NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ons besef dat vreugde en hartseer 'n tweeling is sal ons ophou om die twee te probeer skei – hartseer maak ons gereed om vreugde met meer waardering te geniet.

VOLKSBESINNING – TE LAAT? (3)

Lees reeks by Volksbesinning - Te laat?

Koos Bester

UITSTAANDE KENMERKE

Vir mnr Marais is die uitstaande kenmerke van die gebeure die volgende:

  • Genl Viljoen het sy opwagting in die politiek gemaak as "militêre raadgewer" van mnr Andries Beyers se Afrikaner-Volksunie, wat hom spoedig by die NP gevoeg het;
  • Die bedekte en konspiratoriese wyse waarop die AVF gestig is was  " 'n klaarblyklike poging" om die regses in 'n strik te lok waar hulle die militêre pensioenarisse ten prooi sou val, daarop uit om glad nie vir De Klerk te stuit nie;
  • Die AVF se aanvaarding van 'n "nie-rassige demokrasie" in onderhandelinge met 'n ANC-span onder leiding van Mbeki was die essensie van ANC/SAKP-beleid en maak 'n bespotting van die uitgangspunt van 'n Afrikaner-volkstaat.
  • Dit was 'n obsessie by die afgetrede generaals dat onderhandelinge die enigste wyse van politieke optrede is en daardeur is ingeval by die agenda van die ANC en die NP-regering.
  • Die afgetrede generaals se volgehoue wegskram van verset langs ander weë en hul vermanings teen burgeroorlog het byvoorbaat sulke optrede as laaste opsie uitgeskakel en genl Viljoen se beeld as soldaat geweld aangedoen;
  • Daar was 'n klaarblyklike verbintenis by die generaals van deelname aan 'n een-mens-een-stem-verkiesing (sonder hoop op oorwinning). Daardeur is gesag gegee aan politieke bedrog, bedink om die kommunisties-beheerde ANC tot 'n bloedlose staatsgreep in staat te stel, soos wat in Suidwes en Rhodesië gebeur het.
  • Genl Viljoen se politieke plooiwerk het 'n verdelende uitwerking op die regses gehad, in teenstelling met die eenheid wat hy veronderstel was om te dien.

 

ZB du Toit

Die overtures wat die Vryheidsfrontgesinde Rapport-verslaggewer en eerstydse Patriot-redakteur, ZB du Toit, drie maande na die stigting van die AVF oor die moontlike wegbreek van die KP van die AVF gemaak het, dui onweerlegbaar dat die Viljoen-groep se planne al lankal agtermekaar gekry is. Du Toit skryf (Rapport, 20 Junie 1993):

...Genl Viljoen is op sy beurt omring deur mense, onder meer genl Tienie Groenewald, wat bereid is om grense vir 'n toekomstige Afrikanerstaat te trek en dit tewens reeds gedoen het...

Die moontlikheid kan nie uitgesluit word nie dat genl Viljoen en sy raadgewers op 'n gegewe tydstip kan besluit dat 'n plan, wat voorsiening maak vir 'n Afrikaner-deelstaat met verskanste magte en duidelike grense, die enigste moontlike onderhandelbare plan is en dat hy reeds oor die magsbasis beskik om dit voor te lê...

Viljoen-dinktenk

Die Departement Nasionale Strategie van die Randse Afrikaanse Universiteit was in daardie stadium die dinktenk van die generaals in Suid-Afrika. Niemand minder as wyle Johann S Liebenberg, gewese groot Nuuskommentaarskrywer van Radio Pretoria en artikelskrywer vir die Vryheidsfront-lyfblad, Frontnuus, het in daardie stadium 'n nuusbrief, Veiligheidsfokus, vir die departement hanteer.  Ook 'n ander Radio Pretoria-nuuskommentaarskrywer, wyle Piet Liebenberg, was deel van dié dinktenk. Liebenberg was lid van die abortiewe Volkstaatraad en 'n groot kenner van foefies soos interne selfbeskikking en sogenaamde minderheidsvolke.

Die Bophuthatswana-inval

Ernstige politieke waarnemers glo dat alles oor die Bophuthatswana-inval glad nie gesê is nie ondanks 'n kommissie van ondersoek onder regter Tebbitt en die feit dat hierdie saak en ook die sogenaamde Bisho-slagting en die inval in Ciskei deur die bevooroordeelde Tutu-kommissie ondersoek is.
Die Bop-aanslag deur die kommuniste en die ANC binne en buite dié staat was oënskynlik deel van MK se Operation Sunrise. Dié destabilisasie-operasie se sigbare agente was die ANC en Cosatu. Hulle het in Maart 1994 'n "nasionale staking" deur die staatsdienswerkers aangeblaas met die voorbedagte doelwit dat polisie- en weermaglede wat glo nie deur die Mangope-regering betaal is nie, hulle daarby sou aansluit. Die AVF-magte is "aangevoer" deur kol Jan Breytenbach wat met behulp van Suid-Afrikaanse spesiale magte vir hom naam gemaak het in die Angolese stryd aan die kant van UNITA.

In berigte in die algemene nuusmedia, en ook in 'n goed-berekende disinformasieveldtog, is die AWB-lede wat hul verskyning in die staat gemaak het, uitgemaak as "los kanonne" wat hulle skuldig gemaak het aan "hooligism". Daar het 'n dokument van obskure oorsprong per faks op 15 Maart 1994 by Radio Pretoria se nuuskantoor uitgekom. Die versendingstyd daarop is 16:33. Dit is deur ene A van Heerden gestuur. Die dokument is duidelik bereken om 'n kloof tussen die Breytenbachmag en die AWB te slaan. Breytenbach se mag word gunstig geskilder en sou volgens die dokument "verbintenisse met ander militêre en para-militêre groepe" hê. Die bevinding van die dokument (onder punt 3) "... The military threat posed by die right wing inclusive of the IFP, still remains but has now been forced towards being far more focused, more cautious and more realistic."

Bloot hierdie opmerking laat vele vrae ontstaan.

Strikke gestel

Op 10 Februarie het dokumentasie oor Operation Sunrise Radio Pretoria per faks bereik. Daarin word die SA Kommuniste Party as hoofbeplanner van die destabilisasie geïdentifiseer. Die dokument van etlike bladsye het voorgegee om onder die hand van die SAKP self te verskyn het. Ekself het dit in die volgende weke in nuusbulletins en Nuuskommentare hanteer.

'n Prominente lid van die nuusspan het my 'n dag voor die Bop-inval niks minder as aangepor om die AWB-kantoor te bel en te vra of die AWB in die besonder tot Bophuthatswana se hulp gaan kom in die lig van die dreigende destabilisasie. Ek het 'n slang in die gras gesien en nie op die wenk gereageer nie.

Die volgende dag het die voormalige onafhanklike staat oorgekook en die AVF-magte was binne in die tuisland. Die AWB was ook daar en hulle is baie pertinent in die SAUK en die buitelandse TV-stasie as 'n soort losloper-element hanteer. Die feit dat "AVF-magte" oorhoofs daar ontplooi is, is skaars gemeld.

Ek het Radio Pretoria se nuusredakteur, Tom Cairncross, gevra waarom ons nie maar self na die nasionale staat gaan nie. Tom het volstrek geweier. Ek het aan hom gesê die tweede beste is dan om na die Volksfront-kantoor te gaan en van daar 'n ingeligte en meer deurlopende beeld van gebeure te kry. Ek en Tom is toe na die Volksfront-kantoor waar ons genl Tienie Groenewald in sy kantoor te spreke gekry het. Die besoek was so tussen nege- en tienuur die oggend.

Genl Groenewald was nie baie spraaksaam nie – behalwe om ons onomwonde te verseker die destabilisasie is met welslae afgeweer! Ek was uit die veld geslaan en het weer gevra of hy oortuig is van wat hy sê. Hy het volgehou met sy standpunt. Ek het na Tom gekyk en toe na genl Groenewald en vir hom gesê dan is dit mos rede tot groot vreugde, die ANC-aanslag is dan mos suksesvol afgeslaan. Dit is mos rede vir 'n triomfantelike nuuskonferensie. Genl Groenewald het so toe soos'n oester geslaan en dit was duidelik dat hy my en Tom se verdere teenwoordighed as hinderlik beskou.

Ons is terug na Radio-Pretoria in Magalieskruin, waar ek met die AWB-segsman van daardie tyd geskakel het. Dit was duidelik dat die man nie juis op hoogte van die verloop van sake in die staat was nie. Ek het vir hom gesê dat genl Groenewald aanvoer dat die opstand onderdruk is.

Die grusame verloop van gebeure, soos dit kort daarna voor ons oë op die TV ontplooi het – waar drie AVF-manne in koelen bloeden deur 'n Swart Bop-soldaat by 'n blou Mercedes-motor afgemaai is nadat hulle tot weerloosheid verwond is – het alle illusies egter uit die pad gevee. Die AVF-magte, die Boerekrisis-Aksie en die AWB se militêre aansprake was tot op die grond afgetakel.

Dalk is dit genoeg vir my om te verklaar dat as die AVF, die Boerekrisis-Aksies en die AWB berekend in 'n dode-akker ingelei is in 'n sameswering waarby wie ookal betrokke was, dan is daar bloedstollend in dié poging geslaag. En as daar mense is, sogenaamde Afrikaners, wat met bloed op hul hande loop weens verraad, dan is daar 'n prys wat betaal moet word.

In reeds genoemde obskure faks van ene A van Heerden kom egter nog die volgende opmerking voor:
The NP-government again demonstrated a lack of credibility and control in the chain of events leading to the crucial decisions regarding the deployment of the SADF and the coup against Mangope. Decisions regarding the deployment of the SADF and the coup against Mangope. Decisions were haphazard and late and were subject to approval by the ANC and the TEC. Pres FW de Klerk was not fully informed of the situation ( e.g. the declared emergencies in 52 magisterial districts by the Minister of Law and Order).
The ANC, with the assistance of the AWB, has succesfull added Bophuthatswana to its sphere of interest and by implication the new Northwest Province.
The removal of Bophuthatswana and Ciskei, together with the split in the White right, has, in some ways, strengthened the rigt wing. They are now only concerned with KwaZulu-Natal and the establishment of a volkstaat. The information of the Freedom Front as a political party standing for election will attract many of the more pragmatic right wingers... The CP with Hartzenberg has effectively marginalised itself...

Dit lyk of ZB du Toit oor besondere profetiese gawes beskik het om in Junie die vorige jaar reeds, in Rapport die verdeeldheid te voorspel het...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3956 gaste aanlyn