NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe ek jonger was het ek vir God vir alle dinge gevra sodat ek die lewe kon geniet. Noudat ek ouer geword het, sien ek dat God my die lewe gegee het sodat ek alle dinge kan geniet.  Leef voluit in die groot wonderwerk van die LEWE!

BRIEWE AAN CHARLES (20)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

Gister se dinge

Beste Charles,

Charles, ek weet nie of jy dit ook ondervind het nie. Hoe ouer ek word, hoe meer dwaal my gedagtes na die verre verlede. Dit is seker hoekom my vertellings aan jou nie in chronologiese volgorde is nie. Ek het reeds in November 1995 met jou begin gesels. Dis nou al November 1996 en ek praat nog steeds. Gelukkig nie elke dag nie, want anders sou die skrywe van my al baie dikker as die ou Hollandse Bybel gewees het.

In die Lyric Theatre in die destydse Mafeking waarvan ek jou vertel het, het my liefde vir die avontuur in die natuur begin. Voordat ek Johnny Weissmuller as Edgar Rice Burroughs se Tarzan of the Apes leer ken het, het ek die film Trader Horn in die ou saaltjie gesien. Dit was ook voordat ek daar "Assistant Operator” was en die eienaar se dogter, Joan, se handjie houvas het.

Ag, ek was sommer nog 'n kannetjie toe ek die Horn-kêrel se ondervindings in Afrika gesien en bewonder het. Baie jare later, toe ek in Kimberley gewoon en gewerk het, het die fliek Trader Horn in 'n bioskoop daar gedraai. Ek het weer gaan kyk. Die skote van die diere het my steeds gefassineer, maar ek kon nie help om te glimlag vir amateuragtige en onkundige dialoog nie. Daar is een sinnetjie wat ek baie goed onthou. Horn stap saam met iemand in die veld verby ’n troppie hartebeeste en sê so ewe: “Those are called Hard Beasts, because their skins are so hard.” Die kameraskote van al die diere kon ek nog net so geniet as toe ek grootoog in die Lyric Theatre daarna sit en kyk het. Die dinge het gemaak dat ek soos ’n Tarzan in die oerwoud tussen die wilde diere wou leef. Ek wou soos ’n Trader Horn deur Afrika stap en die natuur bewonder.

Ek was in standerd ses toe ek met twee maats afgespreek het om die dinge te gaan beproef. Ek het gedroom van nagte waar ek in die mik van 'n groot boom onder die sterrehemel lê en die naggeluide beluister. Ek het toe reeds Sangiro se Uit Oerwoud en Vlakte oor en oor gelees. Ek wou self die nagte gaan beleef soos hy dit beskryf het. “Dis nag, nag in die onbetrede dieptes van die eeue-oue bergwoud. ’n Misreëntjie sif saggies neer op die see van blare bo.” Die woorde is miskien nie presies soos hy dit geskryf het nie maar onthou, ek diep dit nou op tussen die spinnerakke van oor die sestig jaar gelede.

Terug by ons planne om te gaan Tarzan speel in die destydse Rhodesië. Johannes Bender en ek sou sorg vir die messe en ander wapens. Willie Reid sou sorg vir ’n sakgeldjie. Ons al drie was vir iets te ete en dinge soos koffie, suiker en 'n blikbeker verantwoordelik. Ai Charles, ons kan gelukkig wees dat dit in die dae was toe sulke dinge nog beskou was as kattekwaad. Ek het my ou Dad se 38-rewolwer en patrone in ons goed versteekte rugsak gepak. Bender het sy pa, oom Flippie, dae lank laat soek na sy beste pyp wat saam met ’n hele sakkie Springboktabak verdwyn het. Ons sou die pyp saans om die kampvuur rook terwyl ons ons toekoms beplan. Ons sou bespreek op watter ouderdom ons sou terugkeer na Mafeking om vir ons elkeen ’n vrou te haal wat saam met ons soos Tarzan se Jane in die oerwoud sou kom woon. Reid was ’n koorseun in die Anglikaanse Kerk in Mafeking. Die seuns het die bydraes opgeneem. Hy het gesorg vir vyf sjielings uit die kollektebord. Ek sidder as ek daaraan dink dat ons met die onverantwoordelike dade vandag in ’n sel vir jeugmisdadigers kon beland het.

