loop en het gelag dat die trane loop toe hy my sy een skoen se hak wys wat hy uit sy sak haal. Sy hak het losgekom as gevolg van die spykers wat uitgetrek het. lemand het aan hom die raad gegee om weer bo-op die hak te spring sodat die spykers weer hulle werk kon doen. Dit was gekkeraad, want die spykers het met die springslag heeltemal plat gebuig.

Die twee vriende saam met hom was Paul Eilers en Flip Theron, albei manne wat diep spore in die radio- en filmwêreld getrap het. Paul was in Kimberley op skool en saam met Nic ’n groot ondersteuner van Griekwas. Flip se span was die WP. Die drie van hulle het al die pad per motor van Johannesburg gekom om die groot wedstryd te kom kyk. Dit was te na aan die begin van die uitsending vir hulle om my van hulle rit en dies meer te vertel. Dit moes wag tot na die wedstryd.

Griekwas het in die eerste helfte kookwater vertoon en het op 'n kol met dertien punte teenoor nul voorgeloop. Dit was ’n moeilike uitsending. ledere keer as Griekwas punte aangeteken het, het Nic my op die voorkop gesoen en luid gejuig. Gelukkig het ek oor ’n lipmikrofoon uitgesaai. Agter my het Paul Eilers hande geklap terwyl Flip Theron hardop sy misnoeë te kenne gegee en die skeidsregter uitgeskel het. Soos die wedstryd gevorder het, het hulle al hoe meer spraaksamig en betrokke geraak. Ek kon nie sien wat hulle agter my rug doen nie. Dit was seker ook nie nodig nie, want daar was die onmiskenbare reuk van die bekendste produk uit Flip se geliefde Westelike Provinsie.

’n Harde wedstryd is uiteindelik deur die WP gewen en ek het met al die steurnisse in my kommentaarhok so objektief moontlik probeer bly. Ná die uitsending het ek hard met die manne gesels, maar water sou nie vinniger van ’n eend se rug kon afloop nie. Charles, ek huiwer om te dink wat jou reaksie sou gewees het.

Ek kon eers die hele situasie waardeer en daaroor lag toe ek die storie van hulle rit en alles wat daarmee gepaard gegaan het, hoor. Die hele rit het sy ontstaan die Vrydagmiddag voor die wedstryd by die M.O.T.H.-saal se gesellige kroegie gehad. Hulle drie was saam daar vir ’n “sundowner” na werk. Daar is gestry oor wie die wedstryd gaan wen en summier is daar besluit dat hulle baie vroeg die volgende dag sou ry om betyds vir die wedstryd te wees. Dit was geen probleem dat hulle nie kaartjies gehad het nie. Nic was seker dat ek nie sou omgee as hulle in die kommentaarhok staan nie. Ai tog! Ek is dankbaar dat ek net een keer so 'n besoek aan my kommentaarhok moes verduur.

Met hulle vroeë vertrek uit Johannesburg was daar nie tyd vir ontbyt nie. Op Wolmaransstad is daar vleis en die nodige drinkgoed gekoop. Buite die dorp is daar stilgehou om te braai. Die wind was, soos Nic sê, “wat bekend staan as stormsterkte”. 'n Stuk geroeste sinkplaat wat teen ’n vaalbos vasgewaai het, is as rooster gebruik. Die vuurtjie is brandgemaak in ’n droë sandsloot. Dit het nie juis veel teen die sterk westewind gehelp nie. Die hout was min en die vleis was nog half aan die rou kant en vol sand gewaai toe hulle dit langtand begin eet. Jy kan self dink hoe gril-irriterend die krasgeluid van sand onder die tande was. Die gevolg was dat Nic en Flip van die vog onder die prop moes gebruik om die mond uit te spoel en die sand af te sluk. Soos Flip later gesê het, hy eet nooit weer braaivleis sonder sand nie. Paul was destyds met ’n mediese dokter getroud en sy het vir hom ’n bottel alkoholvrye drank ingepak. Hy het die motor bestuur en nie van sy vriende se mondspoelmiddel gebruik gemaak nie. Sy bottel was in sy tas agter in die bagasiebak en dit is waar hy tydens die braai en etery 'n slukkie gaan vat het. Net buite Kimberley is daar vir oulaas stilgehou om “wat bekend staan as kamer te verlaat”. Paul het die bagasiebak oopgesluit vir die manne om hulle loopdop te neem en hy het groot slukke uit ’n bottel soortgelyk aan die een wat vroutjie ingepak het, geneem. In sy tas was die alkoholvrye inhoud van die bottel nog onaangeraak. So het die drie dan op min of meer dieselfde golflengte by my in die kommentaarhok aangekom, wat my ’n nagmerrie-uitsending laat beleef het. Hulle was ook by die onthaal ná die wedstryd teenwoordig en daar het hulle aan talle belangstellende en bekommerde “fans” gesê dat Nic se “gebrek” is dat sy een been korter as die ander een is.

