Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Christen is daar vir jou 'n baie duidelike opdrag in die Woord:
"Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom; want mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van Godsaligheid het maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. " – II Tim 3.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (28)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis vreemd hoe ‘n mens se brein werk. Daar was vir ‘n baie lang tyd tekens dat Suid-Afrika aan die verval is en die logiese uiteinde sou wees dat chaos en anargie die plek van orde en veiligheid in neem. Tog het die ANC elke keer ‘n haas uit die hoed gepluk, dit wat op ‘n mespunt was en gedreig het om na die verkeerde kant te val, beredder. Nie reggemaak nie, maar op ‘n manier die bus nog ‘n ent laat voortstu teen die afgrond, sonder ‘n botsing.
Telkens het die blankes gedink die tyd het feitlik aangebreek, net om na ‘n paar dae te besef dis nog nie daar nie, byvoorbeeld toe die ’94 verkiesing aangebreek het en die ANC wen, toe Mandela oorlede is; toe die rand tuimel van R6.50 na oor die nege rand binne ‘n week, toe die onluste in Julie 2021 plaasvind in Natal en oorgespoel het na Gauteng. Toe beurtkrag van fase 3 na 6 opgeskaal is en fase 8 het gedreig.
Intussen is gewere nagegaan, kos opgegaar en die heinings hoër gemaak, maar die lewe gaan aan. Elke keer word by die nuwe krisis aangepas en die dag van afrekening uitgestel, van die blikkieskos geëet en waaksaamheid is verslap.
Nicodemus onthou die oomblik toe hy besef het die tyd is daar. Voorheen het die swartmanne gespog met hulle weelderige, duur rygoed, Rolex horlosies, goue kettings om die nek, duur pakke klere en blink skoene met lang, dun tone. ‘n Statussimbool was die dik vetrolle aan die agterkant van die nekke, net onder die kop en bokant die kraag.
Hy het egter geweet die oomblik het aangebreek toe dieselfde manne hom nie meer in die oë wou kyk om te sien of hy hulle besittings en voorkoms bewonder nie, maar skuldig en onseker begin wegkyk het, sonder om oogkontak te maak.
Hulle het geweet en hy ook. Van daardie oomblik af het hy sy sekuriteit erg opgeskerp en nêrens meer beweeg sonder ‘n vuurwapen nie.
*
Niemand hou van onsekerheid nie, veral as jou veiligheid en moontlik jou lewe in gevaar is nie. Die meeste mense sal van hierdie gedagtes af wegskram en dit nie wil verwerk nie. Ander sal net konsentreer op die negatiewe, die onvermydelike aanvaar, asof dit ‘n sekerheid is en die res in angs of paniek verval. Of albei.
Dan is daar die ander, wat die situasie ontleed sover moontlik, moontlike uitkomste bedink en daarvolgens handel. Dis diesulkes wat kalm kan raak waar ander in vrees verval en in plaas van iets doen, bloot te vries. Tereg is daar die raad om in gevaarsituasies te beweeg, te ontleed, te skiet en as jy nie skiet nie te laai, maar aanhou beweeg. ‘n Bewegende teiken is baie moeiliker om raak te skiet as ‘n stilstaande een.
Bella, met Jana wat nou slegs gewapen is met die handbyl, probeer ‘n roete uitwerk wat hulle so ver as moontlik van die massa bewegende ontheemdes wegvat. Dis nie so maklik as wat ‘n mens kan dink nie, met die feit dat feitlik elke plakkerskamp in die land nou leegstaan en die vorige inwoners tans soos miere rondskarrel op soek na kos en blyplek.
Suid-Afrika is ‘n groot land, die vier en twintigste grootste ter wêreld, die negende grootste in Afrika en beslaan ongeveer 1,22 miljoen vierkante kilometers.
Indien ‘n mens egter in ag neem dat daar meer as sestig miljoen mense woon, met nog ‘n onbepaalde hoeveelheid onwettige immigtante, is dit te verstane dat waar daar beweegruimte is, met die Karoo en Kalahari, die berglande onbegaanbaar of moeilik om oor te loop of ry, ‘n menigte lopendes sal wees.
Hier en daar het hulle in groter bondels (die woord: “trop” sal nie verkeerd wees nie) begin saamkoek, maar daar is ook lang rye waar twee of drie langs mekaar loop en selfs hier en daar enkelinge. Hulle het almal een ding in gemeen: hulle is onseker. Onseker oor waar hulle heen gaan, presies wat gebeur het, waar hulle die volgende maaltyd gaan kry en wie vyand of vriend is, en waar is daar veiligheid te vinde.
‘n Bloot natuurlike instink dryf hulle voort, behalwe in enkele gevalle, om aan die beweeg te bly. Die meeste, indien nie almal nie, het identiteitlose kossoekers geword. Elkeen wat op die pad saam met hulle is, is nou ‘n kompeteerder vir die volgende brokkie voedsel en slaapplek.
Waar daar hier en daar spontane gevegte sou uitbreek, sal die res om die bakleiende groep beweeg, soos ‘n waterstroom om ‘n rots. ‘n Ent verder is dit vergete en die lewe gaan aan.
“Ons enigste pad gaan oor die berg wees”.
“Hieroor?” vra Jana, terwyl sy na die hoë kranse en uitstulpings aan hulle linkerkant wys.
“Dis die enigste pad, is dit nie?”
*
Net so hou niemand daarvan om vasgepen te wees nie.
“Goed, wat is julle mannetjies se oplossing?”
“Laser, Oom. As ons ‘n laser in daardie ouens se teleskope kan skyn, behoort dit hulle te verblind, en as ons reg is, nie net tydelik nie.”
“En julle het een of meer van hierdie lasers?”
“Ja, Oom – of moet ek eerder sê julle het. Ons het twee van die gewone laser-pointers, maar ek dink eerder die een wat Lammie op sy geweer het om mee te korrel, - of te wel gehad het - ek dink dis ‘n Red Dot, behoort te werk.”
“As ons nie ons koppe kan uitsteek om met gewere te korrel nie, hoe stel jy voor gaan julle dit regkry sonder om geskiet te word?”
“Met die laser aan ‘n ou kar se lugdraad, van daardies wat kan uit trek, en ‘n spieël, ook aan ‘n stok of ‘n ding.”
“En julle gaan dit oor ‘n afstand van ses honderd meter reg in die ou se teleskoop inskyn, terwyl jy agterstevoor op jou rug lê en dit in ‘n spieël doen, met elke beweging verkeerd om?”
“Ja, Oom, ons was ‘gamers’ en ons weet presies hoe ons dit gaan doen.”
*
Dietrich Mann is gewerf vanuit die ou Oos-Duitsland. Jare gelede is sy pa as huursoldaat (tegnies ‘n konsultant) in Angola, tydens Operasie Hooper, deur ‘n Suid-Afrikaanse soldaat doodgeskiet.
Dietrich het met ‘n diepe wrewel en intense haat teenoor die blankes in Suid-Afrika groot geword. Hy was ‘n uitblinker op skool en ‘n uitnemende skut, maar in plaas van verder gaan leer, of te gaan vir die olimpiese proewe, het hy verkies om die weermag sy tweede tuiste te maak.
Op twee en veertigjarige ouderdom is hy deur dieselfde konsultantegroep, Basic Operations, gewerf as konsultant. Vandag bevind hy hom in die noorde van die land, saam met drie van sy kollegas, agter ‘n SIG skerpskuttersgeweer.
Terwyl die vier Oos-Duitsers die koppe van Nicodemus en sy manne laag hou, beweeg die groot groep vinnig deur die strate na waar hulle lê.
‘n Diepe opwinding, met die besef dat hulle hierdie spul wat al so lank weerstand bied teen die oud-regeringsmagte gaan uithaal, bruis deur hulle gemoed. Dit maak dat hulle onverskrokke kanse vat waarvan hulle voorheen nooit sou gedroom het nie.
Dietrich sien ‘n beweging op die gebou wat hy dophou, se dak. Hy het die afstand al met ‘n range-finder presies bepaal, die turrets vier klieks op en twee links, met die effense windjie wat na regs stoot, gedraai en nou wag hy geduldig.
‘n Effense beweging, twee en ‘n halwe meter van sy kruishare se verdeelpunt, is skielik sigbaar. Hy versit vinnig sy teikenprent daarheen, maar kan nie presies sien wat dit is nie. Iets rooi…
Bertie sien in die spieël wat Bossie vashou, die rooi kolletjie van die laser teen die muur opkruip. Dis regtig moeiliker as wat hy gedink het en is geneig om die laser na die verkeerde kant te draai. Die teiken is ook baie klein, met ‘n swart kolletjie, amper onsigbaar teen die ligbruin muur aan die bokant van die bankgebou. Die voordeel aan sy kant is dat hy dit aanhoudend kan beweeg tot dit die teiken vind, natuurlik sonder om te herlaai soos dit in die geval van ‘n geweer sou wees. Hy hoef ook net een keer te tref.
“Nou Oom!”
Dietrich konsentreer op die vreemde voorwerp en skielik skyn die rooi laserliggie reg in die objektiewe lens van die teleskoop in. Die duur Swarovski is op 25-vergroting gestel en uiteraard vermenigvuldig dit die laserstraal met daardie getal. Onmiddellik brand dit sy regteroog se retina uit en hy is dadelik blind in daardie oog. Dis natuurlik onverwags en verward laat hy die geweer gaan, gryp na sy oog en hy kom onwillekeurig ‘n ent regop.
Nicodemus se Mauser 7X57 klap teen sy skouer en die koeël tref Dietrich teen die voorkop.
“Nou die ander Oom,” sê Bossie gevoelloos, amper asof hulle “Call of Duty” speel en na ‘n volgende vlak opskuif.