NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons mag soos Dawid bid: "Red my van my vyande HERE! ...En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om... Slinger bliksem en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle!...  Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose." Ps 143,144,145.

BRIEWE AAN CHARLES (15)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

Ver in die ou Kalahari

Beste Charles,

Wanneer ons op Suid-Afrikaanse bodem uitgesaai het, was daar altyd tussen ons ’n baie goeie verstandhouding, naamlik dat die Afrikaanse Diens die kommentaarhok aan die linkerkant gebruik en die Engelse Diens die een aan die regterkant. Daar was net een uitsondering. Dit was op Upington waar ek op die dak van die hoofpawiljoen in die ope gesit het. Hieroor het ek geen klagte gehad nie, want ek het ’n pragtige uitsig van die plat sinkdak af oor die veld op die Danie Kuys Stadion gehad. Dit was een van my gunsteling uitsaaipunte. Ek kan my nie voorstel dat jy ooit van Upington af uitgesaai het nie. Jy het voorwaar 'n groot ondervinding misgeloop en nooit die wonderlike mense van die wêreld ontmoet of ooit hulle gasvryheid gesmaak nie.

Daar was ’n klompie gebeurtenisse en mense wat my besoeke aan Upington onvergeetlik gemaak het.

Met die aankoms van enige rugbyspan op die lughawe was daar altyd ’n groot verwelkoming. Sowel blankes as bruinmense het saamgedrom om te kom bladskud. By die hotel het daar gewoonlik nog honderde mense met dieselfde vriendelikheid op ons gewag. Die Oranje Hotel van Eben Mocke was in daardie dae ’n plattelandse hotel wat nie sy gelyke gehad het wat bediening en etes aanbetref nie. Op die lughawe was dr. Paul Barnard met sy aansteeklike laggie saam met Piet Celliers, stil, bekwame sekretaris van Noordwes- Kaapland. Hulle het die span altyd dadelik laat tuis voel in die oase van die Kalahari. Die vervoerreëlings was in die bekwame hande van ’n baie vriendelike en stewige kêrel, Peter Holmes. Paul was die President van die Unie en broer van die Noord-Transvaal-Springbok van weleer, Willem Barnard.

Ek moes altyd saam met Paul en Piet in die motor van die lughawe af na die hotel reis. Paul wou altyd ietsie meer van die besoekers weet. Piet se eerste vraag was altyd: “Kan ek vir jou ’n voertuig reël?”

In 1970, tydens die besoek van Brian Lochore se All Blacks, was oom Daantjie Josling burgemeester van Upington. Hy was ’n kort kêreltjie met 'n vriendelike glimlag. Die Engelse taal was soms vir hom nogal ’n probleem. Die onthaal wat deur die Stadsraad aangebied is, was uit die boonste rakke. Dit het die All Blacks nie lank geneem om te besluit dat hulle nog nie 'n lekkerny so besonders soos biltong geproe het nie. Daardie wêreld se biltong word nie sommer elders teëgekom nie.

Die dag in 1970 het oom Daantjie sy toespraak by die onthaal baie kort gehou. Hy was ’n groot ondersteuner van die radio en ek kon nie help om verleë van verbasing te lag nie toe hy so ewe afhaak met: “Ladies and gentlemen, we wish to welcome here today Mr Gerhard Viviers of the South African Broadcasting Corporation." Hy het net welkom gesê aan die span en almal versoek om die funksie te geniet. Daar was soos altyd te veel te ete en te drinke. Daar was die gasvrye Owen Davis en sy vrou Anita wat een aand tydens ons besoek ’n heerlike vleisbraai op hulle spogplaas aangebied het. Daar was 'n klompie All Blacks wat die jong huishulpe op die plaas lelik vir hulle “wickets” laat keer het, al was die wedstryd teen Noordwes-Kaapland slegs die vierde van die toer.