Ons het gestap tot op Ramathlabama. Dit was die grens tussen Suid-Afrika en “Brits-Bechuanaland Protektoraat”. Vandag Botswana, ’n Goederetrein was op die punt om na Mafeking te vertrek. Willie Reid het koue voete gekry en wou nie verder saam met ons nie. Hy het besluit om die trein huis toe te haal. Hy het ons ’n halfkroon van die kollektegeld gegee en belowe dat hy niemand sal sê waar ons is nie. Ek moet sê, ek het ook koue voete begin kry maar wou nie soos 'n “sissie” tou opgooi nie. Ek glo Johannes het ook so gevoel.

Toe die son sak, was Reid al ’n uur of twee weg. ’n Ent van die stasie het ons vuur gemaak en ’n ribbetjie op die kole gesit. Die naggeluide was grillerig, veral die gehuil van die jakkalse wat die vleisreuk gekry het. Die Tarzan-spelery was teen die tyd heeltemal uit my gedagtes. Dit was ’n verligting toe ek 'n bekende stem in die pad hoor roep: “Bredenkamp! Het jy die donners gekry?” Dit was die stem van sersant Gey van Pittius. Bredenkamp was 'n konstabel in die Polisie. Hy het later jare my swaer geword. Sersant Gey het aan Bredenkamp instruksie gegee om verder in die rigting van Lobatsi te soek. Hyself sou stadig terugry in die rigting van Mafeking. Johannes en ek was eintlik bly dat Willie sy woord verbreek het. Ons het dadelik gemaak vir die grondpad en daar gewag vir sersant Van Pittius om verby te kom. Sy motor het van agter by ons verbygery en gestop. Die registrasienommer CBN 10 was aan ons albei bekend.

Nou kyk, sersant Gey van Pittius kon swets soos jy nog nie gehoor het nie. Dit het vir ons soos musiek gekiink, want nou kon hy ons twee banggatte oplaai huistoe. Gelukkig was dit die dae wat ’n goeie pak slae nog ’n instelling by skole was. Vir die week wat ons skool “geslip" het en die skande wat ons gemaak het, het ons elkeen ses van die bestes met die rottang gekry. Ek het ook besef dat ek baie huisvas was. My ma was in die motor toe sersant Gey ons opgelaai het. Toe ek haar sien, het ek begin tjank. My pa was in daardie stadium op 'n kursus by die Polisiekollege in Pretoria.

Van my pa gepraat: Ek moet jou vertel dat hy een van die slimstes in die trotse Suid-Afrikaanse Polisie van daardie jare was. Hy het alle polisie-eksamens wat hy afgelê het, met lot en eerste in die Unie van Suid-Afrika geslaag.

Waar hy die hoogste rang in die Polisie verdien het, is hy nooit verder as eersteklas-sersant bevorder nie. Hy was 'n te groot bedreiging vir ’n ou garde aan wie offisiersrange sonder meriete toegeken is. Deel van sy pligte was dié van Publieke Aanklaer. Menige advokaat het hulle vasgeloop teen sy briljante wetsbrein. Hy was landwyd daarvoor bekend.

Hy was ook ’n groot natuurliefhebber en dit was vir my ’n groot voorreg om saam met my ouers my eerste besoek aan die Kruger-Wildtuin te bring. Dit was in 1954. Deesdae is ek ’n gereelde besoeker aan die natuurparadys.

