Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Versoekings is baie verskillend. Die verdorwe gedagtes wat ons aanhits om die wet te oortree is versoekings. Hierdie gedagtes word óf deur ons eie begeertes aangevuur, óf deur die duiwel wakker geroep. Ook die dinge wat eintlik self nie sleg is nie, word versoekings deur die lis van die duiwel. Dit gebeur wanneer dinge oënskynlik onskuldig só aan ons opgedis word dat dit ons van God wegtrek.
ZILLE SE REËNBOOG-GOUDPOT
Hellen Zille is bekend in die Suid-Afrikaanse politiek. Ongelukkig nie as iemand wat vir die blankes of Afrikaners gestaan het nie. Inteendeel. Zille was aktief betrokke by die Black Sash-beweging gedurende die 1980's, 'n prominente anti-apartheidsorganisasie, waar sy in streeks- en nasionale uitvoerende amptes gedien het. As aktivis en joernalis het sy teen apartheid geprotesteer en in 1986 is haar huis as 'n ‘veilige huis’ gebruik, wat daartoe gelei het dat sy weggekruip het. Sy het ook saam met ander pro-“demokrasiegroepe” gewerk, insluitend die End Conscription Campaign (ECC). Sy was ook deel van die protesoptogte wat in Crossroads plaasgevind het en in die 1980's teen staatsonderdrukking geprotesteer het. Zille is gedurende die 1980's in hegtenis geneem omdat sy sonder 'n permit in 'n aangewese "groepsgebied" was.
Ons kan tereg noem dat Hellen Zille haar hele lewe gewy het om ‘n swart regering in Suid-Afrika aan bewind te bring. Dit het egter nie net oor haar passie vir swart oorheersing gegaan nie, maar ook oor groot materiële voorspoed. Sy het ‘n verbod geplaas op die publiekmaking van haar inkomste maar daar is maar altyd lekkasies oor sulke sake. Haar politieke salaris (Histories): In 2011 is berig dat sy 'n jaarlikse salaris van R1.7 miljoen as Wes-Kaapse Premier ontvang het, benewens 'n netto toelaag. Vanaf September 2025 het sommige berigte Zille se netto waarde op ongeveer 12 miljoen Amerikaanse dollar geraam. Hierdie syfer is egter nie amptelik geverifieer nie en kan wissel in onbevestigde berigte. Amptelike, geouditeerde openbaarmakings van haar totale persoonlike netto waarde word nie publiek vrygestel nie maar sulke berigte doen nie die rondte indien daar nie ‘n groot mate van waarheid in is nie.
Gebore in 1951, het Zille haar loopbaan as joernalis vir die liberale Rand Daily Mail in die 1970's begin, waar sy bekend geword het vir “ontbloting” van die “waarheid” agter die dood van swart leier Steve Biko. Ten spyte van die storie wat opslae veroorsaak het, het Zille dreigemente van die regering in die gesig gestaar en is sy deur die persraad van "tendensiewe beriggewing" beskuldig.
Vir enige nasionalis en blanke in Suid-Afrika is Hellen Zille dus die verteenwoordiging van ‘n volksvyand wat hand en tand beveg moet word.
Helen Zille het onlangs besef dat haar invloedryke politieke loopbaan naby ‘n einde is indien sy nie daaraan werk nie. Dit sal ook meebring dat die inhoud van haar pot goud nadat sy die reënboognasie tot stand help bring het, nie meer genoeg is nie. Toe bedink sy die plan om die swart regering wat sy self tot stand help bring het, te “ontbloot” soos sy die “waarheid” oor Steve Biko “ontbloot” het. Dit het haar immers destyds bekendheid laat verwerf en tot die hoop goud in haar pot gelei.
Toe beskuldig Zille vir Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die GNU ondermyn. Zille het die ANC-geleide regering in Johannesburg hewig gekritiseer, veral rakende infrastruktuur, wat gelei het tot skerp openbare uitruilings met ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula. Onlangse berigte het aangedui dat Zille geheime vergaderings met ANC-lede gehou het terwyl sy probeer om 'n DA-geleide regering in Johannesburg te versterk. Vanaf vroeg in 2026 daag die DA Federale Raadsvoorsitter, Helen Zille, die ANC in Johannesburg aktief uit en soek die burgemeestersposisie, terwyl sy 'n gespanne Regering van Nasionale Eenheid (RNE) nasionaal navigeer.
Zille het haarself geposisioneer as 'n DA-burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, en aangevoer dat slegs die DA effektief kan regeer en daarop gemik is om "onstabiele koalisies" te beëindig. Die verhouding word gekenmerk deur intense antagonisme in plaaslike regering, veral in Johannesburg, selfs terwyl die partye 'n samewerkingsooreenkoms nasionaal bestuur.
Nou het Zille ‘n reeks videos gemaak waarin sy die verval in Johannesburg uitwys. Die geboue wat eens trotse geskiedenis van die blanke regering was, en nou onder die swart regime tot ashope verval, word vertoon terwyl sy toelig hoe skandalig dit is.
Die vraag kan nou gevra word: Hoeveel verstand dink Zille, het die blankes van Suid-Afrika, dat hulle nie sal onthou dat sy die swart regering omarm en gebring het waar hulle nou is nie. As anti-apartheidsaktivis verdien sy ‘n medalje vir haar grootse aandeel in die verval van elke ding in hierdie land onder beheer van die ANC. Noudat haar toi-toi-hand-om-die-nek-dae met die swart aktiviste verby is, probeer sy oplaas om haar pot goud aan die einde van die reënboog weer te vul.
Mag jou pot dolleeg word Helen, sodat jy kan ervaar wat jy aan die armblankes in hierdie eens mooi land gedoen het!