NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bid saam in die gesin en lees saam uit die Bybel want niks maak 'n huwelik en 'n gesin sterker nie. Niks is 'n beter verdedigingsmeganisme teen die duiwel nie.

MELKMIKROBES

DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES  (15)

SKOOLPROJEK

Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes

Jac Schoonens

Melk is ongetwyfeld een van die volledigste voedingsmiddels. In die eerste plek beval melk (botter-) vet. Hierdie vet is in baie klein druppeltjies deur die vloeistof versprei. Dit is bolletjies wat omtrent so groot is soos bakterieë (0.0004 – 0.004 duim) en omring is deur 'n baie dun lagie van 'n stof wat daarvoor sorg dat die vetdruppeltjies 'n oplossing bly.

Die volgende belangrike bestanddeel in die melk is die eiwitstowwe. In hoofsaak is dit die kaasstof, die kalsiumsout van die eiwitstof kaseïen. Ook die kaasstof is in die melk aanwesig as baie klein deeltjies, nog kleiner as die vetdruppeltjies. Verder is in die melk die eiwitstof albumien opgelos. Melk bevat ook 'n suikersoort, naamlik melksuiker (laktose).

Dan is daar verder soute en vitamiene. Dit is alles stowwe wat die liggaam vir sy instandhouding en opbou nodig het. Dit verbaas ons dus geensins dat melk nie net vir mense en diere 'n goeie voedingsmiddel is nie maar ook vir die kleinste lewende wesentjies, die mikrobes.

Melk bly nie lank vars nie en word na 'n klein rukkie suur en dik. Wat is die oorsaak hiervan?

Om dit uit te vind moet ons 'n mikroskoop kry en 'n druppeltjie melk onder die sterk vergrootglas bekyk. Die eerste wat ons sien is tallose klein bolletjies. Dit is die vetdruppeltjies. Maar daartussen sien ons ook baie klein koeëlvormige bakterieë. Sommige van hulle lê twee-twee langs mekaar en ander vorm weer kettinkies. Hulle is die melksuur-bakterieë (laktokokke) waarmee ons reeds in die aflewering oor kuilvoer kennis gemaak het. Hierdie melksuur-bakterieë gebruik die melksuiker in die melk as voedingstof en verander dit in melksuur; gevolglik sal die melk suur word. Dit is nie net die smaak van die melk wat daardeur verander nie maar ook die uiterlike, want suur melk word mos dik. Dit kom deurdat die melksuur met die kalsium van die kaasstof verbind, en die oorblywende kaseïen nie meer in die oorspronklike fyn verdeelde toestand bly nie maar saamklont. Die melk het dik geword.

Waarom word die melk nou juis deur melksuur-bakterieë aangetas terwyl daar tog ook baie ander bakterieë aanwesig kan wees wat sekerlik gretig van die voedingstowwe in die melk gebruik sou wou maak?

Die verklaring hiervoor het ons reeds in die geval van kuilvoer gesien. Sodra die melksuur-bakterieë met die vorming van melksuur begin, word die omgewing vir ander bakterieë nie so gunstig nie. Hoe laer die pH word, hoe moeiliker is dit vir die ander bakterieë om aan die lewe te bly, en ten slotte word hule lewenskanse heeltemal  vernietig. Dit is net die melksuur-bakterieë wat oorbly totdat die suurkonsentrasie ook vir hulle uiteindelik te hoog word, en hulle sterwe.

