NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Mens se kruis hier op aarde is nie 'n las nie, dis 'n skat aan jou gegee sodat jy daaruit kan leer en groei – moet dit dus nie sleep nie, dra dit!

OM GOD SE LOF TE BESING

Ds A.E. van den Berg

Loof die Here, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ’n loflied is gepas!” (Ps.147:1).

Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” (Ps 150:6)

Die Psalmbundel sluit met Ps.150:6 af: “Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” Om God te loof, is die belangrikste ding wat gelowiges op die aarde kan doen. Waarom? Omdat dit die vernaamste deel van 'n gelowige se dankbaarheid vir verlossing is. Daarom is die sing van geestelike liedere vir gelowiges onmisbaar.

Met geestelike sang, nie net woorde nie, betuig gelowiges hul dankbaarheid vir die verlossing van siele. Geestelike sang het drie diepgaande geestelike waardes; 'n waarde na bo, 'n waarde na buite en 'n waarde na binne.

Met die waarde na bo sing ons om God te loof. Die Engelse “hymn” kom van die Griekse humnos en beteken ’n lied ter ere van. Verskeie Psalm-digters roep gelowiges op om God met sang te loof. Dawid skryf: “Psalmsing tot eer van die Here, o sy gunsgenote en loof sy heilige gedenknaam” (Ps.30:5). In Ps.47 kry die kinders van Korag 'n opdrag: “Psalmsing tot eer van God, spalmsing tot eer van onse Koning, psalmsing!” (:7). Almal met uitroep-tekens. Ps.95:1 lui: “Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!”    

Wie sy dankbaarheid nie na God weerkaats nie, ken Hom waarskynlik nie. Vir gelowiges is dit so natuurlik om God te loof. In Ps.28:6,7 skryf Dawid: ”Geloof sy die Here, want Hy het die stem van my smekinge gehoor. Die Here is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang” .  

Paulus en Silas het selfs in 'n tronk onder moeilike omstandighede God se lof besing: “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Hand.16:25).

Geestelike sang het ook na buite waarde nl. om mede gelowiges mee te versterk. Paulus skryf aan die Kolossense: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here” (Kol.3:16). Let op ons eie Sangbundel se Ges.298: “Soek in God jou sterkte; kry by Hom jou krag; met sy wapenrusting klee Hy ons met krag…” (Ges.298).

Talle geestelike liedere is geskryf om mense te vermaan om die lewenspad reguit te loop en daarmee die seën van die geloofslewe te ervaar. Moet nooit vergeet nie dat medegelowiges ook geestelike bemoediging voortspruitend uit gemeente-sang nodig het. Dit kweek eensgesindheid. Paulus gee aan gelowiges opdrag: “ En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik” (Rom 15:5,6).

Opgesom het geestelike sang waardes na bo, na mekaar en ook na onsself. Iemand wat dit goed verstaan het, was Dawid. “My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer en my siel, wat U verlos het” (Ps.71:23). “Loof die Here, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ’n loflied is gepas!” (Ps.147:1).

Opregte, hartlike sang getuig van ’n vervulling met die Heilige Gees. Paulus vermaan die Efesiërs: “Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Efes.5:18). Vir ’n Gees-vervulde lewe is sang onontbeerlik en 'n verdere geestelike oefening wat God verheerlik, medegelowiges bemoedig en onsself geestelik sterker maak.

Ons moet egter goed verstaan wat ons sing en dit bedoel. Paulus skryf:   “Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing” (1 Kor.14:15).

Ons moet met ons harte sing: “Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalm-sing in julle hart tot eer van die Here” (Efes.5:19). “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here” (Kol.3:16).

Om onbedag en sonder dankbaarheid te sing, is geestelike oëverblindery. Jesus sê van Israel: “Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met hulle lippe, maar hulle hart is vêr van My af” (Mat.15:8). Salomo skryf: “’n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig....Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurig fees” (Spr 15:13,15).

Maak ’n punt daarvan om meer te sing. Moenie dat jou geestelike sang net tot eredienste beperk wees nie. Sing waar jy is – tuis of op pad. Sang is soos gebed – dit moet spontaan wees of dit met jou goed of sleg gaan. By geleentheid het Paulus en Silas weens hul Evangelie-verkondiging in 'n donker tronk in Filippi beland maar nie bang gewees nie. Hulle geloof het hulle geestelike nagsig besorg.: “En omtrent middernag het Paulus en Silas gebid en lofliedere tot eer van God gesing; en die gevangenes het na hulle geluister” (Hand.16:25). Geestelike nagsig en lofsang verlig gelowiges se gemoed.

Nog 'n persoon wat dikwels baie swaar gekry en deur geestelike sang opgebeur is, was Dawid. “Maar ek – op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goedgedoen het” (Ps.13:6).

Geestelike sang het wonderlike berusting in Dawid se lewe gebring: “My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing. Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak! Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies” (Ps.57:8-10).

Dawid het die Onsigbare aanskou om die onmoontlike te vermag. Daarom was lofsang vir hom een van die belangrikste uitinge van sy geloof: “Ek wil sing tot eer van die Here solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is” (Ps.104:33).

In Ps.149 leer hy ons om in die openbaar sowel as tuis te sing: “Halleluja! Sing tot eer van die Here ’n nuwe lied, sy lof op die vergadering van die gunsgenote!” (:1). “Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde” (:5).

Geestelike sang gaan oor dankbaarheid teenoor Jesus wat ons sondeskuld aan die kruis gedelg het. Ges.75 begin met die woorde: ”Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het, sing dankbaar my verlossingslied” . Dis 'n skuld wat ons self nooit sou kon vereffen nie.   Omsoom daarom jou dankbaarheid vir verlossing met sang, dan sal jou geloof nooit uitrafel nie! .

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1817 gaste aanlyn