Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Langenhoven het 'n baie waar uitdrukking gehad dat 'n man van weining woorde se solder te klein is vir 'n klomp kaf. Daarby moet ons onthou dat iemand wat loop en skinder en laster, baie meer oor homself daarme sê as oor sy slagoffer...
NIEU-SEELAND - WANNEER SA?
AARDSKUDDINGS OOR DIE WÊRELD NEEM SPORADIES TOE
Jeanette Koekemoer
"Ons moet in gedagte hou dat die kragtige Hirosjimabom maar 'n lesing van 6 op die Richterskaal gemeet het, dus was die 6,3 aardbewing in Ceres in die Kaap in 1969 nog kragtiger."
Maar gistermiddag het daar weer 'n aardskudding van 6,3 plaasgevind, dus ,3 kragtiger as die destydse Hirosjimabom, minstens 65 mense gedood en honderde vasgekeer in die puin van geboue in Christchurch, 'n Nieu-Seelandse stad. Die aardbewing was slegs 5 km ondergronds en die Christchurch Cathedral in die middestad het heeltemal in die slag gebly, asook talle ander groot geboue wat inmekaargestort het. Naskokke bemoeilik tans die reddingswerk.
Aardbewings is sporadies besig om dwarsoor die wêreld toe te neem. Daar heers ook toenemende kommer uit verskeie oorde oor die moontlikheid dat 'n hewige aardbewing Suid-Afrika kan tref.
Geen mens is egter by magte om 'n datum aan so 'n Godsbeheerde gebeure te heg nie. Tekens word wel aan die mens gegee en ons behoort ons daaraan steur, met spesifieke verwysing na ons geestesingesteldheid.Kom ons kyk na 'n paar skuddings wat in die verlede plaasgevind het. Op 23 April verlede jaar het die Oos-Kaap Burger berig dat 'n ligte aardbewing van 2,8 op die Richterskaal die vorige aand die suidweste en westelike gedeelte van Johannesburg vir vier sekondes lank geskud het. Enkele personeellede van Beeld in die Mediapark-gebou in Auckland Park het die skudding duidelik gevoel. “Ek was nie bekommerd nie, want ek het gedink dis seker aan een of ander vorm van mynaktiwiteit te wyte,” het Erika de Beer, nagnuusredakteur, gesê.
Mev. Michelle Grobbelaar, bestuurder van die Raad vir Geowetenskappe se eenheid vir seismologie, het gesê sy glo die skudding was die gevolg van “’n skielike vrylating van energie in die aarde onder die goudmyne aan die Wes-Rand” aangesien sowat 80% van alle aardbewings wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismologiese Netwerk aangeteken word, in mynstreke voor kom. Maar van die wêreld se grootste aardbewings het nie noodwendig met myne te make gehad nie en Suid-Afrika kan homself nie op grond hiervan vryskeld van die moontlikheid van 'n enorme aardbewing selfs in gebiede waar mynbedrywighede nie ter sprake is nie.
Die teoloog, dr Willie Marais, skryf in sy outobiografie 'n Man van God gestuur, dat hy al jare lank die gevoel het dat Kaapstad en omgewing deur 'n erge aardskudding getref gaan word. Deur kommunikasie met God het hy tot die vaste oortuiging gekom dat daar 'n groot ramp in hierdie geweste wag, een wat talle huise onder die see gaan laat verdwyn. Hy beskryf dit as een van die grootste natuurrampe ooit wat Suid-Afrika sal tref, maar natuurlik het hy ook geen benul van wanneer so iets kan gebeur nie aangesien hy sy gewaarwordinge suiwer op geestelike ervaring skoei.
Daar is egter ander wat op 'n meer wetenskaplike wyse te werk gaan om sulke soort stellings te waag, soos onder andere mnr Beyers van Niekerk, 'n omgewingswetenskaplike in Suid-Afrika. Volgens hom is die Wes-Kaap juis die land se bekendste aardskuddingsgebied waarvan die grootste skudding, 6,3 op die Richterskaal, op 29 September 1969 by Ceres plaasgevind het. Ons moet in gedagte hou dat die Hirosjimabom maar 'n lesing van 6 op die Richterskaal gemeet het, dus was die aardbewing in Ceres nog kragtiger.