Ek was maar ’n lakse skolier. “Huiswerk", soos ons opdragte van onderwysers destyds genoem het, was nie vir my nie. Ek het alles vroegoggend, voor die klok vir die aanvang van die klasse gelui het, afgeskryf uit die boeke van ’n klasmaat, David Niss. Die vriendelike Joodjie was ’n groot maat van my. Elke middag na skool is ek met tennisraket na die dorpsbane en daarna met baaibroek na die munisipale swembad. Op drie aande van die week in die bioskoop. Dit is toe dat die skoolhoof, mnr. P.J. Botha, my gevra het om nie matriek te probeer nie. Ek moes liewer standerd nege vir ’n tweede jaar aanpak. Ek het sy goeie raad gevolg en met sy aansporing en geduld het ek toe 'n jaar later matriek geslaag. Die mnr. Botha het van die WP gekom en het alles van Springbokrugby en die spelers van destyds geweet. Hy het vir ons Afrikaans gegee, maar het in sy periodes baie graag staaltjies oor rugby vertel. Dit was baie interessant. So het hy dan ook reëlings getref vir die eerste Springbokkaptein, Paul Roos (1906), om ons te kom toespreek. Die oubaas met sy diep, mooi stem het gekom en ons seuns van standerd agt, nege en tien kon nie wag om van die glorie van Springbokke uit die perd se bek te hoor nie. Charles, onthou jy dat ek jou in Frankryk vertel het hoedat Paul Roos glad nie met ons oor rugby gesels het nie. Die tema van sy gesprek was: “The abuse of the best is the worst kind of abuse”. Dit het gegaan oor masturbasie. Jy het droogweg geantwoord: “They should have told him, boys will be boys.”

Na skool het ek by die reisende toneelgeselskap van Benn Potgieter aangesluit toe hulle ’n tranetrekker op Mafeking opgevoer het. Dit is nog ’n belangstelling wat op skool by my gekweek is. Die magistraat en sy vrou, meneer en mevrou Van Wyk, was huisvriende van ons. Anna van Wyk was voorsitster van Mafeking se Toneelkring en ’n goeie aktrise. Op haar aandrang het ek aangesluit en in my matriekjaar saam met die seniors van die dorp aan ’n opvoering van die bekende stuk Die wildsboudjie deelgeneem. Ek het die rol van 'n middeljarige predikant vertolk. Die dinge het gemaak dat ek by Potgieter se geselskap beland het. Ek was skaars ’n week by hulle toe ek kennis kry dat ek die Staatsdienseksamen met lof geslaag het. Ek word 'n betrekking in die Direkteur van Pensioene se kantoor aangebied. Gelukkig kon ek dit van die hand wys en Transvaal en die Vrystaat vir byna twee jaar deurkruis as beroepstoneelspeler. Ek was Anna van Wyk ewig dankbaar vir die belangstelling wat sy by my gekweek het. My vriend, stel jou voor ek het op sestig êrens afgetree as ’n pensioenaris van die destydse Staatsdiens. Jy sou wel sê: “How boring, my mate.”

Die toneelspelery het my in my loopbaan in die polisie baie goed te staan gekom. Ek moet jou sê, ek was geen speurder van formaat nie. My grootste vrees was dat ek iemand moes arresteer. In my dae as geregsdienaar was die wagwoord dissipline. As voorbeeld kan ek noem dat ’n mens eers drie jaar diens moes gehad het voordat jy eksamen vir bevordering kon skryf. Ek het na drie jaar geskryf en gelukkig deurgekom. Dit is waar my probleme begin het. Ek is bevorder, maar ook verplaas van Kimberley na Fordsburg, Johannesburg. Dit was vir my ’n nagmerrie om van die stilte van die Noord- Kaap na die mekka van misdaad verplaas te word. Ek het my sommer op my eerste dag in Fordsburg vasgeloop in die diefstal van possakke op 'n trein van Kaapstad af. Dit was sakke vanaf Londen na Johannesburg. Dit was skuins voor Kersfees en die sakke was uit die aard van die saak gelaai met geskenke. Die possakke is oopgesny gevind langs die spoorlyn naby Krugersdorp. My konstabel was ene Van der Westhuizen, ’n man wat nie juis gepraat het nie. Hy was ook nie baie beïndruk met die jong speurder-sersant uit Kimberley nie. Met ons aankoms by die toneel van die misdaad het ek ’n ding gesien wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het die sakke net een keer bekyk en toe gesê: “Sarge, die skuldige is ene Jack Kgosi. Hy het gister uit die tronk gekom vir 'n soortgelyke oortreding. Hy woon in Dolly Avenue, Newclare. Ons sal hom vannag as almal slaap, gaan optel." Ons het, en dit was hy. Hy is skuldig bevind en gevonnis.