Die dag van die wedstryd was dit baie koud. Die aand het koerantman Phil Zaayman en ek voor die kameeldoringhout-kaggelvuur in die hotelsitkamer ontspan met ’n drankie. Ek met my Skotse wyntjie. Phil drink net bier. Ons was die enigste twee mense in die sitkamer. My werk vir die dag was afgehandel. Hy het vir Rapport verslag gedoen en dit was slegs Dinsdag. Toe ek opkyk staan daar 'n oubaas vir ons en loer, netjies uitgevat in ’n dubbelborspak, hoog uit die mode en duidelik ’n nommer of twee te klein. Hy het deur die dag se program geblaai en ons vergelyk met foto's van die All Blacks in die program. Hy het tot by ons gestap en ons baie deeglik bekyk terwyl hy ons foto’s in die program gesoek het. Toe kom sy vraag: “Excuse me, is julle All Blacks?” Ons het nie gelag nie. “Nee Oom, ons is nie. Daar staan een." Ek wys na Keith Murdoch wat by die ontvangstoonbank staan en na sy foto in die program. Die ou man stap tot by Murdoch en steek blad met die woorde “Excuse me, kan jy Afrikaans praat?" Daar het ons besef dat Murdoch ’n groot buffel is. Hy het nie die ou man se hand geneem nie, net ’n vierletterwoord gebrom en weggestap. Ons het later gehoor dat hy die aand by die rugbyonthaal skoorgesoek het met lede van Ammosal se span, wat in ’n voorwedstryd gespeel het. Hulle het nie sy vloekwoorde en gedrag waardeer nie. Toe hy dreig om met Springbok Piet Visagie handgemeen te raak het die Ammosalspan hom gou hardhandig spore laat maak.

Terug by die ou man. Hy was van die Agter-Kalahari, diep in die sewentig. Hy het duidelik baie jare laas ’n pak klere gedra, maar dit spesiaal vir die okkasie aangetrek. Hy het die honderde myle na Upington afgelê om met die manne uit die verre vreemde te gesels en hulle in sy wêreld te verwelkom. Dit is so jammer dat dit nie Brian Lochore of enige ander lid van die groot span was wat by die toonbank gestaan het nie. Ons het die ou man later aan een of twee All Blacks voorgestel en hulle handtekeninge vir hom bekom.

Nog ’n groot gees in daardie wêreld was oom Cassie Stadler. Vandag is hy ook nie meer daar nie. Die dag van die wedstryd het hy voor my op die sinkdak op sy sy gelê. Hy het die wedstryd dopgehou en terselfdertyd na my kommentaar geluister. Hy was 'n groot man met ’n groot hart. Baie na aan die sewe voet. Hy het diep in die Kalahari op oor die honderdduisend hektaar met bees geboer. Paul Barnard was sy persoonlike geneesheer en oom Cassie het nooit enige groot rugby op Upington misgeloop nie.

Ek het aan die begin van my uitsending vroeër die dag vertel van die wind wat waai. Ek was nie seker uit watter rigting nie. Oom Cassie het kliphard beduie: “Noord-wes, ou Gerhard.” Na die uitsending wou hy by my weet of ek darem ’n goeie bul tussen my ou paar besies op my grondjie naby Brits het. Hy het sonder meer 'n geregistreerde Simmentalerbul aan my geskenk op voorwaarde dat ek die dier self by hom kom haal. Ek het, en wat ’n aangename kuier was dit nie. Op die lang pad terug het die pragtige dier by twee geleenthede byna daarin geslaag om die rieme te breek en van die voertuig af te spring.

Op 'n dag het Noordwes-Kaapland ’n wedstryd teen Transvaal gespeel. Daar was 'n uitnodiging van oom Cassie dat Jannie le Roux, destydse president van die Transvaalse Rugby-unie, oom Corrie Bornman, bestuurder van die span, dokter Paul Barnard en ek by hom kom jag. George Young, ’n ryk sakeman en loods van sy eie sessitplekvliegtuig, het ons vroegoggend op die jagtog geneem. Daar is ’n groot soutpan op die plaas waar oom Cassie ons met die landing ingewag het. In daardie stadium was die “Boeing reeds verby”. Jy weet mos wat die uitdrukking beteken. Ons moes elkeen ’n proppie whisky sluk. Dit was oom Cassie se manier om ons welkom te heet met die woorde wat ek soveel keer van hom gehoor het, “a spot afore ye go”, terwyl hy elke proppie skink.