Oor die breuk wat deur die Kaapse vlakte verby Valsbaai in die see loop sê Van Niekerk, dat dit 'n seismiese vloedgolf kan aktiveer wat honderde kilometers per uur kan beweeg, 'n tsoenami in eie reg, wat 'n groot probleem vir uitgestrekte gebiede in die Kaapse vlakte kan veroorsaak. Ook die lughawe wat op 'n riskante blootgestelde area geleë is kan volgens Van Niekerk in die slag bly.
Interessant dat Koeberg destyds ontwerp is met die moontlikheid ingedagte dat daar 'n aardbewing van 7 mag plaasvind. Die breuk is dus toe reeds in ag geneem. Maar niemand kan presies voorsien wat sal gebeur as daar 'n aardskudding plaasvind en Koeberg die dag ontplof nie behalwe dat daar vir minstens in 'n radius van 50 km niks sal oorbly nie as gevolg van die radio-aktiewe waterdamp wat sal ontsnap. En dit is maar een van die gevolge van 'n omvangryke aardbewing in daardie omgewing, wat niks met mynbedrywighede te make het nie.
Suid-Afrika het al heelwat waarskuwings ontvang oor die moontlikheid van ‘n ingrypende aardeskudding soos dié een wat Nieu-Seeland gister getref het. Dr Chris Hartnady, navorsings- en tegniese direkteur by die aard-wetenskaplike organisasie Umvoto Africa het onder andere beweer: “Dit is nie ‘n kwessie van of dit gaan gebeur nie, maar ‘n kwessie van wanneer.” In Afrika begin die skeidinglyne van die Nubia- en Somalia-plate wat vanaf die Andrew Bain fraktuursone in die Indiese Oseaan loop, by Port Shepstone, deur Natal en Lesotho tot in Mosambiek, en al die pad deur noord-oos Afrika. Volgens Hartnady is die gekompliseerde samestelling van plate in Afrika tans aktief besig om te skuif met reeds heelwat veranderinge in die noorde van Malawië. Die gemete spanningsvlakke in die aardkors in die land oorskry glo tans dié van die aardbewings in Suid-Afrika in 1810, 1890, en 1969. Met ‘n verwagte 6.5 meting op die Richterskaal wat slegs .5 minder is as wat Haïti getref het kan dit groot dele van die land in puin lê.
Volgens dr Hartnady wissel die tydsverloop tussen hewige aardbewings van meer as 7 op die Rigterskaal tussen 500 en 1 000 jaar. In dele van die Oos-Afrika-rif het die vorige groot aardbewing 1 000 jaar gelede plaasgevind. Volgens dr Hartnady word die volgende een enige oomblik verwag. Volgens hom is die gekompliseerde samestelling van plate in Afrika aktief en besig om te beweeg wat riviere en mere in oseane kan verander, maar verlede jaar was die tempo van verandering nog stadig. In die noorde van Malawië is heelwat verandering opgemerk.
Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit het in 1969 in die Ceresgebied plaasgevind. Die ergste skade is in Groot Winterhoekvallei, Ceres, Tulbagh, Wolseley en Prince Alfred Hamlet aangerig.
In ‘n artikel op die webtuiste van Umvoto skryf dr Hartnady aardbewings is ‘n rare verskynsel maar glo, net soos Van Niekerk, dat dit ‘n werklike gevaar ook vir die Kaap is. In die verlede was daar skuddings in ‘n suid-oostelike rigting vanaf ongeveer 8 km diep see in naby Koeberg tussen Milnerton en die noord-oostelike gebied naby Valsbaai. Dr Hartnady beweer ook as 'n aardskudding een maal in 'n spesifieke gebied plaasgevind het, dit baie waarskynlik weer kan gebeur.
Uit ‘n wetenskaplike oogpunt bestaan daar ‘n sterk moontlikheid vir so ‘n ramp. Op geestelike gebied is so ‘n Goddelike ingryping dalk die enigste uitweg om van hierdie pragtige land weer die land te maak wat God ingedagte gehad het toe Hy die Christelike beskawing deur ‘n klein handjievol Blankes aan die suidpunt van Afrika geplant het.
Moet dus nie te seker wees dat Suid-Afrika nie sy beurt gaan kry vir 'n aardskuddende ramp nie. Die talle verskeie rampe die afgelope tyd dwarsdeur die wêreld kan nie aan een soort oorsaak gebind word nie, en daar is heeltemal niks wat ons vrywaar van so 'n ramp nie. Inteendeel, dit mag dalk net God se metode wees om weer orde te bring in 'n land en sy mense wat Hom so gruwelik tart en verag.