Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Afrikaanse uitdrukking lui: Woorde wek maar voorbeelde trek. Dit is belangriker om die Here wat jou hart sien te behaag as om mense te probeer beïndruk maar mense moet kan sien dat jy opreg met die Here verkeer. Sorg dat jou getuienis deur jou lewe bevestig word want diegene wat deur jou toedoen verlore gaan se bloed sal aan jou hande wees.
NEGE BOERE WREED VERMOOR
U sal saamstem dat die hoofstroommedia nie meer melding maak van plaasmoorde nie. Hulle sal oor enige onbenulligheid berig, veral as dit een of ander agtergeblewene is wat oor iets kerm en kla, maar nie ‘n woord oor plaasmoorde nie.
Ons weet almal dat die ANC regime deel van die komplot is om die boere van hulle plase te verwyder, en dat die media die regime se marionet is. Dus weet ons ook dat sulke nuus doelbewus verswyg word om die blankes se emosies nie te laat opwerk nie – netnou word ons dalk kwaad genoeg en begin ‘n oorlog. Al wat hieraan goed is, is dat die regime met al sy onbevoegde staatsdepartemente nog steeds bang is vir die blankes en hulle God in die hemel.
Hier volg ‘n paar berigte oor plaasaanvalle: Tussen September en November 2021 is nege Suid-Afrikaanse boere in Suid-Afrika wreed vermoor. In September 2021 was daar 13 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde, gedurende Oktober was daar 14 Plaasaanvalle en 3 plaasmoorde en gedurende November was daar 17 Plaasaanvalle en 3 plaasmoorde in die land.
Christiaan van Tonder (29), van Lindley naby Steynsrus in die Vrystaatse provinsie van Suid-Afrika is op 30 November 2021 deur 'n onbekende aantal aanvallers doodgeskiet.
Johan Prinsloo (64) is op 30 November 2021 doodgeskiet toe minstens vier aanvallers op hom en een van sy werknemers op 'n plaas net buite Koppies, Suid van Sasolburg in die Vrystaatse provinsie van Suid-Afrika losgebrand het.
Robert Stander is op 2 November 2021 omstreeks 01:00 in Muldersdrift, in die Gauteng provinsie van Suid-Afrika, doodgeskiet.
Ajay Haripersaad (58) is op 24 Oktober 2021 op die plaas Graceland in Munden, buite Greytown, in die KwaZulu Natal provinsie van Suid-Afrika, doodgeskiet.
'n 68-jarige plaasbestuurder is op 25 Oktober 2021 by 'n groenteprojekplaas naby Bersheba, Kirkwood, in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika deur 'n onbekende aantal aanvallers aangeval en vermoor.
Petrus Steyn (50) is op 29 September 2021 deur drie aanvallers op die plaas Holfontein, in die Heilbron-omgewing, in die Vrystaatse provinsie van Suid-Afrika, oorval, wreed aangerand en vermoor.
Levyno (70) en Amelia (64) Botha, is op 25 September 2021 in Kameeldrift-Oos, buite Pretoria, in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika, doodgeskiet.
Werner Buchner is op 5 September 2021 op hul melkplaas in Boslaagte in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika doodgeskiet, sy seun Werner gewond en sy vrou Estelle se arms is albei op 5 September 2021 gebreek.
Die jaar tot dusver:
Januarie 2021 – 21 plaasaanvalle en 0 plaasmoorde.
Februarie 2021 – 17 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde.
Maart 2021 – 36 plaasaanvalle en 5 plaasmoorde.
April 2021 – 24 plaasaanvalle en 7 plaasmoorde.
Mei 2021 – 23 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde.
Junie 2021 – 23 plaasaanvalle en 5 plaasmoorde.
Julie 2021 – 21 plaasaanvalle en 1 plaasmoord.
Augustus 2021 – 26 plaasaanvalle en 9 plaasmoorde.
September 2021 – 13 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde.
Oktober 2021 – 14 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde.
November 2021 – 17 plaasaanvalle en 3 plaasmoorde.
Lees oor nog plaasaanvalle hier: farm attacks here