Die jagtog was by tye 'n skrikwekkende ondervinding. Oom Cassie het bestuur. Ek moes voor langs hom sit met die jagters agter op die bakkie. Hy het geen, soos die boer sê, respek vir die bakkie gehad nie. Die hoogte van ’n rooi Kalahari-sandduin het by hom geen saak gemaak nie. Hy het eenvoudig daarteen uitgejaag en op die kruin was ons ’n paar tree “airborne” voordat ons in die straat van die duin afgesak het op soek na springbok. Na nie baie duine nie het Jannie le Roux die eerste bok geskiet en moes hy die proppie sluk saam met die woorde “a spot afore ye go” as gelukwensing. Twee bakkies het die dag duin op en duin af gejaag en uiteindelik die gees gegee. Dit het ons gasheer nie gehinder nie. Hy het die volgende dag ’n bok vir ons elkeen by 'n slagter op Upington afgelaai om bewerk te word. Ons is die dag daarna elkeen met die swaar pakke vleis en biltong op 'n vlug terug Johannesburg toe. Ek twyfel of een van ons vir oorgewig bagasie betaal het. Ek kan nie onthou wie my bok geskiet het nie. Ek het toe nie meer gejag nie, maar dit was ’n welkome geskenk.

Charles, ek wil jou vertel van ’n jagtog wat ek meegemaak het wat my volkome van die sport genees het.

Die Walliese klubspan Cardiff het in ons land kom toer en 'n wedstryd teen Noordwes-Kaapland op Upington is by hul toerplan ingesluit. Nie een van die span het nog ooit ’n jaggeweer in die hand gehad nie, om nie eens te praat van ’n bok skiet nie. Die kaptein, Billy Hullin, het versoek dat vier van hulle op ’n jagtog geneem word waarna hulle weer by die res van die span in die Kalahari-Gemsbokpark sou aansluit. Ek is deur die Unie versoek om by hulle in die jagveld aan te sluit om hulle touwys te maak. Hulle het per ligte vliegtuig vertrek terwyl ’n oudpolisieman, ene Botha, en ek met ’n bakkie agterna is om die bokke terug te kan bring. Die jagseisoen was reeds gesluit maar die landdros op Upington het ’n spesiale permit uitgereik vir die skiet en vervoer van twee gemsbokke.

Die oudpolisieman was een van die eienaardigste karakters wat ek ooit teegekom het. Sy bakkie was splinternuut maar hy het geen respek vir die stuk masjinerie getoon nie. Een ding kan ek van hom sê: niemand kon soos hy op volspoed op die slegte sandpad bestuur nie. Agter op die bakkie het 'n kannetjie langs ’n kas brandewyn gesit en die jaggeweer vasgehou dat dit nie beskadig nie. Ek was dankbaar dat ek glad nie brandewyn gedrink het nie. Ek kon my oë nie glo nie. So elke vyftig myl of wat het Botha sy arm by die ruit uitgesteek en na Jantjie geroep. Hy is ’n bottel brandewyn in die hand gestop. Ek gril nou nog as ek dink hoe hy in die hitte die skoon drank afgesluk het. So ’n bottel was na drie maal se aangee leeg en is by die venster uitgegooi. Op die rit van oor die 300 myl het hy 'n paar keer stilgehou, soos ’n bees gebrul terwyl hy braak om dan weer net na ’n rukkie op Jantjie te roep. Ek het gevra om die bakkie te bestuur maar hy het dit as ’n belediging beskou. Ons het net voor die son gesak het by die jagkamp aangekom. Botha was miskien baie spraaksaam, maar het verder niks makeer nie. Op sy roep het Jantjie nader gedraf met ’n vol bottel brandewyn, maar nie een van die jagters het kans gesien om saam met hom te drink nie. Hy kon ook nie een van ons oorreed om saam met hom aan ’n speletjie wat hy “leeu-leeu” genoem het, deel te neem nie. Veral nie nadat hy aan ons beduie het hoe dit gespeel word nie. ’n Man klouter hande-viervoet teen 'n duin uit en die ander kry die geleentheid om te kyk wie die naaste aan hom kan skiet sonder om hom te tref. Ek het later vasgestel dat daar we! “leeu-leeu" in die Kalahari gespeel word en dat daar gelukkig nog geen ongevalle was nie.

