NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly - Joh 15:10

VOEDSELPLAN OM ANTICHRIS TE DIEN

Sintetiese vleis- en suiwel-alternatiewe is GMO-gemorskos op steroïede

Hier staan ons nou op die vooraand van sintetiese voedsel vir die hele wêreld – dis nou indien die Nuwe Wêreldorde se ryk base hulle sin kry. Suid-Afrika sal vermoedelik nog lank daarteen veg en moontlik nooit heeltemal onderwerp word aan hierdie satansplan nie maar daar is lande waar dit reeds beproef word onder andere Singapoer wat reeds gekweekte vleis vir kommersiële verkoop goedgekeur het. Tot dusver is dit 'n verlore onderneming. Soos berig deur die Daily Mail, word die fetale (fetusse) beesserum (FSB) wat gebruik word om die “vleis” te kweek, verkoop vir $1 000 per liter, so, gekweekte vleis sal teen $200 000 per pond moet verkoop om net gelyk te breek.

In die VSA en ‘n paar ander lande het 'n ander soort beesvleisalternatief wat nie 'n fortuin kos om te maak nie, die mark oorgeneem, naamlik “plantgebaseerde” vleisvervangers onder name Impossible Burger en Beyond Meat. Ongelukkig vir hierdie maatskappye is daar tydens hofsake bewys dat dit nie plantaardig is nie.

Die GMO-industrie (geneties-gemanipuleerde produkte) vervang nou diereprodukte met gekweekte, sellulêr-gebaseerde “voedsel”. Maatskappye wat betrokke is by die skep van hierdie soort kosse het selfs deelgeneem aan vanjaar se Natural Products Expo West in die VSA, ‘n uitstalling wat histories gereserveer is vir totaal natuurlike en organiese maatskappye. Alan Lewis, visepresident by Natural Grocers het kommentaar gelewer oor die teenwoordigheid van voedseltegnologiemaatskappye by die 2022 Expo:

“Dit blyk dat selfs met al die vaardighede in die natuurlike produkte-gemeenskap, ons geteiken word deur 'n gekoördineerde wêreldwye veldtog om die aanvaarding van sintetiese middels in natuurlike kanale af te dwing. Die veldtog is voortspruitend uit die berugte GMO-lobby, nou aangemoedig en gerugsteun deur tegnologie-magnate.”

Selfs die doelwit van Die Groot Herstel (The Great Reset van die Nuwe Wêreldorde) is tydens die uitstalling voorgedra. In sy hoofaanbieding het Nick McCoy van Whipstitch Capital gesê dat "Die enigste manier waarop ons as 'n planeet in die vraag na voedsel kan voorsien, is deur gekweekte vleis." Dit is 'n volslae leuen maar een wat goed werk vir diegene wat The Great Reset-agenda op die wêreld afdwing. Sleutelargumente vir sintetiese vleis sluit in:

•Volhoubaarheid — Die grootmaak van vee is glo onvolhoubaar aangesien dit groot hoeveelhede grond verg.

• Bekamping van klimaatsverandering — Die gebruik van sintetiese vleis is glo omgewingsvriendeliker as die grootmaak van vee wat 'n bron van metaangas is.

• Dierewelsyn — Dit is meer menslik aangesien geen diere vir menslike voedsel doodgemaak word nie.

Hierdie argumente is egter almal vals. Die waarheid is dat die verskuiwing na gepatenteerde voedsel alles gaan oor die skep van bevolkingsbeheer deur afhanklikheid.

Die EAT Forum het The Planetary Health Diet ontwerp wat op die hele wêreldbevolking afgedwing moet word. Dit behels die vermindering van vleis- en suiwelinname met tot 90%. Hul grootste inisiatief word FReSH genoem, wat daarop gemik is om die voedselstelsel te transformeer deur saam met biotegnologie- en valsvleismaatskappye te werk om volvoedsel te vervang met alternatiewe wat in laboratoriums geskep is. Sodra tegnologiereuse beheer het oor vleis, suiwel, graan en olies, sal dit hulle wees wat voordeel trek deur beheer oor die voedselvoorraad, en die private maatskappye wat die voedselvoorraad beheer, sal uiteindelik ook lande en hele bevolkings beheer.