Ek het hulle vroegaand tot siens gesê, want Paul wou sy makkers “Kimberley by night”, wat hy en ek na jare se verblyf daar goed geken het, gaan wys. Nic het eers laat Maandag by my in die kantoor gekom om saam met my ’n sterke te rook. Dit is toe dat hy my die nadraai van hulle besoek aan Kimberley vertel het.

Die aand ná die onthaal het 'n laatnagkuier saam met die spelers geword en vir hulle vroegoggend voordat hulle vir ’n uur of drie 'n uiltjie kon knip. Die gevolg was dat hulle die Sondag eers laat uit Kimberley kon wegkom. Teen die tyd wat hulle beloof het om tuis te wees was hulle eers so ver as Potchefstroom. Die nadors was groot en daar is by die hotel aangedoen. Daar was net een inwoner van die hotel in die sitkamer. Hy het duidelik een of twee te veel agter die blad gehad en het nie beswaar gehad om hulle volgens wet in te teken sodat hulle elkeen met 'n bier bedien kon word nie. Die bekommerde vroutjies moes gerusgestel word. Die telefoon was in die sitkamer en hulle het om die beurt geskakel. Daar is vertel dat hulle probleme met die motor het en dat hulle van die Grand Hotel in Bloemhof bel. Hulle sal dus baie laat tuis wees. Die ou wat hulle ingeteken het, het met 'n bekommerde uitdrukking op die gesig vir die derde keer na dieselfde storie geluister. Hy het sonder meer uitgestap en gaan seker maak dat hy wel by sy hotel is deur die naambord aandagtig te bestudeer. Sy lyftaal het gewys dat hy duidelik verlig was dat hy wel in Potchefstroom is.

Nic se vrou het swaar gesluk aan die storie van die skoen se hak en Paul se dokter kon nie verstaan dat hy niks gedrink het van die suiwer druiwesap wat sy met soveel liefde ingepak het nie.

Vir my was dit lank nog nie die einde van die episode nie. Ek is Nuweland toe om ’n wedstryd van die WP te gaan uitsaai. Ek het net begin om groot vriende te raak met die beamptes van die WP-Rugbyunie toe ek weer die aand by die onthaal die wind van voor gekry het. Ek is tromp-op deur wyle Hannes Pretorius, destydse President van die Westelike Provinsie Rugbyunie, beskuldig dat ek sy span in Kimberley verneder het in my uitsending deur so ’n ophef van Griekwas te maak. Daar moes op een of ander wyse ’n lekkasie oor die lug gewees het van die manewales van twee van my besoekers in die kommentaarhok tydens my uitsending. Dit het lank geduur voordat die persmanne nie meer vir my gelag het nie en oom Hannes my verskoning teen sy sin aanvaar het. Dit was verskonings ver verwyder van die werklikheid en ’n mens noem onder sulke omstandighede nie name nie.

Swannas en ek het saam die joppie van omroeper in Uitsaaihuis in Commissionerstraat geleer. Dit was heerlike werk en ons het ure in die ateljee na afloop van ons skof bly sit. Nie baie lank na ons aanstelling nie het ons ’n uitnodiging aanvaar om die voorvertoning van Jamie Uys se rolprent Dingaka by te woon. By die onthaal is aan elkeen van die gaste ’n houttrom met ’n springbokvel oorhandig. 'n Baie mooi geskenk. Ek moes die vroegoggendskof in die ateljee behartig en Nic moes met die aanvang van die destydse streeknuus om 1.25 nm. by my oorneem. Hy het my sommer 5 vm. na die ateljee vergesel, trom en al. Hy het my daardie oggend laat swaar leef. Hy het terwyl ek met aankondigings besig was, aanhoudend met sy vingers op die trom gespeel. Ek het verniet mooigepraat. Hy het aangehou met die speletjie totdat ek hardop oor die lug gelag het. Ek kon nie wag dat sy skof moes begin nie en het dit ook so aan hom gestel.

Hy het begin met: “Hier volg die streeknuus vir Transvaal gelees deur Nic Swanepoel.” Ek het my tande uitgehaal en vir hom met ’n papbek gesigte getrek. Hy moes onmiddellik die mikrofoon afskakel. Ek het geweet dat dit ’n gesig was waarvoor hy gelag het dat die trane loop. Daar was ’n volle minuut stilte terwyl hy my gesoebat het om asseblief die ateljee te verlaat. Hy het met werklike trane in die oë belowe dat hy my nooit weer tydens 'n uitsending so sal terroriseer nie. Die dag met die rugbyuitsending in Kimberley het die voorval in die ateljee in Johannesburg, soveel jaar gelede, seker maar verhoed dat ek my liederlik vererg en onverantwoordelik opgetree het.

Groetnis met lekker herinneringe,

Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1924 gaste aanlyn