Maar ek wil eintlik vertel waar my ondervinding van toneelspel in die prentjie gekom het. Daar is aanhoudend juwele en ander kosbare artikels gesteel van passasiers op die laatmiddagtrein van Parkstasie af na Durban. Die trein het altyd vroeg die volgende oggend in Durban aangekom. Dit was maande se dinge en my seniors was baie bekommerd hieroor. Ek is aangesê om die skelm vas te trek. Kyk, ek was na 'n week heeltemal moedeloos om die trein na Durban en terug te ry en niks uit te voer nie. Ek en sersant Oosthuizen wat uit Suidwes-Afrika gekom het, het koppe bymekaar gesit. Daar is vasgestel dat daar een jong man is wat elke aand die trein op Parkstasie haal en dit weer op Balfour-Noord verlaat. Ek het van ’n gereelde kondukteur op die trein verneem dat die persoon rooi hare het en gewoonlik ’n blou pak klere dra. Die middag het ons op die perron op Parkstasie gestaan en sowaar, hier kom die rooikopmannetjie aangestap. Ek het met die kondukteur gereël dat ek, sodra die trein vertrek, in die gange sal rondslenter en maak of ek dronk is. Ek het goed opgelet waar die verdagte gaan sit het en gesorg dat ek daar naby beweeg. Dit was ’n eersteklaswa. Die klok vir aandete het net na ons vertrek uit Germiston gelui. Die passasiers het in die rigting van die eetsalon begin beweeg. Die rooikop het begin lewe toon. Hy het van die een wa na die ander beweeg en ek het agterna gedrentel. By twee geleenthede het hy my gewaarsku om uit sy pad te staan met my dronk gat. Ek het mooi om verskoning gevra maar gesorg dat ek hom nie uit die oog verloor nie. Hy het by twee van die kompartemente waarvan die passasiers eetsalon toe is, binnegegaan. Ek het buite die deur in die gang gestaan en gemaak of ek naar is van die “drank". Ek het werklik staan en braak. Toe hy by die tweede kompartement uitkom het hy my ’n finale waarskuwing gegee. “Ek het jou gesê, staan uit die pad met jou bleddie dronk gat of ek gooi jou van die trein af.” Hy het die derde kompartement binnegegaan en ek het baie nugter buite die deur gewag. Toe hy uitkom, het ek hom voor die bors gegryp en hom teruggedruk in die kompartement. Sy sakke was vol juweliersware. Al wat hy gesê het was: “Ek dag jy is dronk.” Oosie en ek is saam met hom na die adres in Balfour-Noord wat hy verstrek het. Daar het ons beslag gelê op die duurste juweliersware denkbaar. Baie van die artikels het ek herken uit verklarings van passasiers wat slagoffers van die dief was. Sy ma was tuis. Sy het op my hartsnare getokkel deur verskoning te maak vir haar seun se dade. Ons het haar nie saam met hom gearresteer nie.

Die saak het in Heidelberg gedien. Daar was getuies uit verskeie lande. Hulle was dankbaar dat hulle erfstukke en duur, eksklusiewe artikels teruggevind is. Hulle wou my net vergoed vir my moeite. Gelukkig het ek nie in die lokval getrap nie.

Die beskuldigde, hy leef dalk nog en daarom wil ek nie sy naam noem nie, het ná samesprekings met sy prokureur skuldig gepleit. Hy is vir ’n paar jaar tronk toe gestuur. Die gebeure het my geknak. Hy was die eerste persoon wat ek moes arresteer. Ek het ernstige vertoë gerig om terug te gaan na my ou tuiste, Kimberley, daar waar ou konstabel John Rooibaadjie en ek meer te make gehad het met besendings wat op die Spoorweë verlore geraak het. Eise-ondersoeke. Dit was ’n mors van tyd, maar arrestasies was nie my voorland nie. Ek was selfs bereid om my nuutverworwe rang prys te gee as ek net kon teruggaan. Ek het uiteindelik my sin gekry, maar ek hoor nog die Bevelvoerende Offisier se woorde: “Jy sal so wragtig nooit weer promosie kry nie.” Ek was tevrede.

Uitsaai is in baie opsigte “show business” en die verhoog het my geleer ek is ’n “showman”. Dankie, Anna van Wyk, Benn Potgieter en laaste maar nie die minste nie, jy, my vriend.

Groetnis,

Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1953 gaste aanlyn