In hierdie toestand is die suurmelk nog 'n rukkie vir menslike gebruik geskik, en bakterieë kry nie 'n kans om dit aan te tas nie. Vir hulle is dit te suur. Maar nie vir gisselle en swamme nie. Ons weet mos die minimum pH van gisselle en swamme is laer as dié van bakterieë. Daarom is dit nie vreemd dat ons na 'n tydjie 'n pluiserige lagie op die dik melk sien ontstaan nie. Onder die mikrobes wat deur die lug swewe, sal ook die spore van die melkswam (Oöspora lactis) wees wat op die suur melk 'n gerieflike tuiste vind. Hierdie swam kan 'n suur omgewing goed verdra, en gebruik die melksuur as voedsel. Namate die swam die melksuur verbruik, verminder die suurheid. Gevolglik sal die melk minder suur word en die pH styg. Daardeur word die melk vir allerhande bakterieë steeds meer geskik veral vir die verrottingsbakterieë wat die eiwitstowwe afbreek en daarby alkaliese produkte laat ontstaan. As dit eenmaal so ver is, dan is die melk nie meer vir menslike gebruik geskik nie.

Oor die algemeen beteken dit vir die boer 'n verlies as sy melk suur word, en dit is begryplik dat hy sal probeer om die ontwikkeling van die bakterieë so veel as moontlik te strem.

Hy doen dit deur in die eerste plek te sorg dat daar so min as moontlik bakterieë in die melk sal kom. Vroeër was die mening dat die melk – op die oomblik dat dit die speen verlaat – nog nie kieme bevat nie. Dis egter nie so nie. Aan die binnekant van die speen is altyd bakterieë aanwesig, hoewel nie baie nie. Van hulle sal 'n groot deel met die eerste bietjie melk reeds verwyder word. Daarom word dit aanbeveel om die eerste bietjie melk weg te gooi.

Die grootste gevaar kom nie van die bakterieë wat saam met die melk uit die uier kom nie, maar van diegene wat van buite af die melk besmet.

Dit is die bakterieë wat van die vel van die koei, van die melker se hande, van die stalmis, uit die lug, ens, in die melk kom, en veral ook dié wat in die nate en vuil plekke in kanne en emmers ontwikkel het. Die magtigste wapen teen melkbederf is dus higiëne!

Die melksuurvorming sal ook vertraag word deur die melk so koel as moontlik te bewaar. Die mikrobes het mos 'n temperatuur waarby hulle die lekkerste groei. Vir die melksuur-bakterieë is dit ongeveer 100 ⁰F. Die oomblik dat die melk uit die uier in die emmer opgevang word is sy temperatuur slegs 'n paar grade laer. Daarom is dit nodig om die melk so gou moontlik en so laag moontlik af te koel. Hoe laer die temperatuur van die melk, hoe stadiger sal die bakterieë splits: Dus: hoe minder bakterieë, hoe stadiger die suurvorming.

Om die boere te steun in hul strewe om die bakterie-getal in die melk so laag as moontlik te hou, word in verskillende lande premies deur melkfabrieke betaal. Die melk word getoets en 'n premie betaal vir die melk wat minder as 'n bepaalde aantal bakterieë bevat.

Dit is natuurlik ook duidelik waarom gekookte melk nie so gou suur word nie. Deur die kookproses word die melksuur-bakterieë vernietig en kan melksuur nie gevorm word nie. Maar dit beteken nie dat die melk nie sal bederf nie. Daar sal altyd melksuur-baterieë in die omgewing wees wat weer in die melk kan terugkom en dit later suur en dik maak. Of anders kan die melk ook verrot. Tydens die kook is die melksuurbakterieë wel vernietig, maar nie die spore van die verrottingsbakterieë nie. Ingeval daar ná die kook nie melksuur-bakterieë in die melk kan kom nie, sal die melk nie eers suur word nie maar eerstens begin verrot.  Dit kan byvoorbeeld moontlik wees by gepasteuriseerde melk in toe bottels. Origens dien pasteurisasie nie in die eerste plek om die melksuur-bakterieë te vernietig nie maar wel die siekteverwekkende bakterieë.

In die algemeen hou ons niks daarvan dat die bakterieë so lief is vir melk en dit in 'n kort tydjie suur en dik maak nie; tog is daar uitsonderings.

Suurmelkprodukte... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 4960 gaste aanlyn