Biotegnologie sal uiteindelik boere uit die mark dwing. Dus, die werk wat gedoen word in die naam van “volhoubaarheid en die redding van die planeet” gaan slegs oor die verskuiwing van beheer oor bevolkings deur private korporasies. Daardie korporasies word op hul beurt gefinansier en/of besit deur dieselfde globalistiese kabaal wat probeer om alles anders in die samelewing "terug te stel" (reset). En, net soos die res van The Great Reset-agenda, is die beplande veranderinge aan die voedselvoorraad totaal tot nadeel van die wêreldbevolking. Dit sal laer vlakke van gesondheid, meer chroniese siektes en, uiteindelik, laer lewensduur veroorsaak, presies wat die kabaal wil hê en reeds met die gifinspuiting besig is om te bereik. Die “voedsel” is hoogs verwerk wat geassosieer word met verhoogde kalorie-inname en gewigstoename volgens 'n studie van die Nasionale Instituut van Gesondheid. Daarby stel hulle nou ‘n nuwe geneties-gemanipuleerde proteïen bekend wat 'n onbekende potensiële impak op die menslike mikrobioom en die omgewing sal hê.

Belangrik om te weet, gekweekte vleis spaar nie lewens van diere nie! Gekweekte of dan selgebaseerde vleis, word uit diereweefselselle vervaardig wat tot groter blaaie gekweek word. Die sleutelbestanddeel om die selle te laat groei is fetale beesserum (FBS) wat gemaak word van die bloed van koeifetusse. FBS word gebruik omdat dit 'n universele groeimedium is (wat beteken dat enige sel daarin kan groei, terwyl ander mediums selspesifiek is) en groeifaktore bevat wat seldood voorkom. Reeds in 2017 het die tydskrif Slate die grusame proses van FBS-onttrekking uiteengesit:

“As ’n koei vir slag kom en toevallig dragtig is, word dit geslag en gebloei, en dan word die fetus van sy ma verwyder en in ’n bloedversamelingskamer gebring. Die fetus, wat tydens die volgende proses lewendig bly om bloedkwaliteit te verseker, word ‘n naald in die hart gedruk. Sy bloed word dan gedreineer totdat die fetus sterf, 'n dood wat gewoonlik sowat vyf minute duur. Hierdie bloed word dan verfyn, en die gevolglike produk is FBS.”

Om gekweekte vleis te eet, beteken dus dat jy nie net 'n dier eet wat doodgemaak is nie; jy eet kos wat gemaak is van 'n dier wat geoffer is voordat dit nog gebore is. Dit is 'n redelik bisarre manier om dierewelsyn te bevorder! Die realiteit is dat hulle beide koeie en kalffetusse nodig het om gekweekte beesvleis te maak. Wat nog erger is: die vleis van daardie kalf word weggegooi en is hy geoffer net om sy bloed te dreineer.

Nou, afgesien van algemene etiese oorwegings, voldoen gekweekte beesvleis nie aan vegetariese of goeie voedingsvereistes nie soos tans in ‘n hofsaak in Illinois, Amerika, teen Beyond Meat uitgewys is. Maar die belangrikste is dat 'n mens ook godsdienstige besware kan opper. Jode en Christene word byvoorbeeld verbied (Bybels gesproke) om die bloed van enige dier te eet, en in gekweekte vleis is bloed die sleutelbestanddeel.

Die Christelike aspek in ag genome bring mens by die slotsom dat dit net Satan self kan wees wat hierdie planne opgetrek het. Soos ons weet sal die Nuwe Eenwêreldregering deur die antichris regeer word, dus is dit duidelik dat Satan deur middel van hierdie “voedselstelsel” besig om mense in te trek om die antichris te dien. Mag ons hemelse Vader gee dat sy kinders hierteen beskerm sal word, en dat Suid-Afrika met spesiale genade van Bo nie hieronder sal buig nie.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1864 gaste aanlyn