Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense besit nie regte net omdat hulle mense is nie, maar omdat dit ’n geskenk van God is wat verantwoordelik voor God gebruik moet word. Gelowiges het geen regte van hul eie nie. Hulle behoort immers aan Jesus. “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige Gees…..en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop….” (1 Kor.6:19,20).
VERMOORDE BOER
’n Brief vanaf die grond waar ek vermoor is. (Deur ’n boer wat nie meer leef nie)
Ek hoor nog hoe julle sing.
“Skiet die Boer. Maak dood die boer.”
Dis laatmiddag. Die son hang laag.
My vrou is in die kombuis. Ek is in die skuur.
Die aarde ruik na lewe. My hande is moeg gewerk.
En toe... bars alle hel los!
.
Geen waarskuwing. Geen woorde. Net maskers. Net haat. Nie honger nie. Nie armoede nie. Net haat wat dood bring.
Ek vra nog: “Wat wil julle hê? Vat dit net. Ek sal dit gee.”
Maar dis nie vir besittings wat hulle gekom het nie.
Hulle het gekom vir pyn en marteling. Vir my asem. Vir my einde!
Ek sien my kind se fiets in die hoek.
Ek hoop sy is ver genoeg. Ek bid sy hoor nie.
Hulle slaan.
Hulle trap, ek skop, vloek, spoeg.
Ek voel hoe my ribbe breek soos droë takke in die winter.
Ek kyk op… en sien sy geel oë.
En daar is niks.
Net afgryse. Net duisternis. Net haat.
En toe steek hy.
Nie vinnig nie. Nie haastig nie. Aanhoudend...
Hy steek asof hy geniet hoe ek stadig verdwyn.
My bloed sprei oor die sementvloer.
Warm. Stil.
Ek voel hoe ek wegsak.
My vingers wil nog roer, maar hulle reageer nie meer nie.
My asem raak vlak. My oë swaar.
En in daardie laaste oomblikke... onthou ek.
Ek onthou my kind se lag in die bakkie.
Die eerste vrugte van ’n nuwe oes.
My vrou se hande wat brood knie.
Die stof wat aan my stewels klou.
Die reuk van grond wat lewe gee.
En dan word dit donker.
My liggaam word koud.
Maar ek is nie stil nie.
Want ek het nog iets om te sê.
Ek het nie gekies om gehaat te word nie.
Ek het gekies om te plant. Om te sorg. Om te voed.
Ek het nie land gevat nie — ek het dit bewerk.
Ek het nie mense vertrap nie — ek het saam met hulle gesweet.
Ek het nie my rug op enigiemand gedraai nie.
Maar tog het ek gesterf asof ek die oorsaak van julle pyn was.
En dis nie net my dood nie. Dis ’n waarskuwing.
Want as die boer val, val die land.
Nie net ekonomies nie. Nie net prakties nie.
More gaan jou kind vra: “Hoekom is daar niks om te eet nie?”
En jy gaan nie weet wat om te sê nie.
Ek het my bloed en lewe aan hierdie grond gegee.
Nie net figuurlik nie — regtig.
My DNA lê nou tussen die mielies.
En die grond roep. Die grond huil.
Suid-Afrika sê:
“Ek is moeg vir bloed. Moeg vir dood. Moeg vir haat.
Ek is hier vir lewe.”
Ek het vergewe — selfs in my laaste asem.
Nie omdat ek moes nie. Omdat ek nie wou sterf met haat nie.
Ek het probeer.
Maar jy wat leef — jy het nou die keuse.
Gaan jy aanhou stilbly?
Gaan jy wag tot die laaste oes verdwyn?
Gaan jy net kyk hoe die hande wat jou voed, een vir een stil raak?
Of gaan jy praat? Gaan jy sê: “Genoeg.”
Ek is nie meer hier nie. Maar ek was.
Ek was ’n boer. Ek het geleef vir ander.
Ek het geplant, gegee, gedien.
En toe het ek gesterf — stil, alleen, op my eie grond.
Nie as held nie. Nie as martelaar nie.
As mens. As pa. As man van stof, oes, lewe.
Maar die waarheid wat ek geleef het, leef voort.
Want julle kan ’n boer doodmaak.
Maar julle kan nie die waarheid begrawe nie.
Die oes kom altyd.
– Die boer wat in stilte gesterf het, maar wie se bloed nog roep uit die grond wat moet lewe gee.????
Vrywaring
Hierdie brief is geskryf deur Paul Hattingh — uit die hart, uit ’n diepe liefde vir Suid-Afrika. Dit is nie ’n politieke dokument nie. Dit is nie geskryf om haat aan te blaas of mense te beskuldig nie. Dit is geskryf om te getuig van wat te lank stilbly, om ’n stem te gee aan dié wat nie meer kan praat nie, en om elke leser — ongeag kleur of agtergrond — te herinner aan wat op die spel is as ons nie saam opstaan vir menswaardigheid nie.
Indien jy hierdie brief wil deel of aanstuur, doen dit met respek. Moenie verander nie.
Mag hierdie woorde iemand wakker maak. Mag dit iemand laat dink. Mag dit iets genees.
PAUL HATTINGH SKRYWER