Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die hoofroeping van 'n burgerlike regering in 'n sogenoemde christenland is om die openbare godsdiens in stand te hou en te beskerm. En vir sover as wat die staat orde handhaaf moet ons onderdanig wees aan so 'n menslike verordening. Maar wanneer die staat van ons verwag om God ongehoorsaam te wees, mag ons dit nie doen nie. As die staat God se koninkryk hier op aarde nie beskerm nie sal God self 'n einde daaraan maak wanneer dit Hom behaag.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (6)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
FEDERAAL-SOSIALISTIES
1. ʼn Sameswering
In Februarie 2006 het Vladimir Bukovsky, ʼn kenner van Sosialisme, in Brussel gesê dat die EU in ʼn sosialistiese staat gaan verander; ʼn monster wat vernietig moes word! Bukovsky het in 1964 weens sy anders-denkendheid in ‘n Kommunistiese tronk beland waar hy vir 12 jaar aangehou is. Toe hy na die Weste verban is, het hy in Engeland gaan woon.
In 1992 het Rusland hom genooi om in ʼn saak teen die ou Sowjet Kommunistiese Party te kom getuig. Ter voorbereiding van sy getuienis het hy geheime dokumente onder oë gekry wat sy hare laat rys het – ʼn sameswering om van Europa ʼn federaal-sosialistiese staat te maak!
Die Sowjetunie wou ʼn nuwe mensdom skep - die Europeërs, waarna die staat moes verdwyn sodat die Europeërs alles kon word. Die teenoorgestelde het in Rusland gebeur - die staat het alles geword en die volk gewetensloos verdruk. Daarom het die onderskeie Oos-Europese volke so sterk na vore getree toe die Sowjetunie verkrummel het.
2. Die liberaliste
Dokumente wat van die eertydse Politburo en Sentrale Kommunistiese Komitee bekom is, spel die bose plan om van Europa ʼn federale staat te maak sonder omhaal van woorde uit. Feitlik al die liberale Europese politieke partye het in die geheim met Moskou saamgespan om Europa te verander en selfs van hul gemeenskaplike Europese huis gepraat.
Die liberaliste was by geleentheid erg bekommerd oor die veranderings wat Margaret Thatcher se instelling van privatisering en vrye handel aan die wêreldhandel gemaak het.
Dit het hulle planne in die wiele gery. Dis sondermeer as wilde kapitalisme veroordeel. Al wat vir hulle oorgebly het, was om die goddelose aap uit die vrome mou te laat en hulle sosialistiese planne op die tafel te plaas.Europa se liberaliste het, soos die meeste ander liberale partye ter wêreld, sterk bande met die Sowjetunie gehad. Toe kommunisme teen die middel 1980’s begin taan en die Europese liberaliste nie meer met Moskou wou saamloop nie, het die Sowjetunie geweet dat die liberaliste hulle eie politieke velle probeer beskerm het. Hulle was bang om hulle aansien en invloed in Europa te verloor. Daarom was Moskou teen wil en dank genoodsaak om saam met diè liberaliste te werk.
3. ʼn Sowjetstruktuur
Die EU is in werklikheid ʼn duplisering van die Sowjetstruktuur en kan net so min as die eertydse Sowjetunie gedemokratiseer word. Geen bose regeringsvorm kan ooit gedemokratiseer word nie. Gorbachev het dit probeer en dit het in sy gesig ontplof!
Toe ʼn afvaardiging van die eertydse Trilaterale Kommissie vir Gorbachev in Januarie 1989 besoek het, het Giscard D’Estaing van Frankryk hom meegedeel dat Europa ʼn federale staat gaan word. Die Sowjetunie en ander Oos-Europese lande is genooi om deel daarvan te word. Onthou, op daardie tydstip was die Verdrag van Maastricht (1992) nog nie eers ter sprake nie! Hoe het D’Estaing geweet wat in die toekoms met Europa gaan gebeur? Dit kon net ʼn sameswering gewees het!
Na die Trilaterale Kommissie se besoek aan Moskou, het die Sowjetunie ʼn sagter en meer toeganklike beeld van sosialisme na buite begin vertoon. Wes-Europa daarenteen het weer sterk sosialisties begin optree om ʼn balans tussen die twee te skep en te handhaaf.
Gevolglik is die EU in werklikheid niks anders as ʼn gematigde weergawe van die eertydse Sowjetunie nie. Die Europese Parlement tree bv. net soos die eertydse Sowjetgesag en die Europese Kommissie soos die eertydse Politburo op. Die EU se meer as 80,000 bladsye van reëls en regulasies kom in werklikheid op niks anders as staatsbeheer neer nie. Dis onbeskaamde sosialisme!
Daarbenewens is die EU net so korrup soos die ou Sowjetregering. Korrupsie loop van bo na onder in plaas van onder na bo. EUROPOL is besig om soveel opgang te maak, dat dit op die ou einde meer mag as die eertydse KGB gaan hê en terselfdertyd diplomatieke immuniteit geniet.
4. Politieke korrektheid
Die EU word tans deur die skadelike ideologie van politieke korrektheid oorweldig. Dit verheerlik die mens en verag die uitsprake van God se Woord. In Swede is ‘n leraar wat hom openlik teen homoseksualisme uitgepreek het, onlangs vervolg. In Frankryk waag niemand dit meer om hierdie gruwel in die openbaar te veroordeel nie. Jy kan van haatspraak aangekla en vervolg word.
In Brittanje moet mense weer versigtig wees wat hulle van ander rasse, veral van swartes sê, al is dit ook die waarheid. Die Britte is, net soos die Amerikaners, baie negrofilisties (oordrewe liefde vir die swart ras) en oorsensitief vir rasse-kritiek.
5. Europianisme
Die EU is stelselmatig besig om demokrasie te vernietig deur invloedryke Europese politieke partye een vir een in te trek. In 2005 het die Tsjeggiese president dit Europianisme genoem en sterk veroordeel. Dis in werklikheid ʼn wisselvorm van sosialisme waar ʼn groepie uitgesoekte burgers, soos eertydse Bolsjewiste, die hele land beheer.
Toe Rusland in 2008 Georgië binnegeval het, het talle Westerse lande haar skerp veroordeel. Duitsland het egter geswyg. So ook die EU wat selfs sy bande met die Kremlin versterk het. Dit was geen verrassing nie want Duitsland is vir alle praktiese doeleindes die EU en die EU Duitsland. Duitsland skryf al geruime tyd Europa se buitelandse beleid voor. Dis ook die enigste lidland waarvoor Rusland agting het. Duitsland verstaan skynbaar iets wat ander nie verstaan nie.
Daar bestaan heelwaarskynlik ʼn geheime veiligheidswaarborg tussen Duitsland en Rusland wat laasgenoemde se buitelandse beleid dikteer. Daarom staan Duitsland die Russe glad nie teen nie. Selfs toe Rusland sekere Amerikaanse belange in Oos-Europa teengestaan en NAVO openlik ondermyn het, het Duitsland nie ʼn vinger verroer om sake te probeer besleg nie.