Die volgende dag is ons met die bakkie die duineveld in op soek na gemsbokke. Ek voor langs Botha en Hullin en sy makkers agter saam met Jantjie, die geweer en die brandewyn. Die eerste bokke het weggehardloop nadat daar op hulle oorlog gemaak is en nie een skoot nader as 100 tree van hulle af was nie. Botha het beduie dat ons maar liewer vir hulle bokke swaar moet kwes sodat hulle dan net die doodskoot van naby kon gee. Ek het geweer houvas en toe ons die volgende bokke teen die duin gewaar, het hy stilgehou en die geweer geneem. Die man kon skiet. Hy het met twee skote die kruis van twee bokke afgeskiet.

Dit was daardie gesig van die verlamde bokke wat in die sand met die horings lê en gaffel het wat my laat besluit het dat jag nie meer vir my is nie. Botha het Billy Hullin tot tien tree van die bokke af vergesel waar hy hom breedvoerig ingelig het hoe om deur die teleskoop korrel te vat om die bokke uit hulle lyding te verlos. Hy het hom gewaarsku om nie nader te staan nie en hom en sy manne 'n lesing gegee oor hoe gevaarlik 'n gemsbok met die lang, skerp horings kan wees. Hullin het uiteindelik die bokke kopskote gegee en toe het elkeen van die Wallisers met geweer in die hand en een voet op die bok geposeer om op film verewig te word.

Al wat ek van die hele besoek aan die Kalahari geniet het, was die woorde van vleuel Maurice Richards. Hy het die vorige dag met sy rug teen ’n kameeldoringboom gesit en die sonsondergang bewonder. Ek het hom in 1968 ontmoet toe hy 'n lid van Tom Kiernan se Britse Leeus was. ’n Sonsondergang soos die kan ’n mens nêrens elders in die wêreld beleef nie. Al wat hy gesê het was: “How wonderful. I can hear the silence."

Botha en ek het die terugrit met die twee bokke aangepak. Net duskant Witdraai, dit is eintlik net ’n polisiepos in die Verre Kalahari, het ons met 'n pap agterwiel gesit. Daar moes ons agterkom dat daar geen domkrag op die nuwe bakkie van Botha is nie. Dis ’n eensame alleenwêreld maar wonder bo wonder het daar 'n voertuig van agter aangekom. Dit was ’n luitenant Le Roux van die polisie in Kimberley en sy motorbestuurder, ’n neef van my, konstabel Koen. Die vriendelike luitenant het ons gevra vir die permit vir die twee gemsbokke, maar Botha het dit by die huis vergeet. Dit was reeds donker en die manne het ons ’n flitslig en ’n domkrag geleen. Ons moes dit net by die polisiepos op Witdraai aflaai. Luitenant Le Roux sou intussen met die landdros op Upington skakel om te bevestig of daar wel ’n permit uitgereik is. Na ’n uur of twee het ons op Witdraai aangemeld. Die luitenant kon nog nie met die slingertelefoon kontak met Upington maak nie. Hy het ons vriendelik versoek om net geduld te gebruik en verskoning gemaak vir die oponthoud. Hy het aanhoudend probeer deurkom en uiteindelik kontak gemaak. Die landdros sou terugskakel. Hy was nie tuis nie. Teen die tyd was Botha baie ongeduldig en ongeskik en het kort-kort gaan kyk of Jantjie nog reg is. Dit was laatnag toe die landdros geskakel het en die uitreik van die permit bevestig het.

Dit is toe dat ek my vir Botha vererg het. Hy het die luitenant, wat maar net sy plig gedoen het, die kop gewas en afgesluit met die woorde: “Het jy al ooit van mnr. P.W. Botha gehoor? Die Minister van Verdediging. Nou kyk ou kêrel, ek is sy broer en ek kan jou verseker jy sal nie meer lank ’n polisieman wees nie." Luitenant Le Roux het verbasend kalm gebly. Ek het hom bedank vir sy hoflikheid en die koffie. Ek dink hy het geraai wat Botha kort-kort by die bakkie gaan maak het.

’n Ent van Witdraai af het die volgende gesprek tussen my en Botha plaasgevind: “Was dit nodig om so ongeskik te wees? Is mnr. P.W. Botha werklik jou broer?” “Ek ken die donner glad nie, maar ek is genoeg rondgeshunt toe ek nog 'n polisieman was. Ek het nie van die hardegat houding van die luitenantjie gehou nie.”

Ek het hom nie geantwoord nie en ons het nie ’n verdere woord oor die voorval gepraat nie.

Groete,

Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1928 gaste aanlyn