Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Is jy bekommerd oor ons volk? Booshede verteer ons soos roes yster verteer. Kan ons iets doen of is ons magteloos teen hierdie booshede? Ja, ons kan iets doen; nee, ons staan nie magteloos nie. Deur jou hart te ondersoek, gee God jou die potensiaal om die wêreld te verander.
VOLKSBESINNING – TE LAAT? (1)
Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?
Koos Bester
ONS VOLK SE TOESTAND
Een van die groot nadele vir 'n volk in politieke knegskap en sonder eie volksowerheid is die feit dat daar geen leier of leierskapsinstansie is wat verantwoording of die moeite doen om 'n oordeel te vel oor die toestand van daardie volk nie.
Uit die Bybel weet ons dat waar die politieke leiers (Israel se koningshuis) hierdie plig versaak het, die Here profete soos Jesaja en Jeremia geroep het om die toestand van die ouverbondsvolk aan die lig te bring. In die taal van die Bybel: die "skietlood" is ingespan om die volksbouwerk te beoordeel.
Dit is geensins 'n oudmodiese verskynsel nie. In Suid-Afrika se vorige politieke bedeling was die eerste minister en later president se parlementêre openingstoesprake en hul begrotingsposdebatte die geleenthede waarop die toestand van volk en land onder die loep geneem is. Ook die leier van die amptelike opposisie se wantrouedebat is aangewend om die regering se doen en late te weeg.
In Amerika lewer die Amerikaanse president jaarliks sy "State of the Nation"-rede.
In Suid-Afrika het die regering verder die staatsapparatuur gebruik om die "toestand van die volk" te monitor, in sommige gevalle en na sommige mense se oordeel dalk té erg! Soveel so dat tydens die bewind van PW Botha, sy regering as 'n "sekurokrasie" bestempel is. Sy "sekurokrate" was hoofsaaklik uit die weermag afkomstig en hul bedrywighede het uitgemond in beslissings wat die sogenaamde Staatveiligheidsraad geneem het in verband met noodtoestande en ander verbandhoudende veiligheidsmaatreëls.
'n Mens sou veel teen hierdie sekurokrasie kon inbring want sy magsmisbruik was ook teen behoudende Afrikaners gemik. Mense is aangehou, telefoongesprekke afgeluister, spioene by hulle geplant, en, wie weet (dit is nog nooit ondersoek nie) dalk mense om die lewe gebring. 'n Bespiegeling dat dr AP Treurnicht nie aan natuurlike oorsake gesterf het nie, het byvoorbeeld in Die Afrikaner-koerantjie verskyn.
Een ding was egter seker van mnr PW Botha se bewindstyd: sy regering was bewus van die toestand van die burgerlike bevolking.
Ons weet hoe die veiigheidsmagte en veiligheidsmoniteringstelsels deur FW de Klerk met regter Richard Goldstone as handperd, afgetakel is. Die veiligheidsdienste en inligtingsgemeenskap is, in marxieste taal, "gerekonstrueer" en "getransformeer".
Veel sou ingebring kan word teen dié gerekonstrueerde veiligheids-en inligtingsgemeenskap en veral dat dit gebuk gaan onder afrikanistiese tekortkominge. Maar dat die kommuniste 'n behoorlike infrastruktuur op 'n skinkbord ontvang het om hul duiwelswerk te doen , kan nie betwyfel word nie,
Die grootste nadeel egter vir die volksgerigte Afrikaner is die skyn van regmatigheid wat die kommuniste saam met hierdie veiligheids- en inligtingstrukture geërf het. Die Afrikaner oor die algemeen het oor die jare 'n gunstige opvatting van hierdie instansies gekry. Baie Afrikaners en Blankes hou in salige goedgelowigheid aan hierdie opvatting vas. Nie eens vir 'n vlietende oomblik daag die wete dat hierdie gemeenskap nou inigting téén die Afrikaner bedryf nie – dit sien 'n mens ongelukkig selfs by voorsitters van boere-unies, salig onbewus van die dissonansie wat ingetree het. Hulle is skynbaar nie daarvan bewus dat die ANC veiligheidsinligting bedryf en daartoe in staat is om dit te doen tot in die verste uithoek van die land nie.
Nou wat is die toestand van die volk vandag, in 'n tyd dat die Afrikaner nie 'n apparatuur het om hom lewensnoodsaaklike feite in dié verband in te lig nie?
Die volk se toestand
Dr AP Treurnicht het tydens die volksvergadering by die Voortrekkermonument in Pretoria in 1990 reeds blyke van ernstige kommer oor die voorbestaan van die volk gegee. Hy het dikwels NP van Wyk Louw aangehaal, waar die digter voor die Here pleit vir "'n klein volk" onder groot bedreiging. Hierdie bedreiging was nie net fisiek nie maar ook geestelik. Volgens dr Treurnicht was die Afrikanervolk toe reeds in sy "derde vryheidstryd" gewikkel.
Die sogenaamde Groep van 63 het in 2000 by die ANC gepleit vir 'n "nuwe venster" op die toekoms vir die Afrikaner in 'n poging om die gety van Afrikaner-landsverlaters te keer.
Kerke het al berade gehou oor die geestelike, morele en ekonomiese verval in Suid-Afrika. In Bloemfontein het Afrikanergemeenskapsleiers bymekaar gekom om oor die toestand onder Afrikaners in die Vrystaat te besin.
Oor die fisieke veiligheid van die Afrikaner in stad en op platteland, en hoe die Afrikaner swig onder 'n geweldsgolf, skryf en praat die openbare kommunikasiemedia daagliks.
Só erg is dit dat 'n algemene praktisyn in 'n radiorubriek kon uitwei oor sy waarnemings oor "die volkspatologie", met ander woorde dit onderliggend aan die beroerde geestelike en fisieke toestand van die Afrikanervolk.
Die vraag is daarom wat 'n verantwoordelike Afrikanervolksleier se bevinding sou wees as hy vandag rekenskap moes gee oor die toestand van die Afrikanervolk. Sou hy 'n algemende noodtoestand uitroep sodat daar allereers behoorlik omgesien kan word na die fisieke welsyn van die volk en hulle na fisieke veiligheid wil bring?
Wat sal hy moet sê oor Afrikaner-kerkleiers en hul gemene saak met die kommunistiese ANC? In die verlede is daar nie geskroom om teen diéwolwe onder die kudde op te tree nie.
Wat sou 'n verantwoordelike volksleier gedoen het om sy volk se betaalmiddel, die rand, te red?
Wat sou 'n verantwoordelike volksleier gedoen het om Christelike volksonderrig vir die kinders te red? Wat sou sy bevinding wees oor nuwe vorme van eiendomsbelasting, duur brandstof, duur munisipale belasting en volksvreemdes wat dié geld botweg na sogenaamde "agtergeblewenes" kanaliseer?