Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe kan ons meer van die liefde verstaan en bekom? Paulus sê in Filippense daar is net een wyse waarop die liefde binne ons groei en meer word; dit is wanneer ons meer en meer kennis en ervaring van onderskeiding opdoen – ons leer dus om die waarheid van die leuen te onderskei, die goed van die sleg, die rein van die onrein ens; alleen dan kan die liefde binne ons meer en meer word.
ONS MOET GOD SE VYANDE HAAT!
“Dink vir een oomblik waar Suid-Afrika vandag sou gewees het indien die Agabs van ons land die Benhadads betyds verdelg het!”
God gee aan gelowiges duidelike opdragte in sy Woord. Sommige daarvan is relatief maklik terwyl ander weer baie moeilik is. Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes. In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê? Indien wel, weerspreek die Bybel hom! In Ps.139:21,22 lees ons die volgende woorde: “Here, sou ek nie diè haat wat U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my”. Weerspreek die Bybel hom hier? Nee. Die Bybel moet net reg verstaan word.
In Matt.5:44 val die klem op die woorde “julle vyande”. Wat bedoel Christus hiermee? Dit is mense wat as gevolg van jou geloof in Christus vyandig teenoor jou optree deur jou bv. te beledig, te haat en skade aan te doen. Wanneer iemand dit aan jou doen, is ons normale reaksie om terug te slaan. Jou opponent verwag dit. As dit nie gebeur nie, vat jy die wind uit sy seile en hy besef dat jy anders is. Dit gee jou die gulde geleentheid om van jou geloof in Christus teenoor hom te getuig.
Daar is egter vyande wat ons nooit mag liefhê nie nl. God se vyande. Dis die vyande waarvan koning Dawid in Ps.139 skryf. Ons is verplig om hulle te haat! Maar nou is dit uiters belangrik dat ons hierdie haat omskryf. Wat is haat? Dis ‘n gevoel van hewige afkeur. Daar is net een toelaatbare haat en dis die haat vir God se vyande. Ons kan maar van heilige haat praat omdat hierdie vyande ons nie in die eerste plek benadeel nie, maar ons God. Ons mag hulle wat teenoor ons as mens oortree, nie haat nie. Maar indien hulle God haat, moet ons hulle, soos ‘n koning Dawid van ouds, met ‘n heilige haat haat.
Waarom praat ons van ‘n heilige haat? Heilig beteken afsonder of opsysit. Die gedagte is om anders te wees – anders as die normale. Heilige haat is ‘n anderse haat; anders as diè van mense. Dis God se sterk afkeur en dis net logies dat Hy van sy kinders verwag om dieselfde afkeur te hê en toe te pas. Kortom: Jy moet diegene wat jou te nakom liefhê, maar diegene wat God te nakom met ‘n heilige haat, nie met ‘n menslike een nie, haat.
Diegene wat God se vyand liefhet, het God by implikasie nie lief nie. Koning Agab is ‘n voorbeeld hiervan. In 1 Kon.20 lees ons hoedat hierdie goddelose koning van Israel ‘n opdrag van God verontagsaam en hom die oordeel van die Here op die hals gehaal het.
Waarom het Suid-Afrika in die spoelsloot van die lewe beland? Omdat die Agabs van ons volk nie na die Woord van God geluister en die vyand verslaan het nie. Hierdie vyand was kommunisties georkestreer en derhalwe anti-christelik. Hulle was eerstens God se vyand. Hoe kon die Agabs van ons volk dit selfs oorweeg het om die vyand, wat geen geheim van hulle bose bedoelinge met die Boerevolk gemaak het nie, saam met hulle op die wa van staatkundige beplanning laat sit en van hulle broers gemaak het? Vandag heers die moderne Benhadad oor die Boerevolk! Nee, God se vyand verdien geen liefde nie, maar eerder algehele uitwissing!
Dink vir een oomblik waar Suid-Afrika vandag sou gewees het indien die Agabs van ons land die Benhadads betyds verdelg het!
As jy die vyand van God nie verslaan nie, verslaan hy jou!