Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Langenhoven het met 'n vonkel in die oog gesê dat wanneer mens die Here om wysheid vra, jy taamlik op jouself kan reken vir ander dinge – soveel beteken wysheid in ons lewens. Martin Luther was meer ernstig in sy uitspraak dat daar geen wysheid bestaan behalwe die waarheid nie. Maar Langenhoven het ook die kern van die saak gebring toe hy gesê het dat die slim man al die paaie ken terwyl die wyse man net een regte pad ken – die waarheid. Ons kan met reg almal wat van die waarheid wegskram as onwyse karakters beskou.
SKRIFTUURLIKE STAWING VAN ‘N KERNOORLOG
Hoeveel bewys is daar in die Skrif dat kernwapens moontlik gebruik sal word?
Geleerdes het al daarop gewys dat die Griekse woord ouranoi die woord is waarvan ons moderne woord, Liman, afgelei is. Hierdie wit, radio-aktiewe metaalelement beskik oor die uraan-isotoop 0235 wat die eienskap het om 'n kettingreaksie aan die gang te hou. Dit is die basis vir kernontploffings, of hulle nou op die oppervlakte van die son of hier op ons eie planeet voorkom.
As 'n mens dus weer daardie woorde van Jesus lees dat met sy terugkeer "die kragte van die hemele (ouranoi) geskud sal word" (1Mattheus 24:29), is dit moontlik om 'n ander vertolking daaraan te gee as die een wat ons 'n geslag gelede sou gebruik het. Word daar miskien na kernontploffings verwys? Die moontlikheid word sterker as ons na 2 Petrus 37 blaai en lees dat "die teenswoordige hemele (ouranoi) en die aarde vir die vuur bewaar word". Hieruit kan ons aflei dat dit dieselfde soort vuur sal wees wat die hemele en die aarde sal vernietig. Die opvatting word nog verder versterk deur vers tien waarin ons lees "die elemente sal brand en vergaan".
Onaangename, maar ontstellend toepaslike leesstof kan in ander dele van die Bybel gevind word. In Sagaria, waar soveel profesië gevind word, lees ons:
"Kyk, daar kom 'n dag vir die HERE, dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond" (Sagaria 14:1,12).
Mense wat 'n deeglike studie gemaak het van die ontploffings in Nagasaki en Hirosjima in Augustus 1945 het gevind dat dit presies is wat met sommige van die slagoffers gebeur het. In Openbaring 9:16 en verder lees ons van 'n vernietiging dwarsoor die aarde wat die wederkoms van Christus vooraf sal gaan en dat hierin "'n derde van die mensdom gedood is deur drie plae van vuur". Vroeër lees ons dat "'n derde van die bome verbrand is (8:7); "'n derde van die see; 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan" (8:8,9). Toe was daar nog 'n ander verskriklike oorlogsvuur: "en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine... en baie mense het gesterwe van die water" (Openbaring 8:10,11).
Ook in Openbaring 16:8,9 lees ons: "En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hulle nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie". Dit is dus nie verbasend nie dat Jesus, in sy verwysing na hierdie verskriklike dinge, sy volgelinge só gewaarsku het: "Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld of tot nou toe nie gewees het nie en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word" (Mattheus 24:21,22). Op die vraag dus of die hele mensdom uitgewis sal word in 'n kernoorlog tussen die supermoondhede of in 'n kern-kettingreaksie, is die antwoord nee. Christus sal tussenbeide tree net voordat dit gebeur.
Maar ons lees wel dat 'n derde van die bevolking van die aarde sal verdwyn in een van hierdie apokaliptiese "brande". Dit is beduidend dat die Vancouver Sun 'n artikel geplaas het wat begin met die woorde: "Noodbeplanners meen dat tot agt miljoen Kanadese kan omkom of beseer word as 'n grootskeepse kern-aanval op Kanada gedoen word". Agt miljoen is 'n derde van die bevolking van Kanada.
Hoe naby is ons fisies op die planeet Aarde aan hierdie soort uitwissing, nie ten opsigte van kernwapens wat nog in die toekoms vervaardig kan word nie, maar ten opsigte van die kernwapens waaroor die mens reeds beskik? Dit is natuurlik so dat hierdie inligting deur die kenners geheim gehou word. Maar ons kan tog uit die beskikbare inligting aflei hoeveel nader ons aan Armageddon is as wat baie mense dink.
Die Harvardse bioloog en Nobelpryswenner, prof. Georg Wald, meen dat daar reeds is die sewentigerjare altesaam genoeg kernwapens en -bomme was om gelyk te staan aan tien ton TNT vir elke man, vrou en kind op aarde. Daar word daagliks minstens ses waterstofkernplofkoppe vervaardig. Die fisikus, Alan Munn, het bereken dat die mens binne twee of drie minute van die aangesig van die aarde gevee kan word. Andrei Sakharov, die Russiese wetenskaplike, het gewaarsku: "Die trek van 'n paar hefbome, die druk van 'n paar knoppies en die aanskakeling van 'n paar skakelaars, sal tot gevolg hê die algehele vernietiging van alle lewe op hierdie planeet". Daar word tans bereken dat een waterstofbom wat met kobalt oortrek is en op 'n strategiese plek ontplof word, helfte van die aarde se bewoners kan uitwis.
Die volledigste verslag oor die destydse sterkte van die Amerikaanse kernarsenaal wat nog vir publieke kennisname beskikbaar gestel is, is opgestel deur skout-admiraal Gene R. la Rocque, van die Amerikaanse Sentrum vir Verdedigingsinligting in Washington. Dit het in 1976 in die New York Times verskyn. Daarin is aangedui dat Amerika oor 30 000 kernwapens beskik: 22 000 taktiese en 8 000 strategiese wapens. Sowat 15 000 hiervan word in Amerika self geberg en is in verskillende stadia van gereedheid vir lansering. Die res sluit 7 000 in wat in Europa in samewerking met NAVO ontplooi is vir aflewering op 2 250 vliegtuie, missiellanseerders en kernkanonne. Amerika hou 1,700 taktiese kernwapens in Suid-Korea en die Fillippynse Eilande en in Amerikaanse installasies op Guam en Midway in die Stille Oseaan. Op see beskik Amerika oor sowat 7 000 strategiese en taktiese kernwapens. Sowat 284 Amerikaanse skepe en duikbote is in staat om 12 000 taktiese kernwapens in die vorm van bomme, dieptebomme, torpedo's en missiele af to vuur.
Daar is reeds in die sewentigs berig dat Rusland sy kernwapenvoorraad in een jaar met sewentien persent vermeerder het. Sir Peter Hill-Norton, admiraal van die Britse vloot en voorsitter van NAVO se militêre komitee meen die Russiese kernarsenaal is tans groter as Amerika s'n en dat hulle die voordeel van geheimhouding het. Die Amerikaanse Gesamentlike Komitee vir Atoomenergie in Washington het lankal gewaarsku dat die Russe Amerika nou verbygesteek het in die kernwapenwedloop. Hulle is ernstig bekommerd oor die moontlikheid dat die Russe oor die vermoë beskik "om eerste te slaan en dan genoeg wapens oor te hou vir 'n tweede aanval".
Andrei Sakharov het gewaarsku dat dit hierdie "eerste slaan'' is wat so gevaarlik is. Hy het gesê: "Dit is duidelik dat die aanvaller wat eerste onverwags toeslaan, in staat sal wees om met 70 tot 100 persent van sy MIRV-missiele dadelik al die vyand se lanseerbasisse uit to wis en om met sy oorblywende konvensionele missiele alle stede asook militêre, industriële en vervoergeriewe lam to lê, hom sodoende 'n vernietigende hou toe te dien om so die uitslag van die oorlog te bepaal, nog voordat die vyand 'n kans kry om 'n enkele teenaanval te loods. Dit is wat bedoel word met die aanloklikheid van die eerste aanval". Sakharov gaan voort deur daarop te wys dat die een gebied t.o.v. kernmag waar die Russe beslis die Amerikaners voor is, die feit is dat sommige van hulle MIRV-missiele tot agt kernknalkoppe het, terwyl die Amerikaanse ekwivalent maar drie het.
Persoonlik is Sakharov oortuig daarvan dat as die Russe voel die tyd het aangebreek, hulle nie sal aarsel om Amerika uit te wis nie. NAVO het jare gelede reeds verklaar dat die ontstellendste feit aangaande die Russiese militêre strategie is dat dit opgestel is vir aanval eerder as vir verdediging.
Die gevaar van die totale uitwissing van die hele mensdom met kernwapens is vandag so groot dat Time gewaarsku het dit sal weinig meer as 'n "toevalligheid of 'n klein wanberekening" verg om 'n einde aan alles te maak. Toe die kernbomwerper, die FB-I II, op Kersdag 1975 in Maine neergestort het, is die mensdom daaraan herinner hoe gevaarlik naby die afgrond van totale uitwissing die mens is — as hy op menslike oordeel vir sy voortbestaan sou moes vertrou.
Die Amerikaanse regering bestee na bewering bykans twee biljoen rand per jaar aan ge-outomatiseerde wapentuig. Laserstraal-toerusting verskyn bo-aan die lys van hierdie wapens. Daar bestaan reeds sedert die sewentigerjare 'n lasergeweer wat 'n straal uitskiet waarmee 'n vliegtuig opgespoor kan word. Die straal fokus op die vliegtuig en sny 'n gat in die romp daarvan om dit grond toe te bring. 'n Mens kan feitlik nie die teiken mis met hierdie wapen nie.
Dit wil uit alle bronne blyk dat ‘n kernoorlog onkeerbaar op ons pad vorentoe wag. Martin Luther het eenkeer uitgeroep: "Kanonne en vuurwapens is wrede en afskuwelike masjiene. Ek glo hulle ontstaan is direk te danke aan 'n voorstel van Satan. As Adam in 'n vergesig die verskriklike wapens kon sien wat sy nageslag sou ontwerp, sou hy sekerlik van smart gesterf het." Mens wonder wat hy van kernwapens se vernietigingskrag